
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 11 of 61

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 17
Die bottelnek by die berugte brug oor die pad naby die skool ruk nou hande uit.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 16
Shane se pa, Lothar, neem hom Durban toe, maar sake verloop nie vlot nie.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 15
Daar is skielik ‘n blokkasie by die skool se hek tydens ‘n taxi-staking, en Nardus moet gaan help.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 14
Shane is in die moeilikheid by Corlia omdat hy Rocco aangerand het. Sy bel sy pa.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 13
Nadat Emma en Shane so lekker klere gekoop het, is hy na haar huis genooi vir middagete, wat ’n konfrontasie met Rocco veroorsaak.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 12
Sweis, Didi se pa, maak ‘n geyser reg, en kom in Katryn se goeie boekies.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 11
Didi is verbaas as sy pa, Sweis Roets, by die skool opdaag.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 10
Nicole is erg teleurgesteld nadat sy haar televisie-oudisie gedop het. Nardus vertroos haar.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 9
Corlia probeer vrede maak met haar dogter, Emma, maar dis nie so maklik nie.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 8
Emma, Corlia se dogter, veroorsaak ‘n klein sensasie onder die seuns in die skool vir blindes.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 7
Didi en Rocco is albei ewe erg oor Emma, maar Shane staan in die pad.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 6
Doktor Kallie gee vir Shane terapie nadat sy pa, Lothar, ‘n insident by die skool vir blindes veroorsaak het.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 5
Shane se pa besluit om die blinde ete by te woon, waar ouers in die stikdonkerte deur hulle kinders in die skool bedien word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 4
Die blinde Shane staan in die middel van ‘n besige pad, en kan enge oomblik raakgery word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 3
Klein Didi, wat in ‘n tent in sy kamer by die skool woon, erken dat hy ‘n Braille-briefie vir ‘n meisie skryf.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 2
By die skool vir blindes ontmoet Corlia die moeilikheidmaker, Shane Smit, wat bipolêr is.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 1
Corlia Mouton daag by die skool vir blindes op wat sy van bankrotskap moet red, en tref ‘n hele hoop probleme aan.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 20 (slot)
Lambertus Bredenhand word weer eens deur die ongenaakbare realiteit van sy sukkelbestaan gekonfronteer. Maar dié keer is daar miskien tog ook ’n sprankie hoop...

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 19
Gert Bouer en Lammie staan sy aan sy in hulle stryd teen die reuse swerm voetgangersprinkane wat op Wegdraai verskyn het. Dirkie ontvang Lammie op Mooiplaas se voorstoep met skokkende nuus. Ousus vertel vir Lammie van die raaiselagtige gebeure op Bredenhoek sedert daardie middag voor sy tuiskoms.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 18
Lammie probeer vergeefs om Dirkie te oortuig om met ander oë na hom te kyk. Op pad terug huis toe neem Lammie ’n skokkende besluit. Gert Bouer word deur ’n skokkende gesig op sy geploegde land begroet, waar hy daardieselfde oggend mielies gesaai het.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 17
Ousus bak vir die eerste keer in maande weer brood in die bakoond, omdat daar weer meel in die huis is. Koos kla oor sy seer voet, en gaan sit buite op die bakoond, gevul met morbiede gedagtes.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 16
Lammie oornag by die Coetsees, met die uitsluitlike doel om ’n gesprek met Dirkie aan te knoop. Karel Coetsee gee sy toestemming dat Lammie met sy dogter mag gesels, en Lammie loop sy rieme styf...

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 15
Lammie vertrek op ’n inligtingsveldtog om boere van die distrik in te lig oor sy aanstelling as sprinkaanbeampte, en oor die prosedures wat gevolg moet word indien daar ’n uitbreking van voetgangersprinkane sou wees. ’n Paar boere maak Lammie se besoek moeilik.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 14
Lammie verras sy kinders met die vosperd wat hy gekoop het, maar Ousus is bekommerd oor die skuld wat haar pa gemaak het. Nadat Lammie die lemoendoring uit Koos se voet gehaal het, vertel hy hulle die goeie nuus van sy aanstelling as die sprinkaanbeampte van Sluis. Mordecai Fischer maak ’n verrassende bekentenis aan Simon.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 13
Ousus is bekommerd dat haar pa dalk na ’n tweede vrou soek, en wat van haar sibbe sou word as Lammie ’n stiefma vir hulle sou huis toe bring. Simon daag met ’n groot verrassing by Lammie se huis op.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 12
Lammie stap vasberade na Fischer se winkel om broodnodige kruideniersware te koop. Sy dae van sukkel en praatjies van verwaarlosing is met sy aanstelling as sprinkaanbeampte iets van die verlede! Koos sien Bekkie aankom na hulle huis toe, en sy opmerking maak Ousus ietwat bekommerd.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 11
Lewies oortuig Lammie om sy siening oor die bestryding van sprinkaanplae te wysig. Krissie het ’n voorstel wat Lammie hewig ontstel. Die besoek neem egter ’n verrassende wending, wat Lammie se toekomstige lewensuitkyk ingrypend sal verander.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 10
Lammie is beswaard omdat sy swaer, Lewies, hom ontbied het. As die oudste seun, verwag hy meer respek van sy jonger swaer. Lena en Sarel vermoed dat Lammie oor die verwaarlosing van sy kinders deur Krissie aangespreek sal word. Lewies maak ’n voorstel aan Lammie, maar word verras deur sy swaer se teenstand.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 9
Op pad terug ná sy onderonsie met Krissie, praat Christina weer met Lammie. Toe hy haar vra of sy regtig met hom praat, en of dit sy verbeelding is, soos Bertha aan die hand gedoen het, verdwyn Christina. Lammie kry goeie nuus, en hoop om daarmee sy skuld aan Fischer uiteindelik te vereffen.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 8
Onderweg na Bertha, gewaar Lammie hoe sy jonger broer, Sarel en sy vrou, Lena – met die hulp van sy suster, Krissie – probeer om ’n verhongerde koei weer staande te kry. Krissie roep Lammie eenkant en vra of hy dit nie sal waardeer as sy kinders nie meer gebrek hoef te ly nie. Hulle het woorde en gaan kwaaivriende uitmekaar.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 7
Lammie lê besoek af by Dirkie Coetsee, maar die kuier verloop nie vir hom na verwagting nie. Fischer en Lammie het woorde oor Lammie se agterstallige skuld, maar tóg eindig dié argument op ’n verrassende noot.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 6
Lammie is besig om ’n meubelstuk in opdrag van Mordecai Fischer, die geslepe winkeleienaar op Sluis, te voltooi. Hy vertel aan Simon, wat voltyds in diens van Fischer is, dat hy op soek is na ’n moeder vir sy kinders. Hy besluit om tien myl te stap om by Dirkie Coetsee te gaan hoor of hy dalk ’n kans staan om haar hand te wen.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 5
Bertha verskil van opinie met Lammie oor die wyse waarop sy swaer die familieplaas bekom het. Lammie ontvang besoek vanuit ’n baie onverwagte oord, maar Bertha maak dit af as sinsbedrog. Sy glo Lammie is net so begaaf soos sy oorlede vader, en sal ’n groot sukses as nutsman in die Sluis-omgewing wees.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 4
Die nuus wat Lammie aan sy kinders bring, tref Ousus die ergste. Bekkie praat Ousus moed in. Lammie besluit om tóg Ousus se raad te volg, alhoewel dit nie hulle finansiële nood drasties sal verbeter nie.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 3
Ousus bekla haar lot by Bekkie, maar is verstom om te hoor wat haar vriendin as kind moes deurmaak. Lammie vra Bertha en sy swaer, Louis du Toit, om hom te ontmoet want daar is ’n baie ernstige saak waarmee hy hulp benodig. Die oplossing bewaarheid egter sy grootste vrees.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 2
Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 1
Die verhaal speel af in die moeilike depressiejare tussen 1929 en 1933. Lambertus Bredenhand en sy vier kinders word getref deur ’n ondenkbare tragedie. ’n Gebeurtenis wat indirek sal lei tot Bredenhand se finansiële en maatskaplike agteruitgang.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)
Ester gee Mandy die robotiese baba-pop terug vir Jolene. Wilma kry 'n uitnodiging na haar broer Albert se troue met Marita in Mauritius. Jolene bevestig sy is verwagtend en dat Lionel pa gaan word. Almal kom bymekaar vir Sammy se begrafnis by die gastehuis. Die dorp ervaar 'n laaste skudding.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 59
Jolene vertel vir Ronel dat sy haar maandstonde gemis het, en vermoed sy is dalk swanger. Ryno pak sy seismograwe op by die nooddiens-stasie, en Ronel is ontsteld omdat sy dink hy gaan die dorp ook verlaat. Lionel vra Barend se hulp om Mandy die robot-pop by Ester en Wilma terug te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 58
Mandy die robot-babapop annekseer die radioverhaal se karakters, en herhaal grepe uit hulle verlede sodat die luisteraar dieper insig in die verhaal kan kry. Dan neem die verhaal 'n heftige wending wat die luisteraar glad nie verwag het nie... Luister en leer, die toekoms het ons geannekseer.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 57
Mandy, die robot-babapop, spin Wilma na die verlede om haar te help om perspektief op die hede te kry, en haar toekoms uit te sorteer Dit spin Wilma en Ester terug na die 1969-aardbewing en die aand in die kerk se vrugteboorde, toe Wilma en Ester hulle liefde teenoor mekaar verkondig het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 56
Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 55
Jolene kry slaappille by die nooddiens-stasie se dokters, en meng dit met lemoensap, wat sy vir Ronel gee. Manie gaan snuffel rond by die kerk se Anglo-Boereoorlog kelder, en vind dominee sit daarbinne vas terwyl hy gebid het. Ryno en Jolene sukkel om 'n slapende Ronel by die gastehuis te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 54
Wilma is bekommerd oor Ester wat so geheg aan die pratende robtiese babapop raak, en vra Jolene om die pop te kom haal. Manie vra Ryno om hom te help om die sportsakke met die geld en juwele uit dominee se Anglo-Boere-oorlog kelder te verwyder. 'n Vyfde sterker aardbewing tref die dorp.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 53
Jolene vertel vir Ronel dat sy ander perspektief op moederskap gekry het, en nie meer swanger wil word nie. Lionel vra Wilma uit oor die inhoud van die sakke, wat Manie eers by Ester weggesteek het. Jolene konfronteer Lionel weer oor die geld en juwele wat Manie en haar ma wegsteek.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 52
'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 51
'n Derde kleiner aardskudding tref die dorp, en gooi Ester se kombuis by die gastehuis weer deur mekaar. Lionel besoek die nooddiens-stasie om by dominee uit te vind hoe die polisie kan help. Manie vertel vir dominee dat hy vir Lionel van die geld vertel het wat Sammy in die grot weggesteek het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 50
Dominee en Wilma word veilig uit die kerkmuseum binne in die preekstoel gehys. Ronel keer terug na haar restaurant om uit te vind haar personeel en gaste is veilig uitgekry deur Manie se brandmanne. Dominee is bly om te sien sy nooddens-stasie is 'n sukses, maar 'n derde aardbewing tref hulle…

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 49
Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 48
‘n Tweede skudding volg, wat nog skade aanrig. Jolene en Ronel help Lionel om flitsligte en grawe in sy bakkie te laai terwyl Ryno weer 'n seismiese lesing doen. Dominee Malan en Wilma sit nog verder vas in die preekstoel. Lionel en Jolene probeer met Ester en Manie kontak maak by die wynkelder.