
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 47 of 61

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 13
Pieter word by die skool geboelie, en Nico tree vir hom in die bres. Klets kom vra vir Sannie om vir haar en die akteur ook van haar ouma se skenkelbredie te maak. Nico vertel vir Pieter dat hy 'n manier gevind het waarmee hulle vinnig geld kan maak. Klets wag senuweeagtig vir haar akteurgas om op te daag.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 12
Frans vertel vir Sannie dat pastoor vir hom gebid het, en dat die drankduiwel uitgedryf is. Alet bieg teenoor Rachel dat sy Moolman geld skuld. Rachel stel voor hulle verkoop Alet se motor, en hulle gaan soek 'n koper. Frans doen tuinwerk, en Klets jaag hom van haar rose af weg.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 11
Moolman daag nie op vir sy eteafspraak met Rachel en Alet nie, en vra dat hulle hom eerder later by sy nagklub ontmoet. Rachel weier, en Alet is kwaad vir haar. Pieter vra vir Nico uit oor Moolman, en Nico gaan wys hom waar Moolman woon. Sannie gaan kyk waar die klerewinkel is waar Rachel werk.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 10
Frans vra vir Klets om verskoning vir sy gedrag, en belowe hy sal wegbly van Blikkies in die hospitaal. Pieter besluit om Rachel te nader om 'n storie oor haar vir sy skooltaak te doen. Klets en Sannie vertrek na die Helpende Hand-kostent om die akteur te soek wat Klets hoop vir haar toneelspelklasse sal gee.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 9
Klets is erg bekommerd oor Blikkies, en hulle wag op die uitslag van die dokter se toetse. Alet besoek vir Rachel by die klerewinkel en vertel haar dat Moolman haar baie graag wil ontmoet. Frans daag by die hospitaal op om vir Blikkies te kuier, maar Klets verbied hom om Blikkies te sien.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 8
Rachel kry werk as ontvangsdame by 'n klerewinkel, en besluit om nie saam met Alet by die nagklub te gaan werk nie. Blikies word in die hospitaal opgeneem vir toetse, en Klets is radeloos bekommerd oor hom. Sannie vra vir Pieter om haar na die woonstel te neem waar Rachel saam met Alet woon.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 7
Sannie en Klets besoek die nagklub, en moet verby die deurwagte probeer kom. Frans kom dronk tuis ná sy kuier by Giel se Gat, en kuier saam met Blikkies wat te veel drink en siek word. Klets is woedend vir Frans as sy Blikkies die volgende oggend dronk en siek in sy kamer aantref.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 6
Sannie vertel nie vir Frans dat sy die adres van die nagklub het waar Rachel blykbaar werk nie. Sy vra vir Klets om saam met haar die klub te besoek. Klets vra vir Blikkies om hom uit die Conradies se lewens te hou. Sy is bekommerd oor Blikkies se gesondheid.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 5
Rachel verneem by Alet dat haar pa by die woonstel was en haar sak met klere gevat het. Pieter vra of hy 'n skooltaak oor oom Blikkies se dae in die polisie kan doen. Alet neem vir Rachel saam na Moolman se nagklub waar sy as kelnerin werk, en Rachel besef hier gaan meer aan as wat Alet haar vertel het.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 4
Klets vra Blikkies om saam met haar poskantoor toe te stap. Toe hy weier, gaan bekla sy haar lot by Sannie oor haar hormone wat al weer op loop is. Blikkies vertel vir Frans van die skelm nagklubeienaar Moolman vir wie Alet werk, en hy waarsku Frans om vir Rachel by Alet weg te kry.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 3
Rachel is woedend wanneer haar broer Pieter onverwags by Alet se woonstel aankom, maar besluit om hom wel in te laat. Klets sleep vir Sannie saam na die Helpende Hand-kostent om te soek na die akteur wat haar kamtig gaan help met haar toneelspel vir die Sewende Laan-kompetisie.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 2
Ma Sannie vra vir Frans om te gaan kyk waar Rachel woon. Klets wil by Sannie weet wanneer hulle die huur gaan betaal, aangesien hulle nog net 'n deposito betaal het. Pieter vra oom Blikkies om saam met hom na die woonstelblok te gaan waar Rachel woon, maar die veiligheidswag wil hulle nie inlaat nie.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 1
Die Conradie-gesin neem noodgedwonge hulle intrek in Klets Vermeulen se karavaan in die agterplaas. Sus Rachel is geskok toe sy besef sy moet die karvaan met haar ouers deel. Pieter probeer sus Rachel oortuig om te bly, maar sy pak haar goed en besluit sy gaan tydelik by haar vriendin Alet woon.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 55 (slot)
Mina moet weer afskeid neem van Jantjie, maar die keer geniet sy die ondersteuning en liefde van almal om haar. Sy is nie meer alleen nie en boonop lyk die toekoms baie rooskleurig.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 54
Jantjie vertel van sy Europese wedervaringe en van die interessante meisie van sy drome. Myra het een laaste geheim wat sy openbaar. Jantjie word gewaarsku om nie sy ou vriende in die Hexriviervallei te gaan opsoek nie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 53
Jeffrey begin 'n nuwe loopbaan. Sara bel met slegte nuus. Mina se wildste verwagtinge word oortref.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 52
Mina het groot nuus vir Jeffrey. Sara het nuus oor Jantjie. Drien Adams bel met slegte nuus. Jeffrey bring 'n verrassing vir Mina.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 51
Mina, Jeffrey en Betta ervaar 'n unieke belewenis by Ouma Hannie. Jana het 'n reuse uitval met haar pa. Mina breek die wurggreep van die verlede oplaas.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 50
Jeffrey se lewe verander ingrypend ná 'n gesprek met Jana en 'n besoek aan Kaapstad. Die laaste las op Mina se gewete word na byna twintig jaar uitgewis.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 49
Sara en Mina word deur Schoeman en Iris Oortzen oor die verlede gekonfronteer. Jana besin oor haar lewe en tree in 'n diep gesprek met Jeffrey.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 48
Myra onthul 'n klompie onverwagte waarhede. Sara neem Mina na De Doorns vir 'n gesprek met Schoeman en Iris Oortzen oor Jantjie se herkoms.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 47
Klaas Benson word begrawe. Jana ontvang 'n ontstellende oproep van Schoeman Oortzen. en Deon du Toit bring Mina se verlede in die reine.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 46
Mina beleef ongekende emosionele pyn. Jana probeer sterk wees te midde van die krisis. Myra se lewe word aan flarde geruk.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 45
Die gevolge van Deon se openbaarmaking van Jantjie se herkoms verhewig eksponensiëel. Die baaierd in Jantjie se gemoed het rampspoedige gevolge.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 44
Die Jansens is besonder stug en hulle vreemde gedrag het almal aan die praat. Deon se besoek aan die Lodge se dameskroeg het katastrofiese gevolge.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 43
Ouma Hannie verhoog die spanning in 'n reeds plofbare situasie. Mina en Betta ontdek 'n paar feite oor die verlede. Mina besef skielik aan wie Jeffrey haar herinner.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 42
Jantjie se vakansie raak vir hom net al hoe beter. Asof die bouwerk aan die Lodge nie genoeg doen om die rus te verstoor nie, word 'n onverwagte menslike komponent bygevoeg, en veral Jana ontgeld dit.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 41
Mina en Deon se gesprek in die seegrot veroorsaak meer emosionele spanning vir Mina, en sy neem haar lewe en gevoelens weer in oënskou.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 40
Mina beleef 'n wipwaentjierit van emosies met Jantjie se besoek. Deon versteur Mina se ekwilibrium, en sy maak 'n gevaarlike afspraak met hom.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 39
Mina se groot verlange na Jantjie word oplaas getemper wanneer hy vroegoggend by Whitewing Lodge opdaag. Die vrolike ontbyt met al Jantjie se stories word skielik vir Mina 'n onhoudbare situasie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 38
Die permanente inwoners van Whitewing Lodge probeer hulle sorge en kommer ontkom. Jana se kinderdae spook by haar. 'n Oproep verdiep die raaisel van die hangertjie wat om die geraamte se nek was.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 37
Paul Jansens ontvang 'n ontstellende oproep van sy dogter. Die spanning oor die onlangse gebeure en onthullings by Whitewing Lodge bedreig Mina en Jana se vriendskap. Jana ontvang 'n oproep wat die raaisel van die geraamte verdiep.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 36
Ouma Hannie vertel vir Mina wat meer as drie dekades gelede by Vier Winde gebeur het. Jeffrey kry onverwags besoek van Betta. Jana se lewe dreig om 'n ontstellende wending te neem wat niemand kon voorsien nie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 35
Die permanente inwoners van Whitewing Lodge is diep geskok oor die geraamte wat onder die toring se vloer ontdek is. Jantjie vertel Mina in 'n telefoongesprek hoe die soeke na sy ma hom affekteer. Ouma Hannie maak 'n skokkende onthulling.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 34
Myra se voorspellings spook by Mina. Ouma Hannie praat haar hart uit. Die bouers maak 'n skokkende ontdekking.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 33
Mina probeer sin maak by Betta ná wat Myra Ballantyne se kaarte vir haar voorspel het. Jana ontdek dat Mina nie die volle verhaal van die destydse polisieondersoek in die Hexvallei vertel het nie. 'n Onskuldige aankondiging maak Mina benoud.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 32
Mina se kuiertjie by Klaas en Myra neem 'n onvoorsiene wending. Die lewe soos wat almal op Visbaai dit geken het, mag permanent verander.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 31
Mina besoek Ouma Hannie met die doel om haar hart oop te maak. Desember is baie winsgewend vir Whitewing Lodge, maar besorg ook heelwat hoofbrekens. Klaas vra Mina 'n ongemaklike vraag.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 30
Die Jansens se besoek het almal by Whitewing Lodge op hol. Jeffrey is raadop en Mina vrees die laat Sondagmiddagete.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 29
Jeffrey laat hom nie van Mina se onwilligheid om met hom te trou, afskrik nie. Marie maak 'n laspos van haarself. Mina se verlede haal haar onverwags in.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 28
Die vrede op Whitewing Lodge word versteur. Jana se oënskynlike sterk mondering word beproef. Mina en die kombuispersoneel besef hulle moet hare op hulle tande ontwikkel!

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 27
Jana se planne met Whitewing Lodge besorg haar heelwat hoofbrekens. Mina beken aspekte van haar verlede wat haar baie ongemaklik laat voel. Schoeman en Iris Oortzen is diep bekommerd oor Jantjie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 26
Jantjie Oortzen het sy matriekeksamen klaar geskryf, maar sy ouma, Iris Oortzen, vrees daar broei onheil. 'n Besoek aan die polisiestasie op De Doorns frustreer Jantjie mateloos.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 25
Mina se verlange na Jantjie laat haar oor die dae in De Doorns gesels. Myra is vol stories, en Jana maak haar reg om minder-welkome gaste te ontvang.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 24
Klaas maak 'n oorlas van homself, en Myra kom tot die redding. Mina praat haar hart uit, en Jana maak 'n belangrike aankondiging.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 23
Jeffrey besoek Mina met ontstellende nuus. Mina soek vrugteloos by al haar vertrouelinge na rigting en berusting. Ouma Hannie probeer Jeffrey uit sy emosionele warboel help.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 22
Die hele Visbaai is in rep en roer, en beskou Mina en Jeffrey as 'n paartjie, maar Mina ontken dit ten sterkste. Jeffrey gaan wys die vordering van sy huis vir Mina, en sy vrees dat hy haar formeel om haar hand sal vra. 'n Eenvoudige belewenis laat Mina besef waar sy regtig tuis is en hoort.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 21
Mina word oorreed om saam met Jeffrey in die laerskoolkonsert te sing. 'n Onverwagse herinnering bring Mina van stryk. Die konsert is 'n reuse sukses, maar Mina beleef ontstellende emosies.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 20
Mina is geskok oor die slot van Jeffrey se vertelling. Doorsie se lewe kry nuwe betekenis, en Mina word voor 'n uitdaging gestel.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 19
Jeffrey vertel sy hartseer verhaal aan Mina op Visbaai se rotse. Mina hoor van die groot leemte in sy lewe en sy liefde vir Bonita Small.