
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 7 of 61

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 15
Loeloeraai erken teenoor Watwo wat sy ware opdrag vir die sending was. Oom Stoffel kom vroeg daardie volgende oggend by die kombuis ingehardloop met skokkende nuus oor Loeloeraai.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 14
Nadat Loeloeraai teruggekeer het na die eiervormige tuig in die agterplaas vir die nag, kan niemand in die huis tot rus kom nie. Engela verwoord Neelsie en Oom Stoffel se grootste kommer: “Ek wonder net wat het hy hier by ons kom maak?” Cleož maak die waarheid aan Watwo bekend oor die dood van sy vader, lank gelede.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 13
Loeloeraai verstom almal met sy intelligensie, behalwe Oom Stoffel wat die vrede nie wil vertrou nie. Nie net is hy intelligent en vir Vroutjie en veral vir Engela baie aantreklik nie, hy verstom almal ook met asemrowende tegnologie.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 12
Oom Stoffel reken met só baie goud in die agterplaas, is Kerneels se geldprobleme vir goed verby! Die ou korrelkop wil sommer hê Herrie moet die goue eier kom omrol, maar Vroutjie vrees steeds vir ’n moontlike ontploffing. Oom Stoffel bedink ’n slim plan om te bewys dat dit nie ’n stuk wapentuig uit die vorige oorlog was nie.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 11
Loeloeraai oortuig Watwo en Cleož dat hy alleen die chronotuig sal verlaat, sonder ’n wapen om homself mee te verdedig en sonder ’n linguistofoon waarmee hulle mekaar sal kan verstaan. Vroutjie is bekommerd dat die eiervormige tuig in hulle agterplaas ’n oorblyfsel uit die laaste oorlog kan wees en Engela is bang die persoon aan die binnekant gaan versmoor omdat daar geen vensters sigbaar is nie. Dan ontvang Neelsie nóg ’n besoeker van wie se afspraak hy vergeet het!

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 10
Terwyl Vroutjie en Neelsie die Aandster sit en bewonder, sien sy skielik ’n baie vreemde vliegtuig naderkom. Die skynbaar onmoontlike gebeur. Die eiervormige tuig land reg langs die eikeboom in Neelsie-hulle se agterplaas! Neelsie stel ondersoek in, maar hy sien niks wat lyk na ’n deur óf ’n venster of selfs ’n voeg nie. Vroutjie sê sý dink dis Neelsie se mense van Venus wat sy naasteliefde van naderby wil beleef!

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 9
Loeloeraai en sy medetydreisigers besluit eenparig dat daar geen kulturele gesprekvoering met enigiemand in 1697 gevoer kan word nie, en besoek die Aarde in 1923. Hulle wend hulle dié keer tot ’n area oos van waar hulle voorheen was. Terwyl Neelsie en Vroutjie die Aandster sit en bewonder, sê Neelsie hy wonder of daar mense op Venus woon. Vroutjie wonder: “Ás daar mense op Venus sou wees, hoe sou hulle by óns kom, of ons by húlle?”

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 8
Cleož vertel verder waarom Loeloeraai se voorgeslagte van honderde duisende jare gelede nie van Venus na die Aarde kon vlug nie, en vra Loeloeraai of sy hom maar Loe kan noem, afgelei van Loeloeraai, soos Watwo se noemnaam afgelei is van Watwobiuš. Loeloeraai verras sy medetydreisigers met sy tegniese kennis.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 7
Kaptein Malfoř, bevelvoerder van die basistuig, Galliaštíka Ontdachím, noem Cleož ’n stuk metaal waarmee hy nie wil argumenteer nie, en sy beëindig die kommunikasiesein met die basistuig. Grůš wil haar teregwys, maar Cleož wys hom dadelik op haar regte as ’n KI-entiteit. Die chronotuig, Kronogmoš, is ingestel op die chronoverwysing 1197 in ’n gebied wat eeue later as Stellenbosch bekend sou staan. Hulle word begroet deur ’n asemrowende toneel met ’n blou oseaan en wonderlike natuurskoon. Loeloeraai vertel die hartseer verhaal van hoe sy voorgeslagte van hulle planeet, P2, moes vlug as gevolg van klimaatsverandering.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 6
Grůš Watwobiuš (alias Watwo vir sy vriende) neem Loeloeraai na die Kronogmoš waar hy die androïed, Cleož, sal ontmoet wat hulle op die sending sal vergesel. Maar eers bak Watwo en Cleož hom ’n poets waaroor hy later lekker kon lag.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 5
Op Oudtshoorn wonder Neelsie of hy en Vroutjie nie dalk ‘n bietjie met Herrie en die trem moet gaan vakansie hou so kort voor Kersfees nie. Loeloeraai is só geskok toe hy Grůš se ware identiteit uitvind en hoor van sy aandadigheid aan Maksor se bedrog, dat hy niks met Grůš te doen wil hê nie. Maar dan onthou hy dat hy sélf nie alles omtrent homself aan Grůš vertel het nie...

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 4
Grůš oortuig Maksor om hom kans te gee om Loeloeraai eers goed te leer ken. Indien hy kan vasstel dat Loeloeraai nie is wie hy voorgee om te wees nie, maar ‘n agent is wat heimlik op Maksor spioeneer, sal hy persoonlik toesien dat Loeloeraai uit die weg geruim word. Grůš besoek Loeloeraai weer met die doel om hom te waarsku en om die aap uit die mou te laat, maar bedink hom ter elfder ure.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 3
Grůš Watwobiuš ontmoet L2R1 (Loeloeraai) in sy werksfeer. Hulle praat informeel oor die sending en Loeloeraai erken teenoor Grůš dat hy die Opperbevelhebber nie volkome vertrou nie. Grůš lê direk daarna weer besoek af by Maksor en waarsku hom dat die Kulturele Attaché snuf in die neus oor die sending gekry het.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 2
Kommandeur Grůš Watwobiuš van Maksor se Geheime Diens, Šukroš Dinštíka, word na die Opperbevelhebber se saal ontbied en opdrag gegee om Kulturele Attaché L2R1 te elimineer omdat hy ʼn bedreiging is vir intergalaktiese veiligheid en sekuriteit. Onbewus van hierdie gebeure in die verre toekoms, sit Neelsie en Vroutjie rustig op hulle bankie onder die eikeboom in die agterplaas van hulle huis op Oudtshoorn. Hy sê hy’s dankbaar oor die vordering wat met die taal gemaak is, soos die goedkeuring om onderrig eers op laerskool en later ook op hoërskool in Afrikaans te laat geskied.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 1
In opdrag van RSG as deel van Afrikaans 100 wat op 8 Mei 2025 die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal herdenk. Kulturele Attaché L2R1 (alias Loeloeraai) word na die saal van die Intergalaktiese Opperbevelhebber, Keiser Maksor, ontbied. Drie millennia in die verlede sit Neelsie en Vroutjie op Oudtshoorn teen skemer op ʼn bankie onder die eikeboom agter die huis en praat oor sy bydrae tot die taalstryd.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)
Tuis. Lauren en Susan is oudergewoonte weer besig om klippe te stapel. Hulle nooi Magda om te kom help.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 59
Deon besef wat Izel mee besig was – te laat. Albert en Izel is weg.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 58
Richard en Tanya bespreek wat om te doen oor die boek wat Izel nie meer wil laat publiseer nie. Tanya ontvang haar eerste boodskap van Izel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 57
Deon en Susan lê langs die swembad en gesels oor hulle toekoms. Hulle hoor hoe die helikopter enjins opwarm...

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 56
Dennis en Richard maak planne oor wat hulle kan doen as Izel en Albert van die skip wegvlieg. Lauren en Essie se vriendskap verdiep.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 55
Susan en Magda gesels oor wat gebeur het, en oor wat sal gebeur as hulle by Nova Sentrum terug is. Izel voer haar finale onderhoud met Tanya.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 54
Albert en Izel maak planne om te ontsnap voor hulle in Suid Afrikaanse water seil.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 53
Deon en Susan speel oop kaarte met mekaar. Deon se bekentenis oor sy verlede skok Susan, maar sy verstaan waarom hy so opgetree het.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 52
Deon en Denis spoor die vermiste oorlogwapens op, en besluit wat om met die inligting te doen.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 51
Magda, Susan, Lauren en Deon hou ‘n vergadering in die klein kapel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 50
Deon konfronteer vir Izel. Hy laat haar verstaan dat hy weet waarmee sy besig is, en vra dat sy haarself oorgee.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 49
Izel en Albert finaliseer hulle planne. Maak nie saak wat gebeur nie, hulle kom weg. Deon en Susan neem ‘n finale besluit oor wat hulle sal doen wanneer die ‘vakansie’ verby is.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 48
Deon en Dennis probeer meer uitvind oor die geheimsinnige stoorplek.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 47
By een van die vele kroeë op die SS Salacia, vier Bettie en Essie hulle vryheid, noudat JP weg is. Tanya en Richard beplan wat hulle volgende sal doen. Moet die boek nog geskryf word?

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 46
JP ontvoer vir Lauren. Susan Deon en Dennis sien hoe hy vir haar op die oopdek teen die reling gyselaar hou. Deon doen sy bes om met die woedende JP te onderhandel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 45
Deon en Dennis is op soek na JP Swart se wegkruipplek. Hulle het die nuwe skematiese plan wat die hoogs geheime deure aandui, en besef dat daar ‘n deur in Susan se stort is. ‘n Fluitjie blaas, en ‘n skoot word afgevuur!

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 44
Susan, Bettie, Magda, Lauren en Essie eet saam in die Für Elise-saal. Veiligheid, en hoe om veilig te bly, is op almal se lippe.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 43
Albert, Izel, Dennis en Deon beplan hoe hulle vir JP kan vang. Sekuriteit laat weet dat een van hulle pistole vermis word.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 42
JP breek laatnag by Izel se private kwartiere in. Hy is opsoek na madame Kyrioskie, en heel verbaas om Albert en Izel te vind.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 41
Deon en Dennis soek na JP. Die dames moet weer fluitjies en pepersproei byderhand hou. Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 40
Susan en Deon stap laatnag op die opelugdek. Albert en Dennis kom met die nuus dat JP ontsnap het. Die duiwel is weer los op die SS Salacia!

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 39
JP Swart is uiteindelik gesond genoeg om behoorlik ondervra te word.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 38
Albert en Izel maak planne. Tanya probeer uitvind waarmee Izel werklik besig is.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 37
Susan en Deon eet middagete, en deel wat hulle voel oor die gebeure van die laaste paar dae. Dennis probeer Albert oortuig dat dit belangrik is dat Izel met Deon praat.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 36
Deon en Dennis bestudeer die skematiese plan van die skip, en besluit om ‘n bietjie rond te snuffel. Hulle ontdek iets belangrik.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 35
Ná die arrestasie van JP voel Magda weer veiliger, en sy loop op die opelugdek saam met Bettie en Susan.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 34
Richard vertel vir Tanya wat gister tydens die onderhoud gebeur het. Sy sê sy vermoed Izel is weer besig met iets wat die res van hulle nie van weet nie. Lauren kuier by Susan in haar kajuit.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 33
Kaptein JP Swart word uiteindelik in hegtenis geneem, maar dinge loop skeef.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 32
Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel, en vind dat sy nie eintlik so ernstig is om haar storie te vertel nie. Susan en Essie gesels openlik oor Spanje en die Spanjaard.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 31
Susan, Deon en Dennis ontdek ‘n geheime deur na die kapel. Daar word besluit om Richard en Albert te vra om te help met JP se arrestasie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 30
Susan en Deon praat openlik oor hulle alkoholisme, en hulle toekoms.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 29
Deon en Dennis ontmoet vir JP. Iets is nie reg nie. Dennis werk uit hoe om die skematiese plan van die skip te steel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 28
Essie en Lauren lê langs die swembad en skinder. Lauren bieg oor haar verlede, en wat Susan nou deurgaan. Susan kuier by Bettie en Magda, en sy kry terugvoer oor hoe dit met die ondervraging gegaan het.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 27
Deon en Dennis ondervra ‘n erg getraumatiseerde Magda. Bettie hou ‘n oog oor die gebeure.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 26
Albert en Izel maak planne oor hulle toekoms. Tanya en Richard geniet middagete, en vang op.