
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 10 of 61

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 7
Kersie probeer uitvis hoekom Mildred meteens so vreemd optree. ‘n Onwelkome besoeker daag by die boekwinkel op.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 6
Wessel sukkel met slotte en sleutels wat ewe skielik nie meer werk nie. Kersie gee vir Wessel ‘n bos blomme.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 5
Wessel se rekenaar gee probleme, en Hantie moet help. Mildred doen iets vreemds in die park, onwetend dat sy dopgehou word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 4
Bella moedig Kersie aan om by Wessel flikkers te gooi. Kersie kry ontstellende inligting oor Wessel op die internet.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 3
Hantie wil vir Mildred dokter toe vat. Wessel ontdek ‘n baie bruikbare boek, en Hantie vertrou hom met ‘n kosbare geheim.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 2
Hantie gaan wys Wessel hoe Verlatensrus se legendariese teater van binne lyk. Bella en Kersie loer op ‘n afstand.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 1
Mildred beweer iets vreemd het gebeur, maar Hantie glo dit is haar verbeelding. Hantie en Wessel ontmoet vir die eerste keer.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 60 (slot)
Die mol wat inligting na die voormalige skoolhoof gevoer het, word geïdentifiseer. Sweis en Katryn moet ‘n besluit oor hulle toekoms neem. Lothar het ‘n lewensveranderende gesprek met Corlia.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 59
Shane verneem wat gebeur het toe hy blind geword het. Nardus besef die skool gaan beslis aan die einde van die jaar sluit.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 58
Corlia verduidelik wie die skool saboteer. Terwyl Rocco vir Katryn in die kombuis help, daag die speurders onverwags op.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 57
Sweis besef hy het Katryn werklik lief, en wil haar vra om te trou. Corlia vermoed dat sy die spioen in die skool geïdentifiseer het.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 56
Die gevolge van Emma se operasie word bespreek.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 55
Emma word geopereer, en almal is op hete kole.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 54
Corlia en Lothar eet saam, en Katryn sit Sylvia op haar plek.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 53
Emma probeer om Shane, wat ontsteld is oor sy ma, te troos.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 52
Corlia konfronteer Nardus omdat hy die skool wil verlaat. Daar wag ‘n gruwelike skok op Shane.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 51
Didi kry ‘n nuwe gidshond. Corlia verneem wat met Rocco gebeur het.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 50
Nardus neem Rocco na ‘n rekenaarwinkel, en besef opnuut hoeveel uitdagings blindes en siggestremdes in sulke vreemde omgewings het. Sweis en Katryn gaan sokkie.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 49
Die aanbod wat Nardus gekry het, beïnvloed sy verhouding met sowel Nicole as Kallie. En dit veroorsaak onenigheid by die skool.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 48
Shane besef dat sy ma visumprobleme het, en in Suid-Afrika gaan agterbly. Dit beteken hulle sal mekaar weer ontmoet, en monduitspoel.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 47
Kallie is suur omdat hy nie as onderhoof aangestel is nie. Sweis en Katryn is vasbeslote om die persoon wat die kombuis gesaboteer het, op te spoor.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nie6op - Episode 46
Shane en Emma beweeg nog nader aanmekaar, en verklaar hulle liefde. Maar dan daag hulle by Lothar Smit se paleis op...

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 45
Shane en Emma maak gereed om by Lothar te gaan eet, en Corlia is baie gespanne.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 44
Rocco verduidelik blinde sokker aan Nicole. Rocco en Emma gaan uit, sonder Shane se medewete.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 43
Herman maak ‘n bekentenis teenoor Didi, wat die skool se probleme in ‘n nuwe rigting stuur. Nardus en Nicole gaan klim berg.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 42
Daar is nuus oor die klag wat Rocco se ouers oor Shane se aanranding gelê het. Emma en Shane bespreek die gevolge van Rocco se ouers se besluit.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 41
Die relletjie tussen Shane en Rocco veroorsaak verdere drama. Rocco kom agter dat van die graad elfs sy hoofseunskap wil ondermyn.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 40
Shane is diep in die moeilikheid oor sy uitbarstings, en sy kwaai pa, Lothar, en Corlia bespreek sy moontlike skorsing.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 39
Die driehoeksverhouding tussen Shane, Emma en Rocco verdiep, en raak gewelddadig.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 38
Daar wag goeie nuus by die hekke, wat tevore deur graffiti ontsier is. Rocco en Kallie besef albei op wie hulle verlief is.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 37
Die sabotasie by die hek veroorsaak groot ontsteltenis en reaksie. Sweis en Katryn besluit om saam met sekuriteit te werk om die skuldige op te spoor.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 36
Corlia roep Nardus en Kallie in vir ‘n private gesprek, en albei kry ‘n groot verrassing. Maar daardie aand verander alles onherroeplik.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 35
Nardus spreek die sokkerspelers aan oor die ligte opstand wat hulle gehad het. Kallie Bots met Nardus oor Nicolene.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 34
Kallie konfronteer vir Corlia omdat sy Nardus die waarnemende onderhoof gemaak het. Shane help Emma om ‘n sigstok te gebruik.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 33
‘n Opstand breek op die sokkerveld uit, en Kallie haas hom soontoe om dit te keer.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 32
Iemand saboteer die skool vir blindes, en Sweis en Katryn wil uitvind wie dit is.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 31
Corlia verduidelik aan Emma hoe haar lewe gaan verander noudat sy nie kan sien nie. Kallie deel Corlia mee dat die sabotasie voortduur. Die graad neges ruk handuit.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 30
Dis vir Emma ‘n geweldige skok wanneer sy ná die operasie bykom, en uitvind sy kan niks sien nie.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 29
Iemand saboteer die skool, en Corlia en haar personeel probeer uitvind wie daaragter sit.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 28
Emma en Shane praat oor die moontlikheid dat sy dalk blind kan word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 27
Emma is bang sy gaan blind word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 26
Die skool vir blindes is in rep en roer oor Emma se ongeluk.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 25
Emma wil Shane vir ete nooi, maar Lothar het ander planne.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 24
Emma neem Shane na ‘n winkelsentrum, maar die geharwar en motors wat jaag, en die trollies, maak hom deurmekaar.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 23
Didi beland saam met Nardus by ‘n troue, en daar besef Nardus eers hoe moeilik sekere situasies vir blindes kan wees.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 22
Wanneer Didi gimnasium toe gaan, ontdek hy Shane langs hom, maar skielik is Shane vriendeliker. Wat is aan die gang?

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 21
Kallie neem Didi na ‘n winkelsentrum toe, maar die besoek loop skeef.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 20
‘n Ete by die skool veroorsaak wrywing tussen Rocco aan die een kant, en Emma en Shane aan die ander kant.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 19
Rocco begin sy skoolwerk afskeep ten koste van swem, en Nicole praat met hom.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 18
Die stukkende stoel in Corlia se kantoor bring skielik twee uiteenlopende mense bymekaar...