PLAY PODCASTS
Vers en Klank

Vers en Klank

761 episodes — Page 9 of 16

Vers en Klank

Joanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood.

May 7, 201928 min

Vers en Klank

Carel Nel en Ronel Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L. Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Apr 30, 201928 min

Vers en Klank

Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, S.J. Pretorius, Clinton V. du Plessis en Charl-Pierre Naude.

Apr 23, 201927 min

Vers en Klank

Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan, en hy vertaal al die Latynse himnes op 'n indrukwekkende wyse. Die meestervertolker Nic de Jager lees dele uit die beeldskone vertaling van Cas Vos voor.

Apr 15, 201923 min

Vers en Klank

Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, N.P. van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.

Apr 9, 201926 min

Vers en Klank

Die godsdiensfilosoof en digter, W.L. van der Merwe, woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Apr 2, 201933 min

Vers en Klank

Stian Bam lees gedigte wat gaan oor die reënboognasie van die natuur, voëls. Daar is verse van Danie Marais, Boerneef, W.L. van der Merwe, Sheila Cussons, Dolf van Niekerk, Marlene van Niekerk, Johannes van Eeden en Jeanne Goosen.

Mar 19, 201925 min

Vers en Klank

Pieter van Zyl lees gedigte wat oor die verganklikheid, die broosheid en die letselvatbaarheid van die mens. Daar is gedigte van W.L. van der Merwe, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert, Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Lucas Malan en Annette Snyman.

Mar 12, 201928 min

Vers en Klank

Ons vier die tagtigste verjaardag (op 6 Maart) van Lina Spies, een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde digters. Anna-Mart van der Merwe lees 'n paar van die gedigte uit haar uitgebreide, ryk oeuvre.

Mar 5, 201929 min

Vers en Klank

Daneel van der Walt lees gedigte oor die see van Breyten Breytenbach, Uys Krige, Pieter Odendaal, Rene Bohnen, Eckhard Cloete, Lina Spies en Sheila Cussons.

Feb 26, 201922 min

Vers en Klank

Luister na gedigte wat effe met die maan gepla is, so met die volmaan saam. Erica Wessels is die voorleser van gedigte van Ingrid Jonker, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Marlene van Niekerk, Juanita Louw, DPM Botes, Corne Coetzee en Ilse van Staden.

Feb 19, 201922 min

Vers en Klank

Ronel Geldenhuys lees gedigte oor grootouers en oudword deur Lina Spies, Wilma Stockenström, Elisabeth Eybers, Joan Hambidge, Gert Vlok Nel, W.L. van der Merwe en Antjie Krog.

Feb 12, 201929 min

Vers en Klank

Johann Nel lees van sy gunsteling humoristiese verse van A.D. Keet, Ellen Botha, R.K. Belcher en M.M. Walters.

Jan 29, 201922 min

Vers en Klank

Sophia van Taak is 'n joernalis, skryf kortverhale vir tydskrifte en hou deesdae haar lyf TV-aanbieder. Sy is onlangs aangewys as die wenner van RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie van 2018. Sophia gesels oor van haar gunsteling gedigte en leese werke voor van Antjie Krog, Lina Spies, Pieter Odendaal, Danie Marais, Jeanne Goosen en Sheila Cussons.

Jan 22, 201928 min

Vers en Klank

Carel Trichardt en Petru Wesels lees gedigte oor reis van Breyten Breytenbach, Corne Coetzee, Koos du Plessis, Corlia Fourie, Stef Bos en Lucas Malan.

Jan 15, 201929 min

Vers en Klank

Ons belig dans as tema. Andre Weideman en Lindie Stander is die voorlesers van gedigte van Jeanne Goosen, Sheila Cussons, Carel Anthonissen, Piet de Jager, Bibi Slippers en Eugene N. Marais.

Jan 8, 201929 min

Vers en Klank

Ons vier die aanbreek van die nuwe jaar en dink ook terug aan die oue. Dean Balie is saam met Frieda van den Heever in die ateljee, met sy kitaar. Jy kan uitsien na gedigte van Koos Kombuis, Adam Small, Annie Klopper, Hunter Kennedy, Rene Bohnen, Elmarie Viljoen-Massyn, Alfred Schaffer, Corne Coetzee, Pieter Odendaal en Ina Rousseau.

Dec 31, 201827 min

Vers en Klank

Vier Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Margot Luyt en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Nathan Trantraal, Antjie Krog, Bernard Odendaal, Diana Ferrus, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Daniel Hugo, W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, R.K. Belcher, Adam Small, Donald Riekert, Francilie Hoek, Eveleen Castelyn, Lina Spies, Jeanne Goosen, Peter Snyders, Fanie Olivier en Hans du Plessis.

Dec 24, 201853 min

Vers en Klank

Ons sluit die reeks af waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Die gedigte sentreer rondom die tema van EET EN DRINK. Daar is gedigte van Antjie Krog, Hennie Aucamp, N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, A.G. Visser, Fanie Olivier, Uys Krige, Marlene van Niekerk en Koos Kombuis. Die voorleser is Susanne Beyers.

Dec 18, 201828 min

Vers en Klank

Ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor WERK van Nathan Trantraal, D.J. Opperman, Peter Snyders, N.P. van Wyk Louw, Jan F.E. Cilliers, Eveleen Castelyn, Jolyn Phillips en Martjie Bosman. Die voorlesers is June van Merch en De Klerk Oelofse.

Dec 11, 201824 min

Vers en Klank

Ons is tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor gebed van Jan Spies, Jeanne Goosen, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Koos du Plessis, Hans du Plessis, Sarina Dönges, Marlene van Niekerk, Zandra Bezuidenhout en Johann Lodewyk Marais. Juanita Swanepoel is die voorleser.

Dec 4, 201830 min

Vers en Klank

In VERS EN KLANK is ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor godsdiens van T.T. Cloete, Coenie de Villiers, George Louw, Loftus Marais, Fourie Botha, Charl-Pierre Naude, Susan Smith, Kobus Lombard en Churchil Naude. Martelize Kolver is die voorleser.

Nov 27, 201826 min

Vers en Klank

Ons gaan voort met 'n reeks waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor huise van Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, H.A. Fagan, D.P.M. Botes, Theunis Engelbrecht, Andre le Toit, Jannie Coetzee, Marlise Joubert en Sheila Cussons. Die voorleser is Ludwig Binge. Daar is ook opnames van Laurika Rauch en Laurinda Hofmeyr.

Nov 20, 201829 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die dood deur Wilma Stockenström, Breyten Breytenbach, Corne Coetzee en N.P. van Wyk Louw. Joanie Combrink is die voorleser.

Nov 6, 201829 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor vryheid deur Breyten Breytenbach, Adam Small, Piet de Jager, Stef Bos, Sheila Cussons en Koos du Plessis. Marlo Minnaar is die voorleser.

Oct 30, 201825 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende DIE PROFEET van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Vandeesweek luister ons na gedigte oor vreugde en verdriet van Sheila Cussons, Lina Spies, T.T. Cloete, Antjie Krog, Gilbert Gibson, Breyten Breytenbach, Carina Stander, Dolf van Niekerk en 'n lied van Churchil Naude, wat as 'n poëtiese teks gelees kan word. Roeline Daneel is die voorleser.

Oct 23, 201826 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme van VERS EN KLANK gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die huwelik. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Danie Marais, Corlia Fourie, M.M. Walters, Elisabeth Eybers, Fanie Olivier en T.T. Cloete. Ronel Geldenhuys en Johann Nel is die voorlesers.

Oct 16, 201825 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die se gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor kinders deur Antjie Krog, Jeanne Goosen, Lina Spies, Danie Marais, Carina Stander, Corlia Fourie, Ingrid Jonker en W.E.G. Louw. Rolanda Marais is die voorleser.

Oct 9, 201827 min

Vers en Klank

In die volgende paar weke se programme word die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Elke program sal op 'n tema gebaseer wees. Hierdie week begin ons by die Liefde, wat seker maar altyd onderliggend en oorkoepelend is. Daar is gedigte van Adam Small, Lina Spies, I.D. du Plessis, Hans du Plessis, George Weideman, Vincent van der Westhuizen, Jolyn Phillips, Louise Boshoff en Yabadaka Shamah. Dean Balie en Daneel van der Walt is die voorlesers.

Oct 2, 201822 min

Vers en Klank

Iemand het haar tereg beskryf as 'n “national treasure”. Die voormalige aanbieder van Vers en Klank, Margot Luyt, lees haar aller-, aller-, allerbeste gedigte voor van onder andere D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw en Elisabeth Eybers.

Sep 25, 201828 min

Vers en Klank

Johann Nel lees vrolike verse.

Sep 18, 201823 min

Vers en Klank

Juanita Swanepoel lees haar gunsteling gedigte uit die bundel DIE GEWILDSTE AFRIKAANSE GEDIGTE.

Sep 11, 201828 min

Vers en Klank

Johann Nel lees liefdesverse deur mansdigters.

Sep 4, 201826 min

Vers en Klank

Martelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen uit haar bundel ELDERS AAN DIENS.

Aug 28, 201818 min

Vers en Klank

Marcel van Heerden lees verse van Koos du Plessis.

Aug 21, 201823 min

Vers en Klank

Juanita Swanepoel lees verse van Elisabeth Eybers.

Aug 14, 201821 min

Vers en Klank

Joanie Combrinck lees verse vir, en oor vroue van alle ouderdomme.

Aug 7, 201818 min

Vers en Klank

Daniël Hugo lees verse van Jaap Steyn, wat sy 80ste verjaardag in 2018 vier.

Jul 31, 201826 min

Vers en Klank

Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.

Jul 24, 201824 min

Vers en Klank

Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.

Jul 17, 201826 min

Vers en Klank

Ons luister na 'n keur van Margot Luyt se gunsteling gedigte.

Jul 10, 201825 min

Vers en Klank

Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel, HIERDIE MENS.

Jul 3, 201819 min

Vers en Klank

Frieda van den Heever lees verse, wat in haar studentejare, 'n invloed op haar liefde vir verse gehad het.

Jun 26, 201824 min

Vers en Klank

Johann Nel lees N.P. van Wyk Louw se gedig, DIE HOND VAN GOD.

Jun 19, 201827 min

Vers en Klank

Joanie Combrinck lees verse uit die bundel, DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE.

Jun 12, 201826 min

Vers en Klank

Karen Hougaard lees sonnette van William Shakespeare.

Jun 5, 201826 min

Vers en Klank

Daniel Hugo lees verse van N.P. van Wyk Louw.

May 29, 201826 min

Vers en Klank

Juanita Swanepoel lees verse oor moeders.

May 22, 201820 min

Vers en Klank

Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.

May 15, 201826 min

Vers en Klank

Margot Luyt speel toonsettings van Hennie Aucamp se gedigte wat in kabarette gekruik is.

May 8, 201826 min