PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,364 episodes — Page 39 of 88

Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 2

Verskeie mense het die afgelope tyd in die hof verskyn in verband met korrupsie-aanklagte - ons kyk na wat ons verder kan verwag wanneer die hofsake voortgaan. Kenners sê mense wat 'n stryd voer teen kanker, moet ook 'n emosionele plan van aksie hê. Is jy bang vir haaie? Tydens Sharktober word mense aangemoedig om meer oor dié roofvisse te leer, en hulle nie te vrees nie.

Oct 9, 202050 min

Monitor 9 Oktober 2020 - Deel 1

Die borgaansoek van twee van die vier aangeklaagdes in die Deacon-moorde is tot aanstaande week uitgestel. Solidariteit stel 'n omvattende werkherstelprogram bekend. Die Openbare Beskermer sê die Nasionale Vervolgingsgesag wil nie saamwerk met haar kantoor nie.

Oct 9, 202041 min

Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 2

Nog sewe verdagtes verskyn na verwagting in die hof in verband met die VBS Bank-debakel. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê die tyd van straffeloosheid is verby.

Oct 8, 202043 min

Monitor 8 Oktober 2020 - Deel 1

Daar was uiteenlopende reaksie op Dinsdag se geweld by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat, waar boere by die verskyning van twee beskuldigdes in 'n plaasmoord betoog het.

Oct 8, 202040 min

Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 2

Ons praat met 'n kenner oor die gevare van weerlig. En 'n skeepswrak het skattejagters aan die gons.

Oct 7, 202050 min

Monitor 7 Oktober 2020 - Deel 1

Woede kook oor in Senekal. Verwarring oor 'n beweerde lasbrief vir die inhegtenisneming van Ace Magashule. COSATU en SAFTU staak vandag landswyd.

Oct 7, 202041 min

Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 2

Die vakbondverenigings Cosatu en SAFTU hou vandeesweek landswye stakings, ondermeer teen die regering se ekonomiese herstelplan. Die DA eis die notules van die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se vergadering in Zimbabwe op 9 September.

Oct 6, 202053 min

Monitor 6 Oktober 2020 - Deel 1

Die polisie maak 'n plan bekend om landelike misdaad te bekamp ná gesprekke met Agri SA, TLU en AfriForum. Die landbougemeenskap beplan om vandag by die landdroshof in Senekal in die Vrystaat te betoog wanneer twee verdagtes in verband met die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verskyn.

Oct 6, 202042 min

Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 2

President Donald Trump is in die hospitaal met Covid-19. Ons praat breedvoerig met 'n mediese spesialis en twee politieke ontleders hieroor. En, Pieter van den Berg bekyk die naweek se Springbokproewe en ander sport.

Oct 5, 202044 min

Monitor 5 Oktober 2020 - Deel 1

Die multi-miljardrand Mooikloof-behuisingsprojek word in Pretoria bekendgestel. Die Vryheidsfront Plus stel sy visier op die Wes-Kaap.

Oct 5, 202035 min

Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 2

Die verlies aan biodiversiteit wêreldwyd hou 'n ernstige gevaar vir die mensdom in. Die Cheetahs-rugbyfranchise vergader vandag om oor hulle weglating uit die uitgebreide Pro-16-toernooi te besin.

Oct 2, 202049 min

Monitor 2 Oktober 2020 - Deel 1

Die regering stel staatsgrond aan minderbevoorregtes beskikbaar om te kan boer. 'n Inisiatief om die vermorsing van kos te stop, bekendgestel.

Oct 2, 202042 min

Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 2

Kommer oor rou riool by Betlehem in die Oos-Vrystaat. Amerikaners en Britte mag steeds nie na Suid-Afrika reis nie. Ons hoor watter buitelandse besoekers van vandag af Suid- Afrika mag binnekom.

Oct 1, 202054 min

Monitor 1 Oktober 2020 - Deel 1

Hoë-profiel verdagtes in 'n omstrede Vrystaatse behuisingsprojek word in hegtenis geneem. Ná 40 jaar, is daar groot vreugde vir grondeisers wat destyds uit Simonstad gedwing is. Kan ISIS-geweld van Mosambiek af oorspoel na Suid-Afrika?

Oct 1, 202041 min

Monitor 30 September 2020 - Deel 2

Ons ontleed die eerste Amerikaanse presidentsverkiesing televisiedebat tussen Donald Trump en Joe Biden. Daar is 'n toename in misdaad in die Kaapse middestad. En die Verenigde Nasies hou vandag 'n beraad oor biodiversiteit ter viering van sy 75ste verjaarsdag.

Sep 30, 202054 min

Monitor 30 September 2020 - Deel 1

OUTA versoek die Hooggeregshof om die omstrede AARTO-wetgewing ongrondwetlik te verklaar. Meer as 2-miljoen werksgeleenthede het in die tweede kwartaal van die jaar verlore gegaan. Die Universiteit van Kaapstad het 'n Khoi- en San-sentrum geopen. En Action SA gaan appelleer teen die besluit van die Verkiesingskommissie om nie die politieke party te registreer nie.

Sep 30, 202039 min

Monitor 29 September 2020 - Deel 2

Verskeie vakbondverenigings maak reg vir arbeidsoptrede teen die manier waarop die Ramaphosa-adminstrasie die ekonomie bestuur; en 'n aantal ekonomiese aanwysers word hierdie week bekendgemaak - soos die indiensnemingsyfers vir die tweede kwartaal.

Sep 29, 202052 min

Monitor 29 September 2020 - Deel 1

'n Senior lid van die ANC se uitvoerende komitee in Mpumalanga verskyn op aanklagtes wat verband hou met die verkragting van twee agtjarige sussies; en die poskantoor gee die versekering dat die nagenoeg 18 miljoen ontvangers van maatskaplike toelaes, nie oor hulle Oktober-uitbetalings bekommerd hoef te wees nie.

Sep 29, 202042 min

Monitor 28 September 2020 - Deel 2

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde vra vir die instelling van 'n basiese inkomstetoelaag. President Cyril Ramaphosa het die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, formeel tereggewys. En vandag is internasionale nuuskantoordag, wat die kollig plaas op die media se veranderende rol sedert die COVID-19-pandemie.

Sep 28, 202047 min

Monitor 28 September 2020 - Deel 1

Ouma Katriena Esau sê sy is vol vertroue dat haar moedertaal in die toekoms op een of ander manier sal voortleef. Duisende Kapenaars ervaar aardskuddings. Donald Trump maak sy benoeming vir die Amerikaanse hooggeregshofregterpos bekend.En Mosambiek se regering het die Europese Unie gevra vir hulp teen toenemende aanvalle deur ISIS-militante.

Sep 28, 202045 min

Monitor 25 September 2020 - Deel 2

NASA wil terug maan toe - en die keer wil hulle mense daar laat bly. Inperkingsregulasies in ander lande fnuik die plaaslike toerismebedryf. En Ankara en Beijing beweeg al nader aan mekaar op politieke en ekonomiese vlak.

Sep 25, 202045 min

Monitor 25 September 2020 - Deel 1

COPE sê die Jacob Zuma-stigting se uitsprake oor die Zondo-kommissie is 'n aanval op die regbank. 'n Verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die moord op die senior polisiebeampte, Charl Kinnear. Wetstoepassingsagentskappe word vandag in KwaZulu-Natal ontplooi nadat 'n groep beswaarde MK-veterane dreig om die provinsie deur protesoptrede tot stilstand te dwing.

Sep 25, 202035 min

Monitor 24 September 2020 - Deel 2

Strenger inperkingsmaatreëls is ingestel om 'n tweede vlaag van Covid-19 infeksies in Brittanje te stuit.; Veeartse in Suider-Afrika stem glad nie saam met Botswana se diagnose vir die vrektes van meer as drie honderd olifante nie.; en een van die plekke wat die storie van ons land se Erfenis vertel, is die Parlement.

Sep 24, 202046 min

Monitor 24 September 2020 - Deel 1

'n Komitee gaan binnekort aangestel word om die Nasionale Khoi en San Erfenis roete te ontwikkel en bestuur.; Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument tref finale voorbereidings om sy deure vir die publiek oop te maak.; Die Vootrekkermonument verkoop die elemente op panele van die marmerfries, om sy geldnood te verlig.; en die Britse eerste minister, Boris Johnson, is 'n stap nader daaraan om die ooreenkoms wat verlede jaar met die Europese Unie bereik is, te verbreek.

Sep 24, 202042 min

Monitor 23 September 2020 - Deel 2

Daar woed al 'n geruime tyd 'n lae-intensiteitsdebat oor die kwessie van apartheids- en koloniale standbeelde en monumente; en ons praat met die bestuurshoof van Eskom, Andre de Ruyter, oor die maatskappy se talle probleme, beurtkrag en of hulle die mas sal opkom.

Sep 23, 202045 min

Monitor 23 September 2020 - Deel 1

Inwoners van Eldoradopark stoei om toegang tot die hof te kry waar die borgtogverhoor van drie polisiebeamptes in verband met die moord op Nathaniel Julies plaasvind; en die Republikeinse Party in Amerika vergader vir die eerste keer formeel om te besin oor hoe en wanneer 'n opvolger vir oorlede regter Ruth Bader Ginsburg bepaal moet word.

Sep 23, 202034 min

Monitor 22 September 2020 - Deel 2

Vooraanstaande banke het glo oor twee dekades meer as 2 duisend miljard Amerikaanse dollar onwettig gewas.; Venezuela moet antwoorde verskaf aan die Verenigde Nasies se Menseregte Kommisariaat oor grootskaalse menseregte vergrype.; en die Noord-Kaapse regering verwag 'n toename in toeriste getalle, na die land na vlak een van die inperking beweeg het.

Sep 22, 202039 min

Monitor 22 September 2020 - Deel 1

'n Wysiging aan die Strafproseswet kan daartoe lei dat diegene wat inperkingsmaatreëls oortree het, se misdaadrekords geskrap word.; Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakeredding span het 'n ooreenkoms met die regering bereik rakend nog 'n lening.; Onderwysers wat toegewings gekry het om gedurende die inperking van die huis af te werk, keer terug skool toe.; en die vakbond vir gesondheidswerkers, Nehawu, gaan môre met President Cyril Ramaphosa vergader.

Sep 22, 202039 min

Monitor 21 September 2020 - Deel 2

Die voormalige menseregtekommisaris, Dr Danny Titus, word gehuldig as 'n meningsvormer en iemand wat brue kon bou; en ons praat met Leon van Nierop oor die Emmy-televisietoekennings waar die reeks "Watchmen" elf nominasies gekry het.

Sep 21, 202043 min

Monitor 21 September 2020 - Deel 1

'n Verdagte verskyn na verwagting vandag in die hof in verband met die moord op die Rafferty-egpaar van Newcastle, KwaZulu-Natal, drie weke gelede; 'n Skeptiese Suid-Afrika vra meer inligting van Amerika oor die vermeende beplande Iranse sluipmoord op ambassadeur Lana Marks; en na half-sewe praat ons oor die skerp reaksie wat die regering se Covid19-app in sekere oorde ontlok het.

Sep 21, 202037 min

Monitor 18 September 2020 - Deel 2

'n Waarskuwing oor 'n nuwe kindersiekte. Barbados wil nie meer vir koningin Elizabeth as staatshoof hê nie. En Leon van Nierop gee terugvoer oor 'n langverwagte, skokkende reeks.

Sep 18, 202048 min

Monitor 18 September 2020 - Deel 1

Namibië hef sy noodtoestand op. Drie uit elke vier volwassenes wêreldwyd sê hulle sal 'n inenting teen Covid-19 wou hê, maar hoe voel Suid-Afrikaners? En Akani Simbine wen goud in die 100 meter in Rome.

Sep 18, 202041 min

Monitor 17 September 2020 - Deel 2

President Cyril Ramaphosa kondig aan dat internasionale vlugte hervat gaan word. Nog polisiebeamptes gaan by spoorwegstasies ontplooi word om pendelaars se veiligheid te verseker en kabeldiefstal te bekamp.

Sep 17, 202052 min

Monitor 17 September 2020 - Deel 1

AfriForum pak grondonteiening sonder vergoeding in die hof oor wat hulle as 'n gebrekkige konsultasieproses beskryf. En wetenskapjoernaliste sê hulle kan nie 'n stem aan sogenaamde kwaksalwery gee nie.

Sep 17, 202039 min

Monitor 16 September 2020 - Deel 2

Ons vra waarom die ANC nou onderneem het om die koste van sy party-afvaardiging se besoek aan Zimbabwe met 'n lugmagvliegtuig, te betaal. En ons vra hoe die parlementêre proses nou eintlik werk as dit kom by die goedkeuring van wetgewing.

Sep 16, 202047 min

Monitor 16 September 2020 - Deel 1

Boere van Klipplaat in die Oos-Kaap kry broodnodige droogtehulp. Die seiljagvaarder en argitek, Gawie Fagan, word onthou vir sy bydrae tot die Wes-Kaapse argitektuur- en erfenislandskap. Ons plaas die fokus op boeliery, en vra hoe ouers hulle kinders daarteen kan beskerm.

Sep 16, 202043 min

Monitor 15 September 2020 - Deel 2

Daar gaan elke jaar sowat 278 miljard ton se ys verlore in Groenland. Die Wêreld Meteorogiese Organisasie het dit onlangs bevestig. Die drukgroep Equal Education soek statistiek oor skoolmaaltye. Die Suid-Afrikaanse regering reageer op berigte dat Iran die Amerikaanse ambassadeur in Pretoria om die lewe wil bring.

Sep 15, 202047 min

Monitor 15 September 2020 - Deel 1

'n Afvaardiging van Limpopo-LUR'e besoek die familie van Lizette en Hettie Deacon, wat verlede week buite Polokwane vermoor is. Die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika is skynbaar besig om soos slegte weer oor te trek.

Sep 15, 202040 min

Monitor 14 September 2020 - Deel 2

Steek daar waarheid in die waarskuwings dat Suid-Afrika se ekonomie teen 2030 ineen kan stort? Die Durban filmfees word weens Covid-19 aanlyn aangebied.

Sep 14, 202047 min

Monitor 14 September 2020 - Deel 1

Die minister van vervoer sê Suid-Afrika se internasionale grense moet oopmaak sodat die ekonomie kan groei. Plaaslike munisipaliteite word glo só sleg bestuur dat selfs samesmeltings hulle nie sal kan red nie.

Sep 14, 202044 min

Monitor 11 September 2020 - Deel 2

Organisasies en individue van 60 lande eis optrede teen China deur die Verenigde Nasies. Intussen vlieg Sjinese vegvliegtuie oor Taiwan, wat die spanning in die Taiwan Seestraat aansienlik verhoog. Die langverwagte Disney-treffer, Mulan, is pas in rolprentteaters vrygestel. Leon van Nierop verduidelik of dit die lang wag werd was.

Sep 11, 202045 min

Monitor 11 September 2020 - Deel 1

Toerisme-instellings op Beaufort-Wes is swaar getref deur die nasionale inperking. Wysigings aan die kieswet word binnekort in die parlement ter tafel lê, wat die weg kan baan vir elektroniese stemming. Die Universiteit Stellenbosch doen navorsing oor nuwe tuberkulose diagnostiese en genetiese toetse. En 'n paneel van menseregtekenners het 'n spesiale verslag oor die stand van menseregte in Jemen vrygestel.

Sep 11, 202037 min

Monitor 10 September 2020 - Deel 2

Die algemene sentiment oor die huidige sakemilieu is steeds negatief. Suid-Afrika sak ook verder af op die rangleer van die wêreld ekonomiese vryheidsverslag. Strande in Kaapstad word skoongemaak ter viering van Internasionale kusopruimingsdag, en jy kan ook hierby betrokke raak.

Sep 10, 202045 min

Monitor 10 September 2020 - Deel 1

Huldeblyke stroom in na die dood van die bekende menseregte-prokureur, George Bizos. Die Polisiediens wil die ou groen vuurwapenlisensies ongeldig verklaar - ons kry reaksie op die nuus en vra wat jy moet doen as jy nog so 'n lisensie het.

Sep 10, 202042 min

Monitor 9 September 2020 - Deel 2

Wetgewing is in die pyplyn wat Suid-Afrikaners wat wil emigreer, se planne kan fnuik...en 'n voormalige voorsitter van die Eskom-raad het aan die staatskapingskommissie gesê dat hy gedwing is om vergaderings met die Gupta-familie te hê.

Sep 9, 202050 min

Monitor 9 September 2020 - Deel 1

Die jongste ekonomiese syfers bevestig die wurggreep van Covid-19 op Suid-Afrika. En heuningbye se gif kan aggresiewe borskanker stuit.

Sep 9, 202050 min

Monitor 8 September 2020 - Deel 2

Die EFF sê hulle sal die hele week buite Clicks-winkels protesoptrede hou. 'n Ontleder deel sy insig oor die manier waarop die party te werk gaan as hulle nie met iets saamstem nie. Ons vra ook waarom Suid-Afrikaners nie 'n slegte woord oor hulle hare duld nie. En ons vind meer uit van 'n spesiale ietermagog wat uit die onwettige handel gered is.

Sep 8, 202055 min

Monitor 8 September 2020 - Deel 1

Die DA sê die land het in 'n onbevoegde regering se hande verval. Ons vra die party hoe hulle dit wil verander, en of hulle dit werklik kan doen. Clicks skors twee personeellede oor die omstrede advertensie wat op hulle webwerf gelaai is. Intussen gaan die EFF voort om buite die winkels te betoog en selfs te vandaliseer.

Sep 8, 202042 min

Monitor 7 September 2020 - Deel 2

Die Rooikruis se krygsgevangene-protokol vier sy 150ste bestaansjaar. Ons praat met 'n oorlogskenner. En die hoogaangeskrewe rolprent STAM word vir die eerste keer vertoon.

Sep 7, 202051 min

Monitor 7 September 2020 - Deel 1

Hulde aan 'n voormalige uitvoerende hoof van die Nelson Mandela Stigting. Die DA het oor die naweek sy beleidskonferensie gehou. Ons praat met 'n politieke ontleder.

Sep 7, 202040 min