
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
'n Span wetenskaplikes van die Wêreldgesondheidsorganisasie bereik die Chinese stad, Wuhan, waar hulle die oorsprong van die coronavirus wil bestudeer. Swaar reën val in Namibië, 'n land waar só iets ongewoon is. Planne om skaliegas in die Okavango te ontgin, ontstel die San-gemeenskap en ander inwoners van dié landstreek.