PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 6 of 61

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 42

Magriet aanvaar David se hulp. Sasha is ontsteld oor Ansie se aanstelling, en sy neem wraak.

Jul 7, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 41

Kurt skerp die sekuriteit by sy woonstelgebou op ,en verwag almal se samewerking. Lynette ondersteun 'n gespanne Ben.

Jul 4, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 40

Johnny probeer Dustin afpers. Petro maak 'n fout, maar stel dit reg op 'n onverwagse manier.

Jul 3, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 39

Sam en Jacqui vind aanklank. Lynette help 'n onbeholpe Dustin.

Jul 2, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 38

Ben vermaan Sasha oor haar optrede. Ansie staan haar man teen Willem.

Jul 1, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 37

Lynette is bekommerd oor haar suster. Elsa en Ansie se ontmoeting met die maatskaplike werker verloop anders as wat hulle voorsien het.

Jun 30, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 36

Elsa onttrek haar steun aan Dustin. Magriet is geskok wanneer Ben haar die waarheid vertel.

Jun 27, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 35

Petro se kennis oor die dood van Magriet en Lynette se pa druk swaar op haar. Elsa waarsku Willem oor Ansie en die kind.

Jun 26, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 34

Sam ontmoet een van Magriet se studente. Ansie maak kontak met Elsa.

Jun 25, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 33

Dustin is dankbaar vir sy nuwe verblyf. Elsa vind uit wie Johnny regtig is, en sy waarsku Dustin. Lynette is onseker oor Kurt.

Jun 24, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 32

Kurt gee Ben raad oor Sasha, en neem hom in sy vertroue oor sy eie huwelik. Daar is komplikasies, en Petro moet langer in die hospitaal bly.

Jun 23, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 31

Magriet betwyfel Dustin se eerbaarheid. Petro is 'n moeilike pasiënt, en Magriet verloor haar humeur met haar.

Jun 20, 202511 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 30

Magriet besoek Lynette. Sy vind dit moeilik om Petro se bedekte beskuldigings te hanteer. Ben en Magriet geniet tyd saam, en sy spreek haar kommer uit oor haar kinders. Kurt ondersoek Petro, en besluit verdere toetse is nodig.

Jun 19, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 29

Magriet keur nie Elsa se vriendskap met Dustin goed nie. Sy maak dit duidelik sy vertrou hom nie. Die Meyer-gesin se kommer oor Ansie neem toe. Kurt staan Lynette by met 'n moeilike Petro.

Jun 18, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 28

Willem se optrede laat Ansie besef hy dra nie sy kind se belange op die hart nie. Dustin se geheime lewe haal hom in, en dit beïnvloed vir Elsa en Ansie.

Jun 17, 202511 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 27

Magriet is bekommerd oor Ansie. Sam reik uit na Magriet. Hy is bekommerd oor sy ouers.

Jun 16, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 26

Elsa is verbaas wanneer haar familie haar ondersteun by die klub. 'n Nuwe wêreld gaan oop vir Isabel. Lynette en Elsa fnuik 'n dief.

Jun 13, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 25

Magriet reik uit na Sasha. Elsa ondersteun vir Sam. Kurt besoek Lynette in haar nuwe woonstel.

Jun 12, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 24

Magriet en Elsa het 'n eerlike gesprek met Ansie. Ansie vind uit van Willem se leuens, en konfronteer hom.

Jun 11, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 23

Sam maak voorbrand om Isabel aan sy gesin voor te stel. Ansie besluit om proaktief te wees.

Jun 10, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 22

Ansie maak nuwe planne. Sasha en Kurt sit vas. Ben gryp in.

Jun 9, 202511 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 21

Magriet is ontsteld oor die nuwe inligting oor haar pa se dood. Ben ondersteun haar.

Jun 6, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 20

Magriet word teensinnig gekonfronteer met die waarheid oor haar pa. Elsa is bekommerd oor Dustin.

Jun 5, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 19

Sam leer Isabel beter ken. Willem loop sy rieme styf.

Jun 4, 202511 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 18

Die nuwe vennoot beïndruk Petro teen alle verwagting. Magriet wonder oor Sasha.

Jun 3, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 17

Magriet ontmoet Ben se nuwe vennoot. Hy bied uitkoms aan 'n probleem.

Jun 2, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 16

Petro maak amok in die Meyer-huishouding. Sam probeer Magriet vertel van Isabel.

May 30, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 15

Magriet kners op haar tande wanneer Petro opdaag. Ben en Elsa ondersteun haar. Lynette en Magriet besluit om nie slapende honde wakker te maak nie.

May 29, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 14

Elsa is bekommerd oor Dustin. Sam is op sy senuwees oor Elsa se plan om hom te help. Elsa tref 'n ooreenkoms met Willem. Sam skraap al sy moed bymekaar om Isabel te ontmoet.

May 28, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 13

Magriet verduur Dustin noodgedwonge. Ben deel sy toekomstige planne met Magriet. Sam vra Elsa se hulp.

May 27, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 12

Lynette konfronteer Petro oor haar ontstellende aantygings. Ben ontmoet David vir die eerste keer. Magriet stel 'n ultimatum aan David.

May 26, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 11

Magriet beplan 'n uitstappie saam met Sam. Hy neem haar in sy vertroue. David probeer Lynette heuning om die mond smeer. Petro maak reg om haar lewe heeltemal te verander.

May 23, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 10

Sam is ongelukkig oor Dustin se gereelde besoeke. Die Meyer-gesin is verheug om Magriet terug te verwelkom. Hulle bring noodsaaklike tyd saam deur.

May 22, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 9

Ben stel 'n ultimatum aan Sasha. Elsa is ontsteld ná haar toevallige ontmoeting met Ansie. Sy sien vir die eerste keer weer haar seun, en sy neem 'n belangrike besluit.

May 21, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 8

Magriet en Lynette onderhandel met David. Ben is jaloers op David, maar Magriet verseker hom dis onnodig. Ben en Sasha woon 'n werkspartytjie by, met dit verreikende gevolge.

May 20, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 7

Sasha sorg dat sy onmisbaar is in Magriet se afwesigheid. David gooi sy flikkers by Magriet. Lynette terg Magriet oor David.

May 19, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 6

Lynette en Magriet besef Petro sal nooit verander nie, maar Petro se gedrag frustreer Magriet tog. Petro neem haar kans waar, en betower die hotelgaste.

May 16, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 5

Elsa is onsteld omdat Ansie Ben besoek het. Willem is ongeduldig teenoor Ansie. Willem besoek die klub en soek toenadering by Elsa, maar sy staan vas.

May 15, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 4

Magriet kry 'n onverwagse besoeker. Willem en Ansie sit vas. Sy is bang sy gaan haar kind verloor, en neem sake in eie hande.

May 14, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 3

Ben soek toenadering by Sam. Hy oortuig Magriet om saam met hom na die klub toe te gaan om te luister hoe Elsa saksofoon speel. Hulle ontmoet Dustin en Magriet is nie beïndruk nie.

May 13, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 2

Ben is bekommerd oor Elsa. Elsa konfronteer Willem, en waarsku hom om weg te bly van haar en haar gesin af. Lynette stel 'n ultimatum aan Petro.

May 12, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 1

Magriet wil nie betrokke raak by Lynette en Petro se argumente nie. Ben soek vergeefs toenadering by sy vrou. Elsa is kwaad wanneer Sam haar vertel van Willem.

May 9, 202512 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 23 (slot)

Hoor wat van Afrikaans sal word in die sesde millennium, en of Didius en Bonita toe darem hulle verskille kon bylê. En hoe sal Loeloeraai die res van sy sending in die Suidelike Galaktikas benader?

May 8, 202515 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 22

Didius kom uit ’n gebou gehardloop en roep wild om hulp. Loeloeraai beveel aan dat Cleož hom op ’n veilige plek uitvra terwyl hy en Watwo onder elektromagnetiese verhulling gaan kyk of hulle die oorsaak van Didius se hulpgeroep kan opspoor. Cleož besluit die veiligste plek om Didius uit te vra, is in die Kronogmoš. Dit het egter katastrofiese gevolge!

May 7, 202514 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 21

Cleož transfigureer van haar normale voorkoms na dié van ’n tipiese student van 1997, met byna katastrofiese gevolge wanneer sy met Didius Deelman begin gesels. Professor Provo van Thijn, wat Didius se meisie by hom afgerokkel het, raak dinge teenoor haar kwyt wat byna Didius se lewe kos.

May 6, 202513 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 20

Loeloeraai neem ’n foto van Neelsie, Vroutjie, Engela en Oom Stoffel. Kort daarna heers daar egter groot verwarring, en Vroutjie verdink Neelsie dat hy by die aanstellerige Miesies Wenderbaail vlerkgesleep het. Watwo en Cleož het baie interessante nuus om met Loeloeraai te deel, maar hy het sélf ’n bietjie verrassende nuus vir Watwo.

May 5, 202513 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 19

Neelsie verduidelik aan Loeloeraai waarom hy glo dat Afrikaans sal wegkwyn sonder die handhawing van die taal op onderwysvlak. Loeloeraai het slegte nuus vir Kerneels en sy huismense.

May 2, 202514 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 18

Neelsie vertel Loeloeraai van die twee belangrike periodes van oorsprong van Afrikaans. Wanneer hy sy twyfel oor die voortbestaan van Afrikaans oor vyftig of meer jaar uitspreek, betig Loeloeraai hom onmiddellik en sê hy dat hy glo in die oorlewing van die taal. Loeloeraai is verstom oor die geskiedenis van taalgenootskappe en taalunies, en verwonder hom aan die uiteenlopende denkrigtings van die twee taalbewegings.

May 1, 202514 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 17

Neelsie se antwoord op die vraag of daar enigiemand in die land selfs besig is met genetiese navorsing, bevestig Loeloeraai se vermoedens. Loeloeraai se belangstelling in Afrikaans word geprikkel wanneer Neelsie vertel van sy pogings om die taal te bevorder en van die uiteenlopende standpunte oor die ontstaan van Afrikaans.

Apr 30, 202513 min

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 16

Engela en Loeloeraai het ’n reuse verrassing vir Kerneels en Vroutjie, maar Stoffel is nog meer agterdogtig as ooit tevore. Neelsie skraap die moed bymekaar om Loeloeraai te vra wat die doel van sy besoek is en of hy alleen is. Die beperkte inligting wat hy van Loeloeraai kry, is nietemin vir hom onrusbarend.

Apr 29, 202514 min