PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 16 of 61

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 28

Susan en Magda sit vas oor Lauren. Magda wil hê dat Susan al haar energie aan haar eie probleme spandeer.

Aug 1, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 27

Susan bel vir Bettie en Essie, en die drie van hulle vang op. Izel erken aan Richard dat sy besig is om iets te doen wat almal van hulle in diep moeilikheid sal laat beland.

Jul 31, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 26

Richard en Karl sit lelik vas wanneer hulle oor die skeisaak praat. Meneer X plaas meer druk op Karl om te betaal.

Jul 28, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 25

Magda laat Johan toe om met Susan te praat. Susan probeer die verhouding beëindig, maar Johan weier om die realiteit van hulle situasie te aanvaar.

Jul 27, 202311 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 24

Dennis besoek die gastehuis in Kaapstad waar hy glo Essie wegkruip. Susan probeer om vir Lauren die vertroue te gee om hulp te aanvaar van die dokters en die mediese behandeling wat sy ontvang.

Jul 26, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 23

Karl kuier by die Nova Sentrum by Susan. Hy probeer haar oortuig om nie te skei nie. Dinge loop skeef. Dennis ondervra Bettie oor Essie se laaste dag by die huis, en kry toevallig ʼn baie goeie leidraad. Nou is hy op Essie se spoor!

Jul 25, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 22

Susan is weer by Magda vir ʼn privaatsessie. Noudat die druk van ʼn moontlike saak teen haar verdwyn het, sien Susan haar verblyf by die sentrum in ʼn nuwe lig. Karl vertel vir Izel van sy nuwe plan met meneer X.

Jul 24, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 21

Richard bring vir Susan goeie nuus dat alle klagtes teen haar teruggetrek is. Sy moet planne maak oor haar toekoms. Karl is weer tuis ná sy tydjie in die hospitaal. Meneer X bel, en dring aan op spoedige betaling.

Jul 21, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 20

Magda vertel vir Susan dat Essie verdwyn het. Lauren is weer terug by Nova Sentrum, maar hierdie keer is dit anders. Dennis besoek dokter Johan Kotze, en vra hom uit oor die ongeluk.

Jul 20, 202315 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 19

Karl vra Dennis se hulp om Essie op te spoor. Richard besoek weer vir Susan by die Nova Sentrum. Susan vertel hom van Johan, en hy besluit dat sy nog te emosioneel onstabiel is om te hoor van haar dogter se verdwyning.

Jul 19, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 18

Tanya, Myburgh en Dennis ontmoet en speel al die bure se veiligheidskamera se opnames. Hulle ontbloot skokkende feite oor die ongeluk. Bettie besoek Karl by die hospitaal met onverwagte nuus oor sy dogter.

Jul 18, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 17

Richard vertel vir Tanya hoe ontstellend sy besoek aan Nova Sentrum was, en dat die fisiese en geestelike impak van onttrekking duidelik by Susan te bespeur is. Izel daag ongenooid by Richard se woonstel op met ontstellende en gevaarlike nuus.

Jul 17, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 16

Richard besoek uiteindelik die Nova Sentrum, en hy laat Susan weet van al die jongste verwikkelinge met haar saak. As hulle kan uitvind wie die bestuurder is, sal die Staat alle klagtes teen haar terugtrek. Izel besoek Karl in die waakeenheid, en vertel hom van Richard se ontmoeting met Susan.

Jul 14, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 15

Karl word in die sorgeenheid deur sy dogter en skoonmoeder besoek. Dit neem nie lank voor Bettie en Karl oor geld begin stry nie. Myburgh en Dennis maak ʼn plan om die hoodie-man te ontmasker.

Jul 13, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 14

Karl sterk aan in die hospitaal se sorgeenheid. Izel kuier, en die twee beplan wat gedoen sal moet word om meneer X tevrede te stel. Lauren is van plan om daardie aand nog van die Nova Sentrum weg te loop, en nooi Susan saam.

Jul 12, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 13

Richard vra vir Tanya of sy vir Dennis en Myburgh kan help om ʼn beter videobeeld van die ongeluk te kry. Terwyl Karl en Izel besig is om te bepaal hoeveel meneer X oor die trustfondse weet, stort Karl skielik ineen.

Jul 11, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 12

Magda laat Susan weet dat daar bewerings is dat sy dalk nie ten tye van die ongeluk agter die stuurwiel was nie. Dié nuus ontstel en verwar vir Susan. Karl vertel vir Izel van meneer X, en vra haar om te help.

Jul 10, 202315 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 11

Richard en Magda sit vas oor toegang tot Susan. Magda gooi wal teen die idee van enige kommunikasie tussen haar pasiënt en iemand van buite Nova Rehabilitasiesentrum.

Jul 7, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 10

Myburgh wys vir Dennis en Richard die beeldmateriaal wat sy veiliheidskameras die aand van die ongeluk vasgevang het. Die beeldkwaliteit is swak en dis moeilik om die man wat uit die motor klim, te kan identifiseer.

Jul 6, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 9

Tydens ʼn privaatsessie tussen Susan en dokter Lewis by die Nova Sentrum, vertel Susan van haar minnaar, Johan. Laer daardie nag probeer Lauren om Susan met haar onttrekkingsimptome te help.

Jul 5, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 8

Susan en Lauren leer mekaar ʼn bietjie beter ken. Susan laat weet vir Lauren dat sy nou van strafbare manslag aangekla is. Meneer X plaas meer druk op Karl om die afpersgeld te betaal.

Jul 4, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 7

Richard verduidelik aan Tanya wat hulle tot dusver oor die ongeluk uitgevind het. Hy het die hof oorreed om Susan per videoskakel te laat verskyn vir die verandering van die klagtes teen haar. Bettie is bekommerd dat Essie miskien nie genoeg swot vir haar matriekeindeksamen nie. Essie laat glip dat sy dalk op ʼn seunsvriend by die skool verlief is.

Jul 3, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 6

Dennis kuier by Myburgh, en hoor in detail wat Sondag gebeur het. Daar is ʼn hele paar verrassings. Die ou man wil graag help om die geheimsinnige man wat Susan se motor bestuur het, vas te trek.

Jun 30, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 5

Richard laat Karl weet dat die fietsryer oornag in die hospitaal aan haar wonde beswyk het. Die klag teen Susan sal nou na strafbare manslag verander word. Dennis en Richard stel ondersoek in na die details van die ongeluk. Hulle ontmoet Myburgh wat ʼn heel ander teorie oor die ongeluk en bestuurder het.

Jun 29, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 4

Meneer X bel vir Karl. As Karl hom nie betaal nie, sal inligting uitlek oor die onwettige gebruik van geld uit sy trustfondse. Karl is desperaat, en probeer om sy finansiële probleme by die casino weg te dobbel.

Jun 28, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 3

Richard gee vir privaatspeurder Dennis Donovan opdrag om Susan se saak deeglik te ondersoek. Gedurende haar eerste afspraak met dokter Magda Lewis, senior sielkundige by die rehabilitasiesentrum, besef Susan hoe moeilik dit vir haar sal wees om sonder alkohol oor die weg te kan kom.

Jun 27, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 2

Susan Cilliers word op borgtog vrygelaat. Een van die borgvoorwaardes is dat sy ʼn maand by die Nova Rehabilitasiesentrum moet deurbring. Karl oorreed Susan om ʼn dokument te teken wat hom in beheer van al haar finansies plaas. By die Nova Sentrum stel Lauren, ʼn dwelmverslaafde, haarself aan Susan voor.

Jun 26, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 1

Susan Cilliers, ʼn bekende neurochirurg, word gearresteer en van dronkbestuur aangekla. Karl, haar man en ʼn bekende prokureur, word in die geheim deur ʼn onbekende meneer X afgepers. Lank versteekte verslawings en geheime word skielik blootgelê.

Jun 23, 202315 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 60 (slot)

Elvera is oorstelp wanneer sy vir Dieter sien. Janet laat Chris belowe hy sal haar onthou soos wat sy was.

Jun 22, 202314 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 59

Bets dwing Chris om sy pa te besoek. Beide Chris en Janet kry afsluiting.

Jun 21, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 58

Pearl, Shaun en Alice beplan 'n uitstappie. Aletta reik uit na Janet.

Jun 20, 202311 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 57

Louis se toestand versleg. Danny en Drikus se liefde seëvier.

Jun 19, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 56

Danny is ontsteld omdat Drikus op die plaas wil bly. Elvera vra raad by Bets.

Jun 16, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 55

Die vertoning vir Matt loop telkens skeef. Danny bel Pearl en vra haar hulp.

Jun 15, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 54

Aletta erken aan Roelf sy voel onseker oor die toekoms. Pearl daag op by Aletta en Roelf vir 'n onverwagse besoek, en loop Matt raak.

Jun 14, 202313 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 53

Saartjie en Matt is aangetrokke tot mekaar. Dieter is moeg daarvoor dat Elvera hom beheer.

Jun 13, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 52

Dieter vra raad by Bets. Matt ontmoet Saartjie.

Jun 12, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 51

Elvera probeer Chris oortuig om vrede te maak met sy pa. Dieter is onrustig.

Jun 9, 202313 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 50

Aletta gee vir Dieter raad. Sy is ook besorg oor Bets.

Jun 8, 202311 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 49

Dieter soek toenadering by Elvera. Janet sien Louis van aangesig tot aangesig.

Jun 7, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 48

Matt kry 'n tweede kans. Hy ontmoet ook vir Shaun, wat hom wil bydam.

Jun 6, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 47

Louis het 'n versoek. Drikus kry slegte nuus.

Jun 5, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 46

Elvera sit haar voet neer wanneer Dieter met sy ou streke begin.

Jun 2, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 45

Matt is terug. Hy gee sonder dat hy dit besef vir Drikus raad.

Jun 1, 202311 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 44

Dieter maak sy debuut. Roelf en Aletta se opvoering is 'n sukses.

May 31, 202311 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 43

Alice onstel Janet. Chris en Bets stel haar gerus.

May 30, 202313 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 42

Drikus is toenemend ongelukkig. Pearl gee hom raad oor Saartjie se voorstel.

May 29, 202310 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 41

Saartjie maak 'n onverwagse skokkende voorstel. Aletta vat Dieter vas.

May 26, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 40

Elvera is agterdogtig oor Dieter se geheimsinnige gedrag. Pearl maak 'n groot besluit.

May 25, 202312 min

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 39

Bets en Chris neem 'n belangrike besluit oor Janet se toekoms.

May 24, 202312 min