
Monitor
4,322 episodes — Page 33 of 87

Monitor 19 April 2021 - Deel 1
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging veroordeel aanvalle op private dokters en hulle praktykpersoneel. Inwoners van Namakwaland is woedend omdat die plaaslike munisipaliteit versuim om foutiewe elektrisiteitsmeters reg te maak. 'n Wegholbrand veroorsaak groot verwoesting in die gebied van die Universiteit van Kaapstad. Somalië se president, Mohamed Abdullahi Mohamed, het sy vier jaar lange ampstermyn met twee jaar verleng.

Monitor 16 April 2021 - Deel 2
Leon van Nierop resenseer NOMADLAND, wat onlangs 4 Baftas gewen het. Dr. Willem Botha praat oor mummie, sarkofaag en sarkasme.

Monitor 16 April 2021 - Deel 1
Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer word vir 2 weke geskors. Malariamutasies neem toe in Afrika.

Monitor 15 April 2021 - Deel 2
Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê Johnson & Johnson en Pfizer vra Suid-Afrika tien Amerikaanse dollar per dosis Covid-19-entstof. Ons kry reaksie by twee mediese kenners oor die toediening van die Johnson & Johnson-entstof, wat tydelik gestaak is. Rusland is besig om troepe op die grens met die Oekraïene te mobiliseer.

Monitor 15 April 2021 - Deel 1
Inwoners van Kimberley is woedend oor gereelde wateronderbrekings. Planne om 'n Nama-dorp in Namakwaland te vestig. Kleinhandelverkope het in Februarie met 2,3% toegeneem op 'n jaargrondslag. Die ouditeurgeneraal bevind dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor kommersieel insolvent is.

Monitor 14 April 2021 - Deel 2
Een van Suid-Afrika se vernaamste erfenisterreine, Robbeneiland, is glo besig om agteruit te gaan, met tekens van verwaarlosing wat oral te sien is. Regskenners verskil skerp oor die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, se uitnodiging aan oudpresident Jacob Zuma om voorstelle oor sy eie straf te maak.

Monitor 14 April 2021 - Deel 1
Die gebruik van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof in Suid-Afrika word vir eers gestaak. Pluimveeboere wag in spanning om uit te vind of die voëlgriepvirus wat in Gauteng uitgebreek het, die uiters aansteeklike H5N8-virus is. Lugverkeer oos van Johannesburg ervaar 'n geheimsinnige steurnis wat radioverkeer tussen vliegtuie belemmer.

Monitor 13 April 2021 - Deel 2
'n Onafhanklike ombud is aangestel om toesig te hou oor DA se keuringsproses vir 'n nuwe burgemeesterskandidaat vir Kaapstad. Die ANC se Nasionale Jeugliga taakspan moet binne die volgende ses maande 'n nasionale verkiesingskonferensie hou. Die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria het die geboorte van 'n witrenosterkalfie verwelkom. Inwoners van Weltevredenpark in Gauteng het met 'n inisiatief begin om self slaggate te vul.

Monitor 13 April 2021 - Deel 1
Betogende ouers by die Hoërskool Garies in die Noord-Kaap wil hê die provinsiale onderwysdepartement moet vakatures vir onderwysers vul. Die Kaapstadse Metro gaan voort met sy siviele eise teen die aktivistegroep, Gatvol Capetonian, en die EFF. 'n Uitbreking van Afrika varkpes is in Potchefstroom in Noordwes aangemeld. Die agritegnologie maatskappy, TONN UP, het 'n aanlyn verhandelingsplatform geskep om boere te help om hulle produkte te verkoop.

Monitor 12 April 2021 - Deel 2
Huldeblyke stroom steeds in van regoor die wereld ná die dood van prins Philip, die hertog van Edinburgh. Amnestie Internasionaal waarsku dat Covid-19 as't ware as 'n wapen ingespan word om kwesbare gemeenskappe verder te onderdruk. Argeoloë is opgewonde oor 'n groot vonds by Luxor in Egipte.

Monitor 12 April 2021 - Deel 1
Die Regterlike Gedragstribunaal het die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, aan growwe wangedrag skuldig bevind,maar is dit die einde van die pad vir dié regter? 'n Nie-regeringorganisasie vra vir strenger drankregulasies om Suid-Afrika se drankkultuur te verander.

Monitor 9 April 2021 - Deel 2
'n Noodberaad van SADEK-leiers het gevra vir 'n streeksbenadering tot die veiligheidsprobleme in die noorde van Mosambiek. Ons bespreek 'n hofbevel wat ouers die reg gee om hulle ongebore babas te begrawe. En ons vind meer uit oor 'n moontlike vyfde fundamentele natuurkrag.

Monitor 9 April 2021 - Deel 1
Die regering het 51-miljoen dosisse Covid-19-entstof bekom, wat later vandeesmaand in die land sal aankom. 'n Kenner deel sy mening oor of die entstofverspreidingsprogram behoorlik geïmplementeer kan word. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf het 'n rekord oesjaar gehad. Is die ANC besig om guns te wen vir die plaaslike verkiesings deur plekname te verander?

Monitor 8 April 2021 - Deel 2
Daar is onsekerheid of die polisie se DNS-rekenaarstelsel funksioneer of nie. Die Departement van Gesondheid en Pfizer het glo 'n ooreenkoms vir 20-miljoen dosisse entstof gesluit - ons praat hieroor asook ander Covid-19-kwessies. Suid-Afrika verloor die eendag internasionale krieketreeks teen Pakistan.

Monitor 8 April 2021 - Deel 1
Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid-19-pandemie. Ses SADC-lande vergader van vandag af om oor die militante geweld in die noorde van Mosambiek te praat.

Monitor 7 April 2021 - Deel 2
Bome groei vier keer vinniger in 'n gebied wat met koffiemoer behandel is. Die eerste rit van die Marshelikopter vind plaas van die Van Zyl-uitkykpunt af.

Monitor 7 April 2021 - Deel 1
Kenaiaanse terroriste word nou gekoppel aan die terreur in Mosambiek. Meer as 165 miljoen Amerikaners het reeds minstens een dosis Coronavirus-entstof ontvang.

Monitor 6 April 2021 - Deel 2
Die DA het verlede week met boere in die Gert Sibande-distrik gepraat wat van hulle grond afgesit gaan word. Aardbewoners hoef vir eers nie té bekommerd oor asteroïede te wees nie.

Monitor 6 April 2021 - Deel 1
Musi Maimane kap terug na die oud-leier van die DA, Tony Leon, se opmerking dat Maimane 'n eksperiment is wat skeefgeloop het. Die toutrekkery tussen inwoners van Koster in Noordwes en die munisipaliteit oor die plaaslike watersuiweringsaanleg gaan voort.

Monitor 5 April 2021 - Deel 2
Ons praat met 'n dokter wat sogenaamde Langcovid onder lede het. En die Proteas maak sake gelyk in die eendagreeks teen Pakistan.

Monitor 5 April 2021 - Deel 1
Ons praat met 'n konflikontleder oor die verslegtende situasie in die noorde van Mosambiek. Die EFF en Solidariteit eis die LUR van Onderwys in Gauteng se kop.

Monitor 2 April 2021
Die Britse regering stel 'n elektroniese stelsel bekend wat oortreders op parool se drankinname monitor. In Suid-Afrika begin verkeersowerhede sogenaamde "bodycams" gebruik. In Mianmar kondig die militêre regering 'n skietstilstand van 'n maand aan te midde van 'n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die situasie in dié land.

Monitor 31 Maart 2021 - Deel 2
Twee kenners praat oor hoe terreurbedrywighede op die langtermyn sal uitspeel in Mosambiek, en moontlik Suid-Afrika. Ons groet 'n kollega en bekroonde joernalis in die Oos-Kaap, Veronica Fourie. Die George munisipaliteit het besluit om waterbeperkings op te hef.

Monitor 31 Maart 2021 - Deel 1
Inperkingsregulasies vir godsdiensbyeenkomste word verslap. Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, is vol vertroue dat die regering sy inentingsdoelwitte sal bereik. Ons praat met 'n ekonoom oor die jongste kwartaalikse indiensnemingsyfers.

Monitor 30 Maart 2021 - Deel 2
Die ANC stel 'n ultimatum aan Ace Magashule. Die Derek Chauvin moordsaak begin - hy word beskuldig van die moord op George Floyd.

Monitor 30 Maart 2021 - Deel 1
'n Kollega en vriend praat oor professor Christoff Heyns se nalatenskap. 'n Verslag vra dat die polisie gedemilitariseer word.

Monitor 29 Maart 2021 - Deel 2
Die Nasionale Coronavirusbevelsraad vergader vandag oor die hantering van die virus oor die Paasnaweek. Die sekuriteitsmaatskappy, Dyck Advisory groep, sê meer as 120 mense is reeds na veiligheid gebring sedert die insyperaarsaanval in Palma, Mosambiek. Twee erfenispersele in Pretoria het miljoene rand weens die pandemie en inperking verloor. Die nuutverkose DA-leier in KwaZulu-Natal, Francois Rodgers, wil eenheid in provinsiale partystrukture skep.

Monitor 29 Maart 2021 - Deel 1
Die Tshwane Metro het ses fasiliteite identifiseer, wat in skuilings vir haweloses omskep gaan word. 'n Ma van KwaZulu-Natal wie se seun in 'n onlangse insyperlaarsaanval in Noord-Mosambiek dood is, sê hy is geskiet terwyl hy probeer vlug het. Eienaars van nagklubs in die Noord-Kaap sê hulle moet konstant kreatiewe maniere vind om die Covid-19-pandemie finansieel te oorleef. Eritrea het ingestem om sy troepe uit die Tigray-streek in Ethiopië te onttrek.

Monitor 26 Maart 2021 - Deel 2
Die Konstitusionele Hof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die saak teen oudpresident Zuma. Ons praat met 'n regskenner en 'n politieke ontleder. Meer as 'n halfmiljoen mense het die afgelope jaar SADAG se depressie- en angsgroep gebel.

Monitor 26 Maart 2021 - Deel 1
Navorsers ontwikkel 'n wiskundetoets wat graad 1's help. Frankryk moet die byna onmoontlike vermag om die sesnasie-rugbytrofee in te palm.

Monitor 25 Maart 2021 - Deel 2
Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping gaan vandag 'n Konstitusionele hofbevel aanvra om oudpresident Zuma weens minagting van die hof tronk toe te stuur. Omgewingsaktiviste is omgekrap oor die beplande hervestiging van sowat vyfduisend kremetartbome in Limpopo.

Monitor 25 Maart 2021 - Deel 1
Die ANC in die Oos-Kaap waarsku teen alternatiewe partystrukture wat hulle sê in Ace Magashule se kantoor geskep word. Swart Suid-Afrikaners is meer gewillig om hulle regte op te offer om die verspreiding van die Coronavirus te bekamp as hulle wit landgenote.

Monitor 24 Maart 2021 - Deel 2
Skotse navorsers glo die gewone verkoue kan moontlik beskerming bied teen COVID-19. Ons praat met 'n kenner om sy indrukke van die studie te kry. Suid-Afrika se kragnetwerk gaan tydelik deur drie kragskepe aangevul word - ons kyk na hoe die skepe werk en of dit die regte oplossing in hierdie stadium van die spel is. Die Ingenuity-helikopter op Mars gaan binnekort sy eerste vlug op die planeet uitvoer.

Monitor 24 Maart 2021 - Deel 1
Die saak van bedrog en korrupsie teen die voormalige burgemeester van Ethekwini is na die Durbanse hooggeregshof oorgeplaas. Die Wes-Kaapse regering hoop om binnekort goeie nuus aan boere in die Klein Karoo te gee. Die DAK Netwerk sê mense moet meer doen om hulle taal te beskerm. Saoedi-Arabiëhet 'n nuwe vredesplan vir Jemen aangekondig.

Monitor 23 Maart 2021 - Deel 2
Ermelo en Loxton se boere reik die hand uit na mekaar in 'n tyd van nood. 'n Kenner sê onderwysers het nuwe vaardighede nodig weens die pandemie. Wêreldmarkte reageer op die Turkse president, Tayyip Erdogan, se onverwagte stap om die president van die land se sentrale bank, Nadjie Agbal, af te dank.

Monitor 23 Maart 2021 - Deel 1
AfriForum doen aansoek by die Zondo-kommissie om president Cyril Ramaphosa oor kaderontplooiing uit te vra. Ná 31 jaar van onafhanklikheid trek Namibië swaar, maar daar is tog optimisme vir ekonomiese groei. Dis vandag Wêreld Weerkunde-dag.

Monitor 22 Maart 2021 - Deel 2
'n Groep van 337 hoëprofiel Suid-Afrikaners staan saam om hul misnoë uit te spreek teenoor Jacob Zuma se weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Ons fokus op menseregte in Suid-Afrika, en watter verandering daar die afgelope 61 jaar was. Ons maak 'n draai in die buiteland en kyk na Morokko en Rusland se gesprekke oor die toenemende konflik in Wes-Sahara. In Australië ervaar Sydney tans die ergste vloede in 60 jaar.

Monitor 22 Maart 2021 - Deel 1
President Cyril Ramaphosa sê in sy Mensregtedagtoespraak dat elke landsburger teen die coronavirus ingeënt moet word. 'n Wes-Kaapse volstruisboer deel sy ervaring van die langdurige droogte en die bykomende impak van Covid-19 op boere. Ons maak 'n draai in Namibië wat sy 31e onafhanklikheidsjaar gevier het.

Monitor 19 Maart 2021 - Deel 2
'n Reuse olietenkskip in die Rooisee word 'n speelbal vir rebelle. Leon van Nierop resenseer 'n TV-reeks wat net in een vertrek afspeel.

Monitor 19 Maart 2021 - Deel 1
Botswana span AfriForum se private vervolgingseenheid in. China hou vir die eerste keer 'n beraad met die Biden-administrasie.

Monitor 18 Maart 2021 - Deel 2
Ons ondersoek berigte dat China beheer wil oorneem van Kenia se hawestad as betaling vir infrastruktuur wat hulle gebou het. Daar word voorspel dat mense teen 2050 sal ophou rook. Ons besoek 'n veilige hawe vir papegaaie in Johannesburg.

Monitor 18 Maart 2021 - Deel 1
Gemeenskapsorganisasies van Ficksburg in die Oos-Vrystaat het paaie versper en 'n ultimatum aan die premier gestel oor die swak paaie in die gebied - ons kry die jongste oor dié ongewone protes. Nuwe regulasies vir handreinigers word bekendgemaak. Daar is 'n tydelike tekort aan tamaties - ons vind uit wat die redes hiervoor is.

Monitor 17 Maart 2021 - Deel 2
Die Nasionale Vergadering stem oorweldigend ten gunste van 'n ad hoc-komitee om die bevoegdheid van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, te ondersoek. 'n Sogenaamde kripto-kunswerk is verlede week deur die Britse afslaer Christie's vir byna $70-miljoen, of meer as 'n R1-miljard verkoop.

Monitor 17 Maart 2021 - Deel 1
Die Wes-Kaapse minister van finansies, David Maynier, sê sy provinsiale begroting is een van hoop wat planne ondersteun om COVID-19 te beveg. Verbruikersvertroue neem toe - iets wat op 'n wankelrige herstel in die ekonomie dui.

Monitor 16 Maart 2021 - Deel 2
Studente betoog steeds op talle kampusse landwyd. Die 2021 Oscarbenoemings is bekend.

Monitor 16 Maart 2021 - Deel 1
Oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, wil president word. Hulde word gebring aan 'n groot gees in die motorsportwêreld.

Monitor 15 Maart 2021 - Deel 2
Die Vryheidsfront Plus is ongelukkig oor die regering se gebrek aan kommunikasie oor die eenmiljoen dosisse AstraZeneca-entstof wat die regering aangekoop het. Meer en meer kinders word aan boelies blootgestel wat hulle op aanlynplatforms aanval.

Monitor 15 Maart 2021 - Deel 1
Die visekanselliers van al 26 universiteite vergader vandag oor studente se eise oor agterstallige skuld en befondsing, terwyl studentegroepe beplan om tersiêre instellings tot stilstand te bring. Intussen wag studente op staatshulp om hulle basiese finansiële verpligtinge na te kom. Die DA beplan 'n veldtog om Stellenbosch Universiteit te dwing om sy vermeende beleid teen Afrikaans te verander.

Monitor 12 Maart 2021 - Deel 2
Maties reageer op klagtes dat Afrikaans nie meer in koshuise gepraat mag word nie. Twee animasieprente op een slag! Leon van Nierop ontleed die gehalte van dié tekenprente.

Monitor 12 Maart 2021 - Deel 1
Onwettige tabakverkope tref die bedryf swaar. Minstens 39 vlugtelinge het vandeesweek verdrink langs die kus van Tunisië.