PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 44 of 61

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 53

Die broers red een van Boelie se spanlede uit die stormsee, maar kry weinig dank daarvoor. Boelie skiet Japie se hommeltuig af, maar hulle herwin die tuig.

Feb 21, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 52

Op see gesels Anton en Nigel reguit oor die huwelik, lojaliteit en liefde. Japie laat weet van 'n vreemde missie wat Boelie vir môre beplan, ten spyte van die gure weer wat voorspel word.

Feb 20, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 51

Iemand gooi in die nag 'n baksteen deur die skuifdeur van die Huis se balkonstoep. Die polisie word ontbied, en vroegmôre is daar brandstigting in die Huis se boothuis. Nigel vind bewyse van wie die oortreders is.

Feb 19, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 50

Tania betrap Mister Chang op heterdaad by die inbraak, en die Sjinees vertrek summier uit die Huis. Boelie stem in dat Anton die dames van die motorjag af kan terugbring met die Blou Blits, maar waarsku Anton om nie sy partytjie te bederf nie.

Feb 16, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 49

Nigel ruil soortgelyke selfone om, sodat Japie Mister Chang se selfoon kan ontleed. Japie lei af dat Mister Chang 'n inbraak in Tania se kantoor beplan. Tania vra vir Japie om 'n lokval vir Mister Chang te stel.

Feb 15, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 48

Karolus bied aan dat Mister Chang in sy nuwe huis intrek, en Japie en Nigel gryp die kans aan om te help met die trek sodat hulle meer kan uitvind van Mister Chang se kommunikasie-toerusting.

Feb 14, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 47

Rina dring by Anton daarop aan om vir Connie te sê dat Connie nie Anton se nommer een meisie is nie. Anton probeer die konfrontasie uitstel.

Feb 13, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 46

Connie praat met Rina oor die sketsplan van die perlemoen teelplaas, en sy is ontsteld omdat sy niks van Rina se pogings weet nie. Anton oortuig Connie om te bly totdat sy gehelp het om Boelie vas te trek, maar Tania vertrou nie vir Connie nie.

Feb 12, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 45

Anton en Nigel kry bewyse dat Boelie se mense die vrot vis en aas in Tania se boothuis gestort het, maar Anton dink dit is kinderspeletjies teenoor die groot misdade wat eersdaags aan die lig sal kom. Waarom het Rina na Oos-Londen gegaan? Connie vind uit dit het dalk te doen met die feit dat Boelie nou haastig raak.

Feb 9, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 44

Connie dreig om te onttrek van haar werk vir Anton as hy nie meer toenadering tot haar wys nie. Tania maak 'n onbehoorlike voorstel aan Anton, en sy ervaar 'n onwelriekende aanval op die Huis.

Feb 8, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 43

Nigel verrig wondere met sy spioenasie en waagstukke, maar Connie klink asof sy wil tou opgooi omdat sy voel sy misbruik word deur twee hanteerders.

Feb 7, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 42

Karolus nooi Tania vir 'n daknatmaakpartytjie. Sy aanvaar die uitnodiging, maar demp Karolus se geesdrif vir romantiek. Anton, Japie en Nigel agtervolg die sindikaatleier om sy bande met Boelie te bevestig.

Feb 6, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 41

Connie bars helder oordag by Anton se woonstel in, en Anton slaag daarin om haar versteek en terug in haar woonstel te kry. Tania kry 'n nuwe aanbod vir die Huis, wat sy amper nie kan weier nie.

Feb 5, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 40

Pauline wys dat sy ook maar mens is. Japie identifiseer 'n waarskynlike sindikaatleier, maar Tania en Japie is bekommerd omdat Anton besig is om homself vas te woel in 'n liefdesdriehoek.

Feb 2, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 39

Al Anton se raadgewers wil hê hy moet vir Rina vertel van sy verhouding met Connie. Hy is onwillig, omdat beide vroue die rol van dubbelagent speel, en niemand weet hoe hulle sal reageer op die waarheid nie.

Feb 1, 201814 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 38

Almal is bekommerd oor die nuwe verhoudings in en om die Huis, maar elkeen het blykbaar 'n ander agenda - alles behalwe ware liefde?

Jan 31, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 37

Connie vra om saam met Anton op sy skiboot see toe te gaan, en hy stem onwillig in. Sy tree so koketterig op dat dit lyk asof sy meer as 'n werksverhouding of spioenasie in gedagte het. Japie weet van die vaart, en dring by Anton daarop aan dat hy vir Rina daarvan vertel.

Jan 30, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 36

Nigel vra hoekom Pauline nie met hom wil trou nie. Pauline se antwoord wys dat sy al baie oor die vraag gewonder het, en gee vir Nigel baie meer om oor te dink as waarop hy gehoop het.

Jan 29, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 35

Boelie probeer weer vir Connie nader trek. Sy vertel hom van die Chinees se spioenasie in die Huis, en Boelie reageer met 'n baie vreemde versoek.

Jan 26, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 34

Die Chinese gas sluip rond in die Huis in die nag, en Karolus vertel vir Tania. Tania roep vir Japie in, en hulle sien wat hy besig is om te doen.

Jan 25, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 33

Anton skakel vir Rina en vra of sy vir Connie na hom gestuur het. Rina bevestig dit, en besef dadelik dat sy jaloers op Connie is en nie weet wat sy volgende moet doen nie.

Jan 24, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 32

Connie erken haar spioenasie-rol vir Boelie oor die Huis, en bied aan om vir Anton inligting oor Boelie te verky. Anton moedig dit aan. Wanneer Boelie weer vir Connie sien, kry sy 'n vreemde versoek van hom in verband met Karolus en die Chinese gas by die Huis op die Hawe.

Jan 23, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 31

Boelie skiet op Japie se hommeltuig, en die tuig maak dit net-net terug tot op die Bloublits. Connie maak 'n ete-afspraak met Boelie, en skakel direk daarna vir Anton om de volgende dag met hom te gesels. Dit lyk asof Connie haar eie planne met die twee mans het.

Jan 22, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 30

Karolus bekla sy lot teenoor Tania dat die dames van die Huis hom vermy, maar sy het min simpatie. Rina skinder saam met Connie oor Boelie se planne, maar net daarna skakel sy vir Boelie en vra ewe koketterig om hom weer te sien.

Jan 19, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 29

Boelie wil weer vir Connie as spioen probeer werf, maar sy is al hoe minder geneë. Pauline is kwaad vir Nigel omdat hy haar nie ook as spioen vir hom en die goeie saak van die Huis wil gebruik nie.

Jan 18, 201811 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 28

Boelie probeer om 'n dokument wat deur Rina opgestel is, vir sy “vennote” te verkry, maar sy weier. Hy kry later by Connie ook die koue skouer weens sosiale redes. Dit lyk asof sy nie meer saam met hom om op Mooi Hawens gesien wil word nie.

Jan 17, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 27

Japie vind dat hulle kommunikasiestelsel kwesbaar is, en hy beveel spesiale beskermingsmaatreëls aan. Die nuwe Sjinese gas vra vir spesiale ruimte om sy kamera en kommunikasiestelsel op te stel.Tania vra vir Japie en Nigel om die Sjinees te help om 'n ateljee op die boonste vloer se balkonstoep in te rig.

Jan 16, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 26

Anton en Nigel vang 'n ton vis. Japie begrawe die strydbyle oor Rina, maar Rina kry 'n uitnodiging van 'n derde hond wat probeer om met die been weg te kom, en gee 'n interessante antwoord.

Jan 15, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 25

Anton kry interessante videomateriaal, deur Boelie se skiboot na die diepsee te volg in die nag. Karolus vind uit dat die nuwe Chinese gas vir Boelie ken, en Tania rig 'n belangrike versoek tot Karolus en Pauline.

Jan 12, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 24

Die broers volg een van Boelie se nagvaarte met die hommeltuig wat nou nagsig-toerusting dra, en vind dat hulle 'n jetski gebruik om sakke vol perlemoen na die diepsee te sleep, maar die uiteinde is teleurstellend.

Jan 11, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 23

Japie sien op die hommeltuig se skerm dinge waarvan hy glad nie hou nie. Anton soek nagsigvermoë vir die hommeltuig, en Japie is bereid om dit te probeer reël.

Jan 10, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 22

Connie hou nie van die inmenging deur Tania en ander in haar privaatsake nie. Japie oorweeg dit om 'n hommeltuig aan Boelie te demonstreer en terselfdertyd op Boelie te spioeneer.

Jan 9, 201812 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 21

Boelie kry nie die soort terugvoer oor Die Huis by Connie waarop hy gehoop het nie. Hy dreig dat hy voortaan liewer die jonger Rina as informant sal gebruik as vir Connie.

Jan 8, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 20

Boelie vra weer Rina se hulp met die ontwikkeling van 'n perlemoenteelplaas. Haar reaksie is egter nie waarvoor hy hoop nie.

Jan 5, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 19

Rina vra haar tannie raad omdat altwee die Joubert-broers op haar verlief is, en sy nie weet hoe om dit te hanteer nie. Sy kry interessante raad, en Japie is baie kwaad vir Anton.

Jan 4, 201815 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 18

Rina se afspraak met Boelie lei tot moeilikheid met Anton, omdat hy jaloers raak op Boelie en vir die eerste keer besef hoe verlief hy in werklikheid op Rina is.

Jan 3, 201813 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 17

Boelie nooi vir Rina om oor akwakultuur te gesels, maar sy planne is so idealisties dat sy al sy aanbiedinge in die verband van die hand wys.

Jan 2, 201814 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 16

Karolus se beheptheid om dames te nooi vir ete-afsprake, is blykbaar gemik daarop om 'n maat te kry wanneer hy in sy nuwe huis intrek. Boelie laat egter nie blyk hoekom hy vir Rina vervolg nie. Rina raak bekommerd en vra Anton om saam met haar te gaan draf, weens veiligheidsredes.

Jan 1, 201814 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 15

Anton vind uit dat die Wi-Fi-stelsel van Die Huis uiters kwesbaar is vir meeluistering, en Rina kom agter dat sy agtervolg en beloer word waar sy ook al gaan. Dit lyk asof 'n ou kalant by albei betrokke is.

Dec 29, 201711 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 14

Boelie se astrante optrede maak vir Connie en Tania baie kwaad. Connie wil nie weer saam met Boelie gesien word nie, en neem afskeid met die voorstel dat Boelie sy inligting elders moet kry.

Dec 28, 201714 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 13

Die raaisel waarom Boelie nooit met vangste of seeprodukte aan wal kom nie, word bespreek, maar Anton verneem dat Tania eerder vir Boelie by die sakekamer wil konfronteer. Hy besluit om by haar planne in te val.

Dec 27, 201711 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 12

Karolus se gewoonte om jong dames uit te nooi na ete-afsprake, boemerang lelik wanneer hy, blykbaar onwetend, in Boelie se slaai begin krap.

Dec 26, 201711 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 11

Die sukses van die hommeltuig om die skurke se planne te ontbloot, word getemper deur die feit dat die twee broers al hoe meer jaloers op mekaar begin word as gevolg van belangstelling in dieselfde meisie.

Dec 22, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 10

Japie se tegnologiese dienste word weer deur Rina by die Huis benodig, en Anton kan nie sy jaloesie wegsteek nie. Connie leer iets oor die verhouding tussen Pauline en Nigel.

Dec 21, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 9

Dit blyk dat Karolus nie uit die ete-afspraak met Connie gekry het wat hy verwag het nie, en Connie vind uit dat Boelie se uitnodiging eerder 'n soeke na informasie oor Die Huis is, as belangstelling in haar as persoon.

Dec 20, 201713 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 8

Die skone lugwaardin, Connie, kom terug na die Huis en sy kry dadelik die belangstelling en ete-uitnodigings van twee nuwe bewonderaars.

Dec 19, 201713 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 7

Die liefdesintriges tussen die broers en Rina neem toe. Rina snorkel by die bamboeswoud, en Anton raak bekommerd as sy nie weer na die oppervlak terugkeer nie.

Dec 18, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 6

Boelie se skietery op die Blou Blits en Rina, weergalm nog in die Huis op die Hawe, wanneer Boelie daar aankom. Hy is ongeërg daaroor, en stel meer belang in die tekortkominge van die Huis.

Dec 15, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 5

Rina gaan saam met die Joubert-broers see toe. Sy leer die hommeltuig ken, maar ook vir Boelie, die skipper van die rubberboot wat deur perlemoenstropers gebruik word. Die vaart loop uit op 'n skietery deur Boelie, en jaloesie van die twee broers oor Rina.

Dec 14, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 4

Tania lig die gaste en personeel in oor haar voorneme om níe die Huis te verkoop nie, en Boelie is baie kwaad daaroor. Boelie waarsku Tania oor haar samewerking met Anton en die gevaar wat dit inhou om Rina saam met Anton see toe te stuur.

Dec 13, 201713 min