
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 9 of 61

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 57
Hantie en Wessel lees terugvoer oor die konsert aanlyn. Die soektog na die akteurs word verskerp.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 56
Dis oomblikke voor die konsert, maar die uitdagings is nog lank nie verby nie. Op die nippertjie kry Hantie ‘n blink plan.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 55
Alles is uiteindelik gereed vir die konsert, maar skielik is daar ‘n probleem met die akteurs. Vrot Rot daag by Bella se huis op.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 54
Hantie laat haar nie deur haar wond van stryk bring nie. Mildred gee verwarrende instruksies oor wat Wessel en Francisco moet doen.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 53
Francisco lê ‘n klag by die polisie, en dreig Bella om haar aanvalle te staak. Finale voorbereidings vir die konsert word getref.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 52
Hulp daag op in ‘n uitsonderlike vorm. Die vooruitsig van ‘n nag op die hospitaal se plastiekstoele is glad nie aanloklik nie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 51
Mildred waarsku die sersant oor die ramp wat besig is om in die bos af te speel. Die reddingspan begaan ‘n groot fout.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 50
Kersie vermoed dat ‘n ramp besig is om te gebeur, en kry ‘n reddingspan bymekaar. Die reddingspan ondervind egter probleme van hulle eie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 49
Hantie en Wessel verkeer in doodsgevaar toe ‘n rustige besoek aan die waterval skeefloop.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 48
Hantie besluit om vir Wessel haar geheime plekkie in die bos te gaan wys, maar hulle word deur ‘n ongure karakter ingewag.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 47
Willem tart die noodlot. Die dorp vier bruilof, maar dinge loop skeef, en die saal moet dringend ontruim word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 46
Wessel verduidelik sy besluit om terug te keer Verlatensrus toe. Kersie gooi alle norme en tradisies oorboord, en maak ‘n lewensveranderende skuif.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 45
Bella kry besoekers in die tronk. Die dorp is verras toe daar onverwags drie volgelaaide vragmotors aankom.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 44
Sersant Huffnagel konfronteer vir Bella. Willem het kreatiewe idees vir die teater. Later besluit hy om buitekant in die donker te gaan skilder.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 43
Bella en Vrot Rot jaag deur ‘n slaggat op pad stad toe, en bars twee buitebande. Willem steel ‘n hooibaal.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 42
Bella en Vrot Rot besluit om te vlug. Mildred moedig vir Kersie aan om weg te doen met tradisie, en hef in eie hand te neem.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 41
Willem skilder vir Kersie, maar dinge verloop nie heeltemal glad nie. Hy het ook ‘n paar voorstelle oor die restourasie van die teater.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 40
Willem verdwaal op pad na Verlatensrus, en Kersie is onmiddelik verlief. Bella skuil ondergronds, en bekla haar lot teenoor Vrot Rot.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 39
Sonder die teater lyk dit onwaarskynlik dat Verlatensrus sal oorleef. Hantie dring daarop aan dat Wessel sy konsert eerder in Pretoria aanbied.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 38
Hantie pamperlang haar ouma. Kersie voel sleg oor al die ongelukkigheid wat haar ma veroorsaak het. ‘n Brand breek uit.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 37
Daar is konsternasie by die wynkelder. Mildred gee vir Bella ‘n kosbare geskenk. Kersie stel voor haar ma dink versigtig na oor alles wat sy aangevang het.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 36
Kersie konfronteer haar ma oor Mildred se aanhouding. Sy het ‘n moeilike besluit om te maak, en neem ‘n drastiese stap.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 35
Bella stel onbillike eise aan Mildred, maar dié maak dit duidelik dat sy nie ‘n katjie is om sonder handskoene aan te pak nie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 34
Bella dreig vir Mildred. Hantie en Wessel skrik toe hulle aasvoëls in die veld gewaar.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 33
Sersant Huffnagel besoek die potensiële misdaadtoneel in die bos. Bella pluk ‘n roos en bring dit wynkelder toe met ‘n spesiale versoek.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 32
Kersie moet ‘n front voorhou. Hantie en Wessel verken die plaaspaaie, en sien hoe Bella en Vrot Rot iets verdags aanvang.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 31
Wessel en Francisco los per ongeluk een van die dorp se mees tergende raaisels op. Die soektog na Mildred begin in alle erns.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 30
Hantie besef dat sy ‘n fout gemaak, en Mildred se lewe in gevaar gestel het. Bella deel bevele en dreigemente uit.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 29
Bella praat haarself uit ‘n ernstige situasie los. Wessel is bekommerd oor Mildred, maar Hantie verseker hom dat alles in die haak is.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 28
Hantie stel die dorp gerus oor Mildred se verdwyning. Bella besluit dis tyd om die dorp op sy kop te keer.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 27
Mildred raak moeg daarvoor om knaend opgepas te word. Wessel en Francisco is besorgd oor die dorp se reputasie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 26
Vrot Rot is geskok oor die misdaad wat Bella beplan. Wessel en Francisco besef hulle sal moet saamwerk om die dorp se raaisels op te los.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 25
Hantie is bekommerd oor die spookjagters. Bella berei ‘n spesiale ete voor om haar sukses te vier, maar Kersie weier om saam te eet.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 24
Mildred raak by die konsert betrokke, en veroorsaak pandemonium in die hoofstraat. Vrot Rot daag by die bloemiste op.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 23
Bella praat met Wessel oor sy veiligheid. Mildred help vir Kersie met naaldwerk. Wessel en Hantie agtervolg ‘n verdagte figuur deur die bos.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 22
Bella en Mildred raak aktief by die verfraaiing van die dorp betrokke. Vrot Rot klop laatnag aan Bella se venster, en ontmoet vir Kersie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 21
Belle lê haar planne aan Kersie uit, maar dié is glad nie beïndruk nie. Hantie en Wessel bewonder die sonsopkoms.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 20
Hantie en Wessel se rustige nag word versteur. Kersie maak ‘n skokkende ontdekking in een van die laaie by die huis.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 19
Hantie het verdere slegte nuus oor die dekor. ‘n Rit oor die plaaspaaie ontaard in ‘n onverwagse nag onder die sterre.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 18
Verlatensrus haal die nuus, en daar is kommer oor die slegte publisiteit. Wessel se dekor vir die konsert word weer gevandaliseer.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 17
Kersie hou ‘n olyftak uit. Sersant Huffnagel maak hom lastig. Hantie moet inderhaas hospitaal toe gejaag word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 16
Hantie is skaam oor wat sy die vorige aand gedoen het. Kersie laat vir Wessel en Hantie ongemaklik voel.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 15
Daar’s ‘n groot bohaai oor ‘n pampoen. Bella rapporteer die geraamtespook aan die polisie. Wessel lees ‘n baie mooi storie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 14
Kersie gaan wys haar kostuumontwerpe vir Wessel. Wessel maak ‘n kreatiewe plan om die skade aan sy kar te verbloem.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 13
Wessel se kar word gevandaliseer, en hy en Hantie moet die wiele buurdorp toe vat. Bella praat oor haar kinderjare op Verlatensrus.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 12
Bella vat vir Mildred ‘n afgeskeepte geskenk, en vra onmoontlike vrae. Hantie maak goeie vordering met die konsert se agtergronde.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 11
Bella bel die koerant om die vreemde gebeure op Verlatensrus te rapporteer. ‘n Blou duif verskyn.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 10
Hantie Bella waarsku vir Kersie teen vals en oppervlakkige vriendskappe. Mildred skimp om in Wessel se konsert te wees.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 9
Kersie bied aan om die kostuums vir die konsert te maak, en Mildred ontdek ‘n onverwagse talent vir naaldwerk.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 8
Wessel en Hantie wonder oor die geheimsinnige besoeker. Mildred voel onrustig oor Verlatensrus, vir die eerste keer in 90 jaar.