
Monitor
4,322 episodes — Page 40 of 87

Monitor 6 Augustus 2020 - Deel 1
Tien verdagtes is vas na 'n skietery by die Tswane Distrikshospitaal in Pretoria; en sowat 500 geboue en landmerke landwyd word in 'n rooi gloed gebaai om bewustheid oor die kwynende kunste- en vermaaklikheidsbedryf te kweek.

Monitor 6 Augustus 2020 - Deel 2
'n Tergende nuwe vraag oor Covid19 ontstaan - kan 'n mens die siekte 'n tweede keer kry? En daar was die afgelope maande 'n toename in mense wat by sentrums vir haweloses aanklop.

MonitorMonitor 5 Augustus 2020 - Deel 1
Die Nasionale Verbruikerskommissie waarsku mense om nie by piramide skemas betrokke te raak nie; Spesifieke koeldrankbottels kan nou herwin word; en die Minister van Basiese Onderwys verwag dat probleme gaan opduik wanneer meeste van die grade terug gaan skool toe......

Monitor 5 Augustus 2020 - Deel 2
** Ons plaas Zimbabwe vanoggend in die kollig na die grootskaalse arrestasie van landsburgers in n poging om kitiek teen president Emmerson Mnangagwa se regime te stuit; Die Suid-Afrikaanse lugdiens oorweeg dit glo om ervare vlieeniers die trekpas te gee ten gunste van gelyke indiensneming; en ons bring vir jou die jongste inligting oor die reuse ontploffing in Libanon se hoofstad, Beiroet

Monitor 4 Augustus 2020
Eskom eis miljarde rand van voormalige bestuurders soos Brian Molefe en Anoj Singh in 'n saak wat met die Gupta-familie verband hou; en parlementelede reageer louwarm op 'n voorstel om hulle salarisse te verminder.

Monitor 3 Augustus 2020 - Deel 1
Ontevredenheid heers oor die vertraging in die vrylating van 19-duisend gevangenes; Politieke partye sê nuwe regulasies oor reis en ontspanning gaan die toerismebedryf kom te laat om 'n wesenlike verskil te maak; Ons voer 'n gesprek oor die geweldsvlakke in die land en vra of daar 'n geskiedkundige rede is vir die wreedheid wat ons vandag ervaar....

Monitor 3 Augustus 2020 - Deel 2
Die hoë vlakke van geweld in Suid-Afrika wek kommer - ons kyk in-diepte na die probleem en wat daaraan gedoen kan word: Bedrog met SIM-kaart-omruiling en ander skelmstreke het skerp toegeneem tydens die grendeltyd; en die Amerikaanse ruimtevaarders Doug Hurley en Bob Behnken, is veilig terug op die aarde

Monitor
Mense word gewaarsku om nie in 'n konflik met wildstropers betrokke te raak nie; ons praat met die die Nasionale Vervolgingsgesag oor nuwe regulasies wat ondersoek na staatskaping raak; en die Wes-Kaapse verkeershoof Kenny Africa tree vandag af.

Monitor
Vyf beskuldiges verskyn in die hof in verband met die Hartswater-moorde; en regulasies in die toerismebedryf gaan verslap word.

Monitor
Munisipaliteite regoor die land is in 'n finansiele penarie en word nie reg bestuur nie - ons kyk na sommige voorbeelde hiervan; 'n Kenner deel sy mening oor waarom ons met die probleme sit; en later hoor ons meer van 'n internasionale BALLET kompetisie wat AANLYN aangebied is en Suid-Afrika se beeld 'n hupstoot gegee het....

Monitor
Die Wes-Kaapse minister van Onderwys veroordeel aanvalle op skole in Kaapstad tydens gewelddadige betoging; Intussen soek die regering na oplossings vir die behuisingprobleme in Kaapstad; en 'n ondersoek is gevra na die betrokkenheid van die president se seun by 'n tender om minibus taxis te beveilig.....

Monitor
** 'n Versoek dat die droogtegeteisterde Oos-Kaap as rampgebied verklaar word.** 'n Ekonoom bespreek die IMF-lening van 70 miljard rand...** En ons praat met Daniël Hugo oor MM Walters se bydra tot die Afrikaanse poësie.

Monitor
** Duisende werksgeleenthede in die tabakbedryf is in gedrang ...

Monitor
Duisende mense ly honger weens die inperking; Die gemeenskap van Oudtshoorn is geruk deur die dood gister van dr. David Piedt, 'n ikoon in die onderwys en die Afrikaanse kultuurwêreld; Die EFF is sewe jaar oud - ons kyk na waarom die party gegroei het en wat die toekoms vir hulle inhou; en ons vra of elektriese vliegtuie die toekoms van lugvervoer is?

Monitor
Sommige versekeraars stel nood befondsing beskikbaar aan sy kommersiële polishouers - maar 'n kenner sê dit is nie noodwendig 'n goeie idee om dit te aanvaar nie; ons kry ook reaksie op Steinhoff se voorgestelde skikking van meer as sestien miljard Rand; en Afriforum se veiligheidshoof, Ian Cameron, praat oor sy besluit om ná sewe jaar in die posisie, te bedank

Monitor
** Uiteenlopende reaksie op die appelhof-uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies..** 'n Pastoor van Centurion praat oor gister se skietery in sy kerk.

Monitor
Gebrekkige dienslewering in Pretoria word 'n al groter probleem; Die DA vra dat die besteding van rampfondse in die landbou ondersoek moet word; Ons kry ook wye reaksie op president Cyril Ramaphosa se toespraak gisteraand waarin hy skole gesluit het; en die Boeing 747 maak sy finale buiging - ons praat in-diepte oor die impak wat die straler op kommersiele lugvaart gehad het

Monitor
Die vliegtuigreus Boeing maak gereed om produksie van die ikoniese 747-straler te staak - ons kyk na die geskiedenis van die sogenaamde Queen of the Skies; 'n vlieenier vertel ons van sy loopbaan agter die stuur van die Boeing 747; en 'n Suid-Afrikaanse sjef is 'n finalis in 'n wereldwye pizza kompetisie...

Monitor
** Nuwe navorsing toon dat meer Suid-Afrikaners hul sigarette met mekaar deel as ooit tevore...ons praat met 'n kenner hieroor.. ** En restaurant-eienaars en werknemers betoog landwyd oor werksverliese.

Monitor
** Teen die einde van die eeu sal daar moontlik geen ysbere op die planeet oor wees nie, tensy klimaatsverandering se tempo gekeer word...** En talle skole sukkel met skoon water en reinigingsmiddels.

Monitor
Restaurante betoog vandag teen die uitwerking wat die inperking op hulle het; en 'n nuwe ekonomiese peiling van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek wys ook weer op die hoë koste van die Covid19-inperking.

Monitor
Lede van die Ministeriele Advieskomitee kla dat hulle aanbevelings aan die regering oor Covid-19 geignoreer word; die SAUK-raad word daarvan beskuldig dat hulle vir die regering en die parlement lieg; en een van die regering se prestige Covid19-projekte in Gauteng begin nou eers - drie maande later - funksioneer.

Monitor
** 'n Politieke ontleder kritiseer die opposisie dat hulle doelbewus die president se posisie verkeerd verstaan...** En Renosterberg-belastingbetalers in die Noord-Kaap betaal nie meer hul munisipale rekeninge nie.

Monitor
** Die voormalige minister van Water en Sanitasie staan bont voor die staatskapings-kommissie. ** Die landbou-organisasie SAAI vergader die week met boere in die Wes-Kaap oor hoe die verbod op die verkoop van alkohol hulle raak.

Monitor
Die Franse Senaat het besluit om geen vernuwing toe te laat in die restorering van die Notre Dame katedraal nie. Die katedraal sal herstel word om te lyk soos hoe dit was nadat dit in die negentiende eeu gerestoureer is. Wêreldwyd het vooraanstaande argitekte hulle potlode geslyp vir die kans om 'n kontemporêre aanslag vir die katedraal te bring, soortgelyk as wat die glas piramiedes vernuwing aan die Louvre gegee het. Anna-Marie Jansen van Vuuren het met Dr Marilyn Martin, 'n argitek en ere-navorsingsgenoot in kunsgeskiedenis by die Universiteit van Kaapstad hieroor gepraat.

Monitor
'n Boer van Noordwes praat oor sy ervaring na hy byna keelaf gesny is in 'n plaasaanval; en nuwe regulasies laat terugkerende Suid-Afrikaners toe om te self-isoleer.

Monitor
Vakbonde in die onderwyssektor vra dat skole weer weens Covid19 gesluit word;en ons bring hulde aan die veteraanaktrise Elize Cawood, wat Saterdag aan longkanker oorlede is.

Monitor
** Ons praat oor die naweek se sport met Pieter van den Berg..** En Willem Botha het dit vanoggend oor die woord: slaap.

Monitor
** Dit lyk of die Covid-19 infeksiekoers in die Kaap stabiliseer** Die eerste Afrikaanse nuusbulletin is vandag 70 jaar gelede uitgesaai.

Monitor
Belanghebbendes soos skuldeisers en vakbonde aanvaar 'n reddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens - maar wonder: waar gaan die geld vandaan kom? En Suid-Afrikaners in die buiteland kan nie hulle paspoorte hernu nie.

Monitor
'n Nuwe hoof van die Onafhanklike Polisiedirektoraat word benoem, en tabakhandelaars gooi nie tou op in hulle strewe om weer wettig sake te doen nie nie.

Monitor
Die Instituut vir Rasse Verhoudinge spreek weereens sy kommer uit oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan.; Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê hospitale het nog genoeg beddens beskikbaar ten spyte van 'n skerp styging in Covid-19 gevalle.; en daar is toenemende spanning in die Suid-Sjinese See.

Monitor
SANCA verwelkom die herinstelling van die verbod op die verkoop van drank.; Die regering het nuwe inperkingsmaatreëls vir kleuterskole en dagsorgsentrums aangekondig.; 'n Korttermyn versekeraar appelleer teen 'n hooggeregshof uitspraak.; en die gewysigde sakereddingsplan van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is aanvaar.

Monitor
Stormsterk winde rig groot skade in die Wes-Kaap aan, en sommige Moslems in Suid-Afrika glo die Hagia Sofia in Turkye moet 'n museum bly.

Monitor
Terwyl storms die Kaap teister, is die land besig om hom op 'n ander soort storm te probeer voor te berei, en Eskom se donker wolk van beurtkrag het tog 'n silwer randjie.

Monitor
'n Aandklokreël word heringestel.; 'n Heropeningsdatum vir rolprentteaters is nog nie vasgestel nie.; Die Hagia Sophia is na 'n hofsaak weer 'n werkende moskee.; en 'n Kredietlewensverskaffer sê Suid-Afrikaners finansier gewone lewensonkostes op kort termyn krediet.

Monitor
Die DA sê mediese personeel werk onder haglike toestande om Covid-19 pasiënte te behandel.; Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die klem begin plaas op die oordrag van Covid-19 deur die lug.; en die Smile Foundation is bekommerd oor 'n reuse-agterstand in lewensnoodsaaklike operasies, weens die Covid-19 regulasies.

Monitor
Die DA soek antwoorde oor Suid-Afrika se militere betrokkenheid in die noorde van Mosambiek; en die Suid-Afrikaanse bloeddiens hoop om bloedplasma in te span in die stryd teen Covid 19.

Monitor
Die voormalige leier van die DA, Mmusi Maimane doen 'n beroep op ouers en leerlinge om die klaskamer vandag te boikot; en as jy een van die inperkingsregulasies oortree het en 'n skulderkenningsboete betaal het - dan het jy nou 'n misdaadrekord.

Monitor
Vakbonde sal nie S.A.L werknemers ontmoedig om vrywillige skeidingspakkette te aanvaar nie.; 61 Suid-Afrikaners is in Kambodja gestrand na die Covid-19 pandemie die land getref het.; Die Helen Suzman stigting spreek kommer uit oor die aanstellingsproses van 'n nuwe hoof vir OPOD.; en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sê sy is verbaas dat ouers nie toustaan om hulle kinders vir tuisonderrig te registreer nie.

Monitor
Navorsers aan die Universiteit van Pretoria is betrokke by die opstel van internasionale riglyne aan die polisie.; ISIS waarsku Suid-Afrika om uit te bly uit Cabo Del Gado provinsie in Mosambiek, waar die groep 'n terreur veldtog voer.; Maatskappye pas sanitasie maatreëls toe, maar is die duur skoonmaak produkte en dienste egter nodig?; en regslui in Turkye betoog teen voorgestelde nuwe wetgewing wat die land se balie-rade sal herstruktureer op n manier wat hulle magte erg sal knou.

Monitor
Media24 gaan sy gedrukte koerante en tydskrifte drasties snoei. 500 werknemers kan hul werk verloor. Ons praat met die hoofredakteur van Netwerk24, die redakteur van Volksblad, en 'n media-ontleder.

Monitor
** Die Kaapse Hooggeregshof lewer uitspraak teen 'n korttermyn versekeraar. ** Die SJINESE owerheid beperk nou die verkoop van wilde diere op markte.

Monitor
'n Hofbeslissing oor die heropening van privaat kleuterskole word verwelkom.; Die DA stel 'n Landelike Veiligheid Hofoorsig-eenheid bekend.; Drie dokters wat in COVID-19 sale van Port Elizabeth se besigste hospitale werk, deel hulle stories van uitputting, depressie en angs gedurende die inperkingstyd.; en ons praat met 'n kliniese neuroloog oor die corona virus se effek op die brein.

Monitor
Universiteite Suid-Afrika sê sommige studente betaal nie hul klasgelde nie, wat druk op universiteite se kontantvloei plaas.; Ons praat met 'n kliniese sielkundige oor die maatskaplike impak wat die langdurige sluiting van skole op kinders kan hê.; en 'n boompaddatjie reis nege duisend kilometer ver vanaf Kolumbië na Wallis.

Monitor
** Sjina rig 'n waarskuwing aan Brittanje en Australië..** Navorsing toon dat Suid-Afrikaners bekommerd is oor die styging in kospryse..** 'n Ekonoom waarsku dat die ekonomie nie aan- en af-geskakel kan word nie.

Monitor
** Standbeelde kom onder skoot. ** Suid-Afrika se krieketspelers is die naweek vereer** En 'n loslopende seekoei vind 'n nuwe tuiste.

Monitor
Die jongste navorsing toon dat slegs sewe persent van alle COVID-19 gevalle in Suid-Afrika kinders is.; Sterrekundiges krap kop oor die skielike verdwyning van 'n blou reus ster sowat 75 miljoen ligjare weg van die aarde.; en meer as 'n honderd hofsake is teen die regering gebring, sedert die inperkingsregulasies ingestel is.

Monitor
Onderwysvakbonde sê skole is nie gereed vir nog leerlinge om terug te keer nie.; In Junie is meer voertuie verkoop as die vorige twee maande.; Russe gee Vladimir Putin die groen lig om tot 2036 aan bewind te bly.; en werknemers by Ons Tuiste sorgsentrum in Bloemfontein staak, na 'n positiewe Covid-19 geval.

Monitor
Unisa moet Afrikaans as onderrigtaal herinstel; treindienste hervat in sommige provinsies; en Krieket Suid-Afrika kondig 'n nuwe hoofborg aan.