
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 17 of 61

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 38
Bets en Chris ontmasker die matrone.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 37
Bets stamp koppe met die matrone by Janet se versorgingseenheid.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 36
Bets vat Aletta vas oor haar ondankbaarheid.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 35
Elvera neem 'n belangrike besluit, sonder Chris se goedkeuring.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 34
Dieter onthou sy en Elvera se eerste ontmoeting.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 33
Bets het 'n verrassing vir 'n onwillige Aletta.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 32
Danny vertrek Amerika toe. Dieter en Shaun werk saam.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 31
Louis ontmoet al die Lingerfelders.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 30
Chris volg Danny se raad.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 29
Chris verwyt Bets, en hy konfronteer Danny.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 28
Die Lingerfelders kry 'n onverwagse besoeker.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 27
Drikus se versoek aan Danny val op dowe ore.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 26
Aletta maak toekomsplanne. Danny besoek Janet.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 25
Danny maak geen geheim van sy gevoel teenoor Saartjie nie.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 24
Drikus weet nie wat om van Danny se toekomsplanne te dink nie. Elvera verbaas haar medewerkers.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 23
Elvera ondersteun Dieter se toekomsplanne. Chris is bekommerd oor Janet.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 22
Chris is tuis, en hy verwelkom Danny met ope arms.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 21
Danny is terug, en is ontsteld oor wat hy aantref.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 20
Pearl vertel vir Shaun die waarheid. Drikus is raadop met Saartjie.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 19
Pearl kom agter wat Matt se ware kleure is. Matt hou nie sy beloftes nie.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 18
Matt se sjarme oortuig Roelf nie. Alice aan die ander kant, is steeds beïndruk deur hom.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 17
Pearl is ontsteld ná 'n besoek aan Janet. Shaun weet nie hoe om Pearl se wisselvalligheid te hanteer nie. Dieter vra vergeefs raad by Elvera.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 16
Bets besoek Janet op Chris se aandrang. Pearl gee toe aan die versoeking.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 15
Bets en Elvera besoek Chris ná sy operasie. Dieter en Shaun vorm 'n nuwe vriendskap.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 14
Alice gooi haar fikkers. Pearl is opnuut vasbeslote om haar huwelik te red.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 13
Aletta en Roelf kry 'n onverwagse besoek. Elvera en Bets het 'n eerlike gesprek.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 12
Aletta maak nuwe planne vir die toekoms. Bets waarsku Pearl om nie oorhaastig te wees nie.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 11
Bets is, nes Roelf, nie beïndruk met Matt nie. Roelf maak dit duidelik dat Matt moet wegbly van sy toneelstuk af. Dieter soek witvoet by Elvera ná 'n te lekker kuier by Aletta.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 10
Dit gaan goed met Dieter en Elvera se verhouding. Chris vat Janet terug na die versorgingsentrum toe. Hy kom weer eens agter dat haar demensie besig is om erger te word.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 9
Saartjie klop by Drikus aan om hulp. Sy erken haar huwelik met Jos is 'n klug. Janet kuier by Chris en Bets. Hulle is bekommerd oor haar gemoedstoestand.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 8
Pearl en Roelf ontmoet Aletta se sjarmante mede-sepie-akteur, Matt. Roelf is nie beïndruk deur hom nie, maar Pearl vind hom interessant.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 7
Chris maak veranderinge aan die hiërargie by sy maatskappy. Elvera doen 'n beroep op hom om homself eerste te stel.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 6
Drikus vertel vir Pearl dat Danny die pad gevat het. Sy erken aan hom dat sy en Shaun probleme het.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 5
Chris maak 'n belangrike aankondiging, wat sy vreemde gedrag verduidelik.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 4
Chris besoek Janet. Hy vertel haar hoe lief hy haar het. Bets probeer by Elvera uitvind wat skort met Chris.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 3
Dieter is in die moeilikheid by Elvera. Roelf is bekommerd oor Aletta. Chris tree steeds vreemd op en dit laat Bets wonder.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 2
Danny is rusteloos. Elvera is bekommerd oor Chris se vreemde gedrag. Shaun en Pearl sit vas.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 1
Die Lingerfelders is terug! Bets is bekommerd oor Pearl. Sy is ook vies vir Danny omdat hy bly krap waar dit nie jeuk nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 80 (slot)
Ampie verdrink sy sorge in Gert se kafee, en erken ’n paar dinge wat selfs Gert se oë laat rek. Nadat die ondenkbaarste terugslag hulle getref het, kondig Ampie-hulle aan dat hulle teruggaan plaas toe. Terug op Aangenaam vra Ampie vir Kasper ’n laaste guns...

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 79
Elias sê vir Grieta hy het ’n slegte droom gehad, en Kasper skryf dit toe aan bygeloof. Bart kom paniekerig vir Ampie sê dat hy moet vlug want Frits Steyn is gearresteer. Bart vra Ampie om Hester te gaan troos toe hy op die vragmotor klim na ’n onbekende bestemming. Hester is ten gronde oor Frits se inhegtenisneming, maar praat Ampie moed in met klein Jakob se siekte.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 78
Bart gee sy kamer met al die inhoud aan Ampie en Annekie, en benoem klein Jakob as sy enigste erfgenaam. Annekie sê die baba is nie gesond nie, en Ampie is bekommerd dat Annekie enige vorm van medikasie verbied en volstaan dat gebed al is wat sy sal toelaat. Bart maak Ampie touwys oor die verkoop van diamante, en Ampie gaan doen sy eerste transaksie met die geslepe diamanthandelaar, Bob.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 77
Ampie en Amos lê Bart in sy kamer voor. Bart verduidelik hoe die polisie op sy spoor is, en dat hy en Frits Steyn beplan om binnekort na Duitswes te vlug waar hulle ’n plaas wil koop. Ampie sê hý sal die volgende dag die sorteertafel beman en Bart die voerbak.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 76
Tys bekla sy lot by Ampie, en sê hy twyfel of hy weer sal teruggaan na die tabernakel. Dawid sê vir Ampie hy glo nou bo alle twyfel dat Bart ’n skelm is. Ampie en Amos maak ’n ontstellende ontdekking.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 75
Ampie maak ’n voorstel aan Dawid wat hom baie opgewonde maak. Kasper is binnekort op pad terug plaas toe om die winteroes te gaan plant, maar Ampie sê hy wil om ’n paar redes nie nou reeds saam teruggaan nie. Kasper waarsku Ampie weer ernstig teen Bart. Tys keer ontsteld terug van die tabernakel en praat van verraad.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 74
Daar is groot afwagting en opgewondenheid onder die delwers in Ampie-hulle se kleim, want Bart voorsien dat die groot diamante met die laaste hoop se was te voorskyn sal kom. Ampie deel ’n droom met Kasper, en Dawid sê hy hou sy oë op Bart, want hý is die man wat in die grootste versoeking is elke dag.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 73
Ampie kry besoek van ’n onverwagte gas, en erken dat Annekie se sterk betrokkenheid by die tabernakel hulle gesinslewe negatief beïnvloed. ’n Gesprek met Kasper maak Ampie al hoe meer agterdogtig en bekommerd oor die welsyn van die familie op Donkerpos.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 72
mpie verstaan nie die reaksie van sy familie, Annekie en Tys inkluis, oor sy gedrag in die tabernakel die vorige aand nie. Hy vrees bo alles dat Kasper hom in daardie toestand gesien het. Kasper kom soek Ampie op by die kleim en waarsku hom ernstig teen Bart. Ampie droom van die dag wat hulle weer kan teruggaan na Aangenaam.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 71
Kasper Booysen en Tys Lombaard verskil van mening oor hoe Ampie hanteer moet word. Bart stel nie daarin belang om Annekie te help om Ampie op die regte pad te help hou nie, en Kasper rig ’n subtiele waarskuwing aan Bart.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 70
Nadat Ampie veels te veel by Gert se kroeg gedrink het, verdwaal hy in die donker op pad terug na sy skuiling. ’n Onwaarskynlike gids lei hom terug huis toe. Die aand eindig in totale chaos vir Ampie en sy hele familie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 69
’n Ernstige woordewisseling tussen Annekie en Ampie laat hom woedend die huis uit storm om met Kat by die kafee te gaan kuier, maar hy word ontnugter. Ampie leer dat die vere die voël op die delwerye maak.