PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 5 of 61

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 31

Die Kloppers word binnekort ‘n kleinkind ryker. Thérèse onderneem om vir Lewies in kennis te stel dat hy ‘n oupa gaan word, maar Ben deel haar mee dat hy tans in die Kaap is. Jan is hewig ontsteld oor ‘n foto by ‘n koerantberig. Die kleinding lyk soos ‘n Klopper. Liz se ouers het die hele familie genooi om die geboorte te vier. Jan en Wilma daag op om vir Thérèse op te laai, maar sy het ‘n migraine.

Sep 15, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 30

Ans deel haar indrukke van Louis toe hy by die partytjie opdaag. Dan praat sy oor die kuier op die plaas. Ans begin gewoond raak aan Nita en Louis. Bolangs is alles pluis, maar onderlangs begin die krake wys. Louis speel vir Nita en Ans klavier. Louis raak kreatief, en vertel vir hulle ‘n verhaaltjie van ‘n meisie wat hy op universiteit gehad het. Die beskrywing van die meisie klink toevallig na die manier waarop Nita hom benader het. Nita verklaar weer haar onvoorwaardelike liefde aan hom terwyl Ans wegglip om koffie te gaan haal. Die aanbod vir ‘n kaastoebroodjie word ‘n gesprek oor Louis se gesondheid. Uiteindelik kan die twee ook na die beloofde meubels kyk vir die woonstel. Nita deel haar verlange terwyl Louis in die Kaap is. Nita bevestig haar nuutgevonde lus vir die lewe sedert Louis in haar lewe is. Ans konfronteer haar weer met die gedagte as Louis uit haar lewe moet verdwyn. Daar wag ‘n groot ontnugtering op Nita.

Sep 12, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 29

Ben vertel vir Louis dat John baie gelukkig is, en sommer die begroting gaan vergroot. Louis vat sy kans en sit ‘n goeie woordjie in vir Ans. Ben wonder oor haar beskikbaarheid, maar Louis knip hom kort en beklemtoon dat Ans via ‘n bostelegram die rol wil hê. Ben laat blyk dat Ans ‘n daknatmaak gereël het vir die nuwe woonstel, en dat Nita ook daar intrek nadat sy en Wimpie uit is. Louis beweer hy kan die daknatmaak bywoon. Ben laat blyk ook dat Louis bietjie kan afkry van die skrywery om te rus en weg te kom. Nita en Louis sien mekaar vir die eerste keer nadat die laaste kuier kortgeknip is. Louis vra innig om verskoning dat hy so ongeskik was met Nita die vorige dag. Hy vertel Nita van die daknatmaak, en sy wil hom dadelik nooi. Louis vertel dat Ben hom genooi het nadat hy ‘n goeie woordjie vir Ans ingesit het. Hy vertel vir Nita van sy planne om, nadat sy en Ans op die plaas was, Kaap toe gaan. Pllanne word weer bewimpel om mekaar in die Kaap te ontmoet. Nita begin Louis pols oor Thérèse. Dit ontaard in ‘n speelse gesprek oor hulle fisiese aangetrokkenheid. Meteens haal Nita Louis junior se telefoongesprek op, en Lewies deel haar mee van sy mediese kondisie. ‘n Belangrike gesprek oor lewe en dood ontbloot Louis se gevoelens oor Thérèse.

Sep 11, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 28

Ans is besig met die gordyne vir die woonstel. Nita daag op, en is net betyds om te help. Ans vra waar Louis is, maar Nita laat blyk dat hy nie in ‘n goeie bui is nie. Dis ‘n komplekse gesprek want Louis se bui het baie kante. Ans gee haar weergawe van Thérèse om Nita bewus te maak van haar. Nita vertel ook van die spannende oproep van Louis junior af. Ans is nie ten gunste van die verhouding nie, sy baie sinies. Nita beweer daar was niks tussen haar en Wimpie nie. Hulle kom nie tot ‘n vergelyk nie. Louis junior en Thérèse gesels oor die oproep wat Lewies kortgeknip het, en spekuleer oor Lewies se fisiese toestand die naweek op die plaas. Thérèse beweer sy wou op daardie stadium die verkeerde goed vir Lewies gehad het. Sy weet sy het hom nooit verstaan nie.

Sep 10, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 27

Roelf en Wimpie ontmoet mekaar by die muurbalklub. Wimpie is baie gretig om by Roelf te verneem wat met Nita aangaan. Roelf ontken ‘n geheime verhouding en beweer hy weet niks. Wimpie probeer om alles uit te pluis. Hy stort sy hart uit teenoor Roelf. Louis skakel Nita nadat hy terug is van die plaas, en maak dadelik ‘n afspraak. Hy is versigtig dat Ben hulle nie sien nie. Louis wil sy voorskrif hernu en vra vir Ben om hom daarmee te help. Louis kry uiteindelik vir Nita by die woonstel. Hy is nie in ‘n goeie bui nie. Nita probeer alles om hom op te beur. Dis duidelik die draaiboek is vir Lewies middelmatig en oppervlakkig. Meteens kontak Louis junior om uit te reik oor die mediese kondisie. Lewies maak dit af, en vra hom om dit nie nou te bespreek nie. Hy vertel Nita alles wat op die plaas gebeur het. Nita vra of sy liewer moet loop, en Louis stem in omdat hy nie op die oomblik goeie geselskap is nie.

Sep 9, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 26

Ans en Nita is besig om die woonstel te bekyk vir gordyne en meubels. Die grappies draai vinnig na Louis. Ans deel weer ‘n stukkie wysheid oor Nita en Louis se geheimsinnige vriendskap. Lewies peins oor Jan en Louis junior se opvoeding. Hulle is nie soos hy nie, hy beweer hy het hulle in hulle opvoeding bietjie verwaarloos. Wilma pols Louis junior oor sy eie opvoeding. ‘n Swerwersbestaan op soek na betekenis. Sigeunermusiek bring uiting aan die rou emosie van eensaamheid as ‘n swerwer. Thérèse en Louis gesels oor hulle huwelik, en waar dinge moontlik kon skeefloop. Is daar ‘n kans op versoening? Het hulle mekaar gemis? Thérèse vertel dat Louis junior haar gebel het. Sy deel haar bekommernis met Lewies oor sy gesondheid. Louis stem in om ‘n dokter te gaan sien.

Sep 8, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 25

Jan en Wilma kom kuier by Louis junior en Liz. Thérèse maak ook haar opwagting. Al die drade oor Louis senior word opgetel. Die outeursreg, die hernuwing van sy voorskrif en die afrond van die draaiboek. Louis vertel van die angina wat Louis senior in Peet Steyn se teenwoordigheid gekry het. Die kommer is dat Louis medikasie gebruik vir hartkrampe. Hoekom steek Louis senior sy toestand weg? Jan vertel van Louis senior se planne met die maatskappy en die plaas. Op die plaas is Louis senior en Ben druk besig om die draaiboek af te rond. Die telefoon lui, dis Jan. Louis deel Jan mee dat De Villiers laat weet het die outeursreg is uitgesorteer. Jan vra of hy, Wilma en Thérèse kan kom kuier.

Sep 5, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 24

Louis is gretig om te verneem hoe Nita se gesprek met haar ouers gegaan het. Nita het iets om te bieg by Louis. Sy vertel Louis dat Ans uitgepluis het dat hulle mekaar sien, maar eintlik wil Ans ‘n rol in die televisiereeks hê wat Louis skryf. John bel om die nuus te deel dat Schalk se seun hom laat weet het die saak oor die outeursreg is uitgesorteer. Lewies bel vir Louis junior om ‘n voorskrif te hernu. Louis is bekommerd oor sy pa se gebruik van die medikasie, en gee ‘n ferm waarskuwing. Ben en Louis is op pad plaas toe om die eerste draaiboek af te rond. Ans skakel vir Nita om te hoor of hulle na die woonstel kan gaan kyk. Ans vertel dat Joan haar gebel het om uit te vis oor Nita, en Wimpie het haar ook lastig geval oor die skielike verbreking van die verlowing.

Sep 4, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 23

Nita dink terug aan die konfrontasie met haar pa, en sy wens sy kan haar emosies deel met Louis. Meteens stop die klavierspel in Louis se blyplek. Die skemer daal oor die vertrek en hulle begin weer hulle gevoelens met mekaar deel. Klavierspel word die metafoor vir kunsmatige en werklike gevoelens. Nita is duidelik nie tuis nie, en haar ouers en Roelf begin bekommerd raak. Roelf wil vir Wimpie bel om uit te vind of hy weet waar sy is. Fritz en Joan begin mekaar verwyt oor Nita se gedrag. Nita kom tuis en vermy hulle. Ben het die draaiboek gelees en laat Louis weet hy is tevrede. Ben wil John vra of hulle vroeër kan begin werk. Nita en Joan kom uiteindelik bymekaar uit om te praat oor alles. Nita verseker Joan alles is in orde, behalwe dat sy op haar eie wil wees.

Sep 3, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 22

Nita is bekommerd oor Ans se reaksie, maar is verlig. Ans se woorde bring dalk waarhede aan die lig. Louis en Nita bewerk weer ‘n manier om ‘n afspraak te maak. Louis moet sy draaiboek kom aflewer, en Ben is in sy noppies. Ben pols vir Louis oor die regte. Louis beweer hy het die regte. Tydens die afspraak vermoed Louis iets is nie pluis met Nita nie. Hulle gesels oor die eerste konsep van die draaiboek, en Louis versoek dat Nita hom in sy onsekerheid oor die teks moet vergesel. Nita voorspel hoe haar ouers sal reageer oor die verbreking van die verlowing en die intrek by die woonstel. Louis hou van die idee van onafhanklikheid en nooi sommer vir Nita plaas toe. Die aanbod van meubels vir die woonstel is ‘n goeie poging om Nita en moontlik Ans op die plaas te kry. Nita wil net tyd deurbring saam met Louis in sy woonstel terwyl hy vir haar klavier speel.

Sep 2, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 21

Roelf klop Nita wakker en probeer haar pols oor die verbreking van die verlowing. Hy probeer Wimpie se kant stel, en vertel vir Nita dat die gesin nie verstaan nie, en hulle ouers ontsteld is. Nita vertel Roelf die ooreengekome storie oor haar doen en late, en dat sy en Ans in ‘n woonstel gaan intrek. Roelf raak agterdogtig. By die ontbyttafel bou alles op tot konfrontasie. Fritz wil glad nie hê Nita moet uit die huis trek nie. Nita loop summier uit die huis, en los sake onopgelos. Nita haas haar na Ans, en stort haar hart uit. Nita waarsku Ans dat haar ouers haar gaan probeer kontak om die woonstel se deposito terug te betaal. Ans vang Nita uit, en ontbloot die groot geheim. Ans is duidelik verbaas, maar aanvaar dit en begin gewoond raak aan die idee.

Sep 1, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 20

Thérèse en Schalk ontmoet op die kampus vir ete. Sy begin met ‘n draai uitvra oor boeke en TV. Schalk kom met die nuus uit dat Louis die regte op televisie en rolprente uit die kontrakte gehou het. Schalk deel ook mee hoekom Louis kwaad is vir hom. Die laaste manuskrip. Schalk maak dit duidelik dat die manuskrip deur geen uitgewer gepubliseer sou word nie. Hy beweer Louis moet hom dankbaar wees dat hy dit nie gepubliseer het nie. Wimpie en Roelf probeer uitpluis hoekom Nita die verlowing verbreek het. Joan vertel vir Fritz dat Nita saam met Ans in ‘n woonstel wil intrek. Fritz het ander planne.

Aug 29, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 19

Jan verras vir Thérèse met ‘n besoek voor ‘n afspraak met Wilma. Thérèse vra dadelik uit of hy en sy pa weer gepraat het. Jan vertel sy ma van al Louis senior se planne met die plaas, woonstel en huis. Hulle kom ooreen om algeheel na al die geldsake te kyk. Jan wil eintlik met Thérèse oor Louis se outeursregte praat. Thérèse deel haar wysheid oor die verhouding tussen Louis en Schalk de Villiers. Sy brei uit oor sy benadering tot sy loopbaan en die lewe in die algemeen. Jan vra Thérèse om agtergrond te gee oor die outeursregte sodat hy dit verder kan opneem met John. Louis weet egter nie van Jan se plan nie. Thérèse laat nie op haar wag nie, en skakel vir Schalk om ‘n afspraak te maak. Nita deel uiteindelik die nuus met haar ma dat sy saam met Ans in ‘n woonstel gaan intrek.

Aug 28, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 18

Louis kuier by Jan en Wilma in die woonstel wat Louis senior gekoop het. Louis senior en Jan het ‘n gesprek oor die huwelik. Die plaas en woonstel kom ter sprake, maar draai na die outeursregte. Jan deel sy mening, en raai Louis aan om die brief te gaan soek. Lewies is nie lus om met Schalk de Villiers te praat nie. Wilma raak liries oor Louis senior ná hy weg is, en Jan voel hy begin hom nou eers leer ken as pa. Wilma oortuig Jan dat Louis ‘n goeie pa is, en net die beste vir hulle gesin wil hê.

Aug 27, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 17

Louis ontmoet vir Nita in die geheim. Die flankering neem dadelik ‘n aanvang. Nita is nie lus vir ‘n ete nie, maar eerder ‘n gesellige tyd by Louis se woonstel met wyn en koffie. Nita deel haar gedagtes oor hulle geselligheid. Haar aansien vir Louis groei meer en meer, veral as hy vir haar klavier speel. Sy dink aan haar gesin, hoe die besluite wat sy neem hulle kan beïnvloed. Louis hou op speel en sê Nita moet huistoe gaan. Sy weier voor hy nie vir haar iets moois vertel nie. Sy verklaar haar onvoorwaardelike liefde aan hom.

Aug 26, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 16

Louis skakel die grimeringdepartement vir ‘n ete-afspraak. Nita weier hom egter om ‘n vorige gesprek oor middagete klaar te maak. Hulle gesprek draai vinnig weer na die geheimsinnige afspraak om te verhoed dat hulle nie uitgevang word nie. Louis en John bespreek kontraktuele verpligtinge vir die televisieregte en ‘n brief deur ene SJW Villiers. ‘n Hewige gesprek ontaard oor die vooraf gesprekke vir die regte en al die misverstande, wat uitloop op ‘n brief wat al die verwarring uitwis. Louis stort sy hart uit oor Schalk de Villiers en sy renons met hom. Louis senior bel vir Jan om regsadvies in te win oor kontrakreg.

Aug 25, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 15

Nita kontak Ans om haar te ontmoet vir ‘n gesprek. Louis deel Ben mee dat hy amper klaar is met die draaiboek, maar hy het ‘n uitdaging met die dialoog. Ben is bekommerd oor uitsaairegte van die boek. Ans gesels met Nita oor haar werk as aktrise, want sy wil baie graag in Louis Klopper se reeks speel. Nita beweer sy kan invloed uitoefen om Ans te help om die rol te kry, en hulle dink sommer daaraan om saam in te trek. Ans is besig om die groot geheim van die verlowing uit te pluis. Hulle gaan die aand saam uit om enige sprake daarvan te vermy.

Aug 22, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 14

Wimpie wil weet waar Nita die hele middag was. Hy vermoed onraad omdat Nita so baie tyd met Louis deurbring. Sy ontken alles, en verbreek die verlowing. Wimpie aanvaar dit nie, en smeek Nita om te wag, net vir ‘n week. Haar ouers argumenteer of Nita die regte besluit maak of nie. Nita se opvoeding word ondersoek en bevraagteken. Die volgende oggend skakel Nita vir Louis om ‘n afspraak met hom te maak, alleen. Sy stort haar hart teenoor hom uit. Louis is verstom dat sy haar verlowing verbreek het. Hy is besorg dat hulle dit geheim hou en nie die waarheid vertel nie.

Aug 21, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 13

Louis en Nita moet afskeid neem ná hulle lang kuier, en sy maak haar hart vir hom oop. Louis maak die idee van liefde af deur Nita se gevoelens as sentiment te interpreteer. Hulle ouderdomsverskil is vir hom ‘n kwessie. Nita deel haar interpretasie oor liefde wat sy gelees het van ‘n ‘skrywer.’ Louis waarsku haar oor skrywers. Nita vra haar ma hoe hulle die hof gemaak het, en oorweeg om die verlowing met Wimpie te verbreek. Sy betwyfel haar hele begrip van die huwelik. Haar ma probeer sin in haar kop praat om te wag voor sy oorhaastige besluite neem. Wimpie daag op by die Du Toit ’s op om met Nita te praat.

Aug 20, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 12

Louis sit en tik verwoed terwyl Nita aan sy kantoordeur klop. Sy is nie daar met tee nie. ‘n Ligte gesprek, of flankeerdery ontaard. Die twee begin mekaar diep vrae vra. Nita is baie nuuskierig om by Louis te hoor hoe hy ‘n meisie benader. Louis op sy beurt vertel vir Nita dat sy baie waag om met ‘n man in diepte te praat wat twee keer haar ouderdom is. Louis sien die geleentheid om haar te nooi vir middagete. Louis en Nita probeer die geleentheid so ver moontlik uitrek deur koffie by Louis se woonstel te gaan drink. Nita smeek Louis om vir haar klavier te speel, en dit bring vir haar soete kinderjareherinneringe terug.

Aug 19, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 11

Die partytjie het goed afgeloop. Louis senior is die hoogtepunt van die aand. Jan wil net nie hê Thérèse moet seerkry nie. Louis en Peet gesels oor die tyd voor hy weggegaan het. Schalk de Villiers duik alweer op in die gesprek, met interessante afleidings. Louis gaan laai vir Thérèse af, en sy nooi hom in om iets te drink. Iemand het vir haar rose gestuur. Hulle deel herinneringe van weleer, en Schalk de Villiers duik alweer op.

Aug 18, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 10

Die rolprentinsetsel word geskiet. Ans kry ‘n kans om met Louis te gesels oor stories en tekste. Nita is natuurlik ook by die produksie. Dis ‘n gulde geleentheid vir haar om met Louis te gesels.

Aug 15, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 9

Nita gryp Lewies se verwondering aan. Sy is vir hom uniek, hy vind haar selfvertroue nogal aantreklik. Die twee het hulle eerste volledige gesprek wat baie vrae en antwoorde oplewer, en die interaksie tot ‘n kat-en-muis-speletjie dryf. Louis se telefoon lui, dis Thérèse. Sy nooi Louis persoonlik na haar partytjie toe, solank ene Schalk de Villiers nie daar is nie.

Aug 14, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 8

Nita verdedig die spanning teenoor Wimpie. Ben se kommentaar oor Ans se hare het Nita ontstel, en Wimpie het haar daaroor gepols. Sy is wel gretig om vir haar gesin te vertel dat sy Louis Klopper ontmoet het. Louis en Liz gaan voort met die reëlings vir Thérèse se verjaarsdagpartytjie. Daar is steeds twyfel om Lewies te nooi. Jan se verhouding met hom maak dit ook nie maklik nie. Liz versoek ‘n naam vir hulle baba as dit ‘n seun is. Thérèse stem in vir ‘n partytjie. Intussen vorder die verwerking fluks. Ben nooi vir Louis om ‘n rolprentinsetsel by te woon, wat vele moontlikhede inhou.

Aug 13, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 7

Ben is tevrede met Wimpie se redigeringritme, maar Louis wonder of dit nie sy skryfwerk is wat die ritme beïnvloed nie. Louis nooi vir Ben om die aand by hom te kom eet in die woonstel wat hy by Ella Bentley huur. Hulle altwee ken haar goed. Ben vra uit oor Louis se afgekeurde manuskrip wat hy dink ‘n goeie televisiereeks sal maak. Louis lê die storie uit oor die manuskrip en wat daarvan geword het. Die teks lê tans in ‘n Londense polisiestasie. Nita kom die teekoppie haal, en ‘n hele tegniese gesprek ontstaan tot die koppie weer ter sprake kom. Ben vra Louis opnuut oor musiek in sy tekste. Jan en Louis bespreek die moontlikheid om hulle pa na Thérèse se 50ste verjaarsdag te nooi.

Aug 12, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 6

Ben en Louis bespreek die produksie en tegnieke. Die hoofaktrise, Ans, trek Louis se aandag. Hy ontdek ‘n klavier in die ateljee en begin in die pouse in die donker speel. Ans en die grimeerkunstenaar, Nita, vra die beeldmenger, Wimpie, om die ligte aan te skakel om Louis te bewonder. Louis en Ben sit hulle gesprek oor Ans voort, en Nita kom ook ter sprake. Nita bring vir Louis onverwags tee in sy kantoor in opdrag van Ben, en die twee stel hulleself heeltemal te formeel aan mekaar voor.

Aug 11, 202512 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 5

Peet bel vir Louis junior om Lewies se mediese toestand te rapporteer. Dit blyk Lewies het ‘n probleem met sy hart. Peet vra Louis junior om uit te reik na sy pa sonder om enige agterdog te wek - dit kan die televisiekontrak in gedrang bring omdat daar baie geld op die spel is. Ben en Louis senior kom op die plaas aan. Gesprekke oor die plaas en wat dit vir Louis beteken, is ‘n ontvlugting of ‘n ontmaskering. Klavierklanke oorval die huis toe Ben uit ‘n diep slaap ontwaak. Wyn kom weer te voorskyn uit ‘n 1965 bottel. Louis deel nonchalant sy stuiptrekking van die vorige aand met Ben, en maak dit af as niks. Die gesprek loop uit op ‘n wens dat twee langverwagte siele weer bymekaar sal uitkom.

Aug 8, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 4

Peet en Louis deel jare se nuus oor ‘n glasie wyn. Die gesprek draai natuurlik na die TV-reeks en of daar iets van sal kom. Louis wonder of dit die moeite werd is om te skryf, met die worsteling tussen twyfel en erkenning. Verhoudings is ‘n gemeenskaplike gesprek vir Peet en Louis en hoe dit die skryfproses beïnvloed. Louis het ‘n uitdaging met sy gesondheid, wat Peet groot laat skrik. Peet bel ‘n kenner om meer uit te vra oor die medikasie wat Louis gebruik.

Aug 7, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 3

Louis ontmoet vir John van Zyl van televisie en Ben Loots, die regisseur. Louis kom te hore van ‘n ou vriend, Peet Steyn, ‘n onafhanklike vervaardiger en skrywer. Ben is baie geïnteresseerd in die stories wat tussen hulle kan uitkom. John waarsku Ben om nie te ywerig oor Louis se persoonlike sake uit te vra nie.

Aug 6, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 2

Jan ontmoet vir Louis senior by die lughawe, en tel so paar verlore drade op. Die vaderlands gevoel met Suid-Afrika laat Louis vir goed terugkeer. Louis maak dit duidelik dat hy nie ‘n oorlas van homself wil maak nie, en dat hy hoflik teenoor hulle ma sal optree, al is die verhouding troebel. Almal is gespanne voor die familie-ontmoeting. Louis senior het die vermoë om ‘n vertrek se asem weg te slaan. Die aand eindig wel bo verwagting goed.

Aug 5, 202511 min

'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 1

Na 12 jaar gons dit in koerante oor Louis (Lewies) senior se terugkeer. Een van Louis se boeke word verwerk vir die televisie, dus die onverwagse terugkeer uit Londen na Suid-Afrika. Liz het vir Louis junior geskakel en Jan is dadelik in kennis gestel. ‘n Familiebyeenkoms by Louis en Liz met Jan en Wilma en hulle ma word byeengeroep om te bepaal wie geweet het. Hoe voel almal daaroor, en wat doen dit aan die familieverhoudings?

Aug 4, 202511 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Agter die mikrofoon

‘n Storie het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. Mari Snyman en die spelers bied ‘n blik op die ratwerk agter die ontwikkeling en opname van ‘n vervolgverhaal. Luister hoe die spelers hulle ervarings deel van toeka tot nou. Stories oor die intrige en die ligte oomblikke in die ateljee gee die luisterervaring soveel kleur. Geniet ‘n paar flaters of twee wat nooit op lug gehoor sal word nie! Mari Snyman deel ook die benadering tot die karakters, en skryf van elke episode.

Aug 1, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 60 (slot)

Almal kom bymekaar vir 'n ete by die Meyers se huis. Magriet het groot nuus.

Jul 31, 202515 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 59

Lynette en Magriet vind uit van die aaklighede in Petro se verlede.

Jul 30, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 58

Sam is tuis, en vertel Magriet van sy ware gevoelens vir Jacqui. Elsa ondersteun Petro.

Jul 29, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 57

Kurt bederf Lynette, en wen haar hart. Sasha neem afskeid.

Jul 28, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 56

Ansie het nuwe moontlikhede in haar lewe. Elsa vind uit hoekom Petro so 'n moelike mens is.

Jul 25, 202515 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 55

Kurt se goed beplande ete loop uit op 'n fiasko. Elsa help Ansie om finaal afsluiting te vind.

Jul 24, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 54

Sam en Jacqui se romanse blom. Elsa en Ansie vind aanklank by Petro.

Jul 23, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 53

Kurt beplan 'n laaste poging om Lynette te oortuig van sy gevoelens. Magriet maak 'n belangrike besluit.

Jul 22, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 52

Elsa besef haar ouers se huwelik is in die moeilikheid. Ansie het 'n voorstel vir Ben oor Sasha.

Jul 21, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 51

Lynette soek tevergeefs toenadering by Petro. Ben verloor sy humeur met Magriet.

Jul 18, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 50

Dustin en Petro bring tyd saam deur. Elsa verras Petro.

Jul 17, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 49

Ansie praat Sasha moed in. Kurt en Ben maak 'n voorstel aan Sasha. Willem wend 'n laaste poging aan om Ansie terug te wen.

Jul 16, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 48

Elsa wil haar ouma beter leer ken. Sy besef daar is 'n rede hoekom Petro so 'n moelike mens is. Magriet en Lynette konfronteer Petro in David en Elsa se geselskap.

Jul 15, 202514 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 47

Lynette simpatiseer met Ben. Magriet wil niks weet daarvan nie. David het nuwe inligting.

Jul 14, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 46

Jacqui neem Magriet in haar vertroue. Ben probeer vergeefs om Magriet se guns te wen.

Jul 11, 202512 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 45

Jacqui en Sam se verhouding blom. Ben doen moeite om Magriet se tuiskoms spesiaal te maak. Magriet is afsydig teenoor Ben.

Jul 10, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 44

Petro ondersteun Dustin op haar manier. Elsa wonder oor Petro se familiegeskiedenis.

Jul 9, 202513 min

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 43

Magriet en David ontdek 'n leidraad. Ansie gee vir Sasha goeie raad.

Jul 8, 202513 min