PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 34 of 61

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 33

Christa daag by Basjan op en is ontsteld dat hy en Belinda weer goeie vriende raak. Fanie besluit om weg te kom van die swembad af en te gaan hengel by Boegoedam. Francois doen navraag by kaptein Jafta om uit te vind of hulle al kon bepaal hoe Dirk Dippenaar se bakkie op Basjan se grond beland het.

Jan 28, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 32

Fanie kla by Belinda oor sy buurvrou se stort wat hom snags wakker hou. Speurdersersant Jantjies lig Basjan in dat hulle besluit het Jakob se dood was net 'n ongeluk. Daleen doen navraag by Belinda oor Ansie wat al weer vir Christa Cronje van diefstal wil aankla.

Jan 27, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 31

Ansie is opgewonde dat haar ma teen haar pa opstaan, en ook die ander huis gaan eis as deel van die egskeidingskikking. Speurdersersant Jantjies vra vir kaptein Jafta om weer saam met hom die kleinhoewe buite die dorp te besoek waar Dirk Dippenaar vermoor is.

Jan 24, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 30

Belinda lig Basjan in dat sy hulle huis saam met die gastehuis gaan eis as deel van die egskeidingskikking. Basjan nooi vir speurdersersant Jantjies uit vir 'n braai. Kaptein Jafta konfronteer vir Fanie oor die storie wat hy vir Jantjies vertel het oor die swartmamba en Jakob Maritz.

Jan 23, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 29

Basjan is bang dat Dirk se gesteelde bakkie, wat op die ontwikkeling se grond gevind is, sleg op hulle planne kan reflekteer. Fanie laat hom nie deur speurdersersant Jantjies intimideer nie. Dalene en Jantjies spekuleer oor die verwantskappe tussen die verskillende rolspelers op die dorp.

Jan 22, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 28

Belinda probeer uitpluis hoekom Fanie Louw eintlik kom vakansie hou het by hulle gastehuis van alle plekke. Francois keer terug na Upington, en neem Ansie op 'n verrassende uitstappie wat die groen Kalahari se duine behoorlik laat brul.

Jan 21, 202013 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 27

Tydens Jakob Maritz se begrafnis-afskeidspartytjie by die gastehuis, word verskeie menings gelig oor wat presies besig is om in die klein Kalaharidorpie te gebeur. Tot almal se verbasing daag speurdersersant Herbert Jantjies onverwags daar op…

Jan 20, 202013 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 26

Belinda is terug, en Ansie is bekommerd dat haar ma steeds saam met Basjan in die huis wil woon. Francois en kaptein Jafta stel ondersoek in nadat Dirk se kollega, Willie, aandui dat Dirk al twee dae lank vermis is. Hulle kom op 'n grusame vonds af op 'n kleinhoewe buite die dorp…

Jan 17, 202015 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 25

Ansie konfronteer Basjan oor sy verhouding met Christa, en verneem dat Basjan en haar ma gaan skei. Fanie Louw is ongelukkig dat daar foto's van hom in sy baaikostuum langs die swembad op die gastehuis se sosialemediablad geplaas is. Dalene ontvang slegte nuus oor Jolene se pa.

Jan 16, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 24

Basjan besluit om oop kaarte te speel met sy en Christa se verhouding, maar sy waarsku hom daarteen. Fanie bevraagteken of die bekende TV-ster wel by die gastehuis tuisgaan. Christa bieg teenoor Basjan dat Dirk haar gehelp het om die juwele, wat Ansie gesteel het, te verdoesel en dat Dirk haar nou afpers.

Jan 15, 202013 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 23

Ansie verneem haar pa het skielik teruggekom, en vra Francois om Basjan by die lughawe te gaan haal. Fanie Louw daag uit die bloute op vir Jakob se begrafnis, en wil die TV-ster ontmoet toe hy hoor sy vertoef ook die naweek by die gastehuis.

Jan 14, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 22

Ansie vra Jolene om die besoek van die TV-ster by die gastehuis stil te hou. Kaptein Jafta en Dirk Dippenaar besoek weer Jakob se kweekhuis om te bepaal hoe die swart mamba daar ingekom het.

Jan 13, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 21

Francois daag by Jakob Maritz se huis op, en verneem dat hy deur 'n swart mamba gepik is. Ansie is ontsteld wanneer sy die nuus verneem van Jakob se ongeluk, en dat hy dood is. Die dorp is op hol dat daar moontlik nog 'n slang, of slange, mag wees.

Jan 10, 202013 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 20

Ansie vra Jolene om in die vervolg net as sjef in die gastehuis se kombuis te werk, en dat sy van plan is om die restaurant vir die publiek oop te maak. Francois kry 'n oproep van Dirk dat daar 'n voorval by Jakob Maritz se huis was, en dat hy moet oorkom.

Jan 9, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 19

Dirk deel die nuus met Basjan dat die Duitsers se juwele op die duine buite die dorp gevind is. Jakob vra Christa om verskoning vir sy gedrag, vertel haar dat hy nog lief vir haar is. Christa pleit by Basjan om haar saam Frankfurt toe te neem.

Jan 8, 202015 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 18

Francois keer terug van Bloemfontein, en verras 'n terneergedrukte Ansie. Jakob Maritz pleit sy onskuld by kaptein Jafta oor die Duitsers se juweeldiefstal. Francois en sy ma sit vas oor Ansie.

Jan 7, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 17

Dirk deel Basjan mee dat hy vir Jakob Maritz ook op die oggend van die juwelediefstal by die gastehuis sien ronddwaal het. Jakob konfronteer vir Christa omdat hulle hom van die diefstal verdink. Dirk krap rond in die kantoor by die gastehuis, en vind 'n verrassing in Belinda se laai.

Jan 6, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 16

Basjan wil by Christa weet of sy 'n vermoede het wie die Duitser se juwele gesteel het. Ansie suggereer aan Jolene dat sy Christa verdink. Dalene wil weet hoekom Francois so skielik terug is Bloemfontein toe.

Jan 3, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 15

Juweliersware van een van die Duitse gaste word gesteel, en kaptein Jafta moet die saak ondersoek. Basjan vra vir Dirk Dippenaar om uit te vind wie die juweliersware gesteel het. Jolene is ontsteld as haar ma haar vertel hulle vermoed dat dit Ansie was wat die juweliere gesteel het.

Jan 2, 202014 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 14

Francois probeer uitvind of daar wel 'n verhouding tussen sy ma en Basjan Leroux is. Jakob Maritz vra Christa om verskoning ná hulle onderonsie op die gastehuis se stoep. Dalene is nie beïndruk met die nuwe geskenk wat Jakob vir haar aandra nie.

Dec 31, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 13

Ansie vra Jolene se hulp om Francois te verras met 'n romantiese Griekse ete by die gastehuis. Dirk onderneem om Francois te konfronteer oor sy toekomsplanne met Ansie.

Dec 31, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 12

Jakob is bekommerd oor Ansie, en gaan vra vir kaptein Jafta om met Christa te praat. Ansie dien haar bedanking by die gastehuis in, en lig Christa in dat sy besluit het om verder te gaan studeer. Jolene reël 'n piekniekverrassing vir Ansie, wat haar heeltemal oorweldig.

Dec 30, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 11

Basjan lig Christa in dat Jakob op die punt is om te teken, en dat hulle hulle verhouding tydelik op ys moet plaas. Christa vra vir Dirk Dippenaar om veiligehidskameras by haar huis op te rig. Ansie is steeds ontevrede met Christa wat tydelik vir haar ma instaan by die gastehuis.

Dec 27, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 10

Ansie is ongelukkig dat Basjan vir Christa gevra het om die gastehuis te bestuur in haar ma se afwesigheid. Fanie vertrek terug Bloemfontein toe, en beloof dat hy binnekort terug sal wees. Jolene probeer haar bes om Ansie te ondersteun, en bel vir Francois om te kom kuier.

Dec 25, 201914 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 9

Jolene en Ansie bespiegel oor hoekom Fanie altyd swart dra. Basjan probeer Belinda tot haar sinne bring ná haar uitbarsting en dreigement om van hom te skei. Die inkopie-uitstappie ontaard in 'n nagmerrie toe Belinda vir die oempa-orkes elf-uitrustings soek.

Dec 24, 201913 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 8

Fanie kla by Belinda oor die interdik wat Christa dreig om teen hom te kry, wat hom sou verbied om binne 'n sekere afstand van haar te kom. Belinda is in 'n toestand nadat sy verneem van Christa se planne om die Duitse gaste met rieldansers in plaas van haar oempa-orkes te vermaak, en word dronk.

Dec 23, 201914 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 7

Fanie en Jakob bespiegel oor hoe hulle permanent van Basjan ontslae kan raak. Christa vra vir Jolene om haar te help om 'n rieldansgroep te vind vir die Kersete. Jakob is verras wanneer Christa hom uit die bloute nooi vir 'n stap in die parkie. Fanie wil weet of sy tafel vir Kersfees bespreek is.

Dec 20, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 6

Belinda wil by Basjan weet of hy besig is met mynbou-planne op die grond langs die reservaat. Christa wil die Duitse gaste verras met 'n rieldansgroep tydens die Kersete, maar Belinda het ander planne. Basjan vra vir Christa om weer met Jakob te flirt in 'n poging dat hy die oordragvorm sal teken.

Dec 19, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 5

Christa kla by kaptein Dalene Jafta oor Fanie en Jakob wat so lastig is. Sy dink Fanie Louw volg haar rond op straat. Ansie stel voor dat Jolene daaraan begin dink om ook 'n kêrel te kry. Christa wil by Jolene weet hoekom die duine by Witsand so brul as mens daarop stap.

Dec 18, 201914 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 4

Christa vertel vir Basjan dat Belinda die uitstappie na die duine met die Duitsers heeltemal oorgevat en moontlik verongeluk het. Dalene verneem by Belinda of sy weet hoekom Basjan op die grond langs die reservaat boor. Fanie vertel vir Christa van sy aftreeplanne, en maak haar 'n aanbod.

Dec 17, 201914 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 3

Fanie Louw, stem helaas in om in die glorified Wendy-huis te woon terwyl die Duitsers sy kamer beset. Kaptein Dalene Jafta van die satelliet-polisiekantoor verwittig Jakob Maritz dat sy die skerpioen moet konfiskeer omdat hy nie 'n wettige permit het om insekte binne 'n reservaat te versamel nie.

Dec 15, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 2

Basjan gee vir Christa aanwysings oor hoe sy die Duitsers moet hanteer, en vra dat sy niks sê van die oordragvorms wat Jakob nog nie geteken het nie. Fanie Louw, die verkoopsman, daag midde die Duitsers se aankoms op en is woedend dat sy gereelde kamer nie beskikbaar is by die gastehuis nie.

Dec 13, 201915 min

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 1

Basjan ontmoet Jakob op die duine buite die dorp, en word deur 'n skerpioen gesteek. Belinda is opgewonde oor die Duitsers wat by die gastehuis kom oorbly. Ansie en Jolene moet bontstaan om alles gereed te kry vir die belangrike gaste. Basjan dreig om Jakob iets aan te doen as hy nie die oordragvorms teken nie.

Dec 12, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 60 (slot)

In die slotepisode van F.A. Venter se klassieke topverkoperroman, voel Simon oplaas dat hy sy lewe ten volle gewy het aan sy lewenstaak. In die laaste oomblikke van sy lewe, terwyl hy ongekende pyn en foltering verduur, beleef hy egter een van die mees verblydende oomblikke van sy lewe.

Dec 11, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 59

Simon word begroet deur 'n volgepakte sinagoge waar daar letterlik nie plek vir 'n muis is nie. Pas nadat hy met sy rede begin het, herken iemand uit die gehoor hom. Gabriël en Groot Miga se pleidooie om Simon Niger van 'n brutale verhoor deur die goewerneur van Cirene te vrywaar, val op dowe ore.

Dec 10, 201913 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 58

Oplaas kom Alexander en Simon in Cirene aan. Alexander probeer vir oulaas desperaat om Simon te oortuig om af te sien van sy plan, en liewer saam terug te keer na Ostia. Alhoewel Simon vriendelik in Cirene ontvang word deur sekere individue, is die boodskap duidelik dat Rome beslis nie vergeet het nie...

Dec 9, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 57

Alexander se reaksie om sy vader na soveel jaar weer te sien, oortref Simon se stoutste verwagtinge. Simon se oudste seun is egter geskok om van sy bejaarde ou vader se voornemens te hoor.

Dec 6, 201914 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 56

Met nog net Alexander wat lewe, is al Simon se geliefdes van hom af weggeneem. Daar is net een keuse vir hom, en dit is om te werk om genoeg geld bymekaar te maak om terug te keer na sy geliefde Cirene.

Dec 5, 201914 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 55

Simon en Esegiël kom uiteindelik by Debora, Rufus en Maria se huisie aan, maar die teleurstelling is groot. Min sou die twee vriende egter kon raai dat die ergste nog nie verby is nie...

Dec 4, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 54

Eerste Offisier Sergus help Simon en Esegiël om vervoer te kry om hulle van Ostia na Rome te neem om Debora, Rufus en Maria te probeer opspoor. Hoe nader hulle egter aan Rome kom, hoe meer ontstellend word hulle ervaring.

Dec 3, 201913 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 53

Die vaart van Joppe na Rome neem 'n onheilspellende wending wanneer 'n vreemde gloed een nag op die horison sigbaar word. Kan dit Rome wees wat brand? In Rome word die nuus net nog meer ontstellend.

Dec 2, 201913 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 52

Terwyl Esegiël een laatmiddag die horison van die huis in Getsemane af sit en dophou, word sy geduld na jare se wag beloon met Simon van Cirene wat na die huis aangestap kom. Wanneer hulle uiteindelik rustig sit en gesels, het Esegiël self ook 'n verrassing of twee om met Simon te deel.

Nov 29, 201916 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 51

Simon werk onverpoos in die silwermyn om die dwangarbeiders te bearbei. Met die verloop van tyd ontwikkel daar 'n besondere band tussen hom en Barabbas. Die eens berugte rower en moordenaar word al hoe meer ernstig siek, maar Simon kan hom net nie oortuig om tot geloof in die Verlosser van Israel te kom nie.

Nov 28, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 50

Dit is 'n goeie twintig jaar later. Simon is van alles en almal vervreem, en werk onder dwang in 'n Romeinse silwermyn waar hy 'n eens gevreesde man vir die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet...

Nov 27, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 49

Simon se gesprek met Petrus duur aansienlik langer as wat Simon verwag het. En wat die dissipel te sê het, laat hom al hoe meer twyfel aan sy eie oortuigings. Veel later die aand, toe hy van Jerusalem af by die huis kom, kan Debora, Rufus, Esegiël en Maria hulle oë en ore nie glo nie...

Nov 26, 201914 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 48

Terwyl Debora met Rufus, Esegiël en Maria wonder waar Simon so lank bly, verloop Simon se gesprek met Petrus glad nie soos hy verwag het nie.

Nov 25, 201914 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 47

Maria se nuus oor Jesus se verskyning aan sy dissipels werp Simon heeltemal omver. Hy haas hom na die huis in Jerusalem waar hy aandring om met Simon Petrus te praat. Hoe langer Petrus met hom praat, hoe minder weerstand voel Simon kan hy bied teen dit wat vir hom tot in daardie stadium nog net leuens en bedrog was.

Nov 22, 201913 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 46

Simon en Debora wag tot laataand vir Rufus en Esegiël om van Betanië af terug te keer met nuus van Jesus van Nasaret se opstanding. Wanneer hulle uiteindelik terugkom, is wat hulle te vertel het, uiters teleurstellend. Maar dan kom Maria onverwags by hulle aan. Sy kan byna nie praat nie, so emosioneel is sy.

Nov 21, 201912 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 45

Oortuig dat die graf inderdaad leeg is, begin Simon oral navraag doen oor Jesus van Nasaret. Almal is bewus van die gerugte dat die Nasarener opgestaan het uit die dood, maar niemand het Hom nog gesien nie. Wanneer hy uiteindelik uitgeput tuiskom, is Debora se reaksie op die gerugte nog erger as wat hy gevrees het.

Nov 20, 201915 min

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 44

Simon vra Josef van Arimatea om weer vir hom te verduidelik wat die betekenis is van die aardbewing, die duisternis en die skeur van die voorhangsel in die tempel. Hoe meer Josef verduidelik, hoe minder verstaan Simon. Aangevuur deur sy nuuskierigheid enersyds, en sy kommer oor bedrog deur die dissipels andersyds, keer Simon baie vroeg die Sondagoggend terug na die graf van die Nasarener. Hy maak 'n skokkende ontdekking.

Nov 19, 201913 min