
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
jacostrydom
Show overview
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom has been publishing since 2020, and across the 6 years since has built a catalogue of 92 episodes. That works out to roughly 65 hours of audio in total. Releases follow a monthly cadence.
Episodes typically run thirty-five to sixty minutes — most land between 31 min and 55 min — though episode length varies meaningfully from one episode to the next. None of the episodes are flagged explicit by the publisher. It is catalogued as a EN-language Society & Culture show.
The show is actively publishing — the most recent episode landed 3 days ago, with 5 episodes already out so far this year. Published by jacostrydom.
From the publisher
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Latest Episodes
View all 92 episodesJaco Strydom gesels met Santie en Henry Tyrer
Rudolph Scharneck, die vlieënde dominee

Ep 107Jaco Strydom with Mike and Megan Ribbens
20 years ago they moved from the USA to Africa . . . “I enjoy God's abundant goodness in South Africa through great people, majestic landscapes and animals, and top-tier food, wine, and coffee. I am recharged by a meaningful conversation, trying a new vibey restaurant, and having a braai with friends as well as strangers,” says Mike . . . Kerkbode

Ep 106Jaco Strydom gesels met Sané Leach
“Waarom doen jy dit?” vra ’n besoeker. Sy was ’n welaf vrou, onthou ek, uit die Ooste van Pretoria. En ’n mens kan haar vraag verstaan. Dit was waarskynlik moeilik om te glo dat iemand doelbewus sal kies om die tipe lewe te leef . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 105Annatha Nel is dominee weerskante van die Oranje
Annatha is ’n besige dominee en ’n entrepreneur. Sy het onder andere ’n skoenwinkel, Voetspore van Hoop, en haar man boer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 104Hendrico Ockhuys se bediening in Ysterplaat
Hendrico Ockhuys is deesdae ietwat van ’n legende in die Kaapse kerkomgewing, ’n mens loop hom orals raak. “Ek woon in Ystrplaat by Isibindi. Ons “huis” is uniek want dit is gebou op die verhoog van die kerksaal, my kamer is agter die verhoog in die aantrek kamers — omdat ek te dramaties is om op die stage te bly,” lag hy. Hy is ’n leier by die koshuis op die terrein vir jongmense in nood, help by die nasorg-projek en is verantwoordelik vir die hawelosebediening. Onder andere. Henrico is ’n besige man . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Ep 103Sanré Benadé, die dominee wat groot dinge met min regkry
Die vroeë kerk het die gawe gehad om baie te doen met min, en dis iets wat die groter kerk vandag ook by Sanré Benadé kan leer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Ep 102Zakhe Mazibuko: Preacher, Let My People Go!
Jaco Strydom talks to Zakhe Mazibuko about his interresting life and the new book on church and money that caused a stir amongst pastors . . . Kerkbode

Ep 101Lizelle de Bruin, die mens agter die stem op RSG
Lizelle de Bruin “bedien” tot 450 000 mense op ’n slag. Praat van ’n groot gemeente! Gewoonlik is sy aan die ander kant van die mikrofoon. Die keer kon ek die vrae vra. Ons gesels oor haar eie pad, radiojoernalistiek, haar liefde vir kuns en skryf, die kerk, die media en ’n hele lot ander goed. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 100Die drie passies van Nico Smit
Verbeel ek my of ervaar ’n al groter groep van my dominee-vriende deesdae ’n roeping van die Here Europa toe? Of na Kaapstad? En jy is reg, wie is ék om te oordeel. Ek self het al menigmaal gebid, Here stuur my asseblief na een of ander mooi plekkie in die berge of langs die see! Toe Nico Smit agt jaar gelede die roepstem hoor, wie sal Brakpan toe gaan? Het hy geantwoord: Hier is ek Here stuur my. “Ek woon in Brakpan. En kom ek sê sommer reguit: al daardie grappies wat mense maak, is nie waar nie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 99Jaco Strydom gesels met Reggie Peace
Gee ons meer vredemakers soos Reggie Peace! Meeste Suid-Afrikaners ken Reggie Peace as akteur en sanger. Maar hy word toenemend ook geken as skrywer. Sy eerste draaiboek is in 2021 verfilm en hy het ook al verhoogstukke geskryf. Sy boek, Vredemaker, het pas die lig gesien. En Vredemaker is ’n goeie titel, want Reggie het ’n manier om die vreemdste mense bymekaar te bring . . .

Ep 98Nic Grobler se beelde vertel stories
. . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie. Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe, beter plek lei . . . [email protected] Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 97Jaco Strydom gesels met Len Muller
Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . . https://lenmuller.co.za/ Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 96Ivor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te Ver
Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a. jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ... Borg 'n bed in een van die Echo-huise

Ep 94Jaco Strydom gesels met Ashe Steenbok
“Hoe word jy toe ’n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy. Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van ’n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.” Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 93Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer
“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan hier aan? En ek het dit hard en duidelik gehoor, die woorde: ‘Gerald, it’s not about you!’ Dit was ’n moeilike duur tyd. Maar dwars deur Gerald se storie loop die goue lyn van mense wat God oor sy pad gestuur het . . .

Ep 92Jacques De Villiers van Joshua na die Reën
Jaco Strydom gesels met Jacques De Villiers van Joshua na die Reën “In graad drie het my ma my eerste kitaar les geboek en toe later vir my ’n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek ’n band begin. Dit was uit en uit ’n Worship band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!” Hy, sy vrou Danél en hulle drie kinders woon op ’n plaas tussen Johannesburg en Parys — waar hy geword het. Baie het verander van daardie eerste orkes op skool . . . Bookings: [email protected] Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 91Lerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors
“Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag ’n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 90Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense
Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar by NG Florauna in Pretoria . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Ep 89Jaco Strydom gesels met Henning Mostert in Ghanzi
Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op ’n klein dorpie in Botswana, maar ook ’n meganiese ingenieur, met ’n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface! “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.” Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise