
Monitor
4,291 episodes — Page 31 of 86

Monitor 4 Junie 2021 - Deel 2
Die Junie matriekeksamen is amptelik afgestel. Die hoof van Ontwikkeling by die Solidariteit Skoleondersteuning-sentrum, Melanie Buys, sê as 'n skool kan voortgaan met die eksamen, moet hulle dit doen. Versekeraars ervaar 'n toename in doodseise weens die Covid-19-pandemie. Anja Kuys van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika het meer inligting. Ons fokus op verskeie aspekte van mediese oorplantings, en kyk onder meer na hoe dit werk. Ons praat ook met 'n ma wie se jong kind verlede jaar 'n nieroorplanting gekry het.

Monitor 4 Junie 2021 - Deel 1
Die DA vra dat die Minister van Gesondheid geskors moet word oor sy beweerde betrokkenheid by die toekenning van 'n omstrede kontrak aan 'n kommunikasiemaatskappy. Ons kry wye reaksie op die besluit om matrikulante se Junie-eksamen af te stel.

Monitor 3 Junie 2021 - Deel 2
Ons praat met die DA en die Menseregtekommissie oor die probleme van kankerlyers wat van staatshospitale afhanklik is vir bestraling of chemoterapie. Ons fokus op die land se werkloosheidsprobleem.

Monitor 3 Junie 2021 - Deel 1
Meer as 'n honderd sake oor die aankoop van persoonlike beskermde toerusting is na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys. Versoeke dat die afdanking van die Wes-Kaapse speurhoof, Jeremy Vearey, ondersoek word. The Green Connection lê 'n amptelike klag oor die omgewingsimpakstudie wat gedoen is vir 'n voorgestelde kragskipprojek in Saldanhabaaihawe.

Monitor 2 Junie 2021 - Deel 2
Daar is kommer oor die ANC en EFF se voorstelle oor grondonteiening. En Fase 2 beurtkrag word tot Vrydag toegepas.

Monitor 2 Junie 2021 - Deel 1
Johannesburg beleef 'n krisis met chemoterapie en bestraling. En die PAP val op die grond in Midrand.

Monitor 1 Junie 2021 - Deel 2
Ons kry reaksie op die Reserwebank se waarskuwing dat staatskuld die land se finansiële stabiliteit bedreig. Die voorgestelde vuurwapenwetgewing het opposisiepolitici en landsburgers warm onder die kraag. Die Winterhoop-veldtog begin.

Monitor 1 Junie 2021 - Deel 1
Sommige hospitale in Gauteng ondervind watertekorte. Daar is 'n daling in die petrolprys. Die parlementêre ad hoc-komitee wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet ondersoek, vra vir 'n verlenging om sy werk af te handel.

Monitor 31 Mei 2021 - Deel 2
Vandag, 60 jaar gelede, het Suid-Afrika 'n republiek geword. Koue, nat weer slaan van vandag af oor groot dele van die land toe.

Monitor 31 Mei 2021 - Deel 1
Die president kondig strenger inperkingsmaatreëls aan. Ons praat deur die loop van die program met 'n mediese kenner, 'n politieke ontleder en 'n ekonoom hieroor.

Monitor 28 Mei 2021 - Deel 2
Sommige westelike voorstede van Johannesburg ervaar steeds watertoevoerprobleme. Een van Suid-Afrika se voorste mediese wetenskaplikes waarsku dat die derde Covid-golf nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Monitor 28 Mei 2021 - Deel 1
Die Johannesburg Metropolisie reik uit na inwoners met 'n beker koffie. Transgender-vroue kan nou ook aan die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie deelneem.

Monitor 27 Mei 2021 - Deel 2
'n Veerboot sink in Nigerië met 150 mense aanboord. 'n Onderhoud uit ons argief met die veteraanomroeper, skrywer en aktrise Monica Breed wat op 98 oorlede is.

Monitor 27 Mei 2021 - Deel 1
Oudpresident Zuma kry sy dag in die hof in verband met korrupsie. Hulde aan die bekende akteur Ben Kruger.

Monitor 26 Mei 2021 - Deel 2
Tegnologie word ingespan om die Afrika Wildehond-bevolking in die Nasionale Krugerwildtuin te monitor. Behoort sensuur 'n plek in ons samelewing te hê, wanneer dit kom by geweld op die silwerskerm? Ons praat met twee kenners hieroor. Die Gautengse regering het die aantal Covid-19-inentingsterreine vermeerder.

Monitor 26 Mei 2021 - Deel 1
SADOU in die Vrystaat versoek dat alle werkswinkels vir onderwysers uitgestel moet word, te midde van 'n toename in Covid-19-infeksies. Die Suid-Afrikaanse Raad van die Hajj en Umrah sê dit is moeilik om te voorspel of enige Suid-Afrikaners aan die Hajj-pelgrimstog sal deelneem. Ons praat met die Franse ambassadeur in Pretoria oor die huidige stand van die verhouding tussen Frankryk en Suid-Afrika.

Monitor 25 Mei 2021 - Deel 2
Kommer oor Suid-Afrika se vermoë om die Pfizer Covid-entstof teen die gewensde temperatuur te berg. Die eerste letterkunde in die N/uu-taal word op Upington bekendgestel.

Monitor 25 Mei 2021 - Deel 1
Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, word betrek by korrupsie van R90-miljoen. Die VSA gaan omvattende sanksies teen Ethiopië instel.

Monitor 24 Mei 2021 - Deel 2
Die V.N. se Menseregtekommisariaat vir Vlugtelinge sê meer as 20 miljoen mense is wêreldwyd ontwortel weens klimaatsverandering. Nuwe konsepwetgewing oor die uitreiking van vuurwapens bepaal dat selfverdediging nie meer as 'n rede vir die besit van 'n wapen gegee kan word nie. Die rolprente Griekwastad en Toorbos wen SAFTA-toekennings.

Monitor 24 Mei 2021 - Deel 1
Bekommerde inwoners snoer kragte saam om 'n uiters sensitiewe omgewing, Kenmarekloof, aan die Gautengse Wesrand te bewaar. Daar is 'n toename in hawelose kinders in Prieska in die Noord-Kaap. 'n Onkruid met die wetenskaplike naam, Amaranthus Palmer, bedreig somergewasse.

Monitor 21 Mei 2021 - Deel 2
Eskom wil hierdie winter beurtkrag in die aand toepas - ons vra antwoorde van Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer. 'n Ekonoom verduidelik wat die ekonomiese impak van kragtekorte is.

Monitor 21 Mei 2021 - Deel 1
'n Militêre ontleder bespreek die skietstilstand tussen Israel en Hamas. Die Kerkstraat-bomontploffing 38 jaar gelede word onthou.

Monitor 20 Mei 2021 - Deel 2
Inwoners van die Renosterberg-munisipaliteit sê dienslewering gaan agteruit nadat 'n administrateur verlede jaar aangestel is. Ons praat met die hoofsekretaris van die Evangeliese Alliansie in Suid-Afrika, eerwaarde Moss Nthla, oor die konflik tussen Israel en die Palestyne. 'n Studie deur die Steve Biko Sentrum vir Bio-etiek wys dat swak bestuursvaardighede onder taxibestuurders nie noodwendig die wortel van kwaad is wat padveiligheid betref nie.

Monitor 20 Mei 2021 - Deel 1
Boere verwelkom die DA se versoek om die Oos-Kaap tot 'n droogterampgebied te verklaar. Kontaksport by skole is weens Covid-19 opgeskort. Gesondheidspraktisyns in die privaatsektor vra die regering om die administrasiefooi, wat mense vir die Covid-19-inenting moet betaal, te verhoog.

Monitor 19 Mei 2021 - Deel 2
Die Joodse gemeenskap vra die Suid-Afrikaanse regering om ewewigtig te wees in sy veroordeling van die konflik in die Midde-Ooste. Buitelandse besoeke aan Suid-Afrika neem met 80% af.

Monitor 19 Mei 2021 - Deel 1
Nog 'n plaasaanval, dié keer suid van Warden in die Vrystaat, skok die plattelandse bevolking. Boewe in Pretoria strooi spykers op die pad om motoriste tot stilstand te bring en te beroof. In die toekoms gaan mense meer betekenisvolle, sinvolle en bevredigende werk vereis.

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 2
Die voorsitter van die Veediefstal Inligtingsentrum op Ermelo, Cecilia Beukes, sê daar is 'n reuse toename in veediefstal in Mpumalanga. Opkomende boere in Gauteng loop ook toenemend deur onder veediewe. Die struggleveteraan en teoloog, dr. Allan Boesak, sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle diplomatieke bande met Israel verbreek.

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 1
Honderde ouer mense word teen Covid-19 ingeënt. 'n Tienerseun sterf tydens diensleweringsbetogings in die Mangaung Metro. Boko Haram was vanjaar verantwoordelik vir meer as 100 aanvalle op burgerlike en militêre teikens.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 2
Verskeie opposisiepolitici sê hulle sal hulle nie laat inent nie. Ons wonder hoekom, en vra 'n kenner of dit so 'n goeie idee is. Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, António Guterres, vra dat die gevegte tussen Israel en Palestina onmiddelik gestaak moet word.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 1
Oudpresident Jacob Zuma kry sy langverwagte dag in die hof, maar dit word dalk net weer uitgestel. Die nuuspublikasie, Noseweek, moet dalk sy deure sluit.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 2
Die Verkiesingskommissie wil meer jong mense aanspoor om te registreer vir die komende plaaslike regeringsverkiesing. 'n Voormalige president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs reageer op die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer om die land se waterstelsels reg te ruk. Leon van Nierop raak liries oor die nuwe Afri-Kaapse fliek, Barakat.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 1
Die Wes-Kaap ondervind 'n oplewing van Covid-19-infeksies. Die Moslemgemeenskap vier vandag Eid al-Fitr. Portugal gaan soldate in Mosambiek oplei om terreur in die Cabo Del Gado provinsie te probeer hok slaan.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 2
Ons sit ons gesprek oor stedelike verval voort, en praat met die vorige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, om 'n beter begrip van die situasie te kry. Die Nasionale Khoisan-raad sê hoewel hulle bly is oor die nuwe Khoi en San Tradisionele Leierskapswet, is daar steeds leemtes.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 1
Die ergste gevegte in jare ontwrig die lewe van Israeli's én Palestyne. Motoriste in Pretoria kry raad oor wat om met korrupte en intimiderende metropolisiebeamptes te doen. Gevangenes wat weens die pandemie uit oorvol tronke vrygelaat is, word weer gearresteer, maar dié keer vir erger misdade.

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 2
Vrese van 'n volskaalse oorlog in Israel. Kommer oor die verval van sekere woonbuurte in Johannesburg.

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 1
Die geskorste ANC sekretarisgeneraal word 48 uur gegee om jammer sê. Bewerings dat die Tshwane-metropolisie motoriste terroriseer vir omkoopgeld.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 2
Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het gister die uitkomste van sy spesiale vergadering oor die naweek bekend gemaak. Ons ontleed die gebeure en besluite wat daar geneem is. Ons vind uit hoe die vergadering tussen Solidariteit en die Minister van Water en Sanitasie verloop het oor die invoer van Kubaanse ingenieurs.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 1
Kenners meen dat ons nog nie die derde vlaag van Covid-19 ingaan nie. Njozi, die jagluiperd, gaan moeiliker kan ontsnap noudat sy baie nouer gemonitor word. Die vullisprobleem in die Mangaung Metro gee inwoners meer as 'n kopseer. Die ANC sê sy adjunk-sekretarisgeneraal, Jessie Duarte, sal die pligte van die geskorste sekretarisgeneraal, Ace Magashule, oorneem.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 2
Ons bespreek die woelinge in die ANC. Ons praat met Carl Niehaus en 'n politieke ontleder. Plantkundige Ernst van Jaarsveld vertel van 'n ekspedisie na Angola.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 1
Hulp aan inwoners in die Overberg ná hewige storms. Die Vryheidsfront Plus het 'n prokureursbrief aan die stadsbestuurder van die Manguang-metromunisipaliteit gestuur waarin oplossings geëis word oor vullisverwydering.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 2
Die oor-en-weer skorsery van senior leiers in die ANC het onleders aan die bespiegel oor die toekoms van die regerende party. Die Instituut vir Rasseverhoudinge meen president Cyril Ramaphosa is meer lojaal aan ANC-kaders as aan landsburgers. Leon van Nierop lek sy lippe af vir die watertand-kosmaakfliek, Love Sarah, wat vandag in teaters begin.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 1
Die aanranding van die Vrystaatse boer, Gert Terblanche, kon 'n wraakaanval gewees het. Meer inligting oor twee versekeringsmaatskappye se inisiatief om slaggate reg te maak, kom aan die lig. Daar is glo 48-duisend slaggate in Johannesburg. Die soektog na 'n jagluiperd wat uit die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria ontsnap het, kan weke duur.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 2
'n Bohaai oor olie-ontginning in Namibië en Botswana. Ongelukkigheid oor nuwe ontwikkelings langs die Suid-Kaapse kus.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 1
Die ANC skors en muilband Ace Magashule. Ons praat hieroor met 'n politieke ontleder. Die ANC in Johannesburg kom onder skoot vir sy hantering van die sogenaamde slaggat-pandemie.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 2
Die G7-lande se Ministers van Buitelandse Sake vergader vir die eerste keer in twee jaar in Londen om internasionale knelpunte te bespreek. Slegs 24% van swart kandidate wat Desember se eksamen vir geoktrooieerde rekenmeesters afgelê het, het geslaag. 'n Sosiale media krisisbestuurder verduidelik hoekom al hoe meer mense hulle sosiale media rekeninge sluit.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 1
Inwoners van Olifantshoek in die Noord-Kaap is al vir langer as 'n week sonder water. Die Wes-Kaapse regering wil meer as 720 000 ouer mense teen Covid-19 inent. Die drukgroep, The Green Connection, is ontevrede met die regering se plan om kragskepe te gebruik om bykomende elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 2
Hoe vry is die media in Suid-Afrika en die res van Afrika? Ons praat met 'n kenner. Navorsing wys nuwe neigings in vakansiegangers se gedrag.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 1
Vrystaat se slaggate eis nog 'n lewe. Uiteenlopende reaksie op die jongste aanbevelings oor leeus.

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 2
Die regering hoop om binne die volgende paar weke 'n strategiese ekwiteitsvennoot vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens te vind. 'n Langverwagte verslag deur 'n hoëvlakpaneel oor die bestuur, teel, jag en handel van wilde diere is vrygestel. Die DA versoek die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, om 'n taakspan saam te stel om die toenemende voorvalle van veediefstal in die provinsie te ondersoek. En marienebioloë het 25 duisend vate gifstof in die see aan die Suid-Kaliforniese kus gevind.

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 1
Die oorsaak van die brand by 'n pakhuis in Fordsburg in Johannesburg is nog nie vasgestel nie. Ethiopië wil weer sy reservoir op die Nylrivier opvul, maar die Soedanese regering is baie ontevrede met hierdie besluit. Die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se oorskot is uiteindelik terug in sy tuisdorp, Richardsbaai, in KwaZulu-Natal. En SABC 2 het 'n aantal SAFTA-benoemings losgeslaan.