
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
92 episodes — Page 2 of 2

Ep 58Nadia en DJ
Nadia en DJ is getroud. Albei is dominees, Nadia in 'n gemeente en DJ in die gemeenskap . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 57Jaco Strydom gesels met Sandile Mnisi
“Ons bly in 'n baie mooi land en die diversiteit maak dit nóg mooier!” sê Sandile Mnisi wat onlangs gelegitimeer is. Hy het teologie studeer by Tuks en preek die afgelope paar jaar amper elke Sondagaand by Melville Kruisgemeente, ’n NG Kerk in Johannesburg. Sondae-oggende is hy by VGK-gemeentes in Soshanguve en op ander plekke . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 56Oorlog in Mosambiek, Andre en Anna-Marie is steeds daar
Andre en Anna-Marie Thiart se huis in die Noorde van Mosambiek is laasjaar afgebrand, maar hulle is steeds daar. Vir nou woon hulle in 'n konstruksiekamp van TOTAL, net buite Palma, veertig kilometer van die Tanzanië grens af. Soldate uit Rwanda beskerm die kamp. “Dit gaan bietjie beter,” sê Andre, “maar steeds rof.” Hulle het gister gehoor van 'n dorpie daar naby wat geplunder is en 'n weermagkamp 'n ent verder is onlangs aangeval . . . Kontak vir Andre: [email protected] Link na Kerkbode vir artikel en fotos
Ep 55Neil Büchner
“Wat doen Neil Büchner nou eintlik?” Hierdie vraag het ek mense al meer as een keer hoor vra. Gewoonlik wonder en bespiegel almal teenwoordig dan bloot hardop. Niemand is heeltemal seker nie. Die probleem is Niel is 'n vrye wese, met buitengewoon baie talente en passies, van musiek en kerk en wyn, tot koffie en media en kosmaak en surf - en 'n hele paar ander . . . Niel se Youtube Channel Link na Kerkbode vir artikel en fotos Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 54Jaco Strydom gesels met Johan Cloete
Johan Cloete is deesdae op die agtergrond betrokke by Kerk tussen die Mielielande, 'n gemeente sonder 'n dominee . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 53Jaco Strydom gesels met Fay Van Eeden
“Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.” “Hoe oud was jy?” vra ek. “Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 52Die avonture van Michiel Van der Merwe
Michiel Van der Merwe is 'n dominee, 'n skrywer en die uitvoerende hoof van Stabilis, onder andere. Hy is een van daai rare mense wat 'n enorme klomp lewe in een leeftyd inpak - het byvoorbeeld al 23 keer die Argus fietswedren gery. Én hy ken van klim, hy was al tot by die base-camp van Mount Everest, het al twee keer Kilimandjaro geklim en een keer Mount Kenia, die tweede hoogste berg in Afrika. Nog elke keer doen hy dit om geld in te samel vir een van sy grootste passies in die lewe: gidshond-opleiding. Hy vertel ook graag van die lewenslesse wat 'n mens leer wanneer jy bergklim. Sy boek hieroor met die titel, Klim die berg in jou lewe – vir die uitsig én die insig, verskyn eersdaags. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Kontak Michiel: [email protected] / stabilis treatment centre Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 51Erick du Toit en die Skotte
Erick is die afgelope 3 jaar in predikant in Skotland . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 50Jaco Strydom gesels met Marinda van Niekerk
Dit was by 'n fontein waar Marinda destyds haar groot ontnugtering gehad het. 'n Tipe ontwaking wat uiteindelik sou bydrae tot haar passie vir die weerlose mense van die middestad van Pretoria . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Lees meer oor Pen

Ep 49Chris de Vries se vreemde studentebediening in Bloemfontein
Die dieper dors en die lewende water "Die uitdaging is om boorgate te boor, fonteine oop te maak . . . eerder as om nog grense tussen mense op te rig," sê Chris De Vries Lees meer oor Kopanong Artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 48Jaco Strydom gesels met Waldemar Stumpfe
Waar is Waldemar? Waldemar is present . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog: Anderkant die Doringdraad,

Ep 47Jaco Strydom gesels met Deon Meiring
Deon Meiring het onlangs Bicycle Sonder 'n Slot saam met Koos Kombuis ge-record vir 'n TV reeks. . . . Sy se musiekloopbaan is reeds vroeg gebore - om dit sag te stel. Hy en 'n paar vriende het Glaskas in graad nege in Hoërskool Nico Malan op Humansdorp begin. Na skool het hy en Bouwer Bosch Dans Dans Lisa geloots en die laaste paar jaar het daar toenemend nuwe solo albums verskyn . . . Deon Meiring Instagram Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 46Amos Petersen
Ons gesels in Stellenbosch, hy is pas terug uit Malta waar hy onder vlugtelinge gewerk het. Amos Petersen se pa was 'n VGK predikant op Vredenburg in die Weskaap, sy beste vriend Derik Basson se pa was die NG-dominee op die dorp. Artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 45Ansa van Geest, 'n dokter wat sing en skryf oor hoop
Ons gesels oor die uitdagings in haar mediesepraktyk in die Covid tyd, haar lewenspad, haar nuwe boek wat een van die dae verskyn . . . Ansa se blog Artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 44DelaHarpe le Roux ontdek nuwe hoop op ou plekke
“Gee jou hart vir Hillbrow,” sing Johannes Kerkorrel. Moeder Teresa het dikwels wanneer mense haar sou raad vra oor wat hulle met hulle lewens moet doen, geantwoord: “Go find your own Kolkatta!”. DelaHarpe le Roux is iemand wat dít actually gaan doen het. Iemand wat ’n stad gekry het om sy hart voor te gee. 'n Dominee wat sy Kolkotta gevind het - met al die pyn en passie en die aksie en frustrasie wat daarmee saamgaan . . . Artikel en fotos in Kerkbode Volg Torings van Hoop op FB
Ep 43André Bartlett
André Bartlett is 'n besige man. Hy is onder andere voorsitter van die Hoëveld sinode, 'n skrywer wat besig is met sy derde boek, hy is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria en 'n predikant by Johannesburg gemeente. Maar as 'n mens sy naam vandag hoor, dink jy veral aan sy betrokkenheid by die gay-debat in die NG Kerk . . . Artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 42Naude Kritzinger
. . wat ’n vreemde dominee . . . Link na een van Naude se musiek videos Link na Kerkbode vir artikel en fotos Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 41Melodie van Brakel
Melodie is een van die beautifulste mense wat ek al ooit ontmoet het - en ek het al baie mense ontmoet! Kyk of jy die podcast kan luister sonder om (ten minste ’n bietjie) uit te freak - en ’n traan te pik . . . Compassion is contagous (I hope!!) Cradle of Hope Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Ep 40Jaco Strydom gesels met Theo en Koos van Prophet
Die nuwe album Die Kolonie is uit - and doing well. Waar het alles begin? Theo sê hy eintlik het vir Koos jammer gekry en wou hom graag help. “In 1982 het ek uitgereik na 'n armsalige teologie student . . .” lei Koos se weergawe . . . https://www.prophetmusiek.com Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 39Annes Nel
Annes Nel is 'n dosent in Rusland. Hy en sy vrou Olga is fassinerende mense, vol passie vir die lewe en interessante stories. Hulle vertel onder andere van hulle pad tot in St Petersburg. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 38Jaco Strydom gesels met Roelf Meyer
Roelf Meyer het al belangrike politieke posisies beklee, was onder andere Minister van Verdediging en later Minister Konstitusionele Ontwikkeling, maar hy het veral internasionale bekendheid verwerf as vredemaker. Ons gesels oor die pad wat hy gestap het, wêreld gebeure, die kerk, uitdagings in Suid-Afrika . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 37André Botha
. . . hy is 'n dominee op die platteland met 'n passie vir die plakkerskamp . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Ep 36EJ Leach van Suid-Afrika na Kalkutta . . .
EJ Leach is 'n vreemde dominee. Na hy sy studies by Tuks voltooi het, besluit hy en sy vrou om te trek na 'n plek waar dit rowwer gaan as Suid-Afrika. Hulle woon vandag in die hartjie van Kalkutta in Indië . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ep 35Die passies en die frustrasies van Rudi Swanepoel
“Rudi is real,” sê iemand nou die dag. 'n Goeie opsomming. Ons het al saam gelag en gehuil, en ek het die voorreg gehad om hom meer as een keer kwaad te sien. Meestal oor dinge wat in die kerk gebeur, of nie gebeur nie. Elke keer was ek beïndruk, het ek gewonder, waarom meer mense nie ontsteld oor die dinge wat Rudi ontstel nie? (Daar ís 'n ding soos holy-anger!) Rudi skryf en kook en drink wyn en hardloop - onder andere - en hy is dominee - hierdie land kon 'n beter plek gewees het as meer dominees die ou se passie gehad het . . . Rudi se boek Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 34Stefaans Coetzee het bomme geplant, nou plant hy groente
Die fassinerende verhaal van Stefaans Coetzee wat destyds 'n bom geplant het in Shoprite. Hy gesels oor sy kinderdae, die Isreal Visie, oor sy tyd in die tronk en die vreemde dinge wat daar gebeur het wat sy lewe verander het . . . Kliek hier vir sy boek WIT WOLF

Ep 33Schalk Van Heerden en die brûe wat hy bou
Behalwe vir “kerkkantoortannie”, dominee en Scalk se betrokkenheid by FSSA, is hy aan die stuur van Betereinders. “Ons is eintlik skaam oor hoe eenvoudig ons plan is,” verduidelik Schalk. Dit gaan oor “staan saam" – die verhoudingselement – en “werk saam" om aktief 'n verskil te maak. Suid-Afrikaners moet eers inspring, mekaar leer ken en verstaan voor ons kan leer saamwerk. Armoedeverligting is ook ’n groot doelwit van Betereinders. “’n Klomp slegte dinge broei uit as mense nie werk het nie,” sê hy. Betereinders trek elke jaar op geloftedag 'n laer in die townships, en braai dan saam met die plaaslike mense. Sommer net om saam te kuier, maar ook om te wys hoe baie dinge al verander het van Bloedrivier se dae af, en om saam te droom oor 'n beter toekoms. Betereinders Steve video
Ep 32Jaco Strydom chat met Johrné van Huyssteen
Ons praat oor sy huis in Sunnyside, die kere toe hulle geroof is, sy weirdste geestelike ervaring in 'n vreemde kerk, politiek en oor wanneer Ddisselblom weer gaan show . . .

Ep 31Jaco Strydom en Bouwer Bosch chat (die Covid updated version)
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 30Die sterre, die planete en die verwondering van Hennie Maas
As mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daaroor,” vertel Hennie en ek dink aan Leonard Sweet wat gesê het 'n mens werk nie 'n viool nie, jy speel 'n viool, en so ook die lewe. Dís iets wat ons by Hennie Maas op 78 kan leer... Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 29Jaco Strydom gesels met Stephan Joubert
Ek vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . . Ekerk Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 28Reggie Peace se fassinerende storie
Reggie Peace is 'n akteur, 'n skrywer en 'n sportman met 'n fassinerende verhaal wat 'n mens help om weer te droom. Reggie se musiek videos: Move Kos op die tafel Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 27Cas Wepener
Cas Wepener is professor in Praktiese Teologie in Stellenbosch, ons gesels oor sy skryfwerk, die unieke uitdagings en geleenthede in die tyd waarin ons leef en sy eie pad . . . LINKS: Ongekaart Slaghuis Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 26Søren Kierkegaard, Paulus en my kajak-trip om Zanzibar
10 min chat oor lesse wat ek geleer het by Søren Kierkegaard, Paulus en op my solo kayak-trip laas jaar om Zanzibar . . . Fotos van die trip: Instagram #kayakaroundzanzibar2019 Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog:Anderkant die Doringdraad,

Ep 25Ivor Swartz
Ivor is 'n man met 'n groot storie, die tipe verhaal wat oral in Suid-Afrika mense se lewens verander. Hy is op 14 toegesluit vir moord, maar dis net 'n klein deeltjie van sy storie . . . LINKS: https://web.facebook.com/ivor.swartz Kerkbode artikel met foto van Ivor en sy vrou Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 24Sy gee haar hart vir Hillbrow - Leona Pienaar se storie
Leona Pienaar vertel hoe sy destyds met 'n klein karretjie uit die Kaap uit in Hillbrow aangekom het - en hoe die stad haar hart gesteel het . . . As meer mense die wêreld soos sy gesien het was die wêreld vandag 'n beter plek. Leona is onlangs verkies as die nuwe CEO van MES: Meer info oor MES en hoe jy kan help Artikel en fotos

Ep 8Kerkmense en ander Sondaars ('n Liedjie - nie net vir jou nie . . .)
" . . don't judge me because I sin differently than you . . ." Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees wat sê: . . . dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, daggarokers, ateïste, prostitute, prokureurs, morsjorse, gomsnuifers, Blou Bul ondersteuners, vandaliste, boemelaars, kriminele, rokers, studente, boeremusiekliefhebbers, gays, freedom fighters, speed cops, swartmense, pastore, geldgieriges, onnies, kwaadpraters, tronkvoëls, egbrekers, witmense, gomtorre, geheelonthouers, bruinmense, boelies, imaginary friends, dominees, rowers, boere, losbandiges, stadsjapies, tieners, apartheidshelde, nerds, wash-outs, sataniste, hoofdogters, aliens, ou tannies, kommuniste, kunstenaars, materialiste, wewenaars, leuenaars, metal heads, orreliste, skinderbekke, kerkmense, kerkloses, gewone mense . . . alle sondaars welkom Lees meer op my Blog: Anderkant die Doringdraad Borg 'n bed in een van ons Echo-huise Echo Crisis Fund

Ep 7Anna Emm en die magic van stories
"Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie," sê Anna Emm. Sy het 'n hordes boeke geskryf en sy boks . . . Hier is 'n link na haar eie Podcast waar sy tips gee vir nuwe skrywers: In The Meantime Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,

Ep 23Jaco Strydom gesels met Bouwer Bosch
Ons praat oor freaken alles! Die nuwe album, sy kinderjare, donker tye, hate mail, happy tye, die keer toe hy kwaad geword het, Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, Steve Biko, onderwysers, vakansie, #Politees, die toekoms . . . Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog:Anderkant die Doringdraad,

Ep 22A conversation with Leonard Sweet - Jaco Strydom
“What is the difference between a living thing and a dead thing? In the medical world, a clinical definition of death is a body that does not change. Change is life. Stagnation is death. If you don't change, you die. It's that simple. It's that scary.” ― Leonard Sweet Leonard I. Sweet is an American theologian, semiotician, church historian, pastor, and author. Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog:Anderkant die Doringdraad,

S1 Ep 20Jaco Strydom gesels met Tom Smith
'n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . . Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za Links Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog: Anderkant die Doringdraad, Kerkbode artikel oor Tom

Ep 2Jaco Strydom gesels met Regter Eberhard Bertelsmann
Regter Eberhard Bertelsmann vertel sy storie. Sy moeilikheid met die veiligheidspolisie as student in Stellenbosch in die laat 1960's, die aanslae op sy lewe, die sake waarby hy betrokke was - die Dawid Webster saak, sy verdediging van die Vrye Weekblad . . . Sy ontnugtering met die destydse Nasionale Party-regering en sy frustrasies met die ANC-regering vandag. Hy vertel van die donkerste oomblikke in sy lewe, sy persoonlike worsteling met verslawing, sy tyd in 'n rehabilitasiesentrum en 'n gebeurtenis wat sy hele lewe verander het. Ons praat oor die uitdagings in Suid-Afrika vandag: SAL, Eskom, die onderwys . . . en oor die rol wat die kerk veronderstel is om te speel in 'n land soos die. Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise, My Blog:Anderkant die Doringdraad, Kerkbode Kontak ons: [email protected]

S1 Ep 2Aubrey Thompson se storie
Ek gesels met Aubrey Thompson, terwyl hy besig is om 'n baby shower te reël, hy was voorheen op tik en in die tronk (onder andere . . .) sy verhaal kan jou weer laat glo dat verandering moontlik is - dat dit nooit te laat is vir 'n nuwe begin nie. Artikel met foto's in Kerkbode Link: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise