PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 35 of 87

Monitor 4 Februarie 2021 - Deel 2

Ace Magashule sê Jacob Zuma het die reg om te weier om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Ons praat met 'n regskenner. 'n Rugbykenner praat oor die voorstel dat die Bokke die Britse Leeus in Australië pak.

Feb 4, 202147 min

Monitor 4 Februarie 2021 - Deel 1

Die parlement hoor dat daar nog heelwat vrae is oor die menslike gebruik van Ivermektien. Kommer oor nóg 'n vermeende bendeverwante moord in die Kaap.

Feb 4, 202138 min

Monitor 3 Februarie 2021 - Deel 2

Die ANC-alliansie in Noordwes reageer op die skorsing van vyf lede van die provinsiale wetgewer. Die DA het vrae oor die ANC se kaderontplooiing aan die staatskapingskommissie gestuur, wat president Cyril Ramaphosa moet beantwoord. Huldeblyke stroom steeds in vir die Kaapse vermaaklikheidslegende, Alvon Collisson.

Feb 3, 202142 min

Monitor 3 Februarie 2021 - Deel 1

Die wynprodusente-organisasie, VinPro, gaan voort met regstappe teen die regering. Intussen het die Biervereniging van Suid-Afrika die gedeeltelike opheffing van drankverbod verwelkom. Die DA woordvoerder vir watersake in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, sê die aanhoudende gebrek aan waterdienslewering duur voort in weerwil van goeie reën. Ons kyk na die benoemings vir die Nobelprys vir Vrede en hoe dié proses werk.

Feb 3, 202143 min

Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 2

Die president verslap sekere Vlak 3-regulasies. Ons praat breedvoerig hieroor met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Ons het die jongste nuus oor die gebeure by die Zondo-kommissie.

Feb 2, 202138 min

Monitor 2 Februarie 2021 - Deel 1

Die eerste besending coronavirus-entstof daag op. Solidariteit Helpende Hand stel R43-miljoen beskikbaar aan Afrikaanse studente.

Feb 2, 202140 min

Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 2

Agri Noord-Kaap waarsku dat oorvol damme in die provinsie tot oorstromings kan lei. Die eerste besending van die AstraZeneca/Oxford Universiteit entstof sal vanmiddag in die land aankom. Ons praat hieroor met die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. Pieter van den Berg bespreek die afgelope naweek se sport.

Feb 1, 202145 min

Monitor 1 Februarie 2021 - Deel 1

Die premier van Noordwes, Job Mokgoro, sê hy het nog nie 'n skorsingsbrief van die ANC se tussentydse provinsiale komitee ontvang nie. 'n Kenner sê die kriminalisering van die verspreiding van vals nuus, sal nie die verspreiding daarvan keer nie. Groot getalle mense betoog teen die sluiting van strande in Kaapstad. Vyf matriekleerlinge reis na Antarktika vir 'n opvoedkundige avontuur.

Feb 1, 202142 min

Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 2

Ons praat met 'n politieke ontleder oor die hofbevel dat oudpresident Zuma voor die Staatskapingskommissie moet verskyn. Te midde van baie reën, kan 'n waterskaarste in die land ontstaan. Leon van Nierop resenseer 'n dokumentêr oor die opgang en val van Tiger Woods.

Jan 29, 202140 min

Monitor 29 Januarie 2021 - Deel 1

'n Drukgroep sê die regering skryf misdaad verkeerdelik toe aan die publiek wat wapens besit. Suid-Afrika se vroue krieketspan pak Pakistan vanmiddag.

Jan 29, 202138 min

Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 2

Die reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte gaan 'n proses bestuur vir toegang tot die middel Ivermektien vir menslike gebruik in beheerde omstandighede om Covid-19 te behandel. Die godsdienstige organisasie, Freedom of Religion South Africa, vra die hof om die verbod op godsdienstige byeenkomste op te hef. 'n Studie is begin om die volhoubaarheid van mariene ekotoerisme te bepaal. Wat is 'n langboomlys, en hoe stel jy dit saam?

Jan 28, 202144 min

Monitor 28 Januarie 2021 - Deel 1

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, versoek dat Vlak 3 inperkingsmaatreëls verslap moet word. Die Kaapstad Metro vra inwoners om alternatiewe maniere te oorweeg om hulle geliefdes te begrawe. 'n Ongeïdentifiseerde getuie by die Staatskapingskommissie, wat as Me. K bekendstaan, onthul dat die Staatsveiligheidsagentskap 'n parallelle privaat sekuriteitsdiens vir die persoonlike gebruik van oudpresident Jacob Zuma in werking gestel het. Die Vryheidsfront Plus gaan 'n klag by die Openbare Beskermer indien nadat die Gautengse onderwysdepartement miljoene rand bestee vir die ontsmetting van skole.

Jan 28, 202140 min

Monitor 27 Januarie 2021 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa pleit by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, vir 'n meer regverdige verspreiding van Covid-19-entstof. 'n Toetslopie in die gebruik van 'n nuwe reddingskapsule by mynskagte, word suksesvol in Suid-Afrika uitgevoer.

Jan 27, 202144 min

Monitor 27 Januarie 2021 - Deel 1

Twee mense is dood en talle ontwortel ná die tropiese storm Eloise, wat in Mosambiek en die noorde en ooste van Suid-Afrika verwoesting gesaai het. Ons praat met een van die nooddienswerkers in Mpumalanga. Die organiseerders van vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio oorweeg verpligte inenting vir atlete.

Jan 27, 202139 min

Monitor 26 Januarie 2021 - Deel 2

Die onsekerheid oor die regering se aankoop en verspreiding van entstowwe maak plaaslike markte senuweeagtig. 'n Politieke wetenskaplike sê dit is ontsettend belangrik dat die plaaslike verkiesings afsonderlik gehou word van die nasionale verkiesings. Die president sê die stryd teen klimaatsverandering sal in 2021 'n prioriteit vir die regering wees. Veeartse in Suid-Afrika wil ingesluit wees in die regering se nasionale inentingsuitrolplan.

Jan 26, 202145 min

Monitor 26 Januarie 2021 - Deel 1

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bereken nog die skade wat deur Tropiese Storm Eloise aangerig is. Leerlinge in privaatskole sal Maandag terugkeer skool toe. Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika het gister met 'n protesaksie by die Uniegebou begin in 'n poging om met president Cyril Ramaphosa te vergader. Wetgewing oor politieke partye se befondsing tree op 1 April in werking.

Jan 26, 202141 min

Monitor 25 Janaurie 2021 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa sê na afloop van die ANC se lekgotla dat 2021 die jaar is wat hulle korrupsie gaan nekomdraai. 'n Inwoner van Laingsburg sê daar is ooreenkomste tussen die oorstromings van 40 jaar gelede en die coronavirus-pandemie.

Jan 25, 202143 min

Monitor 25 Janaurie 2021 - Deel 1

Die ontslape minister in die Presidensie, Jackson Mthembu, word by 'n emosionele begrafnis ter ruste gelê. Lede van Wildernis Soek- en Redding in Kaapstad help om drie stappers te red wat skynbaar op 'n rotslys op Tafelberg gestrand was.

Jan 25, 202140 min

Monitor 22 Januarie 2021 - Deel 2

Plaaswerkers se salarisse kan met tot 16,1% vanjaar styg. Die prys van gemmer het die afgelope tyd die hoogte ingeskiet. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, praat oor drukkies en soentjies. Wat gebeur die oomblik wanneer jy sterf? Dit is die veelbesproke onderwerp van Surviving Death, waaroor Leon van Nierop vanoggend in sy fliekrubriek praat.

Jan 22, 202147 min

Monitor 22 Januarie 2021 - Deel 1

'n Opname wys dat onderwysers voel daar moet strenger opgetree word teenoor leerlinge wat nie Covid-19-maatreëls nakom nie. Die rentekoers bly vir eers onveranderd. Huldeblyke stroom in vir Jackson Mthembu. Die president het die Wysigingswet op die Verjaring van Siviele en Strafregtelike Aangeleenthede onderteken.

Jan 22, 202142 min

Monitor 21 Januarie 2021 - Deel 2

Die DA soek antwoorde van die Kommisaris van Polisie, generaal Khehla Sithole, oor 'n videogreep waarin 'n polisiebeampte oënskynlik 'n persoon sonder 'n masker met 'n sambok slaan. Plastiek kom nou in byna alle voedselsoorte voor. Voëlliefhebbers gaan hierdie naweek 'n massatelling van die oostelike rooipootvalkies of Amurvalke regoor die land doen.

Jan 21, 202142 min

Monitor 21 Januarie 2021 - Deel 1

Meer as 'n halfmijoen mense word in die noorde van Mosambiek weens terreuraktiwiteite ontwortel. Tot 200 millimeter reën word vir die Laeveld en aangrensende gebiede voorspel. Ekonome verwag geen verandering in die rentekoers nie.

Jan 21, 202144 min

Monitor 20 Januarie 2021 - Deel 2

Joe Biden en Kamala Harris word vandag ingehuldig te midde van verskeie krisisse in die VSA. Ons praat met 'n ruimtewetenskaplike oor twee nuwe sterrestelsels wat pas ontdek is.

Jan 20, 202147 min

Monitor 20 Januarie 2021 - Deel 1

Radiolegende Margot Luyt sterf weens Covid-19. 'n Eenmalige belasting word voorstel om te help met die aankoop van entstowwe teen Covid-19.

Jan 20, 202140 min

Monitor 19 Januarie 2021 - Deel 2

Die gasvryheidsbedryf doen 'n beroep op versekeraars om die eise van kleinsake-ondernemings uit te betaal. Ons bespreek 'n voorstel van sommige politieke partye om die munisipale verkiesings tot 2024 uit te stel. Inwoners van Hondeklipbaai in die Wes-Kaap sukkel steeds sonder water.

Jan 19, 202145 min

Monitor 19 Januarie 2021 - Deel 1

Die DA looi die regering se Covid-19-beleid. Die redakteursforum, Sanef, stel 'n aksieplan voor om etiek in die joernalistiek te herstel. Die babamelk-pa, soos hy bekend geword het, doen regstappe teen die polisielede wat hom weens die aandklokreël gearresteer het.

Jan 19, 202141 min

Monitor 18 Januarie 2021 - Deel 2

'n Versoek dat die regering werklose dokters aanstel. Rolprentteaters hou net-net kop bo water. Wikipedia vier sy 20ste verjaarsdag - ons praat oor die Afrikaanse weergawe.

Jan 18, 202147 min

Monitor 18 Januarie 2021 - Deel 1

Reaksie op die aankondiging dat skole eers op 15 Februarie begin. Kinders onder ses hoef nie maskers te dra nie.

Jan 18, 202139 min

Monitor 15 Januarie 2021 - Deel 2

Begrafnisondernemers het hulle hande vol met die tweede golf van die Covid-19-pandemie. 'n Rooihartbees neem die Centurion-omgewing in Pretoria op horings.

Jan 15, 202147 min

Monitor 15 Januarie 2021 - Deel 1

'n Span wetenskaplikes van die Wêreldgesondheidsorganisasie bereik die Chinese stad, Wuhan, waar hulle die oorsprong van die coronavirus wil bestudeer. Swaar reën val in Namibië, 'n land waar só iets ongewoon is. Planne om skaliegas in die Okavango te ontgin, ontstel die San-gemeenskap en ander inwoners van dié landstreek.

Jan 15, 202141 min

Monitor 14 Januarie 2021 - Deel 2

President Donald Trump word wéér in 'n staat van beskuldiging geplaas. St. Lucia se riviermond is weer ná 'n dekade met die see verbind.

Jan 14, 202146 min

Monitor 14 Januarie 2021 - Deel 1

Brandpunt-provinsies lê hulle planne aan die parlement voor vir die verspreiding van 'n Covid-19-entstof. 'n Bekende in landboukringe sterf.

Jan 14, 202146 min

Monitor 13 Januarie 2021 - Deel 2

Daar word beplan dat skole op 27 Januarie sal open - ons vra of dit nie dalk hersien moet word nie. Ons kry reaksie op die Departement van Basiese Onderwys se planne om aanlynskole in die staatsektor te open. 'n Nuwe, meer bekostigbare suurstofmasjien is ontwikkel om Covid-pasiënte te help asemhaal.

Jan 13, 202143 min

Monitor 13 Januarie 2021 - Deel 1

Die eerste besending Coronavirus-entstof behoort volgende week in die land te wees. Die opeenhoping by grensposte is glo iets van die verlede nadat die landgrense gesluit is. Agri SA vra dat koppe moet rol by die Landbank ná 'n verdoemende verslag oor die stand van sy finansiële volhoubaarheid. Die middel, Ivermectin, is voorheen deur apteke verkoop.

Jan 13, 202145 min

Monitor 12 Januarie 2021 - Deel 2

President Donald Trump gaan dalk weer in 'n staat van beskuldiging geplaas word. Daar is onsekerheid oor die gebruik van Invermektien teen Covid-19. 'n 19-jarige staan ouer mense by met tegnologie.

Jan 12, 202146 min

Monitor 12 Januarie 2021 - Deel 1

'n Aangepaste Valk-3-inperking tree in werking. Die jongste Beleidsonsekerheids-indeks bekend gemaak. Kommer oor die polisie se magsvertoon.

Jan 12, 202142 min

Monitor 11 Januarie 2021 - Deel 2

Ons praat met die ANC oor hulle Januarie 8-verklaring en hulle verwagtinge vir 2021. 'n Ontleder gee sy mening oor die besluite wat die party geneem het in sy Januarie 8-verklaring, en of dit wel uitgevoer kan word. Twee Dwerg-kameelperde is onlangs in onderskeidelik Uganda en Namibië opgemerk. Ons kry die jongste nuus oor die sewende skof van die Dakar-tydren.

Jan 11, 202146 min

Monitor 11 Januarie 2021 - Deel 1

Gereelde kragonderbrekings in Ekhuruleni hou 'n gevaar in vir mense se lewe en belemmer hulle inkomste. Vakbonde beplan om tot in die Konstitusionele Hof te veg vir staatsdienswerkers se jaarlikse salarisverhogings. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers gaan met 'n proses begin om te bepaal of president Donald Trump in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word.

Jan 11, 202140 min

Monitor 8 Januarie 2021

Die eerste besending van 'n miljoen dosisse van die AstraZeneca-entstof word vandeesmaand in die land verwag. Ons praat met Eskom oor die afgelope tyd se beurtkrag, en kyk na wat ons verder vanjaar kan verwag. Amerikaanse leiers oorweeg 'n blitsproses om president Donald Trump in 'n staat van beskuldiging te plaas.Daar is nog net 18 dae van die vuurwapenamnestie oor vir wapeneienaars.

Jan 8, 202148 min

Monitor 7 Januarie 2021

Eskom het aangekondig dat daar weer van tien uur vanaand af beurtkrag sal plaasvind. Intussen waarsku 'n kenner dat ons vir die volgende ses maande met dié probleem kan sit. Moontlike regstappe kom oor die verspreiding van die Covid-19-entstof in Suid-Afrika. 'n Mediese dokter gee duidelikheid oor hoeveel mense plaaslik die entstof sal kry as dit vanjaar nog in Suid-Afrika afgelewer word. Die tabakbedryf is gereed om die regering se appèl oor die opheffing van die tabakverbod teen te staan. Minstens vier persone is dood en meer as vyftig is inhegtenis geneem nadat duisende beweerde Trump-ondersteuners die Amerikaanse Capitol-gebou in Washington binnegestorm het.

Jan 7, 202149 min

Monitor 6 Januarie 2021

Die Covid-19-pandemie bereik sy kruin in die Wes-Kaap. Ons berig oor daardie provinsie se insiatief om op sy eie 'n entstof te kry. Suid-Afrika ervaar steeds 'n opeenhoping van mense by sy noordelike grensposte. Die grootste ysberg ter wëreld beweeg al nader aan die eiland van Suid-Georgia in die Atlantiese Oseaan.

Jan 6, 202141 min

Monitor 5 Desember 2021

Die onthoofding van twee verdagtes en die moord op 'n vermeende dwelmbaas in Durban, skok die gemeenskap. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sê onderwysers moet as 'n prioriteitsgroep ingeënt word. 'n Wetenskapjoernalis vertel van haar ervaring met die nuwe variant van Covid-19 en Suid-Afrika se behoefte aan 'n entstof.

Jan 5, 202145 min

Monitor 4 Januarie 2021

Daar is druk op die regering om 'n inentingsprogram teen Covid-19 te bespoedig. Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, maak intussen die eerste besonderhede oor sy inentingsprogram bekend.

Jan 4, 202147 min

Monitor 1 Januarie 2021

Sosiale media gons oor 'n foto van 'n vrou wat teen Covid-19 ingeënt word, wat Rapport Sondag gepubliseer het. Agri Wes-Kaap is teleurgesteld dat wyn, soos ander drank, nie nou meer verkoop wag word nie. Restaurante word weer, soos vroeër vanjaar, erg geraak deur die vroeë aandklokreël en die verbod op die verkoop van alkohol. President Cyril Ramaphosa waarsku in sy Nuwejaarsboodskap dat die jaar vorentoe baie moeilik en uitdagend sal wees. Nog 'n Suid-Afrikaanse rolprent ryg 'n string toekennings in oorsee.

Jan 1, 202151 min

Monitor 31 Desember 2020

* Die restaurantbedryf regaeer met misnoë op die jongste inperkingsregulasies, wat ondermeer alkoholverkope geheel en al verbied. Werkers wat Covid-19-toetse uitvoer, eis voorrang as dit by inentig kom. Verskeie instansies wys die vinger na mekaar ná enkele sterfgevalle by die Beitbrug-grenspos. Inwoners van Chartwell en Olievenhoutbosch in die noordweste van Johannesburg is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 'n seekoei in die omgewing.

Dec 31, 202047 min

Monitor 30 Desember 2020

Ons kyk na die besonderhede van die nuwe inperkingsmaatreëls. 'n Regskenner ge sy mening of jy in hegtenis geneem kan word as jy sekere van die maatreels verontagsaam. Uitspraak in die aansoek in die Konstitusionele hof om oudpresident Jacob Zuma te verplig om voor die Staatskapingskommissie te verskyn, is tot aanstaande jaar voorbehou. Die hof is egter klaarblyklik nie tevrede met die Kommissie óf Zuma se gedrag nie.

Dec 30, 202047 min

Monitor 29 Desember 2020

Suid-Afrika is terug op 'n aangepaste weergawe van Vlak-3 van die Covid-19-inperkings. Ons kry reaksie op die maatreëls en kyk na die ekonomiese impak daarvan. Ons vind meer uit oor die middel, Ivermectin, wat as 'n voorsrogmaatreël vir Covid-19 beskryf word - dit is egter nie vir menslike gebruik goedgekeur nie. Hoewel baie besighede sukkel om kop bo water te hou weens die inperking, is daar ander wat floreer.

Dec 29, 202042 min

Monitor 28 Desember 2020

Toerisme-owerhede in Kaapstad vra dat mense die coronavirusregulasies nakom - ons praat met 'n verteenwoordiger van die Metro om uit te vind hoe die sektor geraak word deur die inperkingsmaatreëls Die Covid-19-pandemie het ook vanjaar 'n reuse impak op klein sakelui gehad - twee sake-eienaars deel hulle stories met ons. 'n Kenner waarsku dat selfs hoogs funksionele mense aan verskuilde depressie kan ly.

Dec 28, 202046 min

Monitor 25 Desember 2020

Monitor se Kersdaguitgawe fokus op babas wat deur hulle ma's weggegooi word in die feestyd; 'n Kersmaal; Kersfees in Parys waar 'n Suid-Afrikaanse leraar vertel hoe hy die inperking ervaar; en hoe Vrededorp se kinders Kersfees ervaar.

Dec 25, 202056 min

Kersfees in Parys

‘n Predikant uit die hart van Suid-Afrika, is die laaste mens wat jy sou dink ‘n kansel sou bestyg in Skotland se nasionale kerk, die Scots Kirk. Maar Jan Steyn het dié groot skuif gemaak en Pretoria eers vir Skotland, en daarna Parys verruil. Hoewel Steyn nou sy beroep in Engels beoefen, sê hy, hy sien baie daarna uit om die nuwe, direkte Afrikaanse Bybelvertaling onder oë te kry. Gustav Greyling het met hom gesels oor vanjaar se ongewone Kersfees in ‘n half-ingeperkte Parys; en ook by professor Bernard Combrink van die Bybelgenootskap gaan kers opsteek, oor of Steyn nog die ou bekende Kersverhaal in die nuwe Bybel sal herken.

Dec 25, 202017 min