PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 14 of 61

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 7

Daar is ‘n geskarrel in Kruie-oase. Johnny gee Chanel ‘n harde tyd, tot die polisie opdaag. Dis nie die enigste persoon wat Johnny ‘n harde tyd gee nie. Wie nog? Schalk Niemand is skielik die middelpunt van bespreking.

Dec 19, 202314 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 6

Gertrude en Neville loop ‘n lang pad saam. Hulle het groot planne om geld te maak. Altwee is lief vir geld, en baie daarvan. Chanel kry die skok van haar lewe toe sy Kruie-oase se deure vroegoggend vir dokter Celeste oopsluit.

Dec 18, 202314 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 5

Chanel de Villiers weet nie waar om weg te kruip ná die SeebultNuus se voorbladberig nie. Lappies Grobler sleep haar see toe, waar hulle aan die gesels raak oor die Johanna-skipwrak wat in 1682 naby Kaap Agulhas gestrand het. Louis Lategan en Neville Nomis het beslis nie ooghare vir mekaar nie.

Dec 15, 202315 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 4

Johnny Morkel is nou maar eenmaal soos ‘n bloedhond op nuus se spoor. Hy is nie oral welkom nie, en vra dikwels vrae wat aanstoot gee. Maar hy het ‘n dik vel en hy weet goeie nuus kom net met stampe en stote. Dis duidelik Gertrude Germishuizen en Lappies Grobler sit nie langs dieselfde vuur nie.

Dec 14, 202314 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 3

Buitelandse toeriste loop nie by die Kruie-oase op Seebult verby nie. Seebult slaag ‘n sug van verligting as Johanna van Wyk opdaag en weer Kruie-oase se deure oopmaak. Sy word bygestaan deur Chanel de Villiers. Die redakteur van die Seebultnuus, Johnny Morkel, dink dis ’n lekker storie, en krap waar dit nie jeuk nie.

Dec 13, 202314 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 2

Die Jancel Laboratorium op Seebult doen mediese navorsing. Voldoende fondse bly ‘n kopseer. Dr. Janice Jennings en haar verloofde, Neville Nomis, verskil gereeld oor die befondsing vir dié navorsing. Nood bring deug, of nood breek wet. Dr. Celeste Celliers staan skielik voor dié besluit.

Dec 12, 202315 min

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 1

Ná sy vrou se tragiese dood, soek Louis Lategan ‘n nuwe heenkome op Seebult. Hy wonder gou of dit wys was om dit onder sy giftige skoonma, die skatryk Gertrude Germishuizen, se neus te kom doen het. Sy besoek aan die uroloog, dr. J Jennings, is vol kinkels en nare verrassings.

Dec 11, 202315 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 60 (Slot)

Die bom ontplof, en helfte van die parlement word verswelg in water en rommel. Die wêreld weet wat met die water gebeur. Nou moet Mia, Ruby en Rikus probeer wegkom. Max en Rachel het niks meer om te verloor nie. Nou is dit haat en wraak wat hulle dryf. Caleb staan in hulle pad… wie sal hierdie ronde wen? Sal Mia die vliegtuig kan haal na haar kinders toe, en wat sal van Rikus word?

Dec 8, 202315 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 59

Mia, Rikus en Rugby moet van die Kasteel af, onder Kaapstad, in die waterkanale in. Van hier sal hulle tot onder die parlement kan kom. Rachel en Max is nie ver agter hulle nie, en sal alles moontlik doen om die waterterroriste se plan te stop.

Dec 7, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 58

Om die plofstof uit die nasionale biblioteek se stoorkamers te kry, is moeiliker as wat Ruby gedink het. Mia en Caleb moet so vining moontlik planne maak om hulleself te red. Rikus wag in die kerk langs die tuine vir die ander sonder dat hy weet dat Max en Rachel op sy spoor is.

Dec 6, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 57

Caleb, Mia en Ruby moet onderdeur ‘n sekere monument in die Kompanjiestuine by die nasionale biblioteek ingaan. Daar is die plofstof wat hulle nodig sal hê. Max en Rachel volg vir Rikus met die hoop dat hulle die hele groep sal kan stop.

Dec 5, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 56

Max dreig om Caleb te skiet as hy nie hulle planne openbaar nie. Mia en Romulus raak in ‘n geveg betrokke. Een van die karakters sal nie die vlugtelingskamp verlaat nie, maar wie?

Dec 4, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 55

Dis ‘n groot dag by die vlutelingkamp. Max en Romulus het vir Caleb vasgebind op ‘n opelug verhoog. Hulle wag vir Rikus om op te daag. Rikus en Mia kom die kamp binnegesluip, en besef dat Caleb gevange gehou word. Mia moet die wapens gaan soek, en Rikus besluit om Max en Romulus te konfronteer.

Dec 1, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 54

Rikus en Mia spandeer die nag in ‘n ou kabelkar, en praat oor ’n toekoms waar hulle paaie sal moet skei. Rachel, Max, Romulus en hulle gevangene is op pad Kaapstad toe. Die rit is moeilik, en hulle kom glad nie oor die weg nie. Net voor Kaapstad besluit Max dis tyd om die ander twee te wys wie hulle gevangene is.

Nov 30, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 53

Mia en Ruby beland op ‘n goederetrok op pad Kaapstad toe. Hulle bespreek die plan vir hulle groot aanval. Romulus, Rachel en Max wag nog op die gevangene wat hulle moet saamneem Kaapstad toe. Rachel en Romulus kom glad nie oor die weg nie.

Nov 29, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 52

Rikus, Mia en Ruby moet ‘n manier kry om van die treinkar af kom, en terselfde tyd vlug van die bendes rondom De Doorn se stasie. Hulle eindig op in ‘n sinkplaathuisie met gewapende boewe agter hulle aan. Romulus staan voor ‘n moeilike keuse - sal hy hulle help? Max stel Romulus voor ‘n keuse waarvoor hy nie nee kan sê nie.

Nov 28, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 51

Rikus, Mia en Ruby moet die treinkar by die pas afkry sonder om te ontspoor. Die sandsakke help hulle om te rem, maar verweer heeltemal te vining om hulle te red. Max en Rachel vat die pad om vir Romulus in De Doorns te gaan haal en ‘n gevangene op te tel. Wie kan dit wees?

Nov 27, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 50

Romulus probeer met Max in kontak kom, maar dis Rachel wat die satellietfoon antwoord. Dis duidelik dat hulle niks van mekaar hou nie. Tog moet hulle ‘n manier vind om saam te werk. Rikus besef hulle kan nie die stoomtrein gebruik nie, maar daar is iets anders wat op ‘n spoorlyn beweeg.

Nov 24, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 49

Rikus, Mia en Ruby kom op Matroosberg se spoorwegstasie af. Daar vind hulle ‘n ou stoor met ‘n stoomlokomotief in. Rikus begin planne maak oor hoe hulle die trein gaan gebruik. Romulus is op hulle spoor, en wil nader beweeg aan die stoor om te sien wat hulle doen. Sal hy uitgevang word?

Nov 23, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 48

Rikus en Ruby is op pad Touwsrivier toe nadat Caleb te siek was om saam met hulle te gaan. Die enigste vorm van vervoer vir hulle is Matjiesfontein se groot rooi dubbeldekkerbus. Dit hou ook nie lank nie, en die groep moet ‘n ander pad vind om in die Kaap te kom.

Nov 22, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 47

Romulus maak kontak met Max, en wil met alle mag vir Rikus-hulle vermoor. Max het ander planne, en beveel Romulus om die groep net te volg. Rikus, Ruby en Mia sukkel steeds om die groot biljarttafel geskuif te kry. Uiteindelik kan hulle onder die tafel sien of die kaart van Kaapstad se kanale steeds daar is.

Nov 21, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 46

Max en Rachel is bekommerd omdat hulle niks van Romulus hoor nie. Max begin ander planne maak. Rikus, Caleb en Ruby gaan terug na die hotel om na die ou kaarte van Kaapstad se kanaalstelse te gaan soek. Ruby se groot plan hang af van die kaart. Sal hule dit kry?

Nov 20, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 45

Ruby en Lucy met die hulp van Mia, kry dit reg om tot in die tonnels van die ou myn te kom, maar waar is Bouw en Rikus? Het hulle dit gemaak, of is hulle dood? Romulus probeer vir Remus onder beheer kry, maar die dwelms wat hy ingekry het laat hom drogbeelde sien.

Nov 17, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 44

Almal wonder of Rikus dit gemaak het, maar niemand het hom uit die trok sien spring nie. Het hy doodgebrand in die ontploffing? Caleb en Lucy probeer in die chaos om nog meer mense uit die tronk red. Ruby is amper in die veiligheid van die myntonnels, maar word voorgekeer deur Romulus.

Nov 16, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 43

Ruby en Lucy het ontsnap, en vind vir Rikus en Caleb. Maar waar is Bouw? Romulus en Remus bedink ‘n plan om die situasie tot hulle voordeel te gebruik.

Nov 15, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 42

Romulus en Remus word deur Max gedreig. Hulle het net 48 uur om die vier terroriste op te spoor, en besluit om een van die gyselaars tereg te stel. Daai persoon is Ruby. Rikus, Caleb en Bouw beweeg deur die ou tonnels en kom by die skag. Nou moet hulle in die hyser na die oppervlakte waar al die aksie sal begin.

Nov 14, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 41

Rikus, Mia en Bouw is op pad myn toe om die ander te gaan red, maar hoe hulle daar sal inkom is ‘n ander storie. Lucy en Ruby laat nie op hulle wag nie, en is self besig om ‘n plan te beraam om uit te breek. Sal hulle uitgevang word?

Nov 13, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 40

Bouw vat Caleb na sy werkswinkel toe. Daar wys hy vir hom al die verskillende soorte wapens waaraan hy gewerk het. Bouw is bereid om saam met Caleb-hulle teen die myners te veg, én hy het ‘n plan. Ruby probeer by Remus uitvind presies hoe die myn werk, en watter tyd die beste sal wees om te probeer uitbreek. Sal Remus vir Ruby se planne val?

Nov 10, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 39

Die gemeenskap van Matjiesfontein kry die boodskap dat hulle mense as gyselaars aangehou word. Nou moet hulle besluit wat hulle gaan doen, en dit lyk nie goed vir ons helde nie. Hulle mag dalk uitgelewer word aan die myn. Lucy en Ruby bedink ‘n plan om uit die myn te ontsnap.

Nov 9, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 38

Romulus en Remus lê beslag op die bakkies en mense wat van Matjiesfontein af gekom het. Hulle wil die terroriste hê, en hou die mense as gyselaars aan. Caleb en Mia soek die ou kaart van Kaapstad se kanale wat iewers in die hotel op Matjiesfontein weggesteek is.

Nov 8, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 37

Lucy se naam word getrek om die aflewering by die myn te gaan maak. Caleb wil niks daarvan weet nie. Ruby besluit om saam te gaan. Romulus en Remus maak planne om die besending van Matjiesfontein aan te val.

Nov 7, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 36

Rikus is nog baie swak, en sukkel om te loop. Ons groep helde mag op Matjiesfontein bly totdat Rikus sy kragte herwin het, dan moet hulle weer die pad vat. Caleb wys vir hulle sy tuine en bye. Romulus en Remus gaan Matjiesfontein toe om oor hulle volgende bestelling vir die myn te onderhandel. Hulle wil hê die mense van Matjiesfontein moet die aflewering by die myn gaan doen. Sal hulle?

Nov 6, 202315 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 35

Die gemeenskap van Matjiesfontein moet besluit of Rikus, Caleb, Mia en Ruby daar kan bly. Met Rikus wat nog baie siek en swak is, sal dit katastrofies wees as die groep weer die pad moet vat. Romulus en Remus vind uit waar die mense is wat Max soek, en begin hulle eie planne beraam om hierdie mense te vang.

Nov 3, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 34

Caleb en Ruby ontdek die boeregemeenskap van Matjiesfontein, en hoe daar geboer word in en om ‘n ou hotel. Bouw help hulle met medisyne en kos, maar maak dit ook duidelik dat sy gemeenskap nie sommer vreemdelinge verwelkom nie. Romulus en Remus wil nie meer Max se bevele uitvoer nie, maar hy weet hoe om hulle op hulle plek te sit.

Nov 2, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 33

Mia en Rikus verlaat die Bakkie-kamp om water te gaan soek. Hulle water raak min, en die hitte van die dag is besig om hulle te verswelg. Hulle dink hulle sien iemand, maar is dit net hulle verbeelding? Romulus en Remus is besig om die vier terroriste langs die pad te soek. Hulle kom op ‘n bakkie af. Is Caleb en Ruby nog daar?

Nov 1, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 32

Rikus gewaar myntrokke op die pad, en besluit om tot die aand te wag om verder te reis. Rikus en Caleb kom agter dat die trokke op pad Laingsburg toe is. Die hitte en min water takel die span vinniger af as wat hulle gedink het. Rikus besluit dat hulle ‘n agterpad verby Laingsburg moet vat. Is dit ‘n goeie idee?

Oct 31, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 31

Ons helde maak dit lewendig uit Seweweekspoort uit. Ruby verduidelik aan die groep wat die groot skat is wat die Karoo onder die oppervlak wegsteek. Rikus maak weer kontak met Rex, en wil weet hoe dit met Lucia gaan.

Oct 30, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 30

Mia, Rikus en Caleb kom agter dat dit nie net Misty en Storm is wat agter hulle aan is nie. In die grotte besef hulle dat daar net een manier is hoe hulle sal wegkom. Hulle moet egter versigtig wees soedat dit nie in hulle gesigte ontplof nie.

Oct 27, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 29

Caleb, Mia en Rikus besluit om Die Poort te verlaat, en saam met Ruby die pad te vat. Misty en Storm besluit dat die drie te veel weet, en nie toegelaat kan word om te gaan nie. Hierna volg ‘n jaagtog deur die gange en grotte van Die Poort.

Oct 26, 202315 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 28

Mia, Rikus en Caleb beweeg deur die waterpyp om van onder uit Die Poort te kom. Buite tussen die klowe ontmoet hulle vir Ruby, en wat sy te sê het oor Misty en Storm is afgryslik. Storm en Misty hou hulle oog oor Rikus en Caleb, met die hoop dat hulle Ruby sal kan oorval.

Oct 25, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 27

Max en Rachel arriveer by Die Poort, en sorg dat hulle van ‘n afstand af kan dophou wat gebeur. Caleb en Rikus moet deur die waterpype gaan om vir Rachel te ontmoet. Mia is besig om vir Storm van Rikus-hulle se plan te vertel.

Oct 24, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 26

Max en Rachel maak gereed om Klaarstroom te verlaat. Max besluit om iets te doen wat selfs vir Rachel skok. Misty belowe vir Mia die een ding wat sy meer as enige iets anders wil hê. Al wat sy moet doen, is om haar vriendskap met Rikus en Caleb op te offer.

Oct 23, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 25

Misty en Storm is bekommerd oor die besending wat hulle moet aflewer. Misty besluit om vir Mia aan hulle kant te kry deur haar iets aan te bied waarvoor sy nie kan nee sê nie. Caleb en Rikus los ‘n teken vir Ruby dat hulle haar wil ontmoet.

Oct 20, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 24

Mia word saam met die ander jonger vrouens weggehou van die res van die gemeenskap. Rikus en Caleb wil uitvind hoekom, en verlaat hulle kamers sonder toestemming. Hulle vind vir Mia en wat sy hulle laat hulle besef dat hierdie Eden meer as net een slang en boom van goed en kwaad het.

Oct 19, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 23

Misty en Storm neem vir Mia, Caleb en Rikus in. Die Poort is ‘n Eden in die middel van die Karoo met vrugtebome en kamers met krag en sagte beddens. Dis te wonderlik om waar te wees, en dit gee veral vir Rikus ‘n ongemaklike gevoel op die krop van sy maag. Blykbaar is Ruby, die vrou wat Caleb-hulle soek, iewers naby die mense van Die Poort, maar sy bly self nie meer daar nie. Die groot vraag is hoekom nie?

Oct 18, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 22

In die Seweweekspoortpas is daar ‘n afdraaipad wat na Die Poort lei. ‘n Klein brug en groot afgrond staan tussen Mia, Caleb en Rikus en hulle bestemming. Nes hulle dink hulle het veiligheid bereik, is daar iemand met ‘n geweer wat vir hulle wag. Sal hulle bakkie deel word van die wrakstukke wat onder in die vallei lê, of sal hulle Die Poort kan binnegaan?

Oct 17, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 21

Rikus, Caleb en Mia is oppad na Seweweekspoort, maar eers moet hulle verby Ladismith kom waar ‘n motorfietsbende die dorp oorgeneem het. Rikus waag sy lewe om die ander twee genoeg tyd te gee om weg te kom. Max is nog warm op hulle spoor, en probeer inligting uit die mense van Klaarstroom kry.

Oct 16, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 20

Ons helde oorkom die bedreiging van Die Dor-mense. Dis tyd vir hulle om die pad te vat. Daar is iemand belangrik wat hulle kan help, diep in Seweweekspoort. Een van die groep besluit om agter te bly. Max en Rachel is op ons helde se spoor.

Oct 13, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 19

Die Dor-mense is besig om Klaarstroom te oorval. Rikus besef hulle sal die grot waar die leier is, moet opblaas. Robbie en Debbie gaan saam met hom, maar die kans dat hulle dit in die grot in sal maak. is skraal. en nog minder dat al drie lewendig uit die grot sal kom. Max en Rachel verlaat Kaapstad met een doel voor oë.

Oct 12, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 18

Max en Rachel maak gereed om die pad Karoo toe te vat. Robbie probeer ‘n laaste keer vir Debbie oorreed om saam met hom na Die Hel toe te gaan, maar sy wil niks weet nie. Rikus en Mia maak gereed om die Dor-mense aan te val.

Oct 11, 202314 min