PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 32 of 61

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 13

Aletta jok vir Pearl om haar sin te kry.

Jun 17, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 12

Bets en Aletta stamp koppe.

Jun 16, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 11

Bets het gehoop vir 'n vreedsame Lingerfelder-samekoms, maar sy word teleurgestel.

Jun 14, 202013 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 10

Chris erken teenoor Elvera dat sy lewe te eentonig is.

Jun 12, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 9

Dieter het 'n verrassing vir Elvera.

Jun 11, 202015 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 8

Danny is toenemend gefrustreerd.

Jun 10, 202013 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 7

Danny vermoed Frank se motiewe is nie suiwer nie.

Jun 9, 202013 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 6

Dieter pleit om vergifnis by Elvera.

Jun 8, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 5

Danny het groot nuus vir sy geliefde moeder.

Jun 5, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 4

Bets se eksentrieke ma, Aletta, bots met haar dogter.

Jun 4, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 3

Pearl is so opstandig soos altyd, en eis antwoorde oor haar herkoms.

Jun 3, 202013 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 2

Dieter se chauvinistiese optrede teenoor Elvera verskerp.

Jun 2, 202014 min

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 1

Bets se groot dag verloop, soos gewoonlik, nie soos wat sy dit wou hê nie.

Jun 1, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)

Dis twee weke later. Almal kom by die Bellville-huis bymekaar ná Johan se begrafnis. Buite in die tuin vertel Ben vir Pieter presies wat gebeur het, en hoe braaf sy pa was om te doen wat hy gedoen het. Chanel en Adri belowe om vir altyd getroue skoonsusters te wees. Bettie en Ma besin oor wat met hulle seuns gebeur het. Hulle besluit om in die openbaar saam te werk om bendes en rampokkers te kniehalter. "Uit hierdie slegte ding wat met ons gebeur het, moet daar tog iets goeds kom."

May 29, 202015 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 59

Die rooftog het gefaal. Die Steenberg-broers en die Vinnige-Boys bende moet vir die gelag betaal. Ben en kaptein Schutte praat oor wat gebeur het, en wat nog kan gebeur.

May 28, 202015 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 58

Dis die oggend van die rooftog. Ben hou toesig as die transitotrok gelaai word. Dit word gou duidelik dat Jakes ander planne het as die wat die Steenberg-broers voor gehoop het, en daar moet vinnig besluite geneem word.

May 27, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 57

Johan neem Ben na die grot. Hulle bespreek die finale plan van aksie vir die volgende dag se rooftog. Die familie is veilig in Langebaan, en sal daar bly totdat die rooftog verby is. Johan het ʼn nare gevoel oor die transitorooftog, en maak ʼn skokkende erkenning aan Ben oor wat hy dink sal gebeur.

May 26, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 56

Ben en Adri beplan hulle toekoms. Hulle droom oor die kind wat hulle sal aanneem, en oor hoe daardie besluit hulle lewe sal verander. Chanel probeer om Johan te oorreed om liewers niks met Jakes en die Vinnige-Boys bende te doen nie. Nadat hulle amper weer begin stry hieroor, erken Johan aan haar dat hy en Ben se plan al uitweg is vir hom en sy familie. Hy het diep berou oor die moontlike gevolge van sy optrede. Chanel en Adri begryp uiteindelik die lewensgevaar waarin almal nou verkeer.

May 25, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 55

Die hele familie vergader om Ma se verjaarsdag te vier. Sy is bly dat Johan en Chanel weer bymekaar is, en is verheug wanneer Adri en Ben haar vertel van die baba wat hulle wil aanneem. Die voordeurklokkie lui, en Ma maak die deur oop vir ʼn onverwagte gas...

May 22, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 54

Jakes neem sy ma uit vir ete by ʼn duur restaurant. Soos gewoonlik probeer Bettie haar seun oortuig om nie aan die transitorooftog deel te neem nie. Jakes weier om so ʼn belofte aan haar te maak. Hy bedank haar vir al die opofferings wat sy deur die jare vir hom moes maak. Bettie glo dat hy dalk iets anders probeer sê.

May 21, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 53

Adri en Ma ontmoet. Ben is verras om te sien hoe goed die twee oor die weg kom. Johan en Ben draai nie meer doekies om as dit by hulle planne kom nie, en Ma, Chanel en Adri word nou alles oor die rooftog vertel. Hulle hoor ook van die slim plan om hulle veilig te hou tydens en ná die rooftog.

May 20, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 52

Johan neem sy seun na die grot, en Pieter en sy pa raak in ʼn intensiewe gesprek betrokke. Pieter wil weet van die mislukte rooftog wat sy Pa in die tronk laat beland het. Vir die eerste keer verstaan Pieter waarom Johan deel was van die mislukte rooftog, en waarom hy en Ben nou so hard werk om die Vinnige-Boys finaal agter tralies te kry. Maar sal hulle plan werk?

May 19, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 51

Chanel en Adri ontmoet vir middagete. Adri is bly dat Chanel en Johan vrede gemaak het, en Chanel is bly dat Ben en Adri besluit het om ʼn baba aan te neem. Johan en Ben beplan om vir Jakes vals inligting te gee oor die roete. Hulle moet ʼn moeilike besluit neem oor wat om te doen as hulle dalk nie die rooftog oorleef nie.

May 18, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 50

Jakes en Steve volg die beplande roete van die transitotrok, en doen finale beplanning. Ben vertel vir Johan van die gesteelde geldwa. Hulle pas hulle planne aan, in geval die Vinnige-Boys die geldwa in die rooftog wil gebruik. Ben het ʼn slim plan vir kommunikasie tydens die rooftog.

May 15, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 49

Ma en Bettie praat oor die onsuksesvolle rooftog. Hulle voel magteloos omdat Jakes en Johan steeds voortgaan met beplanning van hulle rooftog. Johan verras Chanel by die salon. Sy sny vir die eerste keer sy hare, en hulle gesels oor hulle verdiepende verhouding. Johan ontvang ʼn oproep van Ben, en hoor nuus wat al hulle planne oor die rooftog dalk die wiele in sal ry.

May 14, 202015 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 48

Terwyl Ben besig is om ʼn nuwe werker touwys te maak in die 'begeleier kar,' beroof ʼn onbekende bende skielik die transitotrok wat hulle besig is om te begelei. Ben se vinnige optrede fnuik die rowers, en die polisie word ontbied om die rowers te arresteer. Ben ontmoet sy ou vriend, kaptein Werner Schutte, by die toneel van die onsuksesvolle rooftog. Ben skimp dat daar dalk binnekort inligting sal wees oor ʼn ander rooftog.

May 13, 202010 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 47

Adri en Ben gaan voort met hulle trouplanne. Ben probeer haar oorreed dat hy glad nie omgee of sy swanger kan word of nie. Adri twyfel steeds of hulle verhouding sal werk, maar dan kom Ben met ʼn interessante voorstel...

May 12, 202016 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 46

Johan ontmoet vir Jakes en vertel hom van die roete wat die geldwa sal volg. Jakes erken dat die Vinnige-Boys se gretigheid om die rooftog te doen, hom senuagtig maak.

May 11, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 45

Johan spandeer die nag in die woonstel. Hy gesels met Chanel en Pieter oor hulle toekoms as ʼn familie. Adri en Ben praat weer oor kinders. Ben probeer, onsuksesvol, om Adri te oortuig dat dit nie saak maak of hulle kinders het of nie. Adri glo dis verby tussen hulle.

May 8, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 44

Johan ontmoet vir Jakes en vra om verskoning vir sy gedrag. Johan laat vir Jakes verstaan dat hy nie ʼn lid van die Vinnige-Boys is, of wil wees nie. Die spanning tussen Johan en Jakes word nou duidelik, hulle sal die rooftog uitvoer, en daarna sien wat gebeur.

May 7, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 43

Ben speel taxi vir Pieter ná skool. Pieter deel sy toekomsdrome met sy oom. Ben belowe dat hy altyd daar sal wees vir sy nefie, maak nie saak wat gebeur nie. Ma bel vir Bettie en die twee werk weer aan hulle hulpelose plan om die rooftog te probeer verhoed.

May 6, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 42

Ben en Johan help om Ma se huis weer veilig en netjies te maak ná die vorige aand se gebeure. Hulle probeer uitvind hoekom Jakes meer en meer irrasioneel begin optree. Ma en Bettie se telefoonoproep van die vorige aand is vir hulle onverklaarbaar. Wat sou die vroue besig wees om te doen?

May 5, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 41

Jakes is op soek na Johan. Hy dreig Ma en wil weet waar Johan wegkruip. Ma kry dit reg om vir Bettie te bel en gee vir Jakes die foon. Jakes is briesend kwaad as hy besef die vrouens werk saam om sy planne te fnuik.

May 4, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 40

Johan geniet aandete saam met Chanel en Pieter. Die drie van hulle praat uiteindelik met mekaar, soos ʼn familie moet praat. Johan en Chanel maak vrede, en hy slaap die nag daar. Ma, alleen tuis, hoor ʼn geraas buite en maak haar voordeur oop...

May 1, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 39

Pieter ontvang ʼn oproep van Chanel ná sy eerste dag terug op die skoolbanke. Die kinders terg hom, en almal wil weet of sy pa weer ʼn transitorooftog gaan uitvoer. Johan oorreed Chanel om buite die salon met hom te praat. Hy probeer om vir haar te oortuig dat hy steeds vir haar en Pieter lief is, en sy verras hom met ʼn onverwagte uitnodiging.

Apr 30, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 38

Jakes maak hom tuis in Adri en Ben se woonstel. Hy wil praat oor Johan en Ben se lojaliteit aan die Vinnige-Boys. Ben word met die lewe van sy verloofde gedreig as hy nie doen wat Jakes wil hê nie.

Apr 29, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 37

Terwyl Adri ʼn spesiale ete vir Ben voorberei, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar om hom te vertel dat sy nooit kinders sal kan hê nie. Wanneer hy herstel van die skok, probeer hy sy bes om Adri gerus te stel. Die voordeurklokkie lui – dit is ʼn onverwagte, en ongenooide gas.

Apr 28, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 36

Ma ontvang ʼn oproep van Bettie. Hulle planne om die rooftog te probeer stop, word al hoe meer onrealisties. Hulle sal net moet moed hou en glo dat hulle iets sal kan doen. Johan ontvang ʼn oproep van Jakes. Die Vinnige-Boys is besig met die finale beplanning van die transitorooftog. Ben en Johan moet doen wat van hulle verwag word, anders is daar sports.

Apr 27, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 35

Ben en Johan ontmoet na werk vir ʼn drankie. Die plan om Jakes en die Vinnige-Boys weer agter tralies te kry, begin nou realiseer. Johan praat vir die eerste keer oor wat moet gebeur as hy dalk nie die rooftog oorleef nie.

Apr 24, 202015 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 34

Ma kuier by Chanel in die haarsalon waar sy werk. Terwyl Chanel Ma se hare sny, gesels hulle oor Johan en Pieter. Ma vertel vir Chanel dat sy vermoed dat Johan weer betrokke is by die beplanning van ʼn transitorooftog. Chanel wil help om die rooftog te probeer keer.

Apr 23, 202015 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 33

Johan verras vir Pieter met ʼn geskenk. Die geskenk help om die ys tussen hulle te breek, en laat Johan toe om bietjie meer toenadering te soek. Jakes en Steve, ʼn bendelid, agtervolg Ben van sy werksplek af tot by ʼn restaurant. Ben probeer van hulle af wegkom. Hy bel vir Johan en wil weet hoekom die Vinnige-Boys bende hom agtervolg.

Apr 22, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 32

Ben en Adri gesels oor die dag se werk by Cash-Move, en dit neem nie lank voor hulle oor Johan en die Vinnige-Boys bende praat nie. Ben wil eerder oor hulle toekoms en hulle ongebore kinders praat. Adri praat vinnig oor iets anders.

Apr 21, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 31

Ma probeer om by Johan uit te vind wat op die dag van die rooftog gaan gebeur. Pieter en Chanel is besig om die meubels in hulle nuwe woonstel rond te skuif toe Johan bel. Die oproep maak Chanel bly en ook ʼn bietjie onrustig. Pieter wys vir sy ma sy plan in geval die Vinnige-Boys ooit die woonstel aanval.

Apr 20, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 30

Pieter en Ben praat oor wat Johan vir Pieter beteken. Die seun wil weet of sy pa 'n goeie mens is. Adri deel 'n groot geheim met Chanel, en haar aanstaande skoonsuster raai haar aan om oop kaarte te speel voordat sy met Ben trou.

Apr 17, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 29

Ma bel vir Ben om te kla tyd dat sy amper nooit meer vir Johan sien nie. Laatnag ontmoet Jakes weer vir Johan buite die Bellville-huis. Jakes laat weet vir Johan dat hy die geld, wat by die eerste rooftog verdwyn het, soek. Jakes vermoed ook dat Johan iets te doen gehad het met Johnny se verdwyning.

Apr 16, 202013 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 28

Johan kom haal Pieter en Chanel by die hospitaal, en neem hulle na die nuwe woonstel. Almal is opgewonde oor die nuwe blyplek. Chanel en Johan begin weer vashaak oor ʼn nietigheid. Pieter plaas homself in sy pa se skoene en wonder hoe hy sou optree as die Vinnige-Boys hom afpers.

Apr 15, 202011 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 27

Bettie woord laatnag wakker gemaak. Jakes het kom kuier. Hy probeer sy ma kalm hou. Bettie smeek hom om van plan te verander, maar Jakes weier. Die polisie is op pad, en Jakes moet vlug.

Apr 14, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 26

Johan en Pieter is vir die eerste keer na Johan se vrylating alleen saam. Hulle vra mekaar uit oor die afgelope tien jaar, en begin ʼn eerlike gesprek voer oor hulle drome vir die toekoms. Is daar plek in hulle lewe vir mekaar?

Apr 12, 202012 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 25

Bettie en Ma ontmoet in die geheim. Hulle is onder groot druk om hulle kinders se gedrag te aanvaar, maar bly vasbeslote om ʼn stokkie voor die Vinnige-Boys se rooftogplanne te steek. Hulle seuns wilegter nie na hulle luister nie.

Apr 9, 202014 min

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 24

Chanel vertel vir Pieter van die nuwe woonstel waar hulle sal woon wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Pieter is verlig dat hy en sy pa nie onder dieselfde dak sal bly nie. Ben trek by Adri se woonstel in. Wanneer Ben van kinders praat, verander Adri skielik die onderwerp. Johan en Ma is alleen by die Bellville-huis. Hulle beraam planne om Chanel te oorreed om Johan weer as haar man te aanvaar.

Apr 8, 202014 min