PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 15 of 61

DOR deur Anton Treurnich - Episode 17

Max vertel vir Rachel dat hulle self agter die terroriste moet aan. Rachel wil nie, maar Max oorreed haar wanneer hy ‘n groot geheim met haar deel. Rikus probeer die mense van Klaarstroom oorreed dat die enigste manier om hulle dorp te red, is as hulle almal saam veg teen die Dor-mense.

Oct 10, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 16

Rikus, Mia en Lucia probeer om ‘n ou bakkie aan die gang kry. Dit kan hulle wegkomkans uit Klaarstroom wees. Robbie en Rikus kom agter dat die Dor-mense meer as net die water wil hê. Hulle wil die dorp wil oorneem. Saam probeer hulle vir Debbie oorreed dat hulle almal moet vlug, maar sy weier.

Oct 9, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 15

Rikus en Robbie is vasgekeer in ‘n spelonk, wat omring is deur die Dor-mense. Lucia begin beter voel, maar vertel vir Mia dat sy nie meer die krag het om verder te gaan nie. Max maak kontak met Rikus en dreig hom om aan te hou spioneer op die mense rondom hom.

Oct 6, 202314 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 14

Mia probeer by Debbie uitvind hoekom sy in Klaarstroom wil aanbly, al raak die plek gevaarliker by die dag. Rikus en Robbie vind meer uit oor die Dor-mense en wat aangaan met die waterbron.

Oct 5, 202315 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 13

Klaarstroom bied veiligheid en rus vir ons helde, maar alles is nie pluis nie. Die waterbron lewer nie meer die water wat dit altyd het nie, en daar is ‘n groter gevaar wat die dorp van buite bedreig. Debbie en Robbie kom voor as goeie mense, maar is hierdie veilige hawe ‘n glashuis?

Oct 4, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 12

Rikus, Mia, Lucia en Caleb moet deur Meiringspoort kom, maar met die weermag en polisie orals, is dit ‘n moeiliker taak as wat hulle gedink het. Lucia sukkel om by te hou, en haar geswelde voete is ‘n teken van groter gesondheidsprobleme. Die dorpie, Klaarstroom, is hulle enigste hoop. Sal hulle almal dit maak?

Oct 3, 202311 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 11

Rikus, Mia en Lucia kruip weg ná die mislukte poging om waterbronne van Staatsveiligheid aan te val. Hulle besef hulle is nie meer veilig in Kaapstad nie. Caleb maak sy verskyning, en saam besluit hulle om te vlug. Die enigste plek waarheen hulle kan gaan, is die geen-toegang-gebied, die Karoo. Max bly warm op hulle spoor.

Oct 2, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 10

Die bakleiery by die stasie begin, en Rikus besef gou die weerstandsbeweging besig is om te verloor. Hy probeer vir Mia en Rachel red sodat hulle kan wegkom terwyl hulle nog kan. Maar waarheen? En wat van Caleb? Is hy saam met die ander doodgemaak?

Sep 29, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 9

Max en Rachel wag by die stad se beheerkamer vir die trokke met die water om by die stasie aan te kom. Caleb, Mia, Lucia en Rikus lê die besending voor. Hulle besef gou dat daar baie meer van Staatsveiligheid se spesiale magte die besending vergesel as wat hulle gedink het. Maar hulle is te diep in om nou kop uit te trek...

Sep 28, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 8

Mia kry die inligting wat Caleb nodig het oor die groot besending water wat op pad is na die treinstasie. Hulle vind uit dat Max Trighardt op hulle spoor is,m en dat sy nooit weer sal kan teruggaan na haar werk toe nie. Caleb en Rikus kom tot ‘n ooreenkoms. Rikus word deel van die weerstandsbeweging. Hulle almal moet regmaak om die groot waterbesending te kaap.

Sep 27, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 7

Mia stel vir Lucia aan Caleb voor. Lucia wil ook help met die rewolusie, maar is daar vir haar ‘n plek in die gevaarlike groep? Max sit druk op Rikus om uit te vind wat Caleb se planne is.

Sep 26, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 6

Mia besluit om deel te word van Caleb se ondergrondse weerstandsbeweging. Caleb het net een voorwaarde - dat sy haar werk hou. Hoekom? Max se generaal-baas wil resultate hê. Hulle moet van die terroriste begin arresteer. Max en Rachel vind uit dat daar ‘n groot watervrag vervoer gaan word. Sal die weerstandbeweging dit probeer kaap?

Sep 25, 202312 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 5

Rikus en Caleb ontmoet mekaar. Rikus wil deel word van Caleb se ondergrondse beweging, maar Caleb kan nie so maklik oorreed word nie, tot Rikus vir Caleb iets aanbied waarvoor hy nie kan nee sê nie. Mia en Lucia is op die strand, en soos dit later word, besef Mia dat Lucia nie net daar is om van haar man se as ontslae te raak nie.

Sep 22, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 4

Rikus besluit om saam met die polisie te werk as ‘n onderdekkingsagent. Lucia kry twee passe in die hande om see toe te gaan. Sy nooi vir Mia saam. Daar is ‘n klomp reëls waarby jy moet hou as jy see toe gaan, en Lucia is nie van plan om daarby te hou nie.

Sep 21, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 3

Mia kan nie kontak maak met haar kinders in Australië nie. Sy kry ook nie toestemming om oor provinsiale grense te reis om haar ouers te sien nie. Sy begin daaraan dink om deel van Caleb se weerstandsbeweging te word. Max en Rachel soek iemand wat hulle kan gebruik om hierdie weetsandsbewegings te infiltreer. Hulle ontmoet vir Rikus Woest...

Sep 20, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 2

Max en Rachel begin hulle soektog na waterterroriste. Caleb probeer Mia oorreed om deel te word van sy stryd teen die stelsel. Lucia het haar man onlangs verloor, en wil sy as in die see gaan strooi. Hiervoor sal sy die wet moet oortree. Sy het ‘n briljante plan om die pas te kry wat sy nodig het.

Sep 19, 202313 min

DOR deur Anton Treurnich - Episode 1

Mia Fourie en haar buurvrou, Lucia Jones, bly in ‘n Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die ergste droogte in die geskiedenis. Vir langer as twee jaar is daar ‘n noodtoestand en Vlak 5 waterbeperkings. Max Trighardt en Rachel de Caab is deel van die polisiemag wat die streng inperkings moet toepas. Ons ontmoet ook vir Caleb Mukkadiem, ‘n waterhandelaar, wat meer as net water verkoop.

Sep 18, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Epiloog

Die middagvervolgverhaal, Sestig Dae, se geheime is opgelos. Vind meer uit oor die karakters en die akteurs wat die rolle vertolk. Estel de Beer, senior regisseur: mandaat by RSG, het met van die akteurs in die storie gesels.

Sep 15, 20234 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 60

Die verloop van tyd het 'n helende uitwerking op al die karakters. Hulle kom bymekaar, en vang op.

Sep 14, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 59

Magda en Susan bespreek wat die vorige aand met Johan gebeur het. Susan is vasbeslote om ʼn nuwe paadjie te volg.

Sep 13, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 58

Johan bel vir Susan laat in die nag. Iets in sy stem klink nie reg nie, en Susan moet ʼn baie belangrike besluit neem.

Sep 12, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 57

Terwyl Tanya besig is om ʼn onderhoud met Lauren te voer, bel Richard met ontstellende nuus.

Sep 11, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 56

Die dag wanneer Bettie, Essie en Susan valskermspring breek uiteindelik aan. Wie sal waag en wie wil weghardloop?

Sep 8, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 55

Susan en Lauren spandeer die dag saam. Hulle maak toekomsplanne en daag mekaar uit om beter te doen as wat hulle tot nou toe gedoen het.

Sep 7, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 54

Karl vra Richard om hom te kom sien waar hy in die hospitaal se hoësorgeenheid lê. Karl wil sy finale testament finaliseer.

Sep 6, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 53

Izel en Richard ontmoet. Richard probeer haar oortuig om haarself aan die polisie oor te gee. Izel verduidelik hoekom sy die geld gesteel het.

Sep 5, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 52

Richard, Tanya en Dennis kom bymekaar om na die ‘skoon’ opname van meneer X te luister. Dit word vinnig duidelik dat hulle na Izel se stem luister. Richard verduidelik hoe sleg dit ná die diefstal by Cilliers, Cilliers en Vennote gaan.

Sep 4, 202310 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 51

Richard besoek Karl by die hospitaal. Karl weier om enige verdere behandeling te aanvaar, en dobbel nou met sy lewe. Al die geld het uit die trustfondse verdwyn, en Izel is nêrens te vinde nie.

Sep 1, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 50

Susan en Essie is besig met inkopies toe Johan skielik sy verskyning maak. Susan kan hom nie oortuig om haar uit te los nie, en sy word gedwing om drastiese aksie te neem.

Aug 31, 202311 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 49

Tanya en Richard besluit uiteindelik op ‘n datum vir hulle troudag. Richard speel oop kaarte oor wat hy glo die nagevolge sal wees as meneer X suksesvol is in sy pogings om die trustfondsgeld te steel. Susan besoek Karl by die hospitaal. Die besoek het gevaarlike nagevolge vir een van hulle.

Aug 30, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 48

Dennis en Richard deel inligting oor die geheimsnnige meneer X, en wat hy met al die gesteelde geld sal doen as hy dit eers in die hande gekry het.

Aug 29, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 47

Susan besoek Richard op kantoor. Sy is vasbeslote om met die skeisaak voort te gaan. Richard verduidelik dat Karl in die moeilikheid is oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het. Susan hoor nou vir die eerste keer van meneer X en sy dreigemente.

Aug 28, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 46

Essie besoek haar pa, en dis nie lank voor hulle begin stry oor die geld wat Karl uit Susan se rekening gesteel het nie. Meneer X dreig Karl ‘n laaste keer oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het.

Aug 25, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 45

Karl sukkel om ʼn lys van privaatspeurders by Izel te kry. Susan laat vir Magda weet dat Lauren nou veilig in ʼn gastehuis bly, en wil hoor of sy as ʼn buitepasiënt by Nova behandel mag word. Meneer X dreig om Karl se misbruik van die trustfondse te onthul.

Aug 24, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 44

Lauren bel vir Susan om haar te laat weet dat sy veilig is. Susan oorreed haar om iewers saam met haar te gaan. Lauren skrik as sy besef waarheen hulle gaan.

Aug 23, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 43

Dokter Lewis wil by Susan hoor of sy weet waar Lauren is. Nadat Susan met haar ma oor Lauren se toekoms praat, besef sy dat sy die enigste persoon is wat Lauren sal kan help.

Aug 22, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 42

Johan, wat weier om te glo dat Susan nie op hom verlief is nie, kom ongenooid vir haar kuier. Susan sê vir hom om te loop, maar hy weier. Bettie probeer om haar dogter te help.

Aug 21, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 41

Terwyl Richard and Dennis oor die probleme tussen Susan en Karl gesels, bel meneer X vir Richard. Die bangmaakpraatjies van meneer X maak Richard woedend, en iets wat hy sê versterk Richard se vermoede oor wie agter die geheiomsinnge stem skuil.

Aug 18, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 40

Lauren laat weet Susan dat sy nie langer by Nova sal bly nie. Sy het ʼn vriend in Groenpunt wat vir haar blyplek sal gee. Susan vertel vir haar ma en dogter dat sy teruggaan universiteit toe.

Aug 17, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 39

Richard begin vermoed dat Izel nie so onskuldig is as wat sy voorgee nie. Karl sterk by die hospitaal aan. Hy beplan om al die geld wat hy weggedobbel het weer by die casino terug te wen.

Aug 16, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 38

Vir die eerste keer nadat sy by die Nova Rehabilitasiesentrum weg is, word Susan gekonfronteer met die drang om weer te begin drink.

Aug 15, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 37

Dennis speel vir Richard een van die opnames van meneer X, wat hy onwettig bekom het. Dis die eerste keer wat Richard meneer X se stem hoor. Tanya laat weet vir Karl dat daar berigte is dat Karl ʼn tweede hartaanval gehad het.

Aug 14, 202312 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 36

Susan besoek Magda vir ʼn opvolgsessie. Vir die eerste keer is sy eerlik oor haar gevoelens teenoor haar familie en die mans in haar lewe.

Aug 11, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 35

Karl probeer weer om Richard te oortuig om die sake teen hom terug te trek. Izel kan nie glo dat Karl besluit het om op te gee, en meneer X te gee wat hy vra nie.

Aug 10, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 34

Lauren bel vir Susan, sy is weer lus om weg te hardloop. Susan glo sy het haar oorreed om by Nova te bly. Richard probeer, sonder sukses, om Johan te oortuig om van Susan te vergeet.

Aug 9, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 33

Om dankie te sê vir hulle harde werk met haar dogter se saak, nooi Bettie vir Richard, Dennis en Myburgh na ʼn Griekse restaurant. Myburgh en Bettie leer mekaar ʼn bietjie beter ken.

Aug 8, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 32

Karl neem Susan na ʼn deftige restaurant om vrede te probeer maak. Johan maak onverwags sy verskyning.

Aug 7, 202313 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 31

Essie en haar ouma kom haal vir Susan by Nova Rehabilitasiesentrum. Susan moet gewoond raak aan haar nuwe lewensruimte.

Aug 4, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 30

Dis Magda en Susan se laaste privaatsessie. Sy het nou 30 dae by die sentrum spandeer en, Magda voel dat Susan huis toe kan gaan. Susan groet vir Lauren, en die twee van hulle doen iets spesiaal om te verseker dat hulle mekaar nie sal vergeet nie.

Aug 3, 202314 min

SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 29

Johan bel vir Richard in ʼn desperate poging om sy verhouding met Susan te red. Richard deel met Dennis dat hy nie meer vir Izel vertrou nie. Iets is nie reg nie.

Aug 2, 202312 min