
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
‘n Predikant uit die hart van Suid-Afrika, is die laaste mens wat jy sou dink ‘n kansel sou bestyg in Skotland se nasionale kerk, die Scots Kirk. Maar Jan Steyn het dié groot skuif gemaak en Pretoria eers vir Skotland, en daarna Parys verruil. Hoewel Steyn nou sy beroep in Engels beoefen, sê hy, hy sien baie daarna uit om die nuwe, direkte Afrikaanse Bybelvertaling onder oë te kry. Gustav Greyling het met hom gesels oor vanjaar se ongewone Kersfees in ‘n half-ingeperkte Parys; en ook by professor Bernard Combrink van die Bybelgenootskap gaan kers opsteek, oor of Steyn nog die ou bekende Kersverhaal in die nuwe Bybel sal herken.