PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 4 of 61

KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 1

Omdat Hannes en Lena in huise met ‘n Kersboom en kersversierings groot geword het, maak hulle hulle hullw dogter Emma en seun Ben, met dieselfde tradisie groot. Maar Emma is verpleegsterskollege toe en Ben wat pas matriek geskryf het, wil universiteitskoshuis toe. En skielik staan die boks vol kersversierings vergete in die pakkamer.

Nov 24, 202515 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 40 (slot)

Dis bruiloftyd op Wilgerfontein. Barto en Suzie trou. Benita en Joachim is ‘n verliefde paartjie, maar is Dolf en Wilmien dalk die hoogtepunt van die aand?

Nov 21, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 39

Dolf word amptelik die nuwe eienaar van die plaas Geluk. Wilmien en Greta bring vir Joachim tot nuwe insigte oor Benita. Joachim klop aan by Benita.

Nov 20, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 38

Joachim konfronteer vir Abram. Greta kuier in die bakkery by Barto en Suzie. Joachim deel die waarheid oor Benita met Greta.

Nov 19, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 37

Benita konfronteer vir Abram. Dolf maak vrede met die verlede, en hy en Wilmien maak ‘n besluit oor hulle toekoms. Benita vertel vir Joachim die waarheid oor haar aankoms op Wilgerfontein.

Nov 18, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 36

Dolf probeer vrede en sin maak uit sy verlede. Suzie erken die waarheid oor haar en Dolf aan Suzie. Suzie is sterk op dreef met haar troubeplanning.

Nov 17, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 35

Almal op Wilgerfontein probeer sin maak uit die tragedie op hulle dorp. Barto trap op Abram se tone.

Nov 14, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 34

Dolf en Gerrit stamp koppe, en bederf Benita en Joachim se ete. Die druk van alles wat gebeur, raak vir Gerrit te veel, en almal by die braai word tot in die afgrond in geskok.

Nov 13, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 33

Joachim deel goeie nuus met Greta en Wilmien. Benita plant ‘n saadjie van agterdog in Gerrit se kop. Wilmien word geforseer om vir Gerrit die waarheid te vertel oor haar en Dolf.

Nov 12, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 32

Greta en Joachim maak vrede. Greta vertel vir Joachim ‘n geheim wat sy al ‘n leeftyd lank wegsteek. Benita en Abram vier ‘n mylpaal in hulle gekonkel.

Nov 11, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 31

Greta doen dieper ondersoek in Wilmien se hartsake, en lei haar na ‘n moontlike oplossing. Barto en Gerrit kuier saam en Wilmien, en Dolf neem ‘n besluit oor die toekoms.

Nov 10, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 30

Gerrit en Benita span saam teen Abram. Joachim en Greta moet die verlede in die oë kyk, maar dit kan dalk ‘n slegte invloed hê op hulle hegte vriendskap. Dit dryf vir Joachim reguit in Benita se arms in.

Nov 7, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 29

Dolf en Wilmien gaan saam plaas toe. Barto vra vir Suzie ‘n vraag wat haar voete onder haar uitslaan. Dolf en Wilmien kom te staan voor ‘n kruispad.

Nov 6, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 28

Joachim vind uit van die ongerymdhede wat onder sy neus op sy plaas aangaan. Abram plaas nog druk op Benita. Greta vind iets uit oor haar man Danie se dood, wat haar skok.

Nov 5, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 27

Suzie begin werk in die bakkery vir tyd en wyl terwyl die ondersoek by die bank steeds voortduur. Joachim stem in om die geld vir Richard se rekenaarsentrum te skenk. Joachim en Benita gaan op ‘n romantiese piekniek.

Nov 4, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 26

Ons vind meer uit oor Dolf se herkoms, en dat Greta meer weet as wat sy sê. Iets begin broei tussen Dolf en Wilmien, maar dit blyk dat dit net tannie Greta is wat dit raaksien.

Nov 3, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 25

Die jongklomp spandeer ‘n naweek in die stad, en Barto gebruik die geleentheid om ‘n ou vriendin aan Dolf voor te stel. Joachim kry die uitslag van die DNS-toetse.

Oct 31, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 24

Suzie moet aan haar pa verduidelik dat sy geskors is by die bank. Richard konfronteer vir Abram, en wys die geld vir die skool se nuwe rekenaarsentrum van die hand. Barto en Suzie se agterdog oor Abram neem toe.

Oct 30, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 23

Abram krap rond in Gerrit se verlede, en kry ‘n groter houvas op hom. Wilmien en Dolf maak vrede. Suzie se werk by die bank is in gedrang.

Oct 29, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 22

Wilmien en Joachim maak vrede oor die verlede. Abram en Gerrit se gladde planne word beproef.

Oct 28, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 21

Wilmien vind meer uit oor Dolf se verlede. Dis ‘n groot ontnugtering oor wie moontlik sy pa kan wees. Wilmien konfronteer vir Dolf oor haar agterdog. Joachim deel sy toekomsplanne vir Versevlei met Benita.

Oct 27, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 20

Dolf vind meer uit oor sy verlede. ‘n Groot geheim word onthul. Wie is Dolf se regte pa? Benita en Joachim maak die pap dikker aan.

Oct 24, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 19

Gerrit en Abram se bose planne verloop glad. Suzie neem vir Barto in haar vertroue, en vertel hom van haar agterdog oor Wilgerfontein se nuutste inwoner, Benita. Suzie besluit ook om haar eie ondersoek te begin.

Oct 23, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 18

Wilgerfontein se mense hou basaar. Wilmien bespreek haar agterdog oor Dolf met Gerrit. Nog manewales vir plaas Versevlei onderbreek die aand vir Joachim en Dolf.

Oct 22, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 17

Greta en Joachim bespiegel oor wie Dolf se pa kan wees. Gerrit se geld probleme kom aan die lig. Gerrit val al dieper in Abram se kloue in.

Oct 21, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 16

Dolf doen navraag oor sy ma, Katja, wat op Wilgerfontein grootgeword het. Wilmien se agterdog oor Dolf groei. Greta en Joachim dink terug aan die verlede.

Oct 20, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 15

Abram klop aan by Joachim om geld vir die skool se rekenaarsentrum te werf. Suzie en Barto bevraagteken met groot agterdog die aankoms van Benita op die dorp, en bespreek Dolf se aankoms.

Oct 17, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 14

Gerrit reik ‘n hand van vriendskap uit na Dolf. Suzie en Barto se liefdesvlam begin brand. Wilmien spreek haar agterdog uit oor Dolf se aankoms op Wilgerfontein.

Oct 16, 202511 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 13

Gerrit speel die onskuld van self by Joachim. Richard gaan klop aan by Abram vir hulp om sy rekenaarsentrum by die skool op te rig. Gerrit raak senuweeagtig oor die feit dat Joachim agterdogtig raak oor alles wat op Versevlei aangaan.

Oct 15, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 12

Joachim kom tuis ná ‘n moeilike aand in die tronk. Ons vind uit dat Benita en Gerrit mekaar baie goed ken. Joachim neem Benita uit vir ‘n romantiese ete, maar dit word kortgeknip deur ‘n onverwagse oproep.

Oct 14, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 11

Greta en Benita leer mekaar beter ken. Dolf, Joachim, Greta en Wilmien gaan na ‘n veiling. Alles verloop glad, tot die polisie daar opdaag.

Oct 13, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 10

Gerrit en Wilmien maak vinnig vrede ná ‘n uitval. Benita begin werk as Richard se nuwe assistent by die skool. Greta stel skielik baie belang in Benita.

Oct 10, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 9

Ons ontmoet vir Richard, Wilgerfontein se skoolhoof, en Suzie se pa. Daar’s ‘n dans op die dorp, en Benita maak haar openbare verskyning. Wilmien moet haar hart ondersoek.

Oct 9, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 8

Benita en Abram konkel saam. Ons ontmoet vir Barto, die aantreklike eienaar van die bakkery op Wilgerfontein, wat Suzie se knieë lam maak. Suzie is agterdogtig oor die aankoms van Benita op die dorp.

Oct 8, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 7

Abram besoek vir Gerrit in die hospitaal. Benita Botha maak haar aankoms op WIlgerfontein. Greta en Joachim praat oor die toekoms, en Greta plant ‘n saadjie in Joachim se kop.

Oct 7, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 6

Versevlei brand, en die wind maak ‘n dodelike draai. Wilmien en Gerrit maak vrede. Abram beskuldig Joachim van ‘n ondenkbare daad vir enige boer.

Oct 6, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 5

Abram en Gerrit stel hulle plan in werking. Joachim neem vir Dolf onder sy vlerk, en leer hom meer van boerdery en die omgewing. ‘n Brand breek uit op die plaas Versevlei.

Oct 3, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 4

Dolf en Wilmien leer mekaar beter ken. Suzie reël ‘n aand uit vir die dames. Gerrit se lening word afgekeer by die bank. Abram betrek Gerrit by sy planne, en die twee begin saam konkel.

Oct 2, 202512 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 3

Joachim jaag die Du Walt-myngroep van sy plaas af. Gerrit en Wilmien probeer deel met die uitval ná Gerrit se flop huweliksaanbod. Dolf begin die jong dames van Wilgerfontein beter ken.

Oct 1, 202514 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 2

Suzie is Wilmien se beste vriendin. ‘n Hegte band word gevorm tussen Wilmien, Dolf en tannie Greta. Gerrit vra vir Wilmien ‘n baie belangrike vraag.

Sep 30, 202513 min

VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 1

Gerrit Gouws storm uit bankbestuurder Abram Jakobs se kantoor. Dolf du Plessis neem sy intrek op Wilgerfontein, en word vinnige vriende met Wilmien en tannie Greta.

Sep 29, 202514 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 40 (slot)

Louis het vir Louis junior gevra om in te kom. Uiteindelik kry hulle ‘n geleentheid om te praat. Lewies deel sy wense met Louis junior. Professor Simpson het nie enige hoop nie. Jan en Thérèse wil hom sien, maar Nita en Ans is ook daar. Louis wil ‘n onsmaaklike ontmoeting vermy en probeer die laaste besoek slim koördineer. Louis stel Liz aan Nita voor, en verseker haar dat hulle na haar sal kyk. Thérèse deel haar gevoelens oor die laaste oomblikke. Terugflitse maal in Jan se kop. Nita verlaat nie Louis se sy nie. ‘n Lang toon kondig die einde aan. Verwyte en herinneringe is al wat oorbly. ‘n Klein kapel is die plek wat almal dwing om naby mekaar te wees. Nita wou vir ‘n paar dae al niks eet nie, maar iemand kon haar oortuig. Liz het haar meegedeel dat sy swanger is, en dat Louis Klopper vir altyd in haar sal voortleef.

Sep 26, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 39

Nita bepeins haar lewe. Sy is nou ‘n plaasvrou. Die eerste draaiboek is op die plaas gekyk saam met Ben en van die akteurs. Alles wat Louis en Nita vir mekaar was het nou die alledaagse geword. Louis se familie het anders gevoel oor die huwelik. Die situasie is iets waaraan almal moet gewoond raak as hulle wil. Ans is een wat hulle nog hartlik ontvang. ‘n Koffieafspraak word ‘n aanslag op alles wat opgebou het tot op hierdie oomblik. Ans en Nita probeer onverpoos om enigiemand in die hande te kry. Louis junior is by die hospitaal om te verneem hoe dit met sy pa gaan, en moet Nita en Ans bystaan tydens die besoek.

Sep 25, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 38

Jan is aangeklam toe hy by sy pa aankom. Jan wil weet hoekom Louis teruggekom het. ‘n Ondervraging begin oor sy pa se onlangse gedrag. Jan voel hy moet opkom vir Thérèse, maar Louis voel dis nie nodig nie. Jan het geen reg om vir Louis te sê hoe hy sy lewe moet lei nie. Jan wens Louis iets onsmaaklik toe. Louis is nie seker hoe om op die twee gesprekke oor die aanname te reageer nie. Sy gedagtes draai vinnig na die draaiboek en ‘n stukkie uit Schumann se Fantasie-stukke, en meteens onthou hy vir wie hy dit gespeel het.

Sep 24, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 37

Louis deel sy gedagtes oor Nita se besluit ná hulle gesprek. Hy besef hy het sy werk afgeskeep, en vestig weer sy volle aandag op die draaiboek. Peet Steyn is sy vaste baken na wie hy hom wend om hom weer te anker. Louis en Peet gesels oor die draaiboek, gesondheid en verhoudings. Louis beweer sy gesondheid is nie in gevaar nie. Hy het nie op hom laat wag om saam met Tillie Hamman te gaan eet nie. Liefde word ‘n filosofiese gesprek, en Tillie is die metafoor vir al sy verhoudings. Tydens ‘n breuk in repetisies kom sit Louis by Ans om uit te vis oor Nita. Ans neem haar kans om met Louis te raas omdat hy nie as die ouer persoon sy wysheid kon gebruik om te weet dat dit nie kon werk nie. Louis gebruik sy gewone sjarme om Ans tot bedaring te bring. Louis beweer Ans dik dinge bietjie aan, maar daar steek tog iets in wat Ans gesê het. ‘n Ontmoeting tussen Jan en Lewies is te wagte.

Sep 23, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 36

Nita maak vir Louis ontbyt op die plaas. Jan daag onverwags op om vir Louis om verskoning te vra. Wimpie daag by Roelf-hulle op om ‘n belangrike brokkie nuus te deel. Roelf bel vir Ans en sit twee en twee bymekaar. Ans smeek hom om nie sy ouers te vertel nie. Terug by die ateljees kom Nita met Louis praat oor iets wat swaar op haar hart weeg. Hulle geheim is in gevaar, en Nita besef sy moet ‘n moeilike besluit neem.

Sep 22, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 35

Louis berei homself voor om vir Wilma die groot nuus te vertel. Sy maak verskoning vir haar en Jan se reaksie op die koerante en die wolhaarstorie oor Louis se besoek aan die Kaap. Hy begin vir haar vertel wat die rede was vir sy weggaan 12 jaar gelede, en hoe dit relevant is tot die huidge situasie. Louis wend hom tot Nita na ‘n paar glasies. Sy leen haar oor aan hom terwyl hy weer ‘n gelykenis voordra om sy gevoelens te uiter. Dit is duidelik dat hy meer tyd saam met haar wil deurbring en elke verskoning sal soek om dit gereël te kry. Wilma konfronteer Jan se stilswye teenoor sy pa. Sy vertel vir hom die waarheid, en Jan is aanvanklik nie te vinde vir die verskoning nie. Hy besef hy het drooggemaak. Jan wil dadelik dinge regmaak met Lewies.

Sep 19, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 34

Jan wil nie vir Louis sien nie. Wilma vra Jan uit oor sy reaksie teenoor Louis. Hy wil net sy familie beskerm, veral sy ma. Wilma hou vol dis nie wat hy dink dit is nie. Lewies kontak vir Louis junior oor Jan. Louis junior is salig onbewus van die gevoelens wat Jan koester teenoor Lewies, nietemin het Louis onderneem om Jan op te soek. Die twee broers ontmoet om oor Lewies te gesels. Louis moet Jan se gevoelens uit hom trek. Jan wil nie eintlik daaroor praat nie. Louis reik eerder uit na Wilma. Wilma laat blyk dat sy weet, maar sy wil dit nie bespreek nie. Sy pleit by Louis om niks vir Thérèse te sê nie. Wilma besluit op Louis se aanbeveling om met Lewies te gaan praat oor die troebel verhouding tussen hom en Jan. Louis sit twee en twee bymekaar en verstaan Jan se afleiding oor die koerante. Louis voel hy kan Wilma vertrou, en besluit om ook ‘n brokkie nuus met haar te deel.

Sep 18, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 33

Met Louis se terugkeer, is Ben heel nuuskierig oor die vakansie in die Kaap. Die repetisies het begin in aanloop tot die eerste opnames. Ben deel Louis mee dat Thérèse hom gesoek het toe hy weg was. Ben skakel Thérèse dadelik sodat Louis met haar kan praat. Louis vertel vir haar ‘n hele storie oor die Kaap, en Thérèse vertel hom oor die geboorte van hulle kleinseun. ‘n Familiebyeenkoms is op hande om die geboorte te vier. Louis maak ‘n reeks oproepe om die nuus te deel. Louis kom kuier vir Liz met ‘n bos blomme. Daar is geen twyfel dat die nuutste toevoeging tot die familie ‘n Klopper is nie. Oupa Louis hou vir die eerste keer sy kleinseun vas. Lewies maak dit duidelik wat die kleinseun se naam moet wees.

Sep 17, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 32

Louis bel na die woonstel, en Ans is glad nie beïndruk nie. Nita huiwer om Kaap toe te gaan. Louis het vir haar ‘n kaartjie gekoop, en sy probeer hom uitvra oor sy stilte en of sy welkom sou wees. Toe hulle vir die eerste keer alleen is, vertel Nita vir hom hoekom sy ontsteld is. Louis beweer hy het glad nie vir Tillie Hamman gesien nie. Hy is in die Kaap om ander redes. Die twee vra mekaar om verskoning oor die misverstand. Louis sal die woonstel moet ontruim omdat Ella Bentley terugkeer. Nita laat nie op haar wag om hom weer uit te vra oor Tillie Hamman nie. Nita probeer haarself onderskei van enige van sy vorige verhoudings. Louis heroorweeg sy besluit om in die Kaap te gaan bly. Die verliefdes is weer hulle ou selwers.

Sep 16, 202512 min