
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 41 of 61

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 23
Dis nie almal wat die verskil tussen oorspronklike en vervalste skilderye ken nie. Die Francois van Dyk-skilderye is baie gesog en miljoene werd... mits dit natuurlik nie vervals is nie. Wie vlieg Kaapstad toe vir 'n groot transaksie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 22
Om iemand 'n guns te doen, is nie altyd lonend nie. En om raad te gee is nie altyd welkom nie. Wie soek 'n guns en wie gee raad? Wie word gevra om 'n begrafnis te hou?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 21
Die mens is van nature agterdogtig, maar Martha Sithole is skielik meer as agterdogtig. Daarom begin sy te krap waar dit nie jeuk nie. Morkel Nienaber spin homself weer uit 'n situasie. Daar's nuus oor Wicus Nel.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 20
Grace Fortuin is alweer op pad, en Sweetness Botes moet gasvrou vir die TV-span speel. Watter gemene plan voer dokter Dawie Becker in die mou? Wie stel vir hom 'n slagyster? Kom hy dit agter?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 19
Wie is verdagte nommer een in die poging-tot-moord-ondersoek? Die swembad word toe nie sonder toesig gebou nie. Die filmspan begin skiet aan die televisiereeks Hoop vir 'n Kind. Wie vaar nie so goed voor die kameras nie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 18
Cintaine Nel se pistool sorg vir groot drama. Wie bring nou maar net die verkeerd in mekaar uit? Almal is nie ewe welkom by die grou en bou van die nuwe swembad nie. Wie steek sy hand diep in sy sak?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 17
Jy kan nie verhoed dat die voëls van depressie oor jou vlieg nie, maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak. Wie sukkel met depressie? Conrad Nienaber kry 'n aanbod waarvoor hy kwalik nee kan sê. Grace Fortuin soek 'n borg.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 16
Die nuwe Morkel Nienaber het nog nie oral sy knie gebuig en vergifnis gevra nie. Daar is iemand reg bo aan sy lysie. Hy het nou lank genoeg draaie geloop. Hy kan die besoek nie langer uitstel nie. Die aand van vergifnis vra, word egter 'n nag van belydenissse.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 15
Dit het bloedsweet gekos vir Grace Fortuin om te kom waar sy is. Vir die eerste keer in haar lewe het Lady Luck vir haar gesmile... totdat Wicus Nel en sy aantygings op die toneel verskyn. Maar Grace weet, uit dure ondervinding, dat jy soms geen ander keuse het nie. Jy moet dan maar jou eie luck maak.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 14
Om te wil weet, is om te wil twyfel. En skielik wil Seef Visagie weet, en hoe meer hy wil weet, hoe meer twyfel hy! Wie was Wolfgang Beltracchi? En wat het hy en die oorlede Susara Visagie gemeen gehad? Of was alles net een vet leun?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 13
'n Rustige Sondag bly alles behalwe rustig. Geraamtes het 'n nou maar eenmaal die geneigdheid om op die onmoontlikste tye uit die kas te foeter. En dis 'n kuns om 'n geraamte terug in die kas te kry. Wie se geraamte val uit watter kas?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 12
Die inbraak by Morkel Nienaber en Camilla Thompson se meenthuis veroorsaak baie bespiegelings. In die soeke na die waarheid, mik sommiges na die onverkrygbare, en moet dan met brokkies inligting tevrede wees. Conrad Nienaber en sy Oupa glo elke brokkie inligting help, en moet bekom word.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 11
Martha Sithole is terug van Koster met haar lysie beproewings, maar nie almal is ewe bly oor haar terugkoms nie. 'n Gedeelde geheim is gewoonlik 'n verlore geheim. Wie deel 'n geheim met wie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 10
Oorlede Susara Visagie kom nou maar net nie tot rus nie - sy bly spook by meer as een geliefde. Dis ekstra woelig op kampus, en dis nie net studente wat bedrywig is nie. Morkel Nienaber kry die skok van sy lewe.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 9
'n Plan is 'n boerdery, en iemand boer deesdae met planne. Seef Visagie se kop is besig, en dis nie vanweë die kanker nie. Om van blyplek tot blyplek te verhuis, kan negatief op die psige van die arme betrokkene inwerk. Wie moet weer en weer verhuis? En vir wat?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 8
Grace Fortuin het alles behalwe afsluiting oor die tragedie gekry toe sy haar seun, Paul, verloor het. En Wicus Nel se onverwagse opwagting by haar gastehuis is meer as net 'n beproewing. Dit krap die ou seer oop. En seer mense tree nie altyd rasioneel op nie.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 7
Conrad Nienaber, glo nie in terapeute nie. Hy dink as hy net sy kop kan leegmaak van al die vrae, sal dit ook sy nagmerries minder maak. Daarom is hy bly oor die geleentheid om te kan praat en sy vrae te kan vra. Met wie praat hy sy hart leeg?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 6
Die nagmerries ry Conrad Nienaber bloots. Om dokter Dawie Becker te baby-sit is groot moeite. Wat pla Conrad? Wat lê soos 'n berg voor Seef Visagie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 5
Wie ry met 'n pakkie Stellenbosch toe? En wie vlieg almal Zambië toe? Die oorlede Cintaine Nel se testament bevat 'n tweede baie belangrik bepaling. Wat is dit, en wie krap dit uit?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 4
'n Klompie tergende vrae spook skielik by Conrad Nienaber. Stilbly is egter nie een van sy sterk punte nie. Dokter Dawie Becker word verras. Hoekom is die Francois van Dyk-skilderye skielik so belangrik?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 3
Die nuwe Morkel Nienaber is vol verrassings. Kan 'n mens hom glo? Werk hy met feite of is hy maar net daarop uit om sekere mense se koppe deurmekaar te maak? As dit feite is, hoe en waar sou hy daaraan gekom het? Cindy Nel werk skielik met nuwe feite wat haar baie laat wonder.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 2
Cindy Nel moet skielik 'n handvol besluite neem. Dokter Dawie Becker weet hoe om druk toe te pas. Wicus Nel draai sy mantel slim. Watter onaangename verrassings loop Conrad Nienaber alles op die lyf?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 1
Soms loop alles op een slag skeef, soos met Seef Visagie. Dokter Dawie Becker sal jou vertel dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat die belangrikste is. Hoe staan hy op? Die arme Cindy Nel kry die een skok na die ander.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 60 (slot)
Sybrand is 'n vereensaamde, patetiese figuur. Hy weet sy einde is naby, maar hy klou verbete vas aan die lewe in die hoop dat Henning sal kom sodat hy sy seun net nog een keer kan sien.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 59
Jannewarie waarsku Sybrand, en Annie lê bekommerd besoek af by Maria. Sybrand se lewe word in chaos gedompel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 58
Jaap het verrassende nuus vir Mieta. Sybrand en Jannewarie gesels kopstukke een bitter koue winternag terwyl hulle probeer om lammers van 'n gewisse dood te red.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 57
Johanna skuil in haar kamer terwyl Henning besoek aflê by Jaap en Mieta. Sybrand lê 'n verrassingsbesoek af.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 56
Maria verstom Sybrand. Maggie se ontboeseming laat 'n vriendin benoud na haar luister.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 55
Maggie en Annie se ernstige woordewisseling maak die wêreld warm vir hulle mans. Sybrand vlug dorp toe om te gaan lafenis soek vir die moeilike situasie waarin hy hom bevind.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 54
Jannewarie is bekommerd oor Sybrand, maar Henning het weinig simpatie. Annie en Hennie besoek Sybrand en Maggie, maar die atmosfeer is uiters gelaai.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 53
Sybrand en Maggie se huweliksbootjie bevaar stormagtige waters. Johanna se lewe verander ingrypend en permanent.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 52
Sybrand bring 'n verrassende besoek aan dominee Verster. 'n Gesprek tussen Jaap en Johanna heel vele wonde.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 51
'n Diaken se besoek aan Jaap, Mieta en Johanna loop skeef. Sybrand se gewete besorg hom slapelose nagte.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 50
Johanna praat haar hart uit teenoor Mieta. 'n Ongeluk op Boskloof laat die skinderpraatjies gons, en plaas Sybrand onder verdenking.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 49
Sybrand verdink Jaap daarvan dat hy vir die dood van twee van sy spog populiere verantwoordelik is. Maggie laat blyk teenoor Buks dat sy van oom Sybrand hou.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 48
Jaap sukkel om die skande van Johanna se swangerskap te verwerk. Mieta glo dis haar taak as moeder om Johanna te ondersteun. Jaap wil sy woede op Sybrand gaan uithaal, maar loop sy rieme styf.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 47
Mieta is geskok om te sien hoe afgerem en sieklik Johanna voorkom. Jaap voel gevlei oor die honderd pond wat hy gevra is om vir kerkbasaar te skenk, maar ontvang ontstellende nuus van Mieta...

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 46
Tienie en Jurg begin voel Johanna raak vir hulle 'n oorlas. Tienie wil veral nie verantwoordelik wees vir Johanna as sy selfmoordgedagtes koester nie. Jaap en Mieta voel gerus om Johanna te laat terugkeer na Langvlei aangesien Henning geheel en al van die toneel verdwyn het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 45
Sybrand is in só 'n goeie luim toe Annie en Hennie op Boskloof aankom, dat sy begin glo die ontstellende gerugte oor Sybrand se flirtasie met Maggie Langeveld is waar. Hennie droom groot drome oor 'n sorgvrye toekoms.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 44
Nonnie verduidelik aan Sybrand waarom die plaaswerkers Boskloof verlaat en waarom trekarbeiders nie belangstel om by Sybrand te werk nie. Annie hoor skinderstories oor Sybrand wat haar geweldig ontstel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 43
Sybrand openbaar 'n sagte sy wat Jannewarie nog nooit voorheen opgemerk het nie. Maggie skrik vir 'n verskynsel wat die hele Boskloof op hol het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 42
Die begrafnisgangers het heelwat negatiewe dinge te sê oor Sybrand en Henning se afwesigheid op sy ma se begrafnis. Annie maak 'n voorstel aan Sybrand, wat hy summier van die hand wys.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 41
Sybrand stel voor hy en Betta gaan kuier by Annie en Hennie om 'n bietjie weg te kom van al die gebeure die afgelope tyd, maar Betta stel nie belang nie. Sybrand en almal op die plaas se lewens word ingrypend en permanent geraak.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 40
'n Ernstige botsing tussen Henning en Sybrand het verreikende gevolge vir almal op Boskloof. Op die koop toe haal Henning hom Maggie se gramskap op die hals.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 39
Henning se toekomsdrome stort in duie. Maggie probeer Henning verlei.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 38
Jaap bewys aan dominee Verster dat hy net so hardkoppig soos sy aartsvyand, Sybrand van Vuuren is. 'n Nuwe, onsekere toekoms begin vir Gert en Maria.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 37
Johanna besef sy sal nooit met Henning kan trou terwyl sy nog onder haar ouers se dak woon nie. Jaap en Mieta het verpletterende nuus vir Johanna. Jaap ontvang onverwags besoek van dominee Verster.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 36
Maria erken teenoor Gert dat sy haar broer nie meer herken nie. Jaap is boos omdat die polisie die ondersoek na sy dam wat byna leeggeloop het, wil laat vaar. Betta laat Sybrand groot skrik.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 35
Gert en Maria is beïndruk met Buks se deeglike handewerk, maar Maria let op dat Maggie afsydig is en nie kom kennismaak nie. Maria maak 'n voorstel aan Sybrand om hulle uit hulle finansiële nood te help.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 34
Buks loop deur onder Maggie se skerp tong. Maria bied aan om namens Gert met Sybrand te gaan praat oor hulle finansiële verknorsing.