
Monitor
4,292 episodes — Page 30 of 86

Monitor 9 Julie 2021 - Deel 2
Dolfyne gee hulleself name waarmee hullr vriende met hullr kan kommunikeer. Leon van Nierop resenseer die mees erotiese en gewaagde reeks van die jaar.

Monitor 9 Julie 2021 - Deel 1
Kommer oor sake van seksuele aanranding wat van die rol geskrap word. Wye reaksie op Jacob Zuma se inhegtenisneming.

Monitor 8 Julie 2021 - Deel 2
Oudpresident Jacob Zuma het sy eerste nag in aanhouding deurgebring - ons kry reaksie op hierop en kyk na die lesse wat ons hieruit kan leer. Ons praat met die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor waarom hy sy lidmaatskap van die ANC beëindig het.

Monitor 8 Julie 2021 - Deel 1
Oudpresident Jacob Zuma sit agter tralies. Julie is Spaarmaand, maar die pandemie maak dit moeilik om 'n geldjie weg te sit. Daar is kommer oor die oënskynlike stadige reaksie op 'n uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal.

Monitor 7 Julie 2021 - Deel 2
Die Afrika-staatsman, dr. Kenneth Kaunda, se dood laat ons terugdink aan sy geskiedkundige ontmoeting met die Suid-Afrikaanse eerste minister, John Vorster, in 1975. Nuwe wetgewing word binnekort in Noorweë van krag, wat bepaal dat jy enige manipulering van sosiale media-beelde of foto's moet verklaar.

Monitor 7 Julie 2021 - Deel 1
Jesse Duarte van die ANC klap die sweep oor mededingende faksies in die party. Gauteng se provinsiale tesourie verloor meer as R6-miljoen se belastingbetalersgeld weens 'n foutiewe transaksie met Microsoft. Die sanger André Schwartz skryf 'n liedjie oor sy noue ontkoming met Covid-19.

Monitor 6 Julie 2021 - Deel 2
Nuwe navorsing wys dat Ivermektien nie Covid-19-pasiënte uit die hospitaal hou nie. Nog kinderontvoerings in Nigerië.

Monitor 6 Julie 2021 - Deel 1
Optrede gevra teen ondersteuners van oudpresident Zuma, wat Vlak 4-inperkingsregulasies blatant oortree. Die net span stywer om die Guptas.

Monitor 5 Julie 2021 - Deel 2
Oudpresident Jacob Zuma probeer sy vonnis tot tronkstraf met nog 'n regsaksie verydel. Ons berig oor die rekord hoë temperature wat in die VSA en Kanada beleef word.

Monitor 5 Julie 2021 - Deel 1
Oudpresident Jacob Zuma hou vol dat hy die oppergesag van die reg respekteer. Ons praat met die singende dokter, Wilhelm Lichtenberg, oor 'n roerende brief wat hy oor sy vrou se Covid-siekte geskryf het.

Monitor 2 Julie 2021 - Deel 2
Daar is kommer oor die beskikbaarheid van Covid-19-toetse in Gauteng. Die kunste word nog ‘n vuishou toegedien met die jongste inperkingsregulasies. In Manilla het die Taal-vulkaan uitgebars. ‘n Standbeeld om prinses Diana te vereer, is onthul. Ons vra hoe die Chinese president se stelling geïnterpreteer moet word dat diegene wat die land bedreig, se koppe teen ‘n muur van staal vermorsel sal word.

Monitor 2 Julie 2021 - Deel 1
D-dag sluip nader vir oudpresident Jacob Zuma om homself oor te gee aan die polisie, maar sy ondersteuners wil niks hiervan weet nie en dreig selfs met oorlogvoering. Kenners meen die Openbare Beskermer se dae is getel. Die belastingindiening-seisoen vir individue en trusts het gister geopen. In Johannesburg sit verskeie inwoners van Westdene bykans 'n week lank sonder elektrisiteit. 'n DA-raadslid meen dis weens 'n gebrek aan die opgradering van infrastruktuur in die stad se voorstede. ‘n Padvervoer- en –verkeerskonsultant meen nie die AARTO-wetgewing wat gister in werking getree het, is 'n geldmaakfoefie nie.

Monitor 1 Julie 2021 - Deel 2
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting tree vandag in werking om onder meer die gebruik van mense se persoonlike inliting te reguleer. Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, ontken dat die regering roekeloos was deur nie vlugte van Indië te keer om die Delta-variant van die Coronavirus na Suid-Afrika te bring nie.

Monitor 1 Julie 2021 - Deel 1
Die Openbare Beskermer steun die minderheidsuitspraak oor oudpresident Jacob Zuma in die Konstitusionele Hof. Die AARTO-wet oor verkeersoortredings tree vandag in werking - of dalk nie.

Monitor 30 Junie 2021 - Deel 2
Oudpresident Jacob Zuma het geen ander keuse as om vir sy 15 maande tronkstraf aan te meld nie. Swaar reën en 'n stormsterk wind word in die Kaap verwag.

Monitor 30 Junie 2021 - Deel 1
Een uit elke vier Suid-Afrikaners ouer as 45 jaar het Tipe 2 diabetes - watter gevare hou COVID vir diabete in? Die Springbok-groep vir die eerste toets Vrydag teen Georgië, sluit drie nuwelinge in.

Monitor 29 Junie 2021 - Deel 2
Vervolging word oorweeg teen mense wat fopnuus oor Covid-19-entstowwe versprei. Navorsing deur ekonome van onder meer die Universiteit van Johannesburg wys dat tot 10% van gegoede huishoudings in Suid-Afrika welsynstoelaes eis.

Monitor 29 Junie 2021 - Deel 1
Die ANC kry dalk nie genoeg van 'n meerderheid in die parlement om Artikel 25 van die grondwet te verander nie. Is die plaaslike regeringsverkiesings in die weegskaal?

Monitor 28 Junie 2021 - Deel 2
Ons praat met twee kenners oor die gevaarliker Delta-variant en Vlak 4-inperkings. Die Proteas klop die Windies - ons praat met Pieter van den Berg oor gisteraand se krieket en die naweek se ander sport.

Monitor 28 Junie 2021 - Deel 1
Suid-Afrika klim weer op die waterkar onder 'n Vlak 4-inperking, terwyl reisbeperkings na en van Gauteng ingestel word. Vyf ISIS-lede word in Suid-Afrika in hegtenis geneem.

Monitor 25 Junie 2021 - Deel 2
Die premierskantoor se advieskomitee oor Covid-19 in Gauteng het aanbeveel dat die provinsie 'n kombinasie van vlak drie en vlak vier inperkingmaatreëls instel. Gauteng word by verre die ergste geraak deur die derde vlaag van die pandemie. Die ontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe in Mosambiek het die groen lig gekry - sal hulle in samewerking met SADEK-lande die terreurprobleem daar kan oplos? President Joe Biden vergader vandag met die president van Afghanistan, Ashraf Ghani, in Washington.

Monitor 25 Junie 2021 - Deel 1
Die ANC wil glo streng optree teen ontplooides in Noordwes wat nie hulle instruksies wil volg nie. Ons kry reaksie hierop en vra of die leierskapsprentjie in die streek binnekort kan verander. Gauteng se advieskomitee oor Covid-19 het aanbeveel dat die provinsie 'n kombinasie van vlak drie en vlak vier inperkingsmaatreëls instel. Franse hofamptenare het 'n slim manier gevind om senuweeagtige getuies te kalmeer.

Monitor 24 Junie 2021 - Deel 2
Kommer oor 'n dreigende waterkrisis in die Baai. 'n Gesogte toekenning vir 'n dokumentêr oor Distrik 6.

Monitor 24 Junie 2021 - Deel 2
Kommer oor 'n dreigende waterkrisis in die Baai. 'n Gesogte toekenning vir 'n dokumentêr oor Distrik 6.

Monitor 24 Junie 2021 - Deel 1
Die vrou wat glo geboorte aan 'n tienling geskenk het, was toe nooit swanger nie! Argentinië en Meksiko herroep hulle ambassadeurs na Nicaragua.

Monitor 23 Junie 2021 - Deel 2
'n Mediese kenner sê mense ouer as 50 moet nou 'n kans gegun word om ingeënt te word. President Cyril Ramaphosa maak bekend dat die hawens voortaan 'n onafhanklike filiaal van Transnet sal wees.

Monitor 23 Junie 2021 - Deel 1
Getuienis word by die Staatskapingskommissie gelewer oor die Guptas se vermeende uitgebreide geldwasserynetwerk. Die Minister van Binnelandse Sake word oor profeet Sheperd Bushiri oor die kole gehaal.

Monitor 22 Junie 2021 - Deel 2
Die selakant is weer in die nuus. Marinebioloë is boos vir Noorweë oor beplande eksperimente op walvisse.

Monitor 22 Junie 2021 - Deel 1
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat is besig met 16 korrupsiesake van miljarde rand. 'n Verdoemende verslag oor die plundering van staatsgeld in Zimbabwe.

Monitor 21 Junie 2021 - Deel 2
Die Hooggeregshof gelas dat die visepresident van Ekwatoriaal-Guinee meer as R39-miljoen aan skadevergoeding betaal vir die marteling van Daniel Janse van Rensburg. Die regering het glo nog nie op bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal gereageer nie. Daar word verwag dat nog liggame van Zama-Zamas by 'n Orkney-myn uigehaal sal word.

Monitor 21 Junie 2021 - Deel 1
'n Drukgroep begin 'n feiteveldtog oor polisiebrutaliteit. Die DA werf steun vir sy vuurwapenberaad, selfs ook om die Minister van Polisie, Bheki Cele, uit te nooi om dit by te woon.

Monitor 18 Junie 2021 - Deel 2
Dit gons oor 'n reuse diamant wat in Botswana gevind is - 'n geoloog vertel ons meer oor die stene. 'n Metaangaswolk hang oor Johannesburg - waar kom dit vandaan?

Monitor 18 Junie 2021 - Deel 1
Opposisiepartye sê daar is geen rede hoekom die gesondheidsminister nie voor hulle kan verskyn om vrae te beantwoord oor die Digital Vibes-tender nie. Talle skole is weer gesluit as gevolg van Covid-19-gevalle onder onderwysers en leerders - watter impak het dit op die onderrig? Ons draai in die buiteland en volg berigte op dat gevegte in Mianmar uitgebreek het tussen die weermag en rebellegroepe. Medelye stroom in ná die dood van die voormalige Zambiese president Kenneth Kaunda.

Monitor 17 Junie 2021 - Deel 2
Ons fokus op die politieke gebeure in Latyns-Amerika. Cloetesville Primêre Skool op Stellenbosch het die eerste skool in die land geword, wat 'n elektriese prestasiesertifikaat ontvang het. Buitelandse toeriste het begin om weer die Voortrekkermonument in Pretoria te besoek.

Monitor 17 Junie 2021 - Deel 1
Die regering het 'n nuwe netwerk gestig om werkloosheid onder die jeug te verminder. Inwoners van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap sê daar is minstens twee sterftes in die gemeenskap weens 'n voortdurende rioolprobleem in die gebied. Algoabaai in die Oos-Kaap is amptelik tot 'n Walvis-erfenisgebied verklaar. Ons praat met vakbonde oor die toename in Covid-19-infeksies onder leerlinge en onderwysers.

Monitor 16 Junie 2021 - Deel 2
Die vonke kan spat by vandag se Geneve-beraad tussen presidente Putin en Biden. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, dr. Angelique Coetzee, reageer op die nuwe Vlak 3-inperking.

Monitor 16 Junie 2021 - Deel 1
Suid-Afrika het om middernag na 'n Vlak 3-inperking beweeg. Jeugdag word vandag herdenk, 45 jaar ná die Soweto-tragedie.

Monitor 15 Junie 2021 - Deel 2
Sittings vir die Menseregtekommissie se ondersoek na taalkwessies by die Universiteit Stellenbosch duur voort. Die MK Militêre Veterane-vereniging sê hulle weier om te ontbind, soos wat die topbestuur van die ANC van hulle verwag. Die Rooivleisprodusente-organisasie beskryf die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal as 'n nasionale krisis.

Monitor 15 Junie 2021 - Deel 1
'n Studie het bevind dat 40% van studente nie geld vir kos gehad het tydens die streng grendeltydperk nie. Kommersiële eiendom vaar beter aan die kus as in die binneland. En 'n studie wat deur Cadiz Universiteit in Spanje gepubliseer is, wys dat plastiekstrooitjies nie die grootste besoedelaar van oseane is nie.

Monitor 14 Junie 2021 - Deel 2
Daar is 'n toenemende neiging om munisipaliteite hof toe te sleep oor swak dienslewering. Dit is die einde van die Benjamin Netanyahu-era in Israel.

Monitor 14 Junie 2021 - Deel 1
Die G7-wêreldleiers kom ooreen om 'n miljard dosisse coronavirus-entstof aan armer lande te verskaf, en jaarliks $100 miljard méér te gee om koolstofvrystellings te beperk. Hulde aan Shaleen Surtie-Richards.

Monitor 11 Junie 2021 - Deel 2
Ons kry duidelikheid oor wat die wysigings aan die Wet op Elektrisiteitsregulering beteken. Die komponis, Andrew Llowd Webber, is bereid om tronk toe gaan, solank hy net sy teaters se deure kan oopmaak - ons kry reaksie hierop en kyk na hoe plaaslike teaters vaar tydens die pandemie. Ons na die moontlike implikasies van Rusland se dreigement om te onttrek aan die Internationale Ruimtestasie-projek.

Monitor 11 Junie 2021 - Deel 1
Ons kry reaksie op die nuus dat die perk vir die ongelisensieerde opwekking van krag tot 100 Megawatt verhoog word. Ons vind ook uit presies wat die wysiging beteken en hoe dit die ekonomie kan raak. Suid-Afrika het volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes reeds die derde golf van die Covid-19-pandemie betree. Ons kry die jongste oor die waterkrisis in Koster wat inwoners weer sonder water gelaat het.

Monitor 10 Junie 2021 - Deel 2
Fase 4 beurtkrag kan die ekonomie 'n verlies van R68-miljoen per uur kos. Lydenburg se inwoners sit hulle voet neer oor die gebrek aan dienslewering.

Monitor 10 Junie 2021 - Deel 1
Anders as Ace Magashule, maak die Minister van Gesondheid dit maklik vir die president. Suid-Afrika het nog nie sy hersiende teikens vir die inperking van kweekhuisgasse finaal bepaal nie.

Monitor 9 Junie 2021 - Deel 2
Hospitale in Soweto is onder druk weens 'n skerp toename in Covid-19-infeksies. Die ekonomie het in die eerste kwartaal van 2021 gegroei. Die Tuinroete in die Wes-Kaap herdenk die dodelike brande wat vier jaar gelede in Knysna en Plettenbergbaai uitgebreek het. Brittanje tree Vrydag op as gasheerland vir die G7-beraad.

Monitor 9 Junie 2021 - Deel 1
President Cyril Ramaphosa het minister Zweli Mkhize op spesiale verlof geplaas. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê dit is noodsaaklik dat onderwysers so gou moontlik teen Covid-19 ingeënt word. Swanger vroue op plattelandse dorpe in die Oos-Kaap gebruik tradisionele medisyne omdat hulle swak toegang tot gesondheidsorg het.

Monitor 8 Junie 2021 - Deel 2
Vrae oor Covid-inentings. Ons bespreek die Springbokgroep teen die Britse Leeus.

Monitor 8 Junie 2021 - Deel 1
Die sterk rand bevoordeel Suid-Afrika. Hulde word gebring aan die gewilde aktrise Shaleen Surtie-Richards.

Monitor 7 Junie 2021 - Deel 2
'n Kundige sê mediese fondse hou geld wat hulle mediese praktisyns skuld terug, want hulle beweer die geld word onregmatig gehef. Ons fokus op die moontlikheid van gereelde beurtkrag hierdie winter. En nuwe navorsing is pas gepubliseer oor honde wat geneties aangepas het om suksesvol met mense te sosialiseer.