PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

2,992 episodes — Page 8 of 60

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 19

Pikkie bevind hom in ‘n reuse penarie. Sy baas kom met ‘n blitsbesoek die kampterrein ondersoek. Arme Pikkie besef gou dit was dalk nie wys om op sy CV te jok net om ‘n gratis visvangvakansie in te katrol nie. Pikkewyne sonder broeikaste, geen vars brood, ‘n verstopte stortdrein, ongemerkte staanplekke en nat braaihout is maar net ‘n paar van sy probleme. Sommer gou spring Dollie in met sy premium asyn en koeksoda om alle storte te ontblok. Met Henk en Dries agter die roosterkoek-rooster, Toontjies se spekboomblatjang en ‘n rol jakkalsdraad, red hy die dag.

Jan 7, 202514 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 18

Dis nog ‘n gewone dag in Pikkewynpark, en Suzette en Toontjies is aan diens om te sorg vir middagete wanneer die manne van die see af terugkeer. Toontjies is ‘n leermeester van formaat, nie net agter die kospotte nie, maar ook van die lewe. Toontjies leer vir Suzette die wonders van die see, snoekkuite, en hoe en wanneer om snoek te koop. Suzette leer vir Toontjies watter wyn pas by watter visdisse. Sommer gou gesels die twee uiteenlopende vroue kop- en kosstukke, en Toontjies deel ‘n spesiale geheim met Suzette.

Jan 6, 202514 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 17

Ná Liefie se groot gyselaarsdrama en die broeis pikkewyn, besluit Suzette genoeg is genoeg. Sy pak haar tasse om huis toe te gaan. Die vakansie is verby! Dries is raadop, want hy wil graag langer bly. Ansie kom tot almal se redding, en spring dadelik aan die werk. Die groepie beplan om vir Suzette te bederf met ‘n aand van uiteet, ‘n borrelbad en mooi musiek. Ansie en Suzette deel ‘n spesiale oomblik, Suzette deel ‘n diep geheim en vrees met Ansie. Ansie verstaan vir die eerste keer hoe Suzette voel. Die aand word afgesluit met kraakvel-geelstert, ‘n selfgemaakte borrelbad, sjampanje en Ansie se geheime sousie.

Jan 3, 202513 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 16

Henk merk op dat sy ma en pa die seevakansie geniet, en dat sy pa vir die eerste keer werklik ontspan. Dries droom oor ‘n huisie by die see, en begin al hoe meer aan die gedagte te herkou om dalk ‘n familievakansiehuis vir die Du Toits en die Louws te koop. Selfs Suzette het ‘n drastiese ommeswaai, en gaan stap selfs met Liefie op die strand en dra vir die eerste keer in haar lewe plakkies. Ongelukkig is die rus en vrede van korte duur. Liefie beland in ‘n broeis pikkewyn se nes, en Operasie Liefie word gelanseer. Dries besef Suzette is dalk nie heeltemal uitgeknip vir die kampleefstyl nie, en sy drome oor ‘n vakansiehuisie by die see is verpletter.

Jan 2, 202513 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 15

Dit is die eerste dag van die jaar, en die kampeerders skop dit af met Dollie se Louw-tradisie. Sy boot, Skommel, word gehaak vir ‘n dag op die water, braai en visvang. Henk is glad nie te vinde om douvoordag op die oop see te gaan ronddobber nie. Ansie stel hom gerus dat hy net helderkleurige swembroeke moet dra om nie haaikos te word nie. Henk is angsbevange en gooi jakkalsdraaie om so ver moontlik van Skommel of diepseegevaartes af te kan bly. Dollie se hart bars van trots wanneer hy vir Henk vertel dat hy nog al die jare gehoop het Ansie katrol vir haar ‘n bobaas visserman uit! Henk speel oop kaarte, en vertel skaam dat hy alles behalwe ‘n visserman is.

Jan 1, 202513 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 14

Dis die Oujaarsaand-partytjie, en Pikkewyn Park is in rep en roer! Ansie en Henk word ingedeel by die gesiggieverf-stalletjie, maar besef gou dat hulle dalk nog nie heeltemal gereed is vir kinders by dosyne nie. Tussen taai haasbekke wat geverf moet word, ‘n likkewaan wat gevryf mag word, en ‘n hok vol hoenders en marmotte is daar gou konsternasie in die kamp. Leopold, die likkewaan, ontsnap en het die hele kamp op hol. Die Louws en die Du Toits vier die oujaar op die strand met vuurwerke, en ‘n groot wens word vir Henk en Ansie waar.

Dec 31, 202415 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 13

Daar is groot opwinding in die park. Dis die dag voor die jaarlikse oujaarspartytjie en feestelikheid. Pikkie bevind homself in ‘n penarie. Dit is broeiseisoen, en al wat ‘n pikkewyn is, is op hol. Ná ‘n groot gefuif, steel ‘n groep studente sy pikkewyn-springkasteel en laat dit beland in die strandmeer. Snoekbraaiers wat allergies is vir vis, ‘n vermiste springkasteel, ‘n vroetel-en-vryf-kampie sonder pikkewyne of enige kindervermaak, plaas Pikkie se amp as parkbestuurder in gedrang. Ansie en Henk stem in om te help met die oujaarspartytjie, en almal kry ‘n takie waarmee hulle moet help om van Pikkie se partytjie ‘n sukses te maak. Suzette vind uit by watter kampkompetisie sy moet beoordeel – Meneer Boepens 2024!

Dec 30, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 12

As daar nou een ding is wat enige kampeerder ‘n pyn in die blad gee, is dit ‘n opblaasmatras wat afblaas. Suzette kry net nie haar lê nie, danksy Liefie wat ‘n gat in die matras gebyt het. Toontjies leer vir Suzette hoe om enige gat of kraak toe te stop met blitsgom en bakpoeier. Suzette is bekommerd oor die baba se name, en voel dat dit net reg sal wees dat Henk en Ansie die kind familiename moet gee – haar naam natuurlik! Toontjies voel dat die babatjie haar kant van die familie se name moet dra. Sal Henk en Ansie die familiename voortdra?

Dec 27, 202413 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 11

Dit is Tweede Kersdag, en Suzette se nerwe is dun geskuur. Die twee families se uiteenlopende musieksmaak sorg vir groot meningsverskille en kopseerpille. Dollie luister slegs na die Weskusvastrap, en Suzette verkies ‘n glasie verkoelde witwyn saam met die strelende klanke van Mimi Coertze. Dollie besluit om die Pretorianers te leer hoe om behoorlik kreef te eet. Suzette moet op haar tong byt en kom aansit by ‘n tafel oorgetrek met koerantpapier vir die kreefdoppe.

Dec 26, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 10

Dis Oukersaand en die Pikkewynpark maak gereed vir geskenke uitdeel. Ansie wip haar sommer vroeg-vroeg vir Henk, wat met die lawwe voorstel vorendag kom dat hulle ‘n bietjie vakansiegees moet vang. Die geskenke word noukeurig nagegaan, en die noodhulpkissie se pleisters moet instaan as kleefband. Ansie verdwyn geheimsinnig om ‘n geskenk te gaan soek vir Liefie. Die geskenke word om die kampvuur uitgedeel, en groot opwinding heers wanneer Ansie onverwags ‘n groot geskenk en verrassing aan die familie gee.

Dec 24, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 9

Suzette se eerste nag as kampeerder verloop seepglad. Sy slaap soos ‘n baba, maar tot Henk en Dries se groot ontsteltenis, wanneer hulle besef hulle het per ongeluk ELKEEN vir Suzette twee slaappille ingejaag. Suzette ontwaak met kloppende hoofpyn, en almal moet bontstaan om haar te paai. Dries deel sy wyshede oor die huwelik en sewe sakke sout opeet met Henk. Geheime word gedeel en geseël met ‘n goeie koppie kondensmelk-kampkoffie. Dollie besluit om die vakansie af te skop met sy befaamde Weskus-braaibroodjies.

Dec 23, 202413 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 8

‘n Moeë groepie sluit uiteindelik aan by Dollie en Toontjies in Pikkewyn Park. ‘n Stokou GPS wat meer herbereken as bereken laat gou die gemoedere opvlam, tot hulle Dollie se kampvuur sien! Die eerste ontmoeting tussen ouers en skoonouers vind plaas. Liefie word natuurlik ook bekendgestel, maar word misgis as ’n rot, en word amper van kant gemaak, tot groot ontsteltenis van Suzette natuurlik. Ansie stel voor dat hulle vir Suzette ‘n slaappilletjie injaag om haar rustig te maak vir haar eerste aand as ’n beginner-kampeerder.

Dec 20, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 7

Die uittog word eers afgelas sodat Henk se onderstel op Vosburg vervang kan word. Liefie jaag ’n meerkat, en Ansie kom tot sy redding. Ná ‘n naelloop deur ‘n doringdraad en vars beesmis, lê Ansie vir Henk die grondreëls neer - Sy sal nié die hele vakansie na Liefie kyk nié! Henk besluit om sy stem dik te maak. Ongelukkig is Henk se woordkeuse en vasvat en vastrap van sy ma vir Suzette ‘n reuse klap in die gesig. Sy is woedend en weier om die wit vlag van vrede te hys. Henk voel skuldig, en Ansie speel bemiddelaar.

Dec 19, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 6

Die sleepwaentjie is gehaak, die padkos is gepak en die Groot Trek na Pikkewyn Park begin - ongelukkig nie so seepglad soos beplan nie. Suzette se wasmasjien, dubbelbed en spieëlkas trek saam. Ongelukkig veroorsaak dit dat Henk se blindekolle versiende en bysiende is, en ná ‘n berekeningsfout tussen skerp links en regs beland Suzette se meubels in ‘n sloot tussen Carnarvon en Vosburg. ‘n Noodstop, ‘n gekraakte onderstel en ‘n wasmasjien wat flenters is, lei tot groot konsternasie en familiedrama.

Dec 18, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 5

Ansie is onsteld omdat hulle steeds by Henk se ma-hulle “kuier”, selfs al woon hulle net 20 km van hulle af. Henk gooi dadelik wal, en verduidelik dat hy net so bietjie langer wil vertoef om sy ma-hulle te help met die pakkery en beplanning. Ansie voel dat Henk se ma hom manupileer omdat sy nie haar sin kry nie, en nou die hulpelose-slagoffer-wat-nog-nooit-gekampeer-het-nie-troefkaart speel. Hulle besluit om hulle staanplekke te bespreek, en bel die parkopsigter Pikkie Pienaar. Gillende kampkinders, broeiseisoen en die feit dat ekstra veiligheidsmaatreëls toegepas sal word nadat ‘n paartjie ‘n pikkewyn gesteel het, laat hulle gou besef – hierdie vakansie gaan nie ‘n gewone vakansie wees nie!

Dec 17, 202413 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 4

Suzette het ‘n ernstige gesprek met Henk. Sy spreek dadelik haar kommer uit hoekom sy dink dat Ansie en haar familie nie van hulle dam se ganse is nie. Henk is seergemaak, en verduidelik aan sy ma dat as Ansie nie welkom is nie, is hy ook nie. Suzette moet ‘n belangrike besluit neem – sal sy Ansie verdra, en so haar verhouding met haar liefingseun behou, of sal sy vasskop en haar sin probeer kry? ‘n Interessante telefoongesprek laat haar tog van plan verander. Miskien is ‘n tweede wittebrood net die regte medisyne vir skoonfamiliepyne.

Dec 16, 202413 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 3

Die twee vroue in arme Henk du Toit se lewe, se gemoedere loop hoog. Suzette is steeds gekrenk deur die feit dat sy nie na haar enigste seun se troue genooi is nie, en Ansie is woedend oor Henk se matriekafskeidfoto saam met sy eks wat steeds teen die spaarkamer se muur pryk. Ná ‘n misverstand oor enkels, gene, dik bene en ‘n luukse vakansie op ’n eiland, lê Henk streng reëls neer wat sy ma moet nakom. Suzette stem in om te gaan kampeer op haar voorwaardes. Maar dan kom daar nog nuus - daar sal nog twee buitengewone gaste by hulle aansluit...

Dec 13, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 2

Henk en Ansie daag op by Henk se ouerhuis om die nuus te breek dat hulle die vakansie getroud is. Henk se ma, Suzette, maak sommer met die intrapslag geen geheim daarvan dat sy nie dink Ansie is troumateriaal nie, en noem haar gereeld “per ongeluk” Henk se eks-meisie se naam. Dan is daar ook Liefie, Suzette se liefling pug, wat ‘n swak blaas het, en Ansie se nuwe tekkies gebruik as ‘n grasperk. Henk besef vinnig dat hy nie die boodskapper wil wees van hierdie ongemaklike nuusbom nie, en hy gooi jakkalsdraaie in ‘n hoenderhok. Iemand beland in die “dog box”, en dit is beslis nie Liefie nie.

Dec 12, 202414 min

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 1

Henk en Ansie du Toit is pas terug van hul drie weke lange wittebrood by Pikkewyn Park. Ongelukkig brand die huweliksvure nie lank nie toe hulle besef dit was ‘n reusefout om nie hulle ouers na die troue te nooi nie. Vinnig word beskuldigings rondgeslinger oor wie se ouers die ergste is. Henk kom met ‘n briljante plan na vore om te red wat daar te redde is. ‘n Tweede wittebrood saam met hulle ouers – ‘n skoonfamilievakansie om almal mekaar beter te leer ken. Ansie stem in, op een voorwaarde...

Dec 11, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 60 (slot)

Hantie en Wessel kan die onvermydelike nie langer uitstel nie. ‘n Onmoontlike keuse moet gemaak word.

Dec 10, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 59

In weerwil van tragiese nuus, duur die soektog na die akteurs voort. Bella moet haastig ‘n besluit maak - veg of vlug?

Dec 9, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 58

Wessel en Francisco soek tekens van die vermiste akteurs langs die plaaspaaie. Hantie en Mildred gaan vir ‘n wandeling deur die park.

Dec 6, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 57

Hantie en Wessel lees terugvoer oor die konsert aanlyn. Die soektog na die akteurs word verskerp.

Dec 5, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 56

Dis oomblikke voor die konsert, maar die uitdagings is nog lank nie verby nie. Op die nippertjie kry Hantie ‘n blink plan.

Dec 4, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 55

Alles is uiteindelik gereed vir die konsert, maar skielik is daar ‘n probleem met die akteurs. Vrot Rot daag by Bella se huis op.

Dec 3, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 54

Hantie laat haar nie deur haar wond van stryk bring nie. Mildred gee verwarrende instruksies oor wat Wessel en Francisco moet doen.

Dec 2, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 53

Francisco lê ‘n klag by die polisie, en dreig Bella om haar aanvalle te staak. Finale voorbereidings vir die konsert word getref.

Nov 29, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 52

Hulp daag op in ‘n uitsonderlike vorm. Die vooruitsig van ‘n nag op die hospitaal se plastiekstoele is glad nie aanloklik nie.

Nov 28, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 51

Mildred waarsku die sersant oor die ramp wat besig is om in die bos af te speel. Die reddingspan begaan ‘n groot fout.

Nov 27, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 50

Kersie vermoed dat ‘n ramp besig is om te gebeur, en kry ‘n reddingspan bymekaar. Die reddingspan ondervind egter probleme van hulle eie.

Nov 26, 202412 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 49

Hantie en Wessel verkeer in doodsgevaar toe ‘n rustige besoek aan die waterval skeefloop.

Nov 25, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 48

Hantie besluit om vir Wessel haar geheime plekkie in die bos te gaan wys, maar hulle word deur ‘n ongure karakter ingewag.

Nov 22, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 47

Willem tart die noodlot. Die dorp vier bruilof, maar dinge loop skeef, en die saal moet dringend ontruim word.

Nov 21, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 46

Wessel verduidelik sy besluit om terug te keer Verlatensrus toe. Kersie gooi alle norme en tradisies oorboord, en maak ‘n lewensveranderende skuif.

Nov 20, 202412 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 45

Bella kry besoekers in die tronk. Die dorp is verras toe daar onverwags drie volgelaaide vragmotors aankom.

Nov 19, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 44

Sersant Huffnagel konfronteer vir Bella. Willem het kreatiewe idees vir die teater. Later besluit hy om buitekant in die donker te gaan skilder.

Nov 18, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 43

Bella en Vrot Rot jaag deur ‘n slaggat op pad stad toe, en bars twee buitebande. Willem steel ‘n hooibaal.

Nov 15, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 42

Bella en Vrot Rot besluit om te vlug. Mildred moedig vir Kersie aan om weg te doen met tradisie, en hef in eie hand te neem.

Nov 14, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 41

Willem skilder vir Kersie, maar dinge verloop nie heeltemal glad nie. Hy het ook ‘n paar voorstelle oor die restourasie van die teater.

Nov 13, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 40

Willem verdwaal op pad na Verlatensrus, en Kersie is onmiddelik verlief. Bella skuil ondergronds, en bekla haar lot teenoor Vrot Rot.

Nov 12, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 39

Sonder die teater lyk dit onwaarskynlik dat Verlatensrus sal oorleef. Hantie dring daarop aan dat Wessel sy konsert eerder in Pretoria aanbied.

Nov 11, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 38

Hantie pamperlang haar ouma. Kersie voel sleg oor al die ongelukkigheid wat haar ma veroorsaak het. ‘n Brand breek uit.

Nov 8, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 37

Daar is konsternasie by die wynkelder. Mildred gee vir Bella ‘n kosbare geskenk. Kersie stel voor haar ma dink versigtig na oor alles wat sy aangevang het.

Nov 7, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 36

Kersie konfronteer haar ma oor Mildred se aanhouding. Sy het ‘n moeilike besluit om te maak, en neem ‘n drastiese stap.

Nov 6, 202413 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 35

Bella stel onbillike eise aan Mildred, maar dié maak dit duidelik dat sy nie ‘n katjie is om sonder handskoene aan te pak nie.

Nov 5, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 34

Bella dreig vir Mildred. Hantie en Wessel skrik toe hulle aasvoëls in die veld gewaar.

Nov 4, 202412 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 33

Sersant Huffnagel besoek die potensiële misdaadtoneel in die bos. Bella pluk ‘n roos en bring dit wynkelder toe met ‘n spesiale versoek.

Nov 1, 202414 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 32

Kersie moet ‘n front voorhou. Hantie en Wessel verken die plaaspaaie, en sien hoe Bella en Vrot Rot iets verdags aanvang.

Oct 31, 202415 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 31

Wessel en Francisco los per ongeluk een van die dorp se mees tergende raaisels op. Die soektog na Mildred begin in alle erns.

Oct 30, 202412 min

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 30

Hantie besef dat sy ‘n fout gemaak, en Mildred se lewe in gevaar gestel het. Bella deel bevele en dreigemente uit.

Oct 29, 202414 min