
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 42 of 61

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 33
Johanna moet haar woorde tel om Mieta in die duister te hou oor haar ontmoeting met Henning. Jannewarie moet bontstaan om Henning se vrae oor die skielike water in Sybrand se waterkuile te ontduik. Johanna wil by Henning weet hoekom Betta so ongelukkig is.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 32
Jaap se gesprek met Mieta oor die goeie hoedanighede van Jannie Kriek word kortgeknip toe hy die water in Sybrand se waterkuile sien blink. Henning en Johanna ontmoet skelm op die plek waar hulle afgespreek het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 31
Sybrand voer 'n gevaarlike plan in die mou. Jaap en Mieta probeer Johanna se belangstelling in 'n ander kêrel wakker maak.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 30
Henning se gesprek met Betta ontstel hom, en sy negatiewe gevoelens jeens Sybrand word versterk. 'n Besoek aan die dorp lewer vir Henning veel meer op as wat hy verwag het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 29
Sybrand ontvang 'n brief van Annie wat hom ontstel. Jaap se beheer oor die water op Boskloof dryf Sybrand tot raserny en laat Jannewarie bekommerd.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 28
Sybrand vererg hom bloedig oor vier osse van Jaap wat in sy hawerland wei, en laat hulle skut toe jaag. 'n Besoek van 'n jong man aan Boskloof blyk deel van Sybrand se strategie te wees om sy planne ten uitvoer te bring.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 27
Sybrand maak die wêreld warm vir Andries Nel, die ouderling. Henning se gesprek met Betta laat hom erg onrustig oor haar gesondheid voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 26
Sybrand kry besoek van onwelkome gaste. Betta se raad aan Henning oor sy verhouding met Johanna stuit hom teen die bors. Nonnie lewer 'n brief van Johanna af wat Henning geweldig ontstel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 25
Annie moedig Henning aan om sy verhouding met Johanna voort te sit. Nonnie lewer 'n brief aan Henning af wat hom baie moedeloos laat voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 24
Sybrand is onthuts oor die geld-trommeltjie onder Willa se bed wat gesteel is. Die prokureur het sy hande vol met die verdeling van Willa se besittings.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 23
Willa word begrawe, en Sybrand ontmoet die nuwe predikant teësinnig. Annie maak 'n onheilspellende voorspelling.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 22
Nonnie word oorweldig deur Willa se woorde. Jaap en Mieta sit met hulle hande in die hare oor Johanna se gedrag.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 21
Jaap en Mieta kry Johanna voor stok omdat sy besoek aan Boskloof gebring het. Nonnie besef dat Willa baie siek is.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 20
Gert en Maria is besorg oor die komplikasies van 'n verhouding tussen Henning en Johanna. Maria is oortuig dat daar net teëspoed en probleme op die twee jongmense wag.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 19
Johanna is by Gert en Maria in afwagting op Henning se besoek. Dit raak egter al hoe later en Johanna vrees dat hy nie positief op die brief sal reageer nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 18
Nonnie loop Jannewarie op die plaaswerf raak en spreek haar kommer oor Willa uit. Henning besoek sy ouma, en is geskok toe hy sien hoe sy agteruitgegaan het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 17
Willa spreek die vrees teenoor Nonnie uit dat haar siekte besig is om haar te oorval. Jannewarie voer 'n uiteenlopende gesprek met Sybrand.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 16
Willa se gesondheid is besig om agteruit te gaan, maar sy staan by haar besluit om haar lewensreg op Boskloof ten volle te benut. Jannewarie probeer Henning oortuig om die brief te lees wat hy kom aflewer het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 15
Aan tafel probeer Sybrand die belangrikheid van tradisie en nalatenskap sonder sukses by sy seun tuisbring. Henning se terneergedruktheid word na ete verlig deur 'n onverwagse besoek van Jannewarie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 14
Sybrand probeer sy motivering vir hoe hy Henning behandel met sy seun deel, maar kom tot die besef dat sy seun sy respek vir hom verloor het. Betta probeer Henning waarsku teen 'n verhouding met Johanna, en deel die rede vir haar gebroke gees met hom.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 13
Sybrand is besig met sy jaarlikse inkomstebelastingopgaaf. Dan daag Gert onverwags op, en die teleurstelling van Annie-hulle se besoek verdwyn soos mis voor die son wanneer Sybrand 'n gulde geleentheid raaksien.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 12
Die ware rede vir Annie en Hennie se besoek kom uiteindelik aan die lig. Die besoek eindig stomp met Annie en Hennie wat Boskloof onder 'n wolk verlaat.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 11
Sybrand kla oor die feit dat Jaap die natuurlike toevoer van water na sy boonste kampe afgesny het deur 'n dam te bou. Sowel Sybrand as Betta kry die gevoel in hulle onderlinge gesprekke met Annie en Hennie dat hulle besoek nie om dowe neute is nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 10
Jaap is die mening toegedaan dat Henning by Johanna kom kuier het as deel van 'n komplot om Langvlei by Boskloof te probeer inlyf. Te midde van Sybrand se frustrasie oor Willa se koppigheid, word sy dag opgehelder deur 'n onverwagte besoeker.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 9
Jaap en Mieta besef hulle dogter sal kortgevat moet word. Sybrand spreek sy misnoeë uit oor Willa se onwilligheid om dorp toe te trek.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 8
Henning daag by Johanna se ouerhuis op die plaas Langvlei op, maar word wreed ontnugter. Jaap en Mieta, Johanna se ouers, leer ken met skok 'n sy van hulle ingetoë dogter waarvan hulle nie bewus was nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 7
Gert en Sybrand se rusie by ma Willa se opstal word op die spits gedryf. Henning deel sy droom met Nonnie om by Johanna te gaan kuier.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 6
Sybrand se ewe hardvogtige, bejaarde moeder, is in gesprek met haar huishulp en vertroueling, Nonnie, oor Sybrand se pogings om haar van die plaas af te kry, sodat hy in volle beheer daarvan kan wees. Dan daag haar skoonseun, Gert, op met 'n rits klagtes.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 5
Jannewarie deel sy insig oor Sybrand met Henning. Sybrand beskuldig Betta daarvan dat sy en Henning saamspan om hom van sy besitting (die plaas en sy ideale gekoppel daaraan) te ontneem.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 4
Henning is besig om met 'n ou, uitgediende eenskaarploeg te sukkel. Sybrand se poging om sy vernuf as ondernemende, praktiese boer aan sy seun te demonstreer, misluk.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 3
Na aandete is Henning in sy kamer besig om na 'n foto van Johanna, sy droommeisie van die buurplaas, Langvlei, te kyk voor hy aan die slaap raak en van haar droom. Hy word egter ru wakkergemaak, en die gebeure wat daarop volg, lei tot die begin van 'n onafwendbare afwaartse spiraal in sy verhouding met sy hardvogtige vader.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 2
Sybrand neem Jannewarie in sy vertroue oor 'n paar sake rakende die plaasopset. Henning lug sy frustrasie teenoor sy ma oor die neerdrukkende atmosfeer in die huis.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 1
Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want 'n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.

BURE deur Mari Snyman - Episode 60 (slot)
Albert vertel uiteindelik die waarheid vir Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 59
Mathilda is onseker of sy wil weet hoekom Jurg die grond aan Albert verkoop het.

BURE deur Mari Snyman - Episode 58
Dita maak haar hart oop teenoor Brendan oor haar diepste geheim.

BURE deur Mari Snyman - Episode 57
Werner besluit om Marlene se wense te verontagsaam.

BURE deur Mari Snyman - Episode 56
Brendan kry die skok van sy lewe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 55
Dita staan haar man teen 'n swendelaar.

BURE deur Mari Snyman - Episode 54
Johannes soek toenadering by Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 53
Dita ontmoet 'n nuwe man.

BURE deur Mari Snyman - Episode 52
Mathilda en Marlene stamp opnuut koppe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 51
Johannes verwyt Mathilda, en beskuldig haar van onverdraagsaamheid.

BURE deur Mari Snyman - Episode 50
Mathilda en Albert ontvang ontstellende nuus oor Buksie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 49
Marlene loop 'n bloutjie by Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 48
Dita laat haar nie onderkry nie, en skep nuwe moed.

BURE deur Mari Snyman - Episode 47
Albert tree in die bresse vir Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 46
Mathilda waarsku Dita om nie halsoorkop op te tree nie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 45
'n Onverwagse ongenooide gas daag by Albert se partytjie op.

BURE deur Mari Snyman - Episode 44
Mathilda konfronteer Albert oor die stuk grond wat Jurg aan hom verkoop het.