PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 37 of 61

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 3

Albert raai Mathilda aan om verdraagsaam te wees met 'n moeilike Dita.

Jul 1, 201914 min

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 2

Dita beplan 'n eksotiese vakansie.

Jun 28, 201915 min

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 1

Albert sleep opnuut vlerk by Mathilda.

Jun 27, 201915 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 60 (slot)

Sal John-John wraak neem oor sy vrou se moord? Kan Anton en Amelia hulle verhouding verbeter, en sal die verliefdes mekaar kan vind ná die toer?

Jun 26, 201915 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 59

Anton en John-John is in die Cullinanmyn-sinkgat in met die plutonium. Richard en sy manne agter hulle aan. Ruth en Nina wil gaan help. Dis die groot klimaks!

Jun 25, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 58

Die trein stop in Rayton waar Anton van die plutonium ontslae wil raak -dis nou as hulle die kluis kan oopkry. Richard is 'n regte kanniedood, en het ekstra hulp ingeroep om hom te help teen Anton. Sal Richard by Anton-hulle uitkom voor hy van die plutonium ontslae kan raak?

Jun 24, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 57

Richard word agtergelos met die ontploffing. Is hy dood? Anton het 'n plan om van die plutonium ontslae te raak. Terwyl die agterste wa aan die brand is, probeer Nina om almal kalm hou.

Jun 21, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 56

Anton vertel vir John-John van sy plan om van Richard ontslae te raak. Sal John-John hom glo?. Anton en Nina probeer in die agterste wa inkom. Sal hulle dit kan doen sonder dat Richard dit agterkom?

Jun 20, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 55

Anton begin agterkom dat John-John vir Richard inligting deurgee. Anton beraam 'n plan om van Richard ontslae te raak, maar daarvoor moet Ruth en Amelia hulle deel kan doen. Sal die plan werk?

Jun 19, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 54

John-John en Ruth probeer sake uitpraat, maar hulle sukkel om hulle gevoelens vir mekaar te verwoord. Anton en Richard sit vas. Amelia moet probeer sterk staan, maar sal sy kan doen wat haar pa van haar verwag?

Jun 18, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 53

Richard is van plan om saam op die trein te ry tot in Pretoria. Ruth se maag begin haar weer probleme gee. Anton en Amelia kry die kans om met mekaar te gesels. Amelia is nie net bang nie, maar ook kwaad. Kan Anton sy dogter gerus stel?

Jun 17, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 52

Anton wil uitvind aan wie Richard Minnie die plutonium wil verkoop. Ruth probeer die gaste rustig hou. John-John neem 'n groot besluit wat almal in gevaar stel.

Jun 14, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 51

Anton oorrompel vir Wolf, en moet vir Richard van hulle spoor af hou. John-John beplan vinnig 'n uitstappie deur Maputostasie om die gaste gelukkig te hou, en Nina moet vir Anton help met die plutonium.

Jun 13, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 50

Roux sukkel om sy emosies onder beheer te hou, en voel die druk van dit wat van hom verwag word. Anton konfronteer vir John-John oor aan wie se kant hy is. Wolf word totaal en al onkant gevang. Wie sal bo uitkom?

Jun 12, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 49

Anton en Roux probeer vir Wolf slaappille ingee, maar hy laat hom nie sommer om die bos lei nie. John -John sukkel om te besluit aan wie se kant hy is. Wolf het iets wat hy baie graag wil hê, maar terselfdertyd voel hy skuldig teenoor die mense op die trein.

Jun 11, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 48

Anton kry vir Roux om hom te help, alhoewel die sjef nie baie gelukkig is daarmee nie. Wolf en Nina sit vas oor wat hy van haar verwag. Roux pak vir Liam 'n heerlike mandjie vol lekkernye vir sy aand uit saam met Rix.

Jun 10, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 47

Wolf sit vir John-John onder druk om meer van Anton se planne uit te vind. Liam kry alles reg vir sy aand op die strand, in die tent, saam met Rix. Wolf verduidelik aan Nina presies waar sy met hom staan.

Jun 7, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 46

Nina openbaar aan Roux wat sy alles uitgevind het oor Anton en Wolf terwyl sy van die trein af was. Liam is naarstiglik op soek na 'n tent. John -John probeer by Anton uitvind wat sy planne met Wolf is.

Jun 6, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 45

Rix en Liam is vasgevang in 'n grot waar water besig ia om in te loop. Hulle kan nie uitkom nie. Anton-hulle begin na hulle soek. Sal hulle die twee verliefdes vinnig genoeg opspoor?

Jun 5, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 44

Rix en Liam stap in die grootste park in Dar es Salaam. Liam wil in die grotte gaan rondkruip, maar Rix wil niks daarvan weet nie. Volgens haar is dit te gevaarlik. Wolf en Anton praat oor die gevare wat vir hulle in Mosambiek wag.

Jun 4, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 43

Ruth het 'n ou boereraat vir Anton en Roux se maagpyne, maar sal hy daarvan hou? Wolf probeer vir John-John kry om hom te help. Sal hy dit regkry?

Jun 3, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 42

Liam en Rix besef dat die lewe nie net sonskyn en rose is nie. Hoe sal hulle hulle eerste groot struikelblok as paartjie hanteer? Roux en Anton vat mekaar aan in die kombuis om 'n paar baie warm rissies.

May 31, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 41

Anton en Wolf moet vinnige besluite neem tydens die transaksie in die ou fort. Rix en Liam leer mekaar beter ken op 'n dobberende boot in Zanzibar se hawe. John-John neem die gaste op 'n uitstappie na 'n speseryplaas. Wat wag daar op hulle?

May 30, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 40

'n Deel van die toergroep vertrek na Zanzibar. Ruth help vir Rix om 'n onvergeetlike aand vir haar verloofde te reël. Wolf en Anton bespreek die volgende transaksie, en hoe hulle dit veilig en vinnig op die eiland sal kan doen. Kan die twee mekaar vertrou?

May 29, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 39

Die toergroep kom in Dar es Salaam aan. Nina en Anton moet Delia se lyk van die trein afkry sonder dat die gaste dit agterkom. Roux gaan sien vir Karien af by die lughawe, en John -John word deur Wolf in 'n hoek gedryf.

May 28, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 38

Die trein word aangeval deur 'n groep boewe. Terwyl John -John die trein aan die gang kry, is Anton en Wolf besig om die rowers van die trein af weg te hou. Karien kry hulp met die gaste uit 'n onverwagse oord. Rix Voster is 'n jong vrou wat ook haar deel wil doen om te help.

May 27, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 37

Die trein ondervind 'n meganiese probleem, en dit los die gaste gestrand in die middel van nêrens. Nina het haar hande vol met die gaste. Anton en John-John probeer die probleem oplos, maar Wolf maak dit moeilik vir hulle. Hulle kom agter dat iemand uit die bos uit hulle dophou. Wie kan dit wees?

May 24, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 36

Delia se liggaam word in die ontspanningswa gevind. John -John en Ruth moet vir Anton help om haar te skuif voor die ander gaste iets agter kom. Anton vermoed dadelik dat Wolf iets met haar dood te doen het, maar Wolf ontken dit.

May 23, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 35

Roux en Karien bly alleen agter op die trein, en het 'n diep gesprek waar hulle hulle harte teenoor mekaar oopmaak. Delia en Wolf probeer met die storm saam 'n transaksie afhandel. Ruth en John -John sien vir die eerste keer presies wat gebeur.

May 22, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 34

Roux ontwyk vir Karien, en John -John raak dieper betrokke by Delia se sake. Wolf kry dit reg dat die uitstappie wel plaasvind, en daar is donker onweerswolke aan die kom. Sal die uitstappie goed afloop?

May 21, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 33

Roux sien uiteindelik die skildery wat Karien van hom geskilder het. Wat sal hy daarvan dink? Nina stel 'n uitstappie af omdat daar 'n slegte weervoorspelling is. Wolf en Delia bedink 'n plan om vir die groep om wel op die uitstappie te gaan. Hoekom is dit vir hulle so belangrik?

May 20, 201915 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 32

Ruth en Karien bak 'n verjaarsdagkoek vir Roux, met katastrofiese gevolge. Delia en Wolf ontmoet vir die eerste keer, en die vonke spat. Wat sal Roux van sy verrassingspartytjie dink?

May 17, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 31

Daar word inkopies gedoen. Terwyl Nina en Karien in die winkels is, kom hulle agter dat Delia vir John -John saamgesleep het om haar te help. Delia koop 'n paar interessante goed by 'n hardewarewinkel, en Nina wil dit van nader bekyk. Sal sy uitgevang word?

May 16, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 30

Net voor Debra vertrek, los sy 'n boodskap vir Anton. Karien begin saam met Nina 'n koek bak vir Roux se verjaarsdag, met katastrofiese gevolge! John-John help vir Anton om die leidraad te ontsyfer wat Debra vir Anton gelos het.

May 15, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 29

Roux en Ruth het 'n diep gesprek oor hulle mislukte liefdeslewe. Delia het 'n ekstra wip in haar stap, en soos die dag vorder, kom ons agter dat daar meer aan haar is as wat sy voorgee. Iemand is in groot moeilikheid...

May 14, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 28

Debra besluit om vir Delia meer te betrek by van die transaksies. Delia protesteer, maar Debra plaas haar voor 'n ultimatum. Roux besluit om hulle eerste aand in Zambië met 'n tradisionele gereg te vier. Karien wil 'n verrassingspartytjie vir Roux reël.

May 13, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 27

Anton probeer sy bes om uit te vind wat hulle besig is om aan te koop, maar Debra is 'n toe boek. Delia waarsku vir Karien om nie op Roux verlief te raak nie. John-John wil by Anton uitvind waarmee hy en Debra besig is.

May 10, 201915 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 26

Anton en Debra beland in groot moeilikheid op die Zambesierivier. Ruth en John-John het diep gesprekke oor die verlede en die toekoms, en Roux sien die maanboog vir die eerste keer in sy lewe.

May 9, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 25

Die toeriste maak reg om die maanboog by die Watervalle te gaan kyk. Anton en Debra het 'n afspraak wat hulle nie kan mis nie. Hierdie keer is Anton versigtig, en maak seker hulle behou die verrassingselement.

May 8, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 24

Die trein beweeg oor die grens van Botswana na die Victoriawaterval toe. Anton en Nina maak seker die roete tussen die stasie en Watervalle Hotel is veilig vir die gaste. 'n Hartseer deel van John-John se verlede kom na vore.

May 7, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 23

Anton en Nina probeer om hulle verskille opsy te skuif. Karien wil vir Roux skilder, maar Roux het sy bedenkinge, veral nadat Ruth hom bang praat.

May 6, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 22

Anton moet vir Debra gaan help in die dorp terwyl die res van die staf voorberei vir aandete onder die sterre.Ruth kry weer erge maagpyne, en vertel vir Nina wat fout is. Debra voel daar is iemand op die trein wat haar planne in die wiele wil ry.

May 3, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 21

Die trein bereik Francistown, en Karien soek inspirasie wat sy in haar kunswerke wil oordra. Die toergroep gaan op 'n uitstappie na die Tuli-blok met sy oeroue groot bome. Debra verdwyn in die dorp in vir 'n transaksie, en dit lyk nie asof dit volgens plan sal verloop nie.

May 2, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 20

Anton wil met mag en mening nie meer deel wees van Richard en Debra se planne nie. Richard laat hom goed verstaan hoe diep hy in die gemors is, en dat hy moet deurdruk. Richard maak ook seker dat Delia presies weet waar sy staan.

May 1, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 19

Ruth vind meer uit oor Roux, en hoe dit gebeur het dat hy as sjef op die trein beland het. Anton, Debra en Richard gaan saam die eerste groot transaksie maak. Sal dit vlot verloop, of wag daar 'n verrassing op hulle?

Apr 30, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 18

Die toer doen aan in Gaborone, die hoofstad van Botswana. Terwyl die toergeselskap die stad besoek, is Debra en Richard besig om te besluit wat om met Anton te doen. Sal hulle hom van die trein af probeer kry?

Apr 29, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 17

Anton moet aan 'n plan dink om die polisiehonde se aandag van die geld af weg te hou. Debra het genoeg gehad van Anton se koppigheid, en besluit om Richard Minnie se hulp te ontbied.

Apr 26, 201911 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 16

Anton begin agterkom dat daar 'n gekonkel tussen Debra en Delia is, maar hy het belangriker sake om aan aandag te gee. Die sakke met die geld moet in die kluis kom voor die trein die grens bereik. Kan hy met die hulp van John-John dit regkry?

Apr 25, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 15

Dirk en Annetjie kom tot 'n ooreenkoms oor minder boer en meer vakansies. Anton probeer tussen al sy take deur by die sakke uitkom wat hy moet skuif. Dan is daar 'n ongeluk en iemand doen 'n besering op. Hy besef hy moet so gou moontlik gaan help. Wie kan dit wees?

Apr 24, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 14

Dirk bespreek sy huwelik met Anton, wat nie 'n goeie idee is nie. Debra kommandeer Delia op om 'n boodskap vir haar oor te dra. Werk die twee saam? Anton en Debra moet 'n klomp 50 kg sakke met goud skuif vanaf haar wa na die kluis. Wanneer en hoe is die probleem, want niemand moet dit sien nie.

Apr 23, 201913 min