
Monitor
4,322 episodes — Page 41 of 87

Monitor
Ons praat met twee kenners oor die regering se moontlike verandering van REGULASIE 28 van die Wet op Pensioenfondse. En, is dit die einde van die ANC-SAKP-COSATU alliansie?

Monitor
Suid-Afrika doen 'n beroep op die Verenigde Nasies om Afrika toe te laat om 'n oplossing te kry vir die damgeskil tussen Ethopië, Soedan en Egipte; en die Passasiersspooragentskap begin met beperkte treindienste.

Monitor
Die ekonomie krimp verder - die keer met 'n ongekende twee persent; en ons praat oor die jongste Covid19 statistieke en wat dit kan aandui.

Monitor
** 35 jaar ná die moord op die Cradock vier, duik die vraag weer op: het die Staatsveiligheidsraad geweet?** En, padwedlope word nou virtueel gehardloop.

Monitor
** 'n Drastiese styging in die prys van brandstof om middernag. ** En die Formule Een-seisoen en Australië se plaaslike rugby-kompetisie begin die naweek.

Monitor
Hoofregter Mogoeng Mogoeng word oor die vingers getik weens sy politieke standpunte; die felheid van 'n onlangse vlaag plaasaanvalle skok en ontstel en die twis tussen die taxibedryf en die minister van Vervoer bereik 'n nuwe hoogtepunt.

Monitor
'n Suid-Afrikaanse vrou vertel van die eienaardige lewe in 'n Arabiese land, en Houtbaai in die Wes-Kaap ervaar 'n groot behuisingsnood.

Monitor
** Agri SA doen 'n beroep op die regering om dieseltekorte dringend te ondersoek....** Die vinnige verspreiding van die Covid 19-virus in die Oos-Kaap plaas die provinsie se gesondheidswerkers onder baie druk..

Monitor
** Dit blyk dat verskeie sportsoorte dalk te vroeg terugkeer het na die sportveld...** Leon van Nierop het op 'n spannende aksiereeks afgekom.** En Willem Botha praat oor die woordeglimlag, suurknol en sheriff.

Monitor
Die minister van Finansies, Tito Mboweni, gebruik 'n Bybelse idioom in sy noodbegrotingsrede en sê Suid-Afrika kies die smal weg na saligheid, en Suid-Afrika se termyn op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het verstryk te midde van wedywering tussen Djiboeti en Kenia vir een van die twee Afrika-setels.

Monitor
Die minister van Finansies, Tito Mboweni, gebruik beeldspraak in sy beskrywing van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Monitor
Die minister van finansies lewer vandag sy belangrike aanvullende begrotingsrede in reaksie op Covid-19 - ons praat met twee ontleders oor wat ons vanmiddag kan verwag; Ons hoor ook wat die landbousektor van die toespraak verwag; en Wêreldwyd gons argeologie-kringe oor die vonds van een van die grootste prehistoriese strukture wat tot nou toe in Brittanje ontdek is....

Monitor
Die minister van finansies lewer vandag sy belangrike aanvullende begrotingsrede in reaksie op Covid-19. Ons kyk na wat hy moontlik vanmiddag kan aankondig; Suid-Afrika begin vandag met kliniese proewe vir 'n Covid-19 entstof; n Bejaarde boer van die Vrystaat veg terug teen vyf aanvaller; en 'n Covid veldhospitaal met meer as drie duisend beddens word in Port Elizabeth geopen

Monitor
Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die tyd is nou ryp om die minibus-taxi-bedryf te formaliseer, en China brei sy vloot uit.

Monitor
Rommelherwinnaars trek aan die kortste end - nie net oor Covid 19 nie, maar ook oor die lae olieprys, en die debat oor Leon Schuster se rolprente kring uit.

Monitor
Australie loop tans behoorlik deur onder kuberkrakers - wie is verantwoordelik hiervoor?; Ons kyk na die politieke dimensies van kuberkrakery - die soort aanvalle skep geweldige spanning tussen lande; en later berig ons oor die toerismebedryf in die Gamtoosvallei wat erg deur COVID-19 geraak word

Monitor
Duisende pendelaars kan vanoggend gestrand wees weens 'n taxi-staking in Gauteng; Tattooer kunstenaars moes tydens die inperking hulle ateljees se deure sluit - ons praat met die sektor oor die swaar tye wat voorle; en die voormalige president FW de Klerk, het hom onttrek aan 'n gesprek oor ras en minderheidsregte by die Amerikaanse advokaatvereniging se jaarvergadering weens druk vanaf aktiviste en akademici

Monitor
Die land treur oor die dood van minstens 21 vroue in geslagsgebaseerde geweld...maar statistiek toon dat MANS 'n veel groter kans staan om vermoor te word; en daar is groot opgewondenheid oor die sardientjieloop aan die Suidkus.

Monitor
President Cyril Ramaphosa plaas die fokus op werkskepping in sy eerste virtuele vraag-en-antwoordsessie in die parlement; en Postbank, 'n filiaal van die Poskantoor, moes twaalf miljoen bankkaarte teen 'n koste van een miljard rand vervang nadat die hoof sleutelkode glo gesteel is.

Monitor
Dit is die Wêrelddag vir Volhoubare Gastronomie - ons kyk na hoe mense hulle dieetvoorkeure herevalueer om meer gesond te leef; en klimaatvriendelike-landboupraktyke wat nie net voedselproduksiestelsels kan herstel nie, maar ook genesing vir Suid-Afrika kan bring, word bekendgestel; Ons praat ook met 'n regskenner oor die inhegtenisnemings in verband met die plundering van die VBS Onderlinge Bank en wat ons volgende kan verwag......

Monitor
Sewe verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met die plundering van die VBS Bank; President Cyril Ramaphosa het die nuus verwelkom van 'n middel wat die dodetal van Covid-19-pasiënte met 'n derde kan verminder; Die Hooggeregshof in Pretoria het gister regsargumente aangehoor van die Vryheidsfront Plus en die regering oor die Rampbestuurswet - ons kry reaksie op die saak

Monitor
Kenners waarsku dat Suid-Afrika nie gereed is vir 'n werksplek waar menslike aanraking iets van die verlede is nie.; Die portefeuljekomitee oor polisie het 'n nuwe vuurwapen amnestie tydperk goedgekeur.; Akademici by WITS universiteit wil 'n klag by die Raad op Gesondheidsberoepe indien, teen 'n algemene internis, dr Jaco Laubscher, na sy uitsprake oor Covid-19.; en besonderse kunswerke van gevangenes word op Wellington in die Wes-Kaap uitgestal.

Monitor
'n Kenner sê ondersoek moet ingestel word na Suid-Afrikaanse mans se geweldadige gedrag.; 'n Onderwysvakbond eis dat Angie Motshekga afgedank word.; Professor Abel Esterhuyse van die Universiteit Stellenbosch sê die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Duitsland kom as geen verrassing nie.; en 'n Vyftigjarige man verskyn vanoggend in die Pretoriase landdroshof in verband met die moord op 'n vrou van Eersterust.

Monitor
President Cyril Ramaphosa sê die jeug moet bemagtig word om Suid-Afrika se ekonomiese herstel te lei; Ysreen word vandag vir dele van die binneland voorspel; en die regering vra vir kommentaar oor die bou van 'n kernkrag stasie.

Monitor
** Volgens berigte steun die ANC nuwe voorstelle om werkers se pensioenfondse te gebruik om Eskom te help; Ons praat met twee kenners oor die moontlikheid dat die voorstelle 'n realiteit word....en wat y kan doen om jou geld te beskerm; en ons praat met internet-sterre wat gebore is ná die omstrede verbod op drank- en sigaretverkope

Monitor
Huldeblyke stroom in ná die moord op die choreograaf en danser, Kirvan Fortuin.; Khoi en San leiers sê die erfenisroete sal Suid-Afrikaners die geleentheid gee om te besef dat die gemeenskappe deel is van die land se nalatenskap.; Die organisasie, Capexit sê die voordele vir die Wes-Kaap om onafhanklik te word, is groter as die nadele.; en die bekroonde skrywer Elsa Joubert is in Kaapstad oorlede.

Monitor
Inwoners en sake eienaars van Johannesburg is woedend oor die voorgestelde elektrisiteitsverhoging vir voorafbetaalde gebruikers.; Khoisan Tradisionele Geneeshere in die Noord-Kaap sê baie mense verwag hulp van hulle teen die Covid-19 pandemie.; 'n Kommersiële laboratorium het vir die eerste keer ooit, die Ribonukleïensuur van die Covid19-virus, uit riool gehaal.; en een in elke drie Suid-Afrikaanse besighede moes sy personeel verlof reeds aanpas weens die gevolge van die Covid-19 inperking.

Monitor
Die hoofstad Pretoria bly onder administrasie hangende NOG 'n regsgeding - ons kyk ontledend na die hofgeding en wat dit vir jou as inwoners beteken; Ouetehuise in die Wes-Kaapse kry 'n reuse finansiele inspuiting om COVID-19 te help bestuur; Kuberkrakers teiken verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye - 'n kenner gee raad oor wat jy moet doen om jou persoonlike inligting veilig te hou; Die Konstitusionele Hof het beslis dat die Kieswet ongrondwetlik is - ons kyk in-diepte na die implikasies hiervan

Monitor
Die Kieswet is as ongrondwetlik verklaar - die groot vraag is - wat gebeur nou?; Talle mense sukkel om versekerings-eise in te dien tydens die inperking; en 'n kenner gee raad oor wat mense kan doen in so geval waar jou versekerings-eise verwerp word....

Monitor
Die Rand Aksep Bank sê sakevertroue het in die tweede kwartaal gedaal.; Die Kaapstad Internasionale lughawe sê hy is gereed vir sakereise om te hervat.; Tien jaar gelede was die eerste FIFA sokker wêreldbekertoernooi op die Afrika-vasteland in Suid-Afrika gehou.; ER24 vra Suid-Afrikaners om warm te bly te midde van die kouefront, om hipotermie te verhoed.; Die Tshwane Universiteit van Tegnologie volg 'n sogenaamde multi-medium model as slegs aanlyn klasse.; en Edcon se sakereddingspan het Maandag 'n plan bekend gemaak en hulle stel voor dat die hele groep of sy verskillende dele so gou moontlik verkoop moet word.

Monitor
'n 23-jarige Suid-Afrikaanse vrou is terug in die land, 'n jaar nadat sy in Oman in hegtenis geneem is.; 'n Suid-Afrikaner Belinda Davids bekoor die Britte met haar talent.; Inwoners sê daar is 'n toename in bendeverwante geweld in Bonteheuwel in Kaapstad.; en SA Childcare het 'n ope brief aan die minister van Maatskaplike Ontwikkeling gerig, waarin hulle eis dat losstaande kleuterskole, ook die sesde Julie kan open.

Monitor
Suid-Afrika oorweeg 'n versoek om militere hulp van die Mosambiekse regering teen beweerde ISIS-insurgente in die noorde van die land - ons kyk na die situasie in die noorde van die Mosambiek waar selfs Dokters Sonder Grense hulle werksaamhede moes staak; en AfriForum gaan hof toe oor die regering se kwarantynkampe.

Monitor
Koue weer word vir meeste van die land voorspel - en dit sal tot volgende week voortduur; die Wêreldbank verwag 'n inkrimping van die Suid-Afrikaanse ekonomie van meer as sewe persent; en onderwysers besef: skole betree 'n nuwe era.

Monitor
Disabled People South Africa in die Noord-Kaap sê die blindes wat hulle verteenwoordig voel dat die Coronavirus Pandemie hulle veral swaar tref.; Die minimum ouderdom waarop 'n kind strafregtelik aangekla kan word is verhoog na 12.; Professor Shabir Madhi van Wits universiteit sê die Oos-Kaap gaan die volgende fokus gebied van die Covid-19 pandemie wees.; en landsburgers in sestien lande wil hê hul regerings moet die omgewing se bewaring n prioriteit maak na die Covid-19 pandemie.

Monitor
Debtbusters sê mense skuld nog selfs meer geld as voor die grendel tydperk.; 19 skole in die Noord-Kaap is gesluit na 'n toename in Covid-19 infeksies.; Ons praat met Brainline oor hoe tuisonderrig werk.; en Skole in die Gamtoosvallei in die Oos Kaap het heropen sonder ernstige probleme.

Monitor
'n Mediese kenner by Wits sê Afrika se Covid 19-syfers is so laag omdat lande noord van die Limpopo eenvoudig nie vir die siekte toets nie; en musikante snoer hulle kragte saam met 'n nuwe liedjie om die Covid 19-geldleemte te bestry.

Monitor
Plaasaanvalle neem toe - ons praat oor die jongste voorvalle; en die voorspelling van 50-duisend sterftes aan Covid-19 in Suid-Afrika word sterk bevraagteken.

Monitor
** Minister Didiza sê dat landbou ná die pandemie die basis sal vorm van ekonomiese hervorming..** En ons praat met 'n ontleder oor die menseregte-situasie in Turkye.

Monitor
** Voedselnood onder Suid-Afrikaners word al hoe groter ** Leon van Nierop gesels oor die veelbesproke reeks wat pas op televisie begin het: JEFFREY EPSTEIN: FILTHY RICH. ** En die woord van die week is: ROOI.

Monitor
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, en die Wêreld Ekonomiese Forum praat van 'n nuwe wereldorde wat nà die coronavirus kom.

Monitor
Ons kyk na die jongste tendense in die verspreiding van Covid 19, en die Verenigde Nasies spreek vir die tweede keer vanjaar sy kommer oor robot-soldate uit.

Monitor
Die regering het tot n konsep plan ingestem om die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens te befonds; Is dit egter die regte besluit? Ons kry reaksie hierop en vra of die lugdiens op 'n ander manier bedryf kan word; en COVID-19 toetse in die Kaapstad Metro, sal slegs toegestaan word aan mense bo die ouderdom van 55 - ons kry duidelikheid oor wat die planne behels....

Monitor
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die Wes-Kaapse Onderwysdepartement moet onderrig tot volgende week uitstel soos wat die nasionale departement vereis; Die hooggeregshof in Pretoria het die inperkingsregulasies van Vlak Drie en Vier ongrondwetlik en ongeldig verklaar - maar wat gebeur nou?; Die DA-beheerde munisipaliteit in Stellenbosch sê hy gaan voort met die betalingsvakansies vir inwoners wat finansieel geknou word deur die inperkingsregulasies, ten spyte van teenkanting deur die nasionale regering; en leerders van die Baai neem tans deel aan 'n virtuele koderingstoernooi.

Monitor
Wildstropery neem toe weens Covid 19, en blinde en dowe persone het besondere probleme met Covid-19 beheermaatreëls.

Monitor
Skole rapporteer leemtes in die onderwysdepartement se voorsiening van veiligheidstoerustig teen Covid 19; en sakevertroue herstel merkwaardig na Aprilmaand se geskiedkundige insinking.

Monitor
Verwarring heers oor of kinders vandag skool toe moet gaan of nie - ons praat met twee kenners oor wat ouers nou moet doen; die eerste ruimtevaarders wat deur 'n private maatskappy, SpaceX, in die ruimte gelanseer is, het by die Internasionale Ruimtestasie aangekom; Die Reserwebank het 'n hofstryd verloor oor toegang tot rekords oor finansiële misdade in die apartheidsera ; en wydverspreide gewelddadige betogings gaan voort in die VSA

Monitor
Duisende Graad Sewe en Twaalf leerders wat vandag skool toe sou gaan, moet nog 'n week wag; Die Winterhoop projek skop vandag af - duisende noodbehoewendes kry hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsgewende organisasies; en die Boksburg Bomber, Gerrie Coetzee gaan op die silwer doek verewig word....

Monitor
Sommige kerkgroepe bevraagteken die gedeeltelike opheffing van beperkings op kerkdienste, en die burgemeester van Ekurhuleni Metro, Mzwandile Masina, brandmerk 'n bekende musiekkunstenaar as 'n "rassis"

Monitor
'n Ruimte-grondstasie gaan by Matjiesfontein in die Wes-Kaap opgerig word; en President Cyril Ramaphosa sê kerke wat die inperkingsmaatreëls oortree sal gesluit word.

Monitor
Ons kyk na die die ekonomiese gaping tussen mans en vroue - veral wat salarisse betref; die Restaurant vereniging eis antwoorde oor waarom eetplekke nie hul deure mag oopmaak nie; en Latyns-Amerika, is nou bevestig as die nuwe middelpunt van COVID-19.