
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 13 of 61

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 57
Twee motors, elk met twee passasiers daarin, vertrek amper presies op dieselfde tyd na verskillende bestemmings. Wie ry waarheen om wat te doen? Wie het met die stootskraper die skeepstrommel uit die grond gelig? ‘n Gebeurtenis skok Seebult.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 56
Chanel worstel opnuut oor wie haar biologiese pa kan wees. Sy weet wie dit beslis nie is nie. Wie soek ‘n nuwe kantoor? Lappies moet twee dae afvat om Gertrude te help. Wat is op die agenda?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 55
Chanel skrik haar amper in ‘n ander bloedgroep in, en sy vlug vir haar lewe. Sy is boos verby, en hou niks terug nie. Sy sê haar sê. By wie soek sy troos? Johnny is op die oorlogspad. Gewapen met nuwe inligting, maak hy die lewe moeilik vir Gertrude.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 54
Neville speel sy troefkaart. Wie loop mekaar voor die polisiestasie raak? Chanel vind uit wie die vorige Donderdag in die Seebult Hotel ingeboek het, en die gort is gaar. Sy speel speurder, en maak ‘n skokkende ontdekking.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 53
Die skeepstrommel het Seebult aan die gons. Johnny Morkel is geskok, en hy skryf ‘n artikel wat Seebult ruk. Die vraag word gevra of dit feite of persoonlike aannames is? Celeste het nuus oor die maatskappy wat in haar naam opgerig is. Louis waag dit weer naby Gertrude, met slegte gevolge.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 52
Iets in Karel se bakkie pla Lappies. Chanel ry Dolfynbaai toe ná ‘n openhartige gesprek met Louis. Sy verras hom met ‘n brokkie interessante nuus. ‘n Stootskraper sorg vir pandemonium die oggend vroeg voor Koffiekamer, met skokkende nagevolge.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 51
Die moord op Servaas Serfontein is weer warm in die nuus. Iemand besoek weer Seebult, en dit gee aanleiding tot ongemak en baie vrae. Neville kan nie sake net so los nie. Celeste word met inligting gekonfronteer, wat haar tot in haar fondamente ruk.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 50
Die naskokke van die naweek se gebeure in Dolfynbaai word in verskillende huishoudings bespreek en beleef. Lappies kry ‘n onverwagse besoek én versoek. Die moeilike sersant besluit dis tyd om iemand polisiestasie toe te laat kom.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 49
Die spoggerige nuwe vakansieoord in Dolfynbaai word ‘n naweek van absolute drama. Niemand het dié gebeure sien kom nie. Wie boek almal in vir die naweek in die oord? Wat skud Chanel tot in haar fondamente?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 48
Wie doen kruie-inspeksie? Beide Gertrude en Neville doen inderhaas vernuftige voetwerk om die polisie van hulle voordeure af weg te hou. Vir wie doen Johanna reisbesprekings? Wat soek die ambulans in Hibiscus?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 47
Chanel kry Louis voor stok. Hy besef hy kan nie langer ‘n sekere gesprek uitstel nie. Neville soek hulp. Wie raak soek? Gertrude kry ‘n onverwagse besoek met skokkende nuus.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 46
Louis kry ‘n besoek van iemand, wat hom gooi. Wie kry die braaikompetisie weer op dreef? Wie borg die wenprys? Johnny kry nuttige inligting vir ‘n koerantstorie. Kort voor lank kry Johnny sowaar nog inligting vir nog ‘n koerantstorie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 45
Neville is duidelik op die oorlogspad. Hy konfronteer Celeste, en sy is stom. Celeste besluit sy moet iemand in haar vertroue neem. Wie word onverwags vir ete genooi? Gertrude neem ‘n besluit wat skokgolwe veroorsaak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 44
Met wie deel Janice haar ervaring in Witkareevlei? Chanel kry uiteindelik die terugvoer waarvoor sy so lank wag. Sy kry egter ook ‘n paar snaakse navrae. Wie ontvang onverwags ‘n aardige bedrag geld? Waarvoor? ‘n Sleutel sorg vir vrae.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 43
Seebult is geskok. Waaroor gons die dorp? Chanel druk Louis in ‘n blik. Dis die meeste mense vir wie Lappies op een aand nog moes braai, maar die kuiergaste gesels nie oor braaivleis nie. Waar daag die polisie met ‘n lasbrief op?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 42
Waarheen ry Louis en Chanel hierdie keer? Gertrude doen iets wat Jonanna toetentaal onkant betrap. Wie nooi Lappies vir ete? Wat gebeur? Janice se kragdadige optrede verras Johnny. Die drama in Kruie-oase kry ‘n nuwe hoofstuk by.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 41
Janice se verdwyning uit Seebult maak meer mense bekommerd. Louis ry saam met Chanel. Waarheen? Wat gebeur? Wie kuier almal in ‘n Italiaanse restaurant? Wie slaan almal in Witkareevlei uit? Wat gebeur alles in die Noord-Kaapse dorpie? Seebult word geskud.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 40
‘n Foto bevestig Gertrude se weergawe van gebeure. Lappies help Johanna, en hulle ontdek ‘n valdeur. Iemand in Seebult help ongetwyfeld vir Felix Frost. Dis duidelik die man is vasberade om sy sin te kry, al kos dit wat.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 39
Janice is ‘n emosionele wrak. Almal om haar ontgeld dit. Johnny en Celeste besluit op Plan B. Terwyl Celeste in Kaapstad rondskarrel, ry Johnny Pretoria toe, maar Felix Frost sit ook nie stil nie. Hy maak sy volgende skuif, en dit maak seer.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 38
Die polisie vind gou uit hoe die bakkie aan die brand gesteek is. Chanel is nie op haar mond geval nie. Sy sê ’n ding soos dit is. Die liefdesdriehoek van desjare kom aan die lig. Wie was almal betrokke? Lappies kan nie langer uitstel nie, hy moet ‘n afspraak maak. Wat gebeur?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 37
Celeste swig onder innerlike druk, en besluit om die grootste skok van haar lewe aan te gee vir iemand. Vir wie? Chanel word Johanna se afgevaardigde. Waar moet sy oral opdraf? Louis kry ‘n paar onverwagse besoeke en verrassings.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 36
Dit lyk amper soos die perfekte klub vir oujongnooiens wat uiteet, maar daar is ‘n gewigte saak op die tafel. Johnny wil weet of sy artikel in die kol is. Dis nie al wat op sy spyskaart vir die Sondag is nie. Uiteindelik skraap hy al sy moed bymekaar vir ’n gesprek, wat hy al vir ‘n week lank uitstel.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 35
Dis ‘n heuglike Saterdag in die geskiedenis van Seebult. Johnny se fotograaf is byderhand om die opening van Koffiekamer en Reisgogga op film te verewig. Maar dis tog of Neville eerder met ‘n suur as vrolike gesig rondstap. Wat pla hom? Wie daag almal op vir die groot geleentheid?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 34
Celeste is op ‘n missie. Wie doen ‘n vreemde oproep en verdwyn dan? ‘n Interessante verhaal uit 1977 en 1978 word in in herinnering geroep. Wie was betrokke? Johanna kry haar eerste bespreking vir Reisgogga. Namens wie doen sy die bespreking?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 33
Celeste het ‘n sake-afspraak wat dreig om skeef te verloop. Chanel se nuuskierigheid kry die oorhand. Sy moet eenvoudig weet. Waar gaan kuier sy? Celeste wil net toetse doen. Neville pak af. By wie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 32
Neville kondig sy nuwe groot projek aan. Waaroor is Louis so begeesterd? Janice verstaan glad nie waarom word sy voorgekeer en ondervra nie. Sy neem ‘n groot besluit wat skokgolwe maak. Die geskiedenis van die visdammetjies verdiep.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 31
Die verdwene rewolwer is meer as ‘n kopseer. Wie handig ‘n “slim” verklaring by die polisie in? Wat maak dit so “slim”? Genadenburg se diamantmyn is skerp onder bespreking. Jy kan ‘n plan kam en skeer, maar soms val dit net in die water.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 30
Lappies se geskiedenis is die middelpunt van bespreking. Twee brandkluissleutels veroorsaak erge ongemak. Wie word onverwags by ‘n aandpatrollie betrek? Waarheen ry die patrollie? Wat is die hoogtepunte van die patrollie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 29
Wie raak opgewonde oor kruie? Neville se gereelde oorsese besoeke is die middelpunt van bespreking. Wie verras Johnny met ‘n dokument en nuus waarvan hy niks weet nie? Daar is interessante inligting uit Zanzibar.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 28
Gertrude is op ‘n missie. Wie kry die skok van sy lewe? ‘n Verdwaalde flitslig in ‘n donker huis trek aandag. ‘n Vreemde ontmoeting vind in ‘n begraafplaas plaas. Wie is almal daar?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 27
Johnny bly nou maar eenmaal aan Gertrude se verkeerde kant. Wie eis sy skenking van die trust terug? Hoekom? Waaroor is Gertrude so moeilik? Wie ry Dolfynbaai toe, en om wat daar te maak? Hoe eindig die uitstappie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 26
Neville is op die oorlogspad. Wie is in sy visier? Die alarmstelsel by die woonstel langs die Jancel Laboratorium is die middelpunt van bespreking. Daar word ‘n nuwe vennootsap op Seebult gesluit.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 25
Dis Gertrude se verjaarsdag, maar sy weet gou dis ‘n dag wat sy eerder wil vergeet. Louis kry die boodskap dat sy verblyf in die woonstel langs die Jancel Laboratorium net tydelik is. Hy voel die druk om spoedig ander verblyf te bekom, maar dis nie die einde van sy stres nie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 24
Daar is nuwe “speurders” aan die werk in Seebult. Wie is dit en waarmee hou hulle hulle besig? Met wie praat Johnny oor die ontstaan van Seebult en Dolfynbaai? Waarop fokus hy? Watter geheime hoop hy om te ontrafel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 23
Louis word ontnugter. Hoekom? Hy is nie die enigste een nie. Wie ontvang nog skokkende nuus? Wie lig Lappies volledig in? Waaroor? Word daar ‘n nuwe vriendskapsband op Seebult gesmee?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 22
Neville Nomis is vol verrassings. Wie kry blomme, en wie raak siek? Daar is ‘n nuwe vennootskap op Seebult wat oornag gevorm het en die volgende dag afskop. Wie koop Angel de Villiers se woonstel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 21
Louis en Lappies sit koppe bymekaar, ontleed wat besig is om te gebeur en hoe dit hulle raak. Gertrude skop af om die trust te bemark, en sy is aangenaam verras wie eerste opdaag om ‘n skenking te maak. Wie kom sit ‘n hand by? Die verlede bly knaag aan Johanna. Wie word verras met ‘n ete-uitnodiging en ‘n baie interessante voorstel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 20
Alle paaie lei skielik na Visbaai. Wie slaan almal daar uit, en hoekom? Louis word onverwags genooi, en ontvang ‘n vreemde versoek. Wie was almal saam met Celeste in Pretoria? SeebultNuus se tweede aflewering oor die onstaan en groei van die dorp laat inwoners vroegdag koerante koop.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 19
Johanna se hart is vol vrae. Gertrude se nuwe kompleks vorder fluks. Alles is gereed vir die bekendstelling van die trust ten bate van mediese navorsing. Dokter Janice beleef ‘n middag vol verrassende besoeke. En ‘n vreemde versoek.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 18
Sake oor Avril en Keith Crossley word al hoe duideliker. Louis doen ‘n belydenis. Twee huismaats praat hulle harte leeg. Dokter Janice gryp in. Waar en met wie? Johanna neem ‘n belangrike besluit.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 17
Celeste neem inisiatief om die beplande trust van die grond te kry. Louis word uit die hospitaal ontslaan, maar kom nie in Hibiscus uit nie. Johnny ontdek ‘n interessante foto in sy ouma se trommeltjie. Met wie stamp Lappies kop?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 16
Die ongeluk in die bergpas veroorsaak ‘n geskarrel op Seebult. Dis of die dorp rondom een verklaring vir die ongeluk verenig. Daarvoor sorg Johnny en sy voorbladberig. Wie is Servaas Serfontein? Wie raak soek?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 15
Louis en sy skoonma is soos olie en water - hulle meng nie. Dis of hulle die skerpkant uit mekaar na vore bring. Gertrude kan haar skoonseun nie genoeg die leviete voorlees nie. Louis neem ‘n besluit. Chanel kry ‘n aanbod wat die wind uit haar seile neem. Celeste se groot naweek breek aan, en sy is erg opgewonde.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 14
Dit gons oor Sarel van Wyk. Daar is soveel vrae en so min antwoorde. Dis duidelik Sarel se optrede het ‘n handvol mense ten diepste geraak. Chanel neem ‘n besluit. Neville nooi iemand vir koffie... en dis nie om dowe neute nie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 13
‘n Besonderse eer val Celeste te beurt. Johanna dra skielik swaar aan die nuus oor haar pa se begrafnis wat sy nie bygewoon het nie. Die myner, Keith Crossley, is besonder bedrywig op Seebult, en dis duidelik hy het in die dorp vasgehaak om probleme te veroorsaak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 12
Na wie word so naarstigtelik gesoek? Waar daag ‘n nagtelike besoeker onverwags op? Wie kritiseer Lappies se kruietuin? Johanna kry ‘n onverwagse uitnodiging. Van wie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 11
Chanel se kinderdae is skielik die middelpunt van bespreking. Met wie gesels sy daaroor? Wie oornag in ‘n hotel in Dolfynbaai? Hoekom? Schalk Niemand bly sentraal in ‘n paar gesprekke, en veroorsaak heelwat ongemak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 10
Johnny het nie brieke nie. Dis of daar ‘n duiwel op elke skouer sit en hom jaag. Louis het in sy wildste drome nie gedink sy besoek aan die hospitaal sal soveel drama oplewer nie. Dis of die moeilikheid kleintjies kry. Wie snel hom te hulp?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 9
Dokters Janice en Celeste kruis swaarde. Waaroor? By wie soek Celeste hulp? Die bloedhond, Johnny, is op ‘n missie. Dis of hy moedswillig onder inwoners se velle probeer inkom. Met wie stamp hy almal kop? Wie skok Celeste?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 8
Soms gaan dit doller as kopaf. Die lyk in die bad sorg daarvoor. Louis beland in die hospitaal. Sy besoeker veroorsaak meer pyn as die nagevolge van sy operasie. Skielik duik ‘n bebaarde myner uit Mooinooi oral in Seebult op, en sorg vir groot konsternasie. Wie is hy?