
Middagvervolgverhaal
3,046 episodes — Page 6 of 61

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 7
Ben is tevrede met Wimpie se redigeringritme, maar Louis wonder of dit nie sy skryfwerk is wat die ritme beïnvloed nie. Louis nooi vir Ben om die aand by hom te kom eet in die woonstel wat hy by Ella Bentley huur. Hulle altwee ken haar goed. Ben vra uit oor Louis se afgekeurde manuskrip wat hy dink ‘n goeie televisiereeks sal maak. Louis lê die storie uit oor die manuskrip en wat daarvan geword het. Die teks lê tans in ‘n Londense polisiestasie. Nita kom die teekoppie haal, en ‘n hele tegniese gesprek ontstaan tot die koppie weer ter sprake kom. Ben vra Louis opnuut oor musiek in sy tekste. Jan en Louis bespreek die moontlikheid om hulle pa na Thérèse se 50ste verjaarsdag te nooi.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 6
Ben en Louis bespreek die produksie en tegnieke. Die hoofaktrise, Ans, trek Louis se aandag. Hy ontdek ‘n klavier in die ateljee en begin in die pouse in die donker speel. Ans en die grimeerkunstenaar, Nita, vra die beeldmenger, Wimpie, om die ligte aan te skakel om Louis te bewonder. Louis en Ben sit hulle gesprek oor Ans voort, en Nita kom ook ter sprake. Nita bring vir Louis onverwags tee in sy kantoor in opdrag van Ben, en die twee stel hulleself heeltemal te formeel aan mekaar voor.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 5
Peet bel vir Louis junior om Lewies se mediese toestand te rapporteer. Dit blyk Lewies het ‘n probleem met sy hart. Peet vra Louis junior om uit te reik na sy pa sonder om enige agterdog te wek - dit kan die televisiekontrak in gedrang bring omdat daar baie geld op die spel is. Ben en Louis senior kom op die plaas aan. Gesprekke oor die plaas en wat dit vir Louis beteken, is ‘n ontvlugting of ‘n ontmaskering. Klavierklanke oorval die huis toe Ben uit ‘n diep slaap ontwaak. Wyn kom weer te voorskyn uit ‘n 1965 bottel. Louis deel nonchalant sy stuiptrekking van die vorige aand met Ben, en maak dit af as niks. Die gesprek loop uit op ‘n wens dat twee langverwagte siele weer bymekaar sal uitkom.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 4
Peet en Louis deel jare se nuus oor ‘n glasie wyn. Die gesprek draai natuurlik na die TV-reeks en of daar iets van sal kom. Louis wonder of dit die moeite werd is om te skryf, met die worsteling tussen twyfel en erkenning. Verhoudings is ‘n gemeenskaplike gesprek vir Peet en Louis en hoe dit die skryfproses beïnvloed. Louis het ‘n uitdaging met sy gesondheid, wat Peet groot laat skrik. Peet bel ‘n kenner om meer uit te vra oor die medikasie wat Louis gebruik.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 3
Louis ontmoet vir John van Zyl van televisie en Ben Loots, die regisseur. Louis kom te hore van ‘n ou vriend, Peet Steyn, ‘n onafhanklike vervaardiger en skrywer. Ben is baie geïnteresseerd in die stories wat tussen hulle kan uitkom. John waarsku Ben om nie te ywerig oor Louis se persoonlike sake uit te vra nie.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 2
Jan ontmoet vir Louis senior by die lughawe, en tel so paar verlore drade op. Die vaderlands gevoel met Suid-Afrika laat Louis vir goed terugkeer. Louis maak dit duidelik dat hy nie ‘n oorlas van homself wil maak nie, en dat hy hoflik teenoor hulle ma sal optree, al is die verhouding troebel. Almal is gespanne voor die familie-ontmoeting. Louis senior het die vermoë om ‘n vertrek se asem weg te slaan. Die aand eindig wel bo verwagting goed.

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 1
Na 12 jaar gons dit in koerante oor Louis (Lewies) senior se terugkeer. Een van Louis se boeke word verwerk vir die televisie, dus die onverwagse terugkeer uit Londen na Suid-Afrika. Liz het vir Louis junior geskakel en Jan is dadelik in kennis gestel. ‘n Familiebyeenkoms by Louis en Liz met Jan en Wilma en hulle ma word byeengeroep om te bepaal wie geweet het. Hoe voel almal daaroor, en wat doen dit aan die familieverhoudings?

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Agter die mikrofoon
‘n Storie het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. Mari Snyman en die spelers bied ‘n blik op die ratwerk agter die ontwikkeling en opname van ‘n vervolgverhaal. Luister hoe die spelers hulle ervarings deel van toeka tot nou. Stories oor die intrige en die ligte oomblikke in die ateljee gee die luisterervaring soveel kleur. Geniet ‘n paar flaters of twee wat nooit op lug gehoor sal word nie! Mari Snyman deel ook die benadering tot die karakters, en skryf van elke episode.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 60 (slot)
Almal kom bymekaar vir 'n ete by die Meyers se huis. Magriet het groot nuus.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 59
Lynette en Magriet vind uit van die aaklighede in Petro se verlede.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 58
Sam is tuis, en vertel Magriet van sy ware gevoelens vir Jacqui. Elsa ondersteun Petro.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 57
Kurt bederf Lynette, en wen haar hart. Sasha neem afskeid.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 56
Ansie het nuwe moontlikhede in haar lewe. Elsa vind uit hoekom Petro so 'n moelike mens is.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 55
Kurt se goed beplande ete loop uit op 'n fiasko. Elsa help Ansie om finaal afsluiting te vind.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 54
Sam en Jacqui se romanse blom. Elsa en Ansie vind aanklank by Petro.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 53
Kurt beplan 'n laaste poging om Lynette te oortuig van sy gevoelens. Magriet maak 'n belangrike besluit.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 52
Elsa besef haar ouers se huwelik is in die moeilikheid. Ansie het 'n voorstel vir Ben oor Sasha.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 51
Lynette soek tevergeefs toenadering by Petro. Ben verloor sy humeur met Magriet.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 50
Dustin en Petro bring tyd saam deur. Elsa verras Petro.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 49
Ansie praat Sasha moed in. Kurt en Ben maak 'n voorstel aan Sasha. Willem wend 'n laaste poging aan om Ansie terug te wen.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 48
Elsa wil haar ouma beter leer ken. Sy besef daar is 'n rede hoekom Petro so 'n moelike mens is. Magriet en Lynette konfronteer Petro in David en Elsa se geselskap.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 47
Lynette simpatiseer met Ben. Magriet wil niks weet daarvan nie. David het nuwe inligting.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 46
Jacqui neem Magriet in haar vertroue. Ben probeer vergeefs om Magriet se guns te wen.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 45
Jacqui en Sam se verhouding blom. Ben doen moeite om Magriet se tuiskoms spesiaal te maak. Magriet is afsydig teenoor Ben.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 44
Petro ondersteun Dustin op haar manier. Elsa wonder oor Petro se familiegeskiedenis.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 43
Magriet en David ontdek 'n leidraad. Ansie gee vir Sasha goeie raad.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 42
Magriet aanvaar David se hulp. Sasha is ontsteld oor Ansie se aanstelling, en sy neem wraak.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 41
Kurt skerp die sekuriteit by sy woonstelgebou op ,en verwag almal se samewerking. Lynette ondersteun 'n gespanne Ben.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 40
Johnny probeer Dustin afpers. Petro maak 'n fout, maar stel dit reg op 'n onverwagse manier.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 39
Sam en Jacqui vind aanklank. Lynette help 'n onbeholpe Dustin.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 38
Ben vermaan Sasha oor haar optrede. Ansie staan haar man teen Willem.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 37
Lynette is bekommerd oor haar suster. Elsa en Ansie se ontmoeting met die maatskaplike werker verloop anders as wat hulle voorsien het.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 36
Elsa onttrek haar steun aan Dustin. Magriet is geskok wanneer Ben haar die waarheid vertel.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 35
Petro se kennis oor die dood van Magriet en Lynette se pa druk swaar op haar. Elsa waarsku Willem oor Ansie en die kind.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 34
Sam ontmoet een van Magriet se studente. Ansie maak kontak met Elsa.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 33
Dustin is dankbaar vir sy nuwe verblyf. Elsa vind uit wie Johnny regtig is, en sy waarsku Dustin. Lynette is onseker oor Kurt.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 32
Kurt gee Ben raad oor Sasha, en neem hom in sy vertroue oor sy eie huwelik. Daar is komplikasies, en Petro moet langer in die hospitaal bly.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 31
Magriet betwyfel Dustin se eerbaarheid. Petro is 'n moeilike pasiënt, en Magriet verloor haar humeur met haar.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 30
Magriet besoek Lynette. Sy vind dit moeilik om Petro se bedekte beskuldigings te hanteer. Ben en Magriet geniet tyd saam, en sy spreek haar kommer uit oor haar kinders. Kurt ondersoek Petro, en besluit verdere toetse is nodig.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 29
Magriet keur nie Elsa se vriendskap met Dustin goed nie. Sy maak dit duidelik sy vertrou hom nie. Die Meyer-gesin se kommer oor Ansie neem toe. Kurt staan Lynette by met 'n moeilike Petro.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 28
Willem se optrede laat Ansie besef hy dra nie sy kind se belange op die hart nie. Dustin se geheime lewe haal hom in, en dit beïnvloed vir Elsa en Ansie.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 27
Magriet is bekommerd oor Ansie. Sam reik uit na Magriet. Hy is bekommerd oor sy ouers.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 26
Elsa is verbaas wanneer haar familie haar ondersteun by die klub. 'n Nuwe wêreld gaan oop vir Isabel. Lynette en Elsa fnuik 'n dief.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 25
Magriet reik uit na Sasha. Elsa ondersteun vir Sam. Kurt besoek Lynette in haar nuwe woonstel.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 24
Magriet en Elsa het 'n eerlike gesprek met Ansie. Ansie vind uit van Willem se leuens, en konfronteer hom.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 23
Sam maak voorbrand om Isabel aan sy gesin voor te stel. Ansie besluit om proaktief te wees.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 22
Ansie maak nuwe planne. Sasha en Kurt sit vas. Ben gryp in.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 21
Magriet is ontsteld oor die nuwe inligting oor haar pa se dood. Ben ondersteun haar.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 20
Magriet word teensinnig gekonfronteer met die waarheid oor haar pa. Elsa is bekommerd oor Dustin.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 19
Sam leer Isabel beter ken. Willem loop sy rieme styf.