PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 36 of 87

Monitor 24 Desember 2020 - Deel 2

Vlieëniers is in die kollig nadat hulle alle geboue van SAL verbied is omdat hulle nie geneë is met die afskaling van hulle salarisse nie. Ons praat met 'n vlieënier om te hoor presies hoe hard hulle werk. Nog 'n oud-SAL vlieënier vertel dat hulle steeds pret kan hê, 30,000 voet bo die grond. Die minister van gesondheid is die Financial Mail se Man van die Jaar - ons kry reaksie hierop en kyk na wie anders ook die nuus gehaal het.

Dec 24, 202044 min

Monitor 24 Desember 2020 - Deel 1

Die voormalige raadsvoorsitter van die SAL, Dudu Myeni, is 'n driedubbele slag in die hof toegedien. Daar heers kommer oor wat president Donald Trump nog voor die einde van sy ampstermyn mag aanvang - ons kry reakie hierop en kyk na wat die gevaarligte laat flikker. Ons bring jou op hoogte van die vakansieverkeerpatrone.

Dec 24, 202042 min

Monitor 23 Desember 2020 - Deel 2

Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die VN se Veiligheidsraad moet hervorm word. Ons bring hulde aan Stan Henkeman, die ontslape uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening. Die toename in geslagsgebaseerde geweld tydens COVID-19 beteken minder geld en skuilplek wat nie-regerings organisasies aan slagoffers kan bied. Die Overstrand munisipaliteit in die Wes-Kaap het inwoners gevra om miljoene klein plastiekballetjies op te tel wat op die strand by Onrus lê.

Dec 23, 202044 min

Monitor 23 Desember 2020 - Deel 1

'n Ombud vir regsdienste word uiteindelik na etlike jare aangestel. Die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap loof die wetstoepassing-bevorderingsplan vir 54 arrestasies die afgelope naweek. Die DA verwelkom die openbare beskermer se jongste verslag oor die Estina-suiwelprojek.

Dec 23, 202044 min

Monitor 22 Desember 2020 - Deel 2

Die SAUK spandeer miljoene rande om sy eie beeld te verbeter - ons kry reaksie op dié en ander twyfelagtige uitgawes wat die openbare uitsaaier aangegaan het. Die burgemeester van Kaapstad bring ons op hoogte van planne om inwoners van Masiphumelele te help nadat 'n brand meer as 'n duisend wonings vernietig het. Nuwe Covid-beperkings in die Verenigde Koninkryk ry inwoners se Kersplanne behoorlik in die wiele.

Dec 22, 202046 min

Monitor 22 Desember 2020 - Deel 1

Die Zondo-kommissie sê hulle het nog drie maande tyd nodig om hulle werk te voltooi. 'n Vraag op Twitter oor waarom mans geprys word as hulle in en om die huis help, lok wye reaksie - ons praat met die vrou wat die vraag gestel het. 'n Suid-Afrikaanse mode-ontwerper vertel hoe die Covid-19-pandemie sy ontwerpe beïnvloed het.

Dec 22, 202040 min

Monitor 21 Desember 2020 - Deel 2

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, besoek Bloemfontein om die paraatheid van polisiebeamptes tydens die feestyd te beoordeel. Ons praat met 'n mediese kenner oor die impikasies van die nuwe Covid-19-variant.

Dec 21, 202046 min

Monitor 21 Desember 2020 - Deel 1

Die DA gaan hof toe om die strandverbod om te keer. Moenie skrik as jy in Kaapstad is en 'n stem uit die hemel maan jou om jou masker te dra nie. Bykans 1,400 onderwysers sterf aan Covid-19.

Dec 21, 202039 min

Monitor 18 Desember 2020 - Deel 2

Die daaglikse Covid-19-gevalle het tot 'n rekordhoogte opgeskiet toe meer as 10,000 nuwe gevalle in die jongste aanmeldingsiklus aangeteken is. Wat is ons voorland? Ons vra ook waar en wanneer die Covid-19-entstof in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, en wie dit sal kry? 'n Nuwe projek gebruik die miswolke wat oor Tafelberg gedrapeer is, om drinkwater te versamel. Drie Curriebeker-wedstryde word deur Covid-19 gekelder.

Dec 18, 202043 min

Monitor 18 Desember 2020 - Deel 1

Die Kaapstad Metroraad wil 'n dringende interdik bekom teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor hulle inmeging by die werk van 'n filmspan. Die onderwysdepartement maak sy planne bekend vir 2021 se skooljaar. Ons kry reaksie op dié planne, en vra wat anders gedoen kan word om die verlore skooljaar in te haal. Ons fokus ook op internasionale viswater waar meer as 400 Chinese vissersbote die gebiedswater van verkskeie Suid-Amerikaanse lande stroop.

Dec 18, 202043 min

Monitor 17 Desember 2020 - Deel 2

Supertekkies het die atletiekwêreld aan die gons. Kremetartbome wys die invloed van die son op ons weerpatrone.

Dec 17, 202044 min

Monitor 17 Desember 2020 - Deel 1

Die droogtegeteisterde Noord-Kaap kry plek-plek reën. Australië en China bots oor invoerheffings.

Dec 17, 202039 min

Monitor 16 Desember 2020 - Deel 2

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sal vir eers in sy pos aanbly, ondanks 'n aanbeveling van die party se integriteitskommissie dat hy opsy moet staan. Die Amerikaanse kieskollege het Joe Biden se oorwinning in die November verkiesing bevestig. Ons bespreek Suid-Afrikaners se vordering met versoening.

Dec 16, 202045 min

Monitor 16 Desember 2020 - Deel 1

Vrystaat Landbou sê die die voorgestelde onteieningswetsontwerp teiken alle bates van Suid-Afrikaanse burgers. Die hoofekonoom by PWC Suid-Afrika, Lullu Krugel, ontleed die jongste indiensnemingstatistiek. Hoeveel hormone skuil in Suid-Afrikaanse vleis? Ons stel dié vraag aan prof. Eddie Webb van die Departement Vleiskunde aan die Universiteit van Pretoria. Gift of the Givers verskaf kampbeddens aan talle hospitale in die Oos-Kaap om die druk op die hospitale in die Nelson Mandelabaai Metro te probeer verlig.

Dec 16, 202045 min

Monitor 15 Desember 2020 - Deel 2

'n Ekonoom, toerismekenner en politieke ontleder praat oor die nuwe Covid-19-maatreëls. Die Britse premier waarsku dat Brexit dalk van die baan is.

Dec 15, 202047 min

Monitor 15 Desember 2020 - Deel 1

Suid-Afrikaners se versuim om Covid-19-protokol te volg, lei tot strenger vakansiemaatreëls. Politieke partye reageer op die nuwe maatreëls.

Dec 15, 202042 min

Monitor 14 Desember 2020 - Deel 2

Die Oos-Kaapse regering oorweeg dit om strande en parke oor die feestyd te sluit. Daar is sprake van 'n moontlike samesmelting tussen die metropolisie, munisipale wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Polisie. Die departement van onderwys in Noordwes het 'n span saamgestel om die dood van drie matrikulante Vrydagaand in 'n botsing naby Brits te ondersoek. Pieter van den Berg bespreek die afgelope naweek se sport.

Dec 14, 202041 min

Monitor 14 Desember 2020 - Deel 1

Action SA is amptelik as 'n politieke party geregistreer. Plaasbewoners op die Hakahana plaas buite Kimberley sê die eienaar het hulle watertoevoer afgesny, omdat hy hulle van die plaas wil af dwing. Ons praat met 'n sielkundige oor pandemievoosheid, die term wat medici gebruik om mense se verbreking van COVID-maatreëls te verduidelik. Meksikaanse wetenskaplikes glo hulle het dalk 'n nuwe spesie snoetwalvisse ontdek.

Dec 14, 202044 min

Monitor 11 Desember 2020 - Deel 2

Suid-Afrika se Openbare Beskermer klou verbete vas aan haar posisie ondanks verskeie hofbevele. Ons praat met twee kenners hieroor. Pieter van den Berg bespreek die naweek se rugby en ander sport. Leon van Nierop het deur vanjaar se swakste rolprent geworstel.

Dec 11, 202045 min

Monitor 11 Desember 2020 - Deel 1

Uitspraak oor die herskryf van matriekvraestelle word vanmiddag gelewer. Die Tuinroete Distrikmunisipaliteit vra dat die weermag ontplooi word. Venezuela staan op die rand van 'n afgrond.

Dec 11, 202038 min

Monitor 10 Desember 2020 - Deel 2

Die fase drie resultate van die Oxford-Astra-Zeneca entstoftoetse is in die mediese vakjoernaal, The Lancet, gepubliseer. Ons praat met die kopieskrywer Deon Wiggett. Dit is meer as 'n jaar nadat hy podsendings gepubliseer het oor sy beweerde molesteerder. Die DA sê die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering is nie by magte om die verkiesing van die nuwe Nelson Mandelabaai Metro burgemeester nietig te verklaar nie.

Dec 10, 202045 min

Monitor 10 Desember 2020 - Deel 1

Agterplaasbewoners in Kaapstad vrees dat hulle Covid-19 kan opdoen. Die tweede vlaag van Covid-19 infeksies is amptelik in Suid-Afrika. Die Minster van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê die regering oorweeg om alle openbare byeenkomste oor die feesseisoen te verbied. Ons ontleed die voorlopige uitslae van die tussenverkiesings wat gister landwyd gehou is.

Dec 10, 202041 min

Monitor 9 Desember 2020 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa het bevestig dat Ace Magashule Saterdag voor die ANC se Integriteitskomitee sal verskyn. Ons kyk na dié en ander sake wat by ANC se NUK-vergadering bespreek is. Ons vind meer uit oor 'n tongverplasende luis wat pas deur 'n span Suid-Afrikaanse wetenskaplikes beskryf en benoem is. Die Internasionale Olimpiese Komitee het vier nuwe sportsoorte goedgekeur vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys gehou word. Branderplankry, skaatsplankry, klimsport en "breakdance" sal vir die eerste keer ingesluit word. Die internasionale nuusfront word oorheers deur nuus oor inentings teen Covid-19.

Dec 9, 202043 min

Monitor 9 Desember 2020 - Deel 1

Bushiri se mede-beskuldigde se borgtogaansoek sal eers Maandag voortgaan. Hoërskool Brackenfell se aansoek om 'n dringende interdik om te verhoed dat die EFF buite die skool betoog, is tot 22 Desember uitgestel vir uitspraak. Die Nasionale Minimumloonkommissie het aanbeveel dat die minimum loon van huishulpe volgende jaar verhoog moet word tot 88% van die nasionale minimum loon. Nie minder nie as drie Springbokke is gekies as lede van die Wêreld Rugbybekerspan van die Dekade. Die bekende Amerikaanse toetsvlieënier, kaptein Chuck Yeager, is op 97-jarige ouderdom oorlede.

Dec 9, 202036 min

Monitor 8 Desember 2020 - Deel 2

Reaksie op die regering se plan om 'n spesiale eenheid te skep om Suid-Afrika se grense op 'n volhoubare wyse te patrolleer. Die media in Iran berig dat die kernfisikus, Mohsen Fakier-Zadeh, deur middel van gesigherkenning vermoor is. Vanjaar se Plett Rage-fees op die Tuinroete kan moontlik nie meer gehou word nie. Wetenskaplikes het die wêreld se oudste koraalrifvis aan die Wes-Australiese kus ontdek.

Dec 8, 202044 min

Monitor 8 Desember 2020 - Deel 1

Die regering het R1-miljard rand toegeken om bestaansboere by te staan. Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, se wangedragverhoor voor die Regterlike Gedragstribunaal het na twaalf jaar begin. 'n Grootskaalse soektog na 'n veldwagter wat drie weke gelede verdwyn het, duur voort. Kiesers in Ghana het gister hulle kruisies getrek vir 'n nuwe president.

Dec 8, 202040 min

Monitor 7 Desember 2020 - Deel 2

Suid-Afrikaanse vissers werk glo onder haglike omstandighede en word uitgebuit. Ons bespreek die pas vrygestelde 2020 indeks vir maritieme veiligheid. Amerika het aangekondig dat twee inentings teen die Coronavirus ondersoek word vir noodgebruik. Een van die wêreld se grootste teleksope is tot niet - ons kyk na die bydrae wat die Arecibo-sterrewag die afgelope 57 jaar gelewer het.

Dec 7, 202043 min

Monitor 7 Desember 2020 - Deel 1

Onderwysersunies en studenteorganisasies stamp kop met die regering oor die besluit om twee matriekvraestelle te laat oorskryf. Die DA stel sy nuwe kabinet bekend. Die Kaapstad Metro het sy eerste laaistasie vir elektriese voertuie by die Bellville-burgersentrum bekendgestel.

Dec 7, 202042 min

Monitor 4 Desember 2020 - Deel 2

Die Wes-Kaapse premier maak 'n drieledige strategie bekend om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Ons praat met Wines of South Africa oor die Covid-19-pandemie se impak op die wynbedryf. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor 'n asemrowende dokumentêr, Kingdoms of Fire, Ice and Fairy Tales. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Dec 4, 202045 min

Monitor 4 Desember 2020 - Deel 1

Die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap word tot 'n Covid-19-brandpunt verklaar. 'n Waarskuwing teen dronkbestuur op Wes-Kaapse paaie. AfriForum het die Gelykheidshof genader om op te tree teen die EFF en sy leier Julius Malema, oor die sing van die lied "Kill the Boer, Kill the Farmer". 'n Spesialistoksikoloog sê Suid-Afrika se vleis is veilig en vry van antibiotika.

Dec 4, 202042 min

Monitor 3 Desember 2020 - Deel 2

Gauteng se premier stel planne bekend om gesondheidsorg in die provinsie te verbeter. Ons kry reaksie hierop en kyk na wat gedoen moet word om die stelsel te verbeter. Die Wes-Kaap het besluit om openbare geriewe en lokale te sluit en alle openbare byeenkomste word gekanselleer. 'n Maatskappy in Singapoer gaan die wêreld se eerste laboratoriumvervaardigde hoender verkoop.

Dec 3, 202046 min

Monitor 3 Desember 2020 - Deel 1

Die AgriSake Vertroue-indeks het in die vierde kwartaal tot sy hoogste vlak in ses jaar gestyg. Die vakbond, Bemawu, oorweeg dit om te appelleer teen die Arbeidshofuitspraak oor die afleggings by die SAUK. 'n Nuwe groep brandbestryders is gereed om brande in die Kaapse wynland te blus.

Dec 3, 202044 min

Monitor 2 Desember 2020 - Deel 2

SADEK-leiers vergader om ISIS se terreurveldtog in Mosambiek te bespreek. Die projekleier van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling vertel hoe hulle te werk gegaan het.

Dec 2, 202045 min

Monitor 2 Desember 2020 - Deel 1

Die Minister van Kommunikasie sê marktoestande is grootliks verantwoordelik vir die krisis by die SAUK. 'n Navorser verduidelik hoekom ons somers langer word.

Dec 2, 202040 min

Monitor 1 Desember 2020 - Deel 2

Die Universiteit van Pretoria open 'n Afrika-eerste ingenieursfasiliteit waar navorsing oor slim vervoer, stede en infrastruktuur gedoen word. 'n Tekort aan satelliete kan wetenskaplike waarnemings van die Suid- en Noordpool erg beperk. 'n Kenner gee insig oor watter effek dié gebrek aan data sal hê op die bestuur van aardverwarming.

Dec 1, 202047 min

Monitor 1 Desember 2020 - Deel 1

Daar is 'n skerp styging in aktiewe Covid-19-gevalle in die Tuinroete en die Kaapstad metropool asook in die Nelson Mandelabaai metro in die Oos-Kaap. Die VF+ eis dat die LUR vir Onderwys in Gauteng afgedank moet word. Boko Haram het die naweek weer sy slagtande in Noordoos-Nigerië se Borno-deelstaat gewys - ons kyk na waarom die land steeds gebuk gaan onder dié terreurgroep. Dit is vandag Wêreld Vigsdag - al het ons baie vermag in die stryd teen die siekte, kan ons meer doen.

Dec 1, 202042 min

Monitor 30 November 2020 - Deel 2

Aanlynaansoeke vir plek in Gautengse skole sluit vandag. Tukkies begin met 'n projek om Afrikabuffels teen tuverkulose in te ent. Pieter van den Berg bespreek 'n besige sport naweek.

Nov 30, 202041 min

Monitor 30 November 2020 - Deel 1

Strenger inperkingsmaatreëls is dalk die Oos- en Wes-Kaap se voorland. Engeland beklink die T20-reeks teen die Proteas.

Nov 30, 202035 min

Monitor 27 November 2020 - Deel 2

Die eerste mosie van wantroue word aanstaande week teen president Cyril Ramaphosa aangehoo - ons kyk na waarom dit gebring is en wat dit beteken. Eers was dit toiletpapier, nou blyk dit medisyne te wees wat mense uit paniek aankoop - stuur ons op nog 'n Covid-19-verwante probleem af? Ons weet nog te min oor die wêreld se oseane, maar dit kan nou verander met die bekendstelling van 'n nuwe projek om die diep water te verken.

Nov 27, 202044 min

Monitor 27 November 2020 - Deel 1

Genderaktiviste vra dat die howe meer moet doen om geslagsgebaseerde geweld hok te slaan. Die minister van gesondheid besoek die Nelson Mandela Baai Metro om die gereedheid van gesondheidsfasiliteite te bepaal. Die nuwe Renosterberg munisipale raad word vandag ingehuldig te midde van klagtes dat die munisipaliteit steeds swak bestuur word.

Nov 27, 202039 min

Monitor 26 November 2020 - Deel 2

Watter impak het swak tersiêre opvoeding op die arbeidsmark? Argentinië kondig drie dae van rou af ná die dood van die sokkerikoon Diego Maradonna.

Nov 26, 202049 min

Monitor 26 November 2020 - Deel 1

ANC-grootkoppe se name rol oor die lippe van 'n getuie voor die Staatskapingskommissie. 'n Boodskap op sosiale media het die wêreld op hol weens die betrokke medikus se onortodokse uitlatings oor Covid-19.

Nov 26, 202048 min

Monitor 25 November 2020 - Deel 2

'n Kenner sê die SAUK se probleme is die skuld van vorige politieke base en die parlement. Skoolverlaters word aangemoedig om vir 'n ambag te kwalifiseer, eerder as om universiteit toe gaan.

Nov 25, 202043 min

Monitor 25 November 2020 - Deel 1

Nog bemoedigende nuus oor 'n enstof teen Covid19 - dié keer is dit die kandidaat van Oxford-universiteit. Die ANC se sekretarisgeneraal, Ace Magashule, vra om verskoning oor sy uitlating oor die voormalige Noordwes-premier, Supra Mahumapelo.

Nov 25, 202034 min

Monitor 24 November 2020 - Deel 2

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê ANC-lede moet ophou om die party te gebruik as 'n bron van inkomste. Die hoof van die Britse weermag, generaal sir Nick Carter, sê meer as 30,000 robotsoldate sal in die toekoms langs hulle menslike eweknieë in die veld wees. Die VN se voedsel- en landbouorganisasie sê toegang tot entstowwe is noodsaaklik om te verhoed dat teen-mikrobiese weerstand die volgende pandemie word wat die mensdom tref.

Nov 24, 202043 min

Monitor 24 November 2020 - Deel 1

'n Khoisan groep wat voor die Uniegebou betoog, sê hulle sal nie die perseel verlaat nie. Kan Suid-Afrikaners se reg tot protes op 'n rustiger manier uitgeoefen word? Die vakbond, NEHAWU in die Noord-Kaap, sê hy sal die staking deur gemeenskapsgesondheidswerkers verskerp. Die Veediefstaleenheid se inligtingsentrum op Bethlehem is binnekort weer op die been.

Nov 24, 202040 min

Monitor 23 November 2020 - Deel 2

Suid-Afrika se kredietstatus word verder afgegradeer, iets wat ekonome bekommer. Druk is aan die oplaai vanuit Republikeinse geledere vir president Donald Trump om die uitslag van die verkiesing te aanvaar.

Nov 23, 202045 min

Monitor 23 November 2020 - Deel 1

Die DA besin oor die pad vorentoe. Ons praat oor Swart Vrydag en Swart November. Inwoners van Gauteng word gemaan om versigtig te wees te midde van swaar reën en oorstromings.

Nov 23, 202042 min

Monitor 20 November 2020 - Deel 2

RSG gaan nié sy deure sluit nie. Ons praat met 'n joernalistiek-kenner en voormalige SAUK-raadslid. Leon van Nierop bespreek 'n dokumentêre reeks oor Oscar Pistorius. Willem Botha praat oor fiks, fiets en lyf.

Nov 20, 202048 min

Monitor 20 November 2020 - Deel 1

'n Hof in Malawi het Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, onvoorwaardelik vrygelaat. Tukkies het baie planne om Afrikane wat gehoorgestremd is, se lewenskwaliteit te verbeter.

Nov 20, 202039 min