
Monitor
4,322 episodes — Page 42 of 87

Monitor
Die Parlement hou sy eerste virtuele vergadering sedert die inperking ingestel is; Dudu Myeni word as 'n misdadige direkteur in terme van die Maatskappyewet verklaar; Dr Nkosazana Dlamini-Zuma, hou vol dat die verbod op tabakprodukte weens gesondheidsredes tot op Vlak 3 van die inperking verleng is; en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gister die Eerste Uitgawe van die Finansiële Stabiliteitsoorsig vir 2020 bekendgemaak - 'n ekonoom gee insig oor die betekenis van die verslag....

Monitor
** Baie Suid-Afrikaners is bekommerd oor hul regte tydens inperking..Ons praat met 'n regskenner.** En sport kom oorsee stadig maar seker aan die gang. Ons praat met Pieter van den Berg.

Monitor
** 'n Nasionale Biddag word aangekondig, en maatreëls verslap..** 'n Kriminoloog sê dis nie 'n goeie idee om 19 000 lae-risiko oortreders op parool vry te laat nie.

Monitor
Die vakbondfederasie SAFTU is bekommerd dat die skuif na Vlak drie van die inperking, die ekonomie 'n hupstoot kan gee ten koste van mense se lewens; Die Poskantoor het die aflewering van briewe en pakkies hervat; en onderwysers is terug skool toe - ons vind uit hoe die eerste dag terug by die werk vir meeste van hulle verloop het.....

Monitor
'n Herrie het landwyd losgebars nadat n jong vrou van Kaapstad, onlangs onregmatig deur die polisie gearresteer is. 'n Regskenner sê sy kan moontlik 'n siviele eise teen die polisie indien; Ons praat ook met twee ontleders oor die gebeure en wat ons daaruit moet leer; En vanjaar se Aardklop nasionale kunstefees is gekanselleer - ons praat met die feesbestuurders oor die moeilike besluit wat hulle moes maak

Monitor
** 'n Vlak 3 inperking tree oor 'n week in werking...ons praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom..** 'n Groep vooraanstaande akademici skaar hulle by dr. Glenda Gray, wat die inperkingsmaatreëls kritiseer.

Monitor
** Ons praat met 2 mediese kenners oor die vraag: watter doel dien die inperking, op Dag 60, en is daar nie dalk ander opsies om die COVID 19 virus te bestuur nie?** En 'n intense koue front tref die land vandag, en gaan Gauteng teen môre bereik..

Monitor
Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku dat burgerlike verset kan toeneem weens die inperking; die watertoevoer na dele van die Oos-Kaap bly 'n groot uitdaging en die Nelson Mandelabaai-streek stuur af op Dag Zero; Die Reserwebank het sy terugkoopkoers met 50 basispunte verlaag om die ekonomie aan te help - hoe raak dit jou sak? en Eskom voorspel dat hulle drie dae se beurtkrag gedurende die winter sal toepas weens die kragstelsel wat kwesbaar is.

Monitor
Talle sake-eienaars word gedwing om mense af te dank tydens die pandemie - ons hoor hoe dit hulle raak op alle vlakke; Aptekers sê meer mense koop pille om hulle te help slaap in die tydperk; en die Gautengse onderwysdepartement stel die Covid-19-veiligheidsprotokol oop vir openbare deelname.

Monitor
** Die Wêreld Handels organisasie is om verskeie redes in die kollig. Ons praat met Johann Human, wat vir sewentien jaar by die organisasie in New York gewerk het..** RSG maak skoonskip by die ATKV Mediaveertjies, en ons praat met die wenners van die Hetzog- en Eugene Marais-pryse..** En Nic de Jager en Margot Luyt praat oor hulle LEWENSBYDRAE-toekennings.

Monitor
** Ekonome verwag dat die Rentekoers vandag verder gaan daal.....** 'n Suid-Afrikaner is al vir 5 maande in China vasgekeer.

Monitor
Vakbonde by die Suid-Afrikaanse Lugdiens stem in tot salarisbesnoeiings - maar te midde van skerp kritiek teen die sakereddingspraktisyns; en Suid-Afrikaanse bemanningslede op skepe word uiteindelik aan wal toegelaat.

Monitor
Suid-Afrikaanse bemanningslede op skepe word uiteindelik aan wal toegelaat; en skole staan bont om vir leerlinge se terugkeer voor te berei.

Monitor
** Insekboerdery is die vinnigste groeiende landbousektor ter wêreld..** Die Minister van Basiese Onderwys gaan na verwagting vandag duidelikheid gee oor die oopstel van skole.

Monitor
** COVID 19 het ook 'n sielkundige effek, wat normale slaappatrone fnuik. Ons praat breedvoerig hieroor met 'n kenner ..** En 'n blinde persoon blink uit in die wyn-wêreld.

Monitor
Die versekeringsbedryf kom dalk voor groot verliese te staan weens Covid 19, en ons kyk na skerp meningsverskille tussen die regering en mediese wetenskaplikes oor die bestuur van Covid 19.

Monitor
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum wil met polisiebestuur vergader na NOG 'n bewering van die aanranding van 'n lid van die media, en die Kaapse metro sal binne die volgende paar dae met herstelwerk aan die beskadigde skanskorf steunmuur tussen Grootbaai en Kleinbaai naby Bloubergstrand begin.

Monitor
** Aanlyn-kleinhandelaars mag nou enige produkte buiten drank en sigarette verkoop..** Net na half-sewe bespreek ons die politieke krisis in Lesotho..** En die Comrades word vir die eerste keer in 75 jaar afgelas.

Monitor
** Algemene praktisyns ervaar verskeie probleme..** Die Comrades word vir die eerste keer in 75 jaar afgelas.** En, sensasionaliseer die media sekere berigte? In sy weeklikse fliekrubriek kyk Leon van Nierop na 'n nuwe reeks op Netflix oor die wyse waarop die media krisisse hanteer: Trial By Media.

Monitor
Sommige arm mense het nog geen hulp van die staat te midde van die Covid 19-krisis ontvang nie en verskeie waarnemers meen Suid-Afrika stuur op 'n humanitere krisis af.

Monitor
Dit lyk of mense wye draaie om dokters loop uit vrees vir Covid 19 en meer as een organisasie spreek kommer uit oor die veiligheidsmagte se beweerde misbruik van mag onder Covid 19-regulasies.

Monitor
Arrive Alive sê daar is motoriste wat die padreëls in die grendeltydperk oortree.; Die metaalverpakkinsgindustrie is nog 'n sektor wat nie deur die inperkingstydperk gespaar word nie.; Die minister van gesondheid, Dr Zweli Mkhize, het internasionale verpleegstersdag, toegewy aan gesondheidswerkers en verpleegsters in die stryd teen COVID-19. en 'n navorsingsgenoot verbonde aan Chatham House, sê Afrika state is nog nie eers naby die teiken van n een persent Covid-19 toetsing syfer nie.

Monitor
In die program: Navorsers ondersoek die invloed van die Grendeltydperk op mense se slaappatrone en daaglikse roetine.; Justin Kennerley en Suzanne Paxton het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op patrollie uitgegaan in Rabie Ridge in Midrand, Gauteng.; Die aanvraag na pynappels neem toe.; en Landwyd word daar daagliks kos uitgedeel aan duisende mense, soos wat die inperkingstyd aanstap en die beursies leeg word.

Monitor
Suid-Afrikaners word filosofies oor Covid 19-inperkinge en die luiperds in die Boland is nie 'n afsonderlike subspesie nie....maar hulle is tog die luiperds in die Boland.

Monitor
'n Voorval by Shaka's Rock aan die noordkus van KwaZulu-Natal waartydens verkeersbeamptes skynbaar 'n kind probeer arresteer, word ondersoek en die Wereldgesondheidsorganisasie meen China is die sleutel, en nie die slot nie, as dit kom by die raaisel van Covid 19.

Monitor
In die program: Ekonome voorspel dat die Europese ekonomie met 7,7 % gaan krimp.; Produksiemaatskappye het weer begin om sepies en ander televisieprogramme te vervaardig.; burgers word toegelaat om na 'n nuwe woning te trek, indien die eiendomsoordrag teen 26 Maart plaasgevind het.; en die uitgerekte grendel tydperk begin sy tol eis op talle kleiner privaat kleuterskole en dag sorg sentra.

Monitor
In die program: Afrika varkpes het in die Amathole-distrik in die Oos-Kaap uitgebreek.; Restaurant-eienaars in Pretoria sê hul werknemers het nie werkloosheidversekering betalings ontvang nie.; inperkings maatreëls het kos voorsiening in Afrika se informele sektor wesenlik benadeel.; en die Pretoria Dieretuin is een van die jongste slagoffers van die Covid-19 inperking.

Monitor
'n Virtuele komiteevergadering in die parlement word - tot al die lede se ontsteltenis - deur pornografie onderbreek en ons kyk ook na virtuele hofsake en of dit die litigante se regte belemmer.

Monitor
Lugbesoedeling in Suid-Afrika neem af weens die Covid 19-pandemie en 'n mediese verwikkeling in Israel bring dalk hoop in die stryd teen die siekte.

Monitor
In die program: Toetsings-hokkies word gebruik om gesondheidswerkers in die Wes-Kaap teen Covid-19 te beskerm; Ons praat met 'n luisteraar en regskundige oor die verhuring van tuinwoonstelle tydens die vlak vier inperking.; Die Noord-Kaapse Gesondheids Departement sê dit is 'n stryd om mediese dokters na die platteland te ontplooi.; en klein sakeondernemings in die Suid-Kaap trek finansieel swaar.

Monitor
In die program: Die Suid-Afrikaanse Beroepsjagvereniging sê wildplase wat buitelandse jagters ontvang is die swaarste getref in die toerisme bedryf.; Wolveilings kan tydens die vlak vier inperking weer plaasvind, maar onder streng voorsorgmaatreëls.; Justice Project South Africa, is bekommerd oor die groot aantal Suid-Afrikaners wat glad nie gesigsmaskers dra nie.; en verskeie uitgewers staak die publikasie van ikoniese tydskrifte.

Monitor
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens deel sy kommer oor die impak van inperking op die ekonomie; President Cyril Ramaphosa sê die coronaviruspandemie bied aan Suid-Afrika die geleentheid om nuwe sektore in die ekonomie tot stand te bring; Mediese kenners waarsku dat nie-oordraagbare siektes kan toeneem terwyl die wereld se aandag op Covid 19-gevestig is; en ons kyk na die impak van die inperking op Jan Alleman en sy finansies.

Monitor
China is bekommerd dat anti-Chinese sentiment wereldwyd begin toeneem weens die Covid19-pandemie; die verdeeldheid in die ANC kan oor die langtermyn, groter skade aan Suid-Afrika doen as die Covid-19 pandemie - twee ontleders deel hulle mening oor die stelling; en 'n nuwe gevaar maak sy opwagting in die VSA: die Asiatiese Reus-perdeby.

Monitor
In die program: Die Vryheidsfront Plus sê die Gautengse regering se plan om voedselhulp te sentraliseer is ongrondwetlik.; Die tuinbedryf in die Wesrand stig 'n fonds om kos aan honger mense verskaf.; Ons praat met n paar klein sake ondernemings om uit te vind hoe hulle ekonomies kop bo water hou.; en WhatsApp-groepe word gebruik om landelike onderwysers te ondersteun.

Monitor
In die program: Suid-Afrika verwag vanjaar sy derde grootste mielieoes in die geskiedenis.; Die Poskantoor stel sy eerste kontantlose geldontrekkings masjiene bekend.; Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid vra die regering om die beperkings op alle sakesektore op te hef.; Die president van Tanzania, John Magufuli, stuur die week n vliegtuig Madagaskar toe om n spesiale soort natuurlike produk te gaan haal om terug te bring na sy landgenote.

Monitor
Die regering wil die SAL met 'n ander lugdiens vervang - 'n ekonoom reageer.