PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,406 episodes — Page 31 of 89

Monitor 24 Augustus 2021 - Deel 2

Politieke ontleder Kelvin Knowles sê die DA sal waarskynlik sy beheer oor Kaapstad behou met Geordin Hill Lewis se benoeming as burgemeesterskandidaat. Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 oorweeg die moontlikheid van verpligte inentings vir werkers in spesifieke sektore. Nuwe navorsing oor Kaapse pelsrobbe wys dat wetgewing nodig is om te bepaal hoe en waar daar van visnette en vislyne ontslae geraak word.

Aug 24, 202142 min

Monitor 24 Augustus 2021 - Deel 1

Covid-19-gevalle in Noord-Kaapse skole neem drasties toe. Die Organisasie vir Landelike en Plaaswerker-ontwikkeling sê die regering moet dié werkers prioritiseer om Covid-19-inentings te ontvang. Inwoners van KwaZulu-Natal dink terug aan wat hulle verlede maand tydens die onrus deurgemaak het.

Aug 24, 202141 min

Monitor 23 Augustus 2021 - Deel 2

Spoortoerisme in Suid-Afrika stort in duie. 'n Goue medalje én 'n nuwe wêreldrekord vir Suid-Afrika se onder-20 4x100-aflosspan.

Aug 23, 202137 min

Monitor 23 Augustus 2021 - Deel 1

Veiligheidsmagte is op 'n hoë gereedheidsgrondslag ná sosiale media-boodskappe met oproepe tot nóg ontwrigting. Die beheerliggaam van 'n skool in Centurion gaan hof toe om van 'n skoolhoof ontslae te raak.

Aug 23, 202139 min

Monitor 20 Augustus 2021 - Deel 2

President Joe Biden sê Amerikaanse soldate sal waarskynlik in Afganistan aanbly langer as die aanvanklike spertyd van einde Augustus. Leon van Nierop resenseer een van die snaaksste TV-reekse van die jaar. Dr. Willem Botha praat vanoggend oor die woord, tjips.

Aug 20, 202143 min

Monitor 20 Augustus 2021 - Deel 1

'n Nuwe Speaker van die Nasionale Vergadering is verkies. 'n Aansoek by die Konstitusionele Hof om die plaaslike regeringsverkiesing uit te stel, word vandag aangehoor. Suid-Afrikaners sal dalk tot 12% van hulle inkomste aan 'n maatskaplike sekerheidsfonds moet bydra.

Aug 20, 202142 min

Monitor 19 Augustus 2021 - Deel 2

Munisipale bestuurders onder die loep in 'n korrupsieverslag. 'n Suid-Afrikaanse vrou maak geskiedenis by Oxford.

Aug 19, 202143 min

Monitor 19 Augustus 2021 - Deel 1

Die polisie het die afgelope boekjaar klaaglik misluk in die haal van sy eie teikens. Daar is kritiek op die manier waarop die Weste uit Afghanistan onttrek het.

Aug 19, 202138 min

Monitor 18 Augustus 2021 - Deel 2

'n Moslem-akademikus sê Afgane se vrees vir die Taliban is oordryf. 'n Suid-Afrikaner wat Afganistan in die verlede besoek het, vertel van haar ervaring.

Aug 18, 202143 min

Monitor 18 Augustus 2021 - Deel 1

Veterane van Suid-Afrika se bosoorlog voel soms vergete oor 'n oorlog wat nie glorie gebring het nie, maar 'n Amerikaanse militêre akademikus het 'n meer positiewe blik. Die Oktobervakansie vir skoolkinders is in die weegskaal.

Aug 18, 202140 min

Monitor 17 Augustus 2021 - Deel 2

Ons bespreek die jongste verwikkelinge in Afghanistan met 'n kenner in Krygskunde.

Aug 17, 202145 min

Monitor 17 Augustus 2021 - Deel 1

Daar is steeds talle vrae nege jaar ná die Marikana-slagting. 'n Verslag wys Suid-Afrikaners dok baie op vir hulle veiligheid.

Aug 17, 202141 min

Monitor 16 Augustus 2021 - Deel 2

Die parlement is besig om meganismes daar te stel om ministers wat traag is om vrae te beantwoord, tot verantwoording te roep. Die prys van die huishoudelike voedselmandjie styg oor die afgelope 12 maande met meer as R280. Die beperking op visvang naby pikkewynkolonies word deur omgewingsbewaringsorganisasies verwelkom.

Aug 16, 202143 min

Monitor 16 Augustus 2021 - Deel 1

Duisende mense probeer uit Kaboel in Afghanistan vlug uit vrees vir die Taliban. 'n Gesiene hartsjirurg se uitlatings oor Covid-19-entstowwe krap die mediese establishment om.

Aug 16, 202141 min

Monitor 13 Augustus 2021 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa sê aan die Staatskapingskommissie dat hy nie probeer om mag op te bou, om met sy vyande af te reken nie. Die aantal nuwe Covid-19-gevalle in die land het die afgelope 24 uur bykans verdubbel. Ysige weer word die naweek voorspel.

Aug 13, 202142 min

Monitor 13 Augustus 2021 - Deel 1

Suid-Afrikaners het tot vandag tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysiging aan Artikel 25 van die grondwet, wat die onteiening van grond sonder vergoeding betref. Te midde van ysige weersomstandighede in Gauteng is sowat 60 gesinne in die Midvaal se toekoms onseker. 'n Vulstasie in Johannesburg bekom 'n lisensie om drank te verkoop. Nie almal is egter hiervoor te vinde nie.

Aug 13, 202142 min

Monitor 12 Augustus 2021 - Deel 2

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê hy is onskuldig in die asbesdak-korrupsiesaak. Ons praat met Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, oor die jongste terugslae by die kragvoorsiener, soos Sondag se ontploffing by die Medupi-kragstasie.

Aug 12, 202142 min

Monitor 12 Augustus 2021

President Cyril Ramaphosa getuig voor die Zondo-kommissie dat hy die afdanking van finansminister Nhlanhla Nene in 2015 as die laaste strooi beskou het. Ekonoom Moeletsi Mbeki gee ANC-beleid die skuld vir armoede en werkloosheid.

Aug 12, 202140 min

Monitor 11 Augustus 2021 - Deel 2

'n Nuwe burgemeester is vir Johannesburg verkies. Opposisiepartye is teleurgesteld met die ANC-koukus se benoeming van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as die volgende Speaker in die Nasionale Vergadering. Ons fokus op die geo-politieke gevolge van klimaatsverandering op eilandstate en hulle inwoners.

Aug 11, 202143 min

Monitor 11 Augustus 2021 - Deel 1

Gauteng se aansoekproses vir Graad 8-leerlinge het amptelik begin. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee sê atlete wat medaljes by die Olimpiese Spele ingepalm het, sal beloon word. Bykomende wetstoepassers is in Delft op die Kaapse Vlakte ontplooi. Ons fokus op seerowery aan die weskus van Afrika.

Aug 11, 202137 min

Monitor 10 Augustus 2021 - Deel 2

Ons kry reaksie op die VN interregeringspaneel se verslag oor klimaatsverandering. Groot brande woed in Griekeland en in die noorde van Kalifornië.

Aug 10, 202140 min

Monitor 10 Augustus 2021 - Deel 1

Skok nadat 'n plaasaanval naby Harrismith 'n gesin van vyf eis. 'n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies wys dat temperature vinniger styg as wat tot nou toe verwag is. Die 'nuwe' Suid-Afrikaanse Lugdiens het nog nie begin vlieg nie - die bestuur sukkel glo om vlieëniers te kry met die nodige ervaring en kwalifikasies.

Aug 10, 202140 min

Monitor 9 Augustus 2021 - Deel 2

Ons praat met mediese kenners oor die WGO se voorgestelde moratorium op die toediening van bykomende COVID-19-versterkingsdosisse. Vroueregisseurs en -akteurs veg vir ’n hoër profiel in rolprente en televisiereekse.

Aug 9, 202145 min

Monitor 9 Augustus 2021 - Deel 1

Kommunikasievakbonde spreek hulle kommer uit oor die teenwoordigheid van soldate by SAUK-geboue. Gemengde reaksie op Brandfort in die Vrystaat se naamsverandering na Winnie Mandela. Kundiges sê onverwerkte trauma wat die Covid-19-pandemie veroorsaak, beroof mense van hulle gewone manier om die dood te rou.

Aug 9, 202143 min

Monitor 6 Augustus 2021 - Deel 2

Ons ontleed president Cyril Ramaphosa se langverwagte kabinetskommeling. Ons kyk na die jongste sportgebeure, veral by die Olimpiese Spele. Leon van Nierop resenseer die uitbundige JUNGLE CRUISE en die louwarm OLD.

Aug 6, 202147 min

Monitor 6 Augustus 2021 - Deel 1

President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling kry 'n louwarm ontvangs by opposisiepartye. 'n Ondersoek word gelas na 'n video wat versprei word van polisiebeamptes wat 'n skoolmeisie hardhandig behandel en in 'n voertuig stop.

Aug 6, 202146 min

Monitor 5 Augustus 2021 - Deel 2

Aansoeke vir die R350 noodtoelaag open môre. Reaksie op die Verkiesingskommissie se aansoek om die plaaslike regeringsverkiesings tot volgende jaar uit te stel. Verskeie atlete het in die verlede die Olimpiese Spele gebruik om asiel in 'n ander land te soek. Bogemiddelde reënval in die winter vir die Wes-Kaap.

Aug 5, 202146 min

Monitor 5 Augustus 2021 - Deel 1

Plattelandse en verafgelëe gebiede gaan geprioritiseer word vir Covid-19-inentings. 'n Parlementêre ondersoek na die regering se noodkrag-verkrygingsprogram word wyd verwelkom. Onderwysersvakbonde versoek 'n vergadering met minister Angie Motshekga oor die afstand wat tussen leerlinge gehandhaaf moet word.

Aug 5, 202147 min

Monitor 4 Augustus 2021 - Deel 2

Wetstoepassers krap kop oor afgeslagte katte op die Kaapse Vlakte. Ons bespreek die spanne vir Saterdag se deurslaggewende stryd tussen die Bokke en die Britse en Ierse Leeus.

Aug 4, 202147 min

Monitor 4 Augustus 2021 - Deel 1

Kommer oor dienslewering in Johannesburg meer as drie weke ná die afsterwe van die burgemeester. Die Taliban bedreig toenemend die beheer van regeringsmagte in Afghanistan.

Aug 4, 202143 min

Monitor 3 Augustus 2021 - Deel 2

Vakbonde se dringende hofaansoek om die Mango lugredery in sakeredding te plaas, word vandag aangehoor. Die Medupi kragstasie is ná 14 jaar voltooi. TLU SA versoek die Departement van Water en Sanitasie om die land se waterbroninfrastruktuur te herstel.

Aug 3, 202146 min

Monitor 3 Augustus 2021 - Deel 1

Die Departement van Gesondheid werk aan 'n program om ongedokumenteerde buitelanders, teen Covid-19 in te ent. Die DA sê 'n totale herstrukturering van die land se drie sekuriteitsstrukture word benodig. Minder as 1% van die Suid-Afrikaanse bevolking is geregistreer as orgaan- of weefselskenkers.

Aug 3, 202140 min

Monitor 2 Augustus 2021 - Deel 2

Hulde word gebring aan 'n reus in die sakewêreld. Ons het die jongste nuus van die Olimpiese Spele.

Aug 2, 202142 min

Monitor 2 Augustus 2021 - Deel 1

Ons bespreek die spanning tussen die hoëkoppe in die polisie. Covid-regulasies by skole word verslap.

Aug 2, 202141 min

Monitor 30 Julie 2021 - Deel 2

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die Nasionale Vergadering die ondersoek na haar ampsbevoegdheid onmiddelik staak. Die sperdatum vir die hernuwing van bestuurslisensies wat weens die grendeltyd verval het, kom vinnig nader. In sy weeklikse fliekrubriek word Leon van Nierop katswink geslaan deur die plaaslike dokumentêr, Devilsdorp.

Jul 30, 202144 min

Monitor 30 Julie 2021 - Deel 1

Die Polisiediens sê begrotingsbesnoeiings het 'n groot impak op misdaadbestryding. Die Departement van Landbou sloer om verkoelde bergingsfasilliteite in die Durbanse Hawe te bied. Staatshospitale in die Wes-Kaap is onder gewelddige druk weens 'n toename in Covid-19-infeksies.

Jul 30, 202138 min

Monitor 29 Julie 2021 - Deel 2

'n Buurland kritiseer president Ramaphosa heftig oor sy hantering van die plundertogte. 'n Dodelike koraalsiekte verprei teen rasse skrede in die Karibiese See.

Jul 29, 202142 min

Monitor 29 Julie 2021 - Deel 1

Die Noordwes-regering gaan vyf munisipaliteite ontbind. Die skade word bepaal ná die kuberaanval op Transnet 'n week gelede.

Jul 29, 202140 min

Monitor 28 Julie 2021 - Deel 2

'n Bod word by UNESCO ingedien om Stellenbosch as 'n Afrikaanse Stad van Letterkunde te erken. Is daar 'n verband tussen die onluste in KwaZulu-Natal en die kuberaanval op Transnet?

Jul 28, 202143 min

Monitor 28 Julie 2021 - Deel 1

Suid-Afrikaners soek antwoorde oor wat presies agter die skerms gebeur het met die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Buurtwagte in KwaZulu-Natal kom onder skoot.

Jul 28, 202142 min

Monitor 27 Julie 2021 - Deel 2

Mediese verenigings spreek hulle kommer uit oor die gebruik van ivermektien. Diere word nou vir die eerste keer by Onderstepoort geskandeer.

Jul 27, 202142 min

Monitor 27 Julie 2021 - Deel 1

Politieke partye reageer op president Ramaphosa se Vlak 3 aankondiging. Twintigmiljoen blikkieskos word aan die mark onttrek.

Jul 27, 202140 min

Monitor 26 Julie 2021 - Deel 2

In Kaapstad betoog mense teen Covid-19-inentings. Die swemmer, Tatjana Schoenmaker, is dalk Suid-Afrika se beste hoop op 'n goue medalje by die Olimpiese spele in Tokio. Sy het reeds in die uitdunne 'n nuwe Olimpiese rekord opgestel.

Jul 26, 202141 min

Monitor 26 Julie 2021 - Deel 1

Al hoe meer instansies wil weet hoekom die regering nie 'n raad van ondersoek na die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng belê nie. President Cyril Ramaphosa sê die maatskaplike verligtingstoelaag van R350 sal weer ingestel word, maar net tot die einde van Maart 2022.

Jul 26, 202142 min

Monitor 23 Julie 2021 - Deel 2

Het die tienertelevisiereeks 'n plafon bereik, of is daar nog kans op vernuwing? Leon van Nierop verduidelik in sy weeklikse fliekrubriek. Dr. Willem Botha bespreek die woord, doleer.

Jul 23, 202145 min

Monitor 23 Julie 2021 - Deel 1

Die Olimpiese Spele in Tokio begin vandag amptelik. Australië se eersteminister onder skoot oor die stadige uitrol van Covid-19-entstof.

Jul 23, 202137 min

Monitor 22 Julie 2021 - Deel 2

Die koste vir Suid-Afrika om die ekonomie te herbou ná verlede week se onluste, kan baie groter wees as wat aanvanklik beraam is. Die VN se Kommisaris vir Menseregte veroordeel die gebruik van spioenasiesagteware om op staatshoofde van lande soos Frankryk, Marokko en Suid-Afrika te spioeneer.

Jul 22, 202143 min

Monitor 22 Julie 2021 - Deel 1

Die polisie ondersoek soveel as een-en-'n-half-miljoen ammunisierondes wat glo in Durban tydens die plundertogte daar gebuit is. 'n Interministeriële span van die Israelse regering ondersoek bewerings dat die kubertegnologiefirma, NSO, se sagteware gebruik is om op staatshoofde van lande soos Frankryk, Marokko en Suid-Afrika te spioeneer.

Jul 22, 202144 min

Monitor 21 Julie 2021 - Deel 2

Die voormalige adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, stel voor dat die plaaslike regeringsverkiesings tot vroeg in 2022 uitgestel word. Daar is 'n tekort aan hospitaalbeddens by privaathospitale in Limpopo weens die derde vlaag van Covid-19 infeksies. Die konflik in Ethiopië se Tigraygebied het oorgespoel na die Afar-streek.

Jul 21, 202144 min

Monitor 21 Julie 2021 - Deel 1

Die ANC parlementslid, Richard Dyantyi, is verkies as voorsitter van die ad hoc komitee wat ondersoek gaan doen oor die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid om haar amp te beklee. Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging vra dat boere die tempo van die verpakking van nuwe produkte moet verminder om 'n bottelnek in die Durbanse hawe te verhoed. Ons praat met 'n sosioloog, prof. Christi van der Westhuizen, oor die gebrek aan ondersteuningsnetwerke in die land se mees kwesbare gemeenskappe.

Jul 21, 202142 min