PLAY PODCASTS
Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ou
Episode 63

Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ou

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

October 8, 202230m 50s

Audio is streamed directly from the publisher (mcdn.podbean.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Dis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou.

Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het iets van die selfde appèl op die godsdienstiges van vandag. Dis lynreg teen die materialisme, verbruikersmentaliteit en individualisme waarin soveel van ons, ook in die kerk, deur die eeue dikwels vasval. Wat sy storie nog meer fassinerend maak is die feit die ou meer van besigheid en finansies weet as meeste slim mense op aarde . . 

 

Borg 'n bed in een van ons Echo-huise