
Monitor
4,322 episodes — Page 37 of 87

Monitor 19 November 2020 - Deel 2
Die Hooggeregshof beveel Santam om Covid-19-verwante sake-eise van tot soveel as R20-miljard uit te betaal. Die Lift-lugredery sprei sy vlerke, maar is daar werklik ruimte vir nog 'n lugdiens in Suid-Afrika? Beloftes maak skuld, sê president Cyril Ramaphosa vir buitelandse beleggers.

Monitor 19 November 2020 - Deel 1
RSG verloor meeste van sy permanente personeel as deel van die SAUK se herskikkingsproses, wat die onderwerp was van 'n middernagtelike debat by die parlementêre komitee oor kommunikasie. Betogers by Hoërskool Brackenfell in die Kaap loop hulle teen die polisie vas.

Monitor 18 November 2020 - Deel 2
Hoe relevant is BRICS in vandag se wêreld? Ons stel dié vraag aan twee politieke wetenskaplikes.Die Noord-Atlantiese oseaan het vanjara al 30 orkane opgelewer. Dit is steeds onduidelik of matrikulante die tweede Wiskunde-matriekvraestel wat uitgelek het, sal moet oorskryf. Briewe wat aan SAUK nuuspersoneel uitgereik is dat hul poste oorbodig is, word vir eers teruggetrek.

Monitor 18 November 2020 - Deel 1
Die regsverteenwoordiger van die Bushiri-egpaar sê hulle sal nié môre in Suid-Afrika wees, soos wat die Valke eis nie. Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars is aangewys. Die SAUK het 'n groot finansiële verlies in die 2019/20 boekjaar gely. Afrikaleiers voer samesprekings met Ethiopië se leierskap te midde van die voortslepende konflik in die Tigray-streek.

Monitor 17 November 2020 - Deel 2
Talle boere betoog op Hennenman in die Vrystaat waar twee verdagtes in verband met die moord op die 56-jarige Pieter Hills en sy seun Eddie in die hof verskyn het. Die DA bevraagteken die polisie se statistiek oor plaasaanvalle.

Monitor 17 November 2020 - Deel 1
Is Jacob Zuma en Raymond Zondo vriende? Aikona, sê die adjunkhoofregter. 'n Lasbrief vir die Bushiri-egpaar se arrestasie word uitgereik.

Monitor 16 November 2020 - Deel 2
Landbouverenigings hou vandag 'n optog in Hennenman ná die moord op die Vrystaatse boer, Pieter Hills en sy seun, Eddie. Jacob Zuma se aansoek dat regter Raymond Zondo hom aan die staatskapingskommissie moet onttrek, word vanoggend aangehoor. Lucinda Evans is deur die DAK-netwerk vereer vir haar bydrae tot die welsyn van die Bruingemeenskap.

Monitor 16 November 2020 - Deel 1
Die DA in Gauteng verkies 'n nuwe leier. Die regering begin met die proses om die Bushiri-egpaar te laat uitlewer. Meer as 12,000 individue en organisasies is gekant teen 'n elektroniese kiesstelsel vir Suid-Afrika. 'n Verdagte verskyn vandag in die Nelspruit landdroshof in verband met die moord in 2007 op die Suid-Afrikaanse fietsrykampioen, Ettienne van Wyk.

Monitor 13 November 2020 - Deel 2
Spanning is aan die oplaai in Bloemfontein oor die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, se verskyning in die hof. Opposisiepartye vra dat die Covid-19-ramptoestand beëindig word.

Monitor 13 November 2020 - Deel 1
Werkloosheid neem toe. Die statistiek is ingewikkeld, maar ons probeer uitvind of daar nie tog 'n ligstraaltjie is nie. Honde word nou belet om 'n deel van die Zandvlei-natuurreservaat by Muizenberg in Kaapstad te besoek.

Monitor 12 November 2020 - Deel 2
Ons ontleed die voorlopige uitslae van die tussenverkiesings wat gister landswyd gehou is. 'n Aktrise in die rolprent Toorbos praat oor hoe sy die Knysnabos-aksent moes aanleer vir die rol. Ons praat met die mediakommentator, Arthur Goldstuck, oor samesweringsteorieë tydens die pandemie.

Monitor 12 November 2020 - Deel 1
President Cyril Ramaphosa waarsku dat die COVID-19-pandemie nog lank nie verby is nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê nog inhegtenisnemings kan verwag word in die asbestender-hofsaak. Ons praat met 'n Suid-Afrikaanse wetenskaplike oor wat die wêreld se wetenskaplikes van Joe Biden se administrasie verwag.

Monitor 11 November 2020 - Deel 2
Ons praat met 'n ekonoom oor finansiële markte se reaksie op die moontlike entstof-deurbraak wat Corona kan stuit. Wees versigtig vir skelms wat die huidige omstandighede tot hul eie voordeel manipuleer.

Monitor 11 November 2020 - Deel 1
Die sekretaris-generaal van die ANC reageer op berigte oor 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming. Suid-Afrika spog met 'n deurbraak in die stryd om MIV-infeksies by vroue te voorkom. 'n Karoo-boer vertel van sy stryd teen die droogte.

Monitor 10 November 2020 - Deel 2
Rebelle in die noorde van Ethiopië se Tigray-streek vra dat die Afrika Unië moet bemiddel om 'n moontlike burgeroorlog te verhoed. Tussenvierkiesings word môre landwyd gehou. Ons praat met die Verkiesingskommissie oor hoe die proses sal werk.Latyns-Amerika sien uit na 'n beter verhouding met die Withuis. Ons fokus op die Covid-19-pandemie se impak op die wynbedryf.

Monitor 10 November 2020 - Deel 1
Die Oudtshoorn Munisipale Raad het besluit om vlak 4 waterbeperkings effens te verslap. 'n Entstof van Pfizer en BioNTech is 90% doeltreffend in die voorkoming van Covid-19-infeksie in fase 3 proewe. Pastoor Timothy Omotoso sal vandag hoor of regter Phillip Zilwa in die Port Elizabethse Hooggeregshof verlof tot appèl sal toestaan, nadat hy verlede week borgtog geweier het. Solidariteit beplan 'n dringende hofaansoek teen die Poskantoor.

Monitor 9 November 2020 - Deel 2
Ons fokus op die Amerikaanse verkiesing. En, Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Monitor 9 November 2020 - Deel 1
Terwyl president Trump beweer dat die verkiesing van hom gesteel is, wil die nuutverkose president versoen. broodnodige hulp aan boere in die Sentraal Karoo.

Monitor 6 November 2020 - Deel 2
Ons ontleed die jongste uitslae van die Amerikaanse verkiesing. Pres. Donald Trump het sy prokureurs opdrag gegee om regstappe te doen teen drie Amerikaanse deelstate. Ons praat hieroor met prof. Llewelyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria. 'n TV-reeks oor skaak het die hele wêreld op hol. Leon van Nierop verduidelik in sy weeklikse fliekrubriek hoekom.

Monitor 6 November 2020 - Deel 1
Opposisiepartye in die JB Marks munisipaliteit vra dat die burgemeester moet bedank. Die nuwe burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die metro sal gou weer fokus op sy kernbesigheid. Daar is groot kommer oor die skerp styging in Covid-19-infeksies in die Nelson Mandela Baai Metro.

Monitor 5 November 2020 - Deel 2
Ons fokus op die Amerikaanse verkiesing. En, die VSA het amptelik die Parys-klimaatooreenkoms verlaat.

Monitor 5 November 2020 - Deel 1
Die omstrede voormalige voorsitter van die SAL-direksie, Dudu Myeni, weier om vrae oor die lugdiens te beantwoord by die Staatskapingskommissie. Verskeie verdagtes word landwyd aangekeer in verband met bedrog by voertuig-toetsstasies.

Monitor 4 November 2020 - Deel 2
Suid-Afrikaamse politieke partye het gemengde gevoelens oor die Amerikaanse presidentsverkiesing. Duisende werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens wag nog vir hulle skeidingspakkette.

Monitor 4 November 2020 - Deel 1
Die Stad Kaapstad het 'n noodlyn begin waar enige persoon voorvalle van afdreiging kan aanmeld. Verskeie organisasies span saam om die beskerming van troeteldiere deel van die wysigingswetsontwerp oor gesinsgeweld te maak.

Monitor 3 November 2020 - Deel 2
Amerikaners stem vandag - ons praat breedvoerig hieroor met twee politieke ontleders. Dodelike aanvalle in Wene, Oostenryk. En die jongste van die Zondo-kommissie.

Monitor 3 November 2020 - Deel 1
Kaapstad maak 'n plan met slaggate. 'n Hof beslis dit is ongrondwetlik dat staatsorgane vooraf diskwalifikasie-kriteria by tenders in openbare verkryging toepas.

Monitor 2 November 2020 - Deel 2
Spanning is aan die oplaai op die vooraand van Amerika se presidentsverkiesing. Die Franse president Emmanuel Macron verdedig sy landgenote se reg om met vryheid te kan dink, skryf en teken. Die James Bond-akteur, Sean Connery, sterf op 90-jarige ouderdom.

Monitor 2 November 2020 - Deel 1
John Steenhuisen van die DA word met 'n oorweldigende meerderheid as die party se nuwe leier verkies, maar hy het lof vir sy opponent Mbali Ntuli. Kaapstad vra inwoners om betrokke te raak by 'n buitengewone opruimingsveldtog op strande in die provinsie.

Monitor 30 Oktober 2020 - Deel 2
Ontleders is bekommerd dat die besluit om nóg geld aan SAL te gee deur die kabinet geneem is en nié deur die Minister van Finansies nie. Minstens 240 Suid-Afrikaners kry daagliks 'n beroerte. Wat kan jy doen om jouself veilig te hou? Verskeie Midde-Oosterse lande staan op teen Frankryk ná die onlangse spotprentdebakel in die land.

Monitor 30 Oktober 2020 - Deel 1
Die EFF-leier se aanrandingsaak is tot volgende jaar uitgestel. Strenger kwotas is ingestel vir die kreefseisoen. Ons kry die jongste oor die omvang van die brandskade in dele van die Vrystaat. Onpadwaardige voertuie is volop in Afrika, maar hulle word in hierdie toestand aan mense verkoop?

Monitor 29 Oktober 2020 - Deel 2
Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, word gekritiseer oor nog 'n finansiële reddingsboei vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Deur Suid-Afrikaanse produkte te koop, kan werksgeleenthede beskerm word. Yoshi die seeskilpad stuur sy laaste seine.

Monitor 29 Oktober 2020 - Deel 1
Dooie mense en staatsamptenare tel onder diegene wat voordeel getrek het uit die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19 tydelike werknemersverligtingskema. Die aanrandingsaak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en EFF-parlementslid Mbuyiseni Ndlozi word vandag voortgesit. Opposisiepartye reageer op die mediumtermynbegroting.

Monitor 28 Oktober 2020 - Deel 2
Wat kan ons verwag van die mediumtermyn-begrotingsrede? Agri SA sê die Landbank het dringend regeringshulp nodig. Kiesers in Tanzanië trek vandag hulle kruisies in dié land se presidents- en wetgewerverkiesing.

Monitor 28 Oktober 2020 - Deel 1
Die Tshwane-metro sal teen volgende week weer 'n burgemeester hê. Ekonome gee hulle verwagtinge vir vandag se mediumtermyn-begrotingsrede. Die seinverspreider, Sentech, vra die regering en die Tesourie om die SAUK te help met sy finansiële verpligtinge. Blinde en swaksiende Suid-Afrikaners kan nou gratis toegang tot die grootste aanlynbiblioteek ter wêreld vir blindes kry.

Monitor 27 Oktober 2020 - Deel 2
Ons praat oor identiteit en of die regering met betrekking tot beleid soos regstellende aksie, rasseklassifikasie kan afdwing. Vandag is Wêreld Oudiovisuele Erfenisdag.

Monitor 27 Oktober 2020 - Deel 1
Nuwe inligting word bekendgemaak ná die inhegtenisneming van vyf verdagtes in verband met die moord op die Bafana-kaptein, Senzo Meyiwa. Daar is groot entoesiasme onder Amerikaners om aan die verkiesing deel te neem wat hulle dalk as die belangrikste ooit in hulle lewe beskou.

Monitor 26 Oktober 2020 - Deel 2
Die raad van Universiteite Suid-Afrika spreek sy kommer uit oor studente se onverantwoordelike gedrag rakend die inperking op kampusse. Ons praat met prof. Burtram Fielding oor die moontlikheid van 'n tweede vlaag van Covid-19-infeksies. Die Nkomazi Plaaslike Munisipaliteit in Mpumalanga is besig om drie nuwe watersuiweringsaanlegte te bou. En twee nuwe spesies plante is in die Richtersveld ontdek.

Monitor 26 Oktober 2020 - Deel 1
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, waarsku dat wetstoepassers mense sal vasvat wat COVID-19-regulasies ignoreer, om 'n tweede vlaag van infeksies af te weer. Landbou-organisasies verleen hulp aan boere ná die verwoestende veldbrande in die Vrystaat. Weermaglede by die Dunotter militêre basis dreig met regstappe nadat hulle nou al vir meer as twee weke geen krag het nie. En die nuwe Mejuffrou Suid-Afrika is in Kaapstad gekroon.

Monitor 23 Oktober 2020 - Deel 2
Die Covid-19-pandemie en die Amerikaanse regering se hantering daarvan, word 'n sentrale tema in die laaste debat tussen Joe Biden en Donald Trump. Tygerberg-hospitaal in Bellville in die Kaap span die dienste van 'n robot in teen Covid-19.

Monitor 23 Oktober 2020 - Deel 1
'n Jong vrou het 'n video op YouTube geplaas waarin sy haar oupa en sy broer van Kaapstad van seksuele mishandeling beskuldig. 'n Nuwe veldbrand wat vinnig versprei het, het gisteraand tussen Boshoff in die Vrystaat en Kimberley op die Samariapad ontstaan.

Monitor 22 Oktober 2020 - Deel 2
Agri SA sê meer as 100 000 hektaar veld het in die distrik van Boshof, Hertzogville en Hoopstad afgebrand die afgelope vier dae. Nigeriërs betoog steeds in die stad en provinsie van Lagos teen polisiegeweld. Opposisiepartye in die parlement is grootliks gekant teen die president se ekonomiese herstelplan.

Monitor 22 Oktober 2020 - Deel 1
Die Koalisie vir Begrotingsgeregtigheid vra vir 'n nasionale begroting wat menseregte in ag neem. Waterbeperkings word in Kaapstad opgehef. Skadebepaling word gedoen word ná die veldbrande in die Vrystaat. Die Swartland-hospitaal op Malmesbury is heropen nadat dit drie jaar gelede in 'n brand beskadig is.

Monitor 21 Oktober 2020 - Deel 2
In Frankryk se groot stede betoog burgers van alle klasse teen die dood van die geskiedenisonderwyser, Samuel Paty. Ons kyk in diepte na hoe die Suid-Afrikaanse samelewing met sy verskeie godsdiensgroepe vergelyk met dié van Europa. 'n Advokaat van Laingsburg beweer die polisie versprei valshede oor selfbeskerming. Ons by hoor by hom wat die wet sê oor jou reg om jou eiendom te beskerm. 'n Boervrou van die Clocolan-distrik in die Oos-Vrystaat is geskok, maar ongedeerd nadat sy Sondag 'n plaasaanval en ontvoering oorleef het - sy vertel haar storie vir ons.

Monitor 21 Oktober 2020 - Deel 1
Vrystaat Landbou vra vir voer- of brandstofskenkings nadat minstens 100-duisend hektaar in veldbrande in die provinsie verwoes is. Sowat 300,000 onderwysassistente gaan glo aangestel word om kinders te leer lees, maar is dit die oplossing vir die land se leesprobleem?

Monitor 20 Oktober 2020 - Deel 2
'n Vredemaker vertel van sy Senekal-ervaring in die EFF-binnekring. Plastiekherwinning het die afgelope dekade met 56% in Suid-Afrika toegeneem. Natuurbewaarders sê hulle is bekommerd oor die wêreldwye afname in die uilbevolking. 'n Weervoorspeller praat oor die hittegolf oor groot dele van die land, en die kans op reën. Bejaardes wat alleen woon, kry baie swaar in grendeltyd.

Monitor 20 Oktober 2020 - Deel 1
Die Johannesburgse Metroraad wil William Nicol-rylaan na Winnie Madikizela Mandela-rylaan hernoem. Die IMF voorspel 'n inkrimping van 4,4% vir die wêreldekonomie. ‘n Voormalige voorsitter van die Transnet-raad gee toe dat hy en sy raadslede onverantwoordelik opgetree het om wéér sy bestuurshoof, Siyabonga Gama, aan te stel.

Monitor 19 Oktober 2020 - Deel 2
Die EFF het verlede week baie aandag getrek met omstrede uitsprake tydens 'n saamkoms op Senekal in die Vrystaat. Die party het ondermeer gesê dat daar nie iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Ons praat met twee ontleders oor die party se optrede en wat ons daarin moet lees. Meer as twee dosyn humanitêre organisasies het 'n ope brief aan die Griekse regering gerig waarin hulle vra dat vergrype teen onwettige migrante ondersoek word. Italië is die jongste Europese land wat oor die naweek begin het om streng Covid-19 regualsies af te dwing.

Monitor 19 Oktober 2020 - Deel 1
Eskom vra Suid-Afrikaners om geduldig te wees terwyl hulle die kragreus probeer regruk. Sowat 10-miljoen ton se kos word jaarliks in Suid-Afrika vermors.

Monitor 16 Oktober 2020 - Deel 2
Reaksie op president Ramaphosa se ekonomiese herstelplan. En Leon van Nierop fokus op 'n speurreeks, 'n komedie en 'n kinderfliek oor 'n dolfyn.

Monitor 16 Oktober 2020 - Deel 1
Kalmte gevra in Senekal. Ons praat met 'n kenner oor boelie-gedrag by die werk. En, ons bring hulde aan Ampie Coetzee.