PLAY PODCASTS
Vers en Klank

Vers en Klank

761 episodes — Page 8 of 16

Vers en Klank 14 April 2020

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met 'n diep menslikheid hanteer.

Apr 14, 202026 min

Vers en Klank 10 April 2020

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesersvan gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en N.P. van Wyk Louw.

Apr 10, 202053 min

Vers en Klank 7 April 2020

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.

Apr 7, 202029 min

Vers en Klank 31 Maart 2020

Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n werklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor.

Mar 31, 202036 min

Vers en Klank 24 Maart 2020

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, DIE SINGENDE WÊRELD. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Marc Tritsmans, 'n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen en predikers. Vir gewone lesers en poësieliefhebbers. Nog 'n bundel wat die vertaalskat vir Afrikaanse lesers verruim met dank aan die vertaler en Naledi."

Mar 24, 202028 min

Vers en Klank 17 Maart 2020

Die digter Diana Ferrus lees gedigte voor uit haar roerende bundel, Die vrede kom later, wat opgedra is aan haar pa. Die gedigte handel oor die post-traumatiese stres wat soveel mans ná die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het, en hoe dit op intieme vlak hulle gesinne beïnvloed het met hulle terugkeer huis toe.

Mar 17, 202038 min

Vers en Klank 10 Maart 2020

June van Merch lees gedigte en los gedagtes van Jeanne Goosen.

Mar 10, 202031 min

Vers en Klank 3 Maart 2020

Rolanda Marais gedigte uit die Antjie Krog se pragbundel, Fynbosfeetjies, met illustrasies deur Fiona Moodie. Dit bestaan uit 16 gedigte gebaseer op allerlei fynbosspesies wat elk geassosieer word met 'n unieke fee.

Mar 3, 202027 min

Vers en Klank 25 Februarie 2020

Martelize Kolver lees gedigte met die tema, DIGTERS IN GESPREK MET HEILIGES. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, I.L. de Villiers, N.P. van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V. du Plessis en Mellet Moll.

Feb 25, 202029 min

Vers en Klank 18 Februarie 2020

Amor Tredoux lees gedigte oor grond. Digters herinner ons telkens daaraan om naby die grond te leef, ons behoefte aan grondbesit en ons eie grondigheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe, Antjie Krog, Ingrid Jonker, Daniel Hugo, Gilbert Gibson en T.T. Cloete.

Feb 18, 202026 min

Vers en Klank 11 Februarie 2020

Jana Kruger lees gedigte oor reën, wat vir Suid-Afrikaners 'n spesiale bekoring inhou en 'n gans ander betekenis kry, veral in 'n tyd wanneer groot dele van die land gebuk gaan onder droogte. Jy kan uitsien na gedigte deur C. Louis Leipoldt, Nini Bennett, Hilda Smits, Petra Müller, Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe en Ingrid Jonker.

Feb 11, 202026 min

Vers en Klank 4 Februarie 2020

Anrich Herbst en Roeline Daneel lees gedigte oor wind, wat nie eintlik 'n lied in die hart bring by meeste mense nie, maar wel gedigte uit ons digters se penne laat vloei. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, De Waal Venter, Daniel Hugo, Pieter Odendaal en Koos du Plessis.

Feb 4, 202024 min

Vers en Klank 28 Januarie 2020

Bome het 'n onbeskryflike uitwerking op die mens se psige waaroor ons digters so dikwels skryf. Joanie Combrink en Charlton George is die voorlesers van gedigte deur Adam Small, Marlise Joubert, Antjie Krog, De Waal Venter, Hilda Smits, Louis Esterhuizen, Christo van der Westhuizen, Jan de Bruyn, Daniel Hugo, Nini Bennett en Johann de Lange.

Jan 28, 202029 min

Vers en Klank 21 Januarie 2020

Luister na gedigte oor berge, daardie fassinerende landskappe wat so bepalend is vir lewe. Wessel Pretorius is die voorleser. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, Pieter Odendaal, De Waal Venter, Ronelda Kamfer, Marlise Joubert, Daniel Hugo en Louis Esterhuizen.

Jan 21, 202023 min

Vers en Klank 14 Januarie 2020

Luister na van die mooiste gedigte deur Petra Müller wat vanjaar 85 jaar oud is. Dit sou baie moeilik wees om die Afrikaanse digkuns en boekebedryf in sy geheel sonder haar in te dink. Die verse waarna jy kan uitsien, kom uit die bundels Die aandag van jou oë en Om die gedagte van geel. Juanita Swanepoel is die voorleser.

Jan 14, 202033 min

Vers en Klank 7 Januarie 2020

Digter Hannes Visser praat oor sy bundel DIE JAAR TOE PA... wat in 2019 uitgegee is. Dit is 'n roerende terugblik op sy lewe. Dit is die jaar 1967. 'n Tienjarige seun in 'n disfunksionele mynwerkshuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan, en help om sin te gee aan wat om hom gebeur. Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatstelsel in die jare sestig en die wyse waarop 'n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan.

Jan 7, 202034 min

Vers en Klank 31 Desember 2019

Die digter-akademikus Hein Viljoen gesels oor sy nuwe bundel, Brisant, wat vanjaar verskyn het. Dit is 'n lang verhalende (epiese) gedig en bied 'n kykie in die alledaagse lewe en minder alledaagse fantasieë van Jan Human, 'n universiteitsdosent. Dis vol subteks, interteks, vuur, en dalk 'n bom of twee wat bars.

Dec 31, 201934 min

Vers en Klank 24 Desember 2019

In hierdie spesiale uitsending van VERS EN KLANK vier ons Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Johann Nel, Elsabe Daneel en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Wynand Retief, Sheila Cussons, Antjie Krog, Adam Small, Lina Spies, Jeanne Goosen, Eveleen Castelyn, NP van Wyk Louw, Diana Ferrus, Donald Riekert, Rene Bohnen, Francilie Hoek, Johann de Lange, Uys Krige, Daniel Hugo, Bernard Odendaal, Fanie Olivier, Clinton V. du Plessis en Rien Joubert.

Dec 24, 201953 min

Vers en Klank

Die pianis en performance poet, Lara Kirsten, praat oor haar lewe as rondreisende kunstenaar, wat sommer enige plek op 'n fiets sal klim en dit ry, 'n klavier sien en dit speel, 'n verhoog skep uit 'n klip en begin dig. Lara lees so van haar innigste gedigte oor Afrika, oor musiek en oor haar geliefdes voor.

Dec 24, 201928 min

Vers en Klank

Chris van Niekerk lees verse deur een van ons veelsydigste skrywers en digters, Dolf van Niekerk, wat vanjaar 90 jaar oud geword het. Ons gaan luister na gedigte uit sy laaste bundel, Berigte uit die skemerland, wat vanjaar verskyn het, en na 'n paar verse uit sy vorige bundel, Portrette in my gang.

Dec 17, 201925 min

Vers en Klank

Die digter en sangeres, dosent en woordswerwer, Jolyn Phillips, gesels oor haar debuutbundel, Radbraak, wat in 2017 verskyn het en vanjaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys. Volgens die bekroonde digter, Petra Müller, is Radbraak 'n klein aardbewing van 'n bundel, en dat die digter die engel in die klip beet het. Phillips is 'n jong stem in Afrikaans wat gehoor móet word. Jy kan ook uitsien na 'n hele paar snitte waar Jolyn van haar verse voorlees, en Riku Lätti die agtergrondmusiek maak.

Dec 10, 201950 min

Vers en Klank

Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rikü Latti die agtergrondmusiek maak.

Nov 26, 201933 min

Vers en Klank

Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verhoë te sien was.

Nov 19, 201929 min

Vers en Klank

Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, só diep raak dat hy nie anders kan as om daaroor verse te maak nie.

Nov 12, 201931 min

Vers en Klank

Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse smokkelaar met intertekste. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing." Willem vertel van homself, sy bundel, sy lewe in Taiwan, en hy en sy musikantvriend, Craig Vee, gee 'n spesiale uitvoering van verse en klanke.

Nov 5, 201929 min

Vers en Klank

Luister na gedigte uit 'n nuwe bundel, Vandag is boordensvol - Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Dis onlangs uitgegee deur Naledi. Charl-Pierre Naude skryf: "Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings eindeloos verruim." Nic de Jager lees van Neruda se mooiste vertaalde gedigte voor.

Oct 29, 201935 min

Vers en Klank

Pieter van Zyl lees gedigte oor TYD EN EWIGHEID deur Nini Bennett, Wilma Stockenström, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis, Jan de Bruyn, Cas Vos en Corne Coetzee.

Oct 22, 201925 min

Vers en Klank

Susanne Beyers lees verse oor die landskap van die Karoo. Daar is gedigte van D.J. Opperman, NP van Wyk Louw, Lou-Ann Stone, Sydda Essop, Dolf van Niekerk, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Cas Vos, Corlia Fourie en Ernst van Heerden.

Oct 15, 201920 min

Vers en Klank

Wêreld Sigdag word hierdie week gevier, en ons luister na gedigte wat gaan oor oë en om te kan sien, of nie te kan sien nie. Lise-Mari van Wyk, 'n neëntienjarige blinde vrou, lees die verse (in braille) voor. Jy kan uitsien na gedigte van Petra Müller, Sheila Cussons, Lina Spies, Cas Vos, Zandra Bezuidenhout en Wilma Stockenström.

Oct 8, 201921 min

Vers en Klank

Luister na gedigte oor die omgewing en die mens se ekologiese voetspoor, in die gees van Sint Franciscusdag. Charlton George is die voorleser van gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Eveleen Castelyn en Wilma Stockenström.

Oct 1, 201928 min

Vers en Klank

Luister na gedigte oor die hart, in die gees van Wêreld Hartdag wat hierdie week gevier word. Waldemar Schultz lees verse van Breyten Breytenbach, Rosa Keet, Abraham Fouche, Theunis Engelbrecht, Joan Hambidge, Gilbert Gibson, I.L. de Villiers en Fanie Olivier.

Sep 23, 201928 min

Vers en Klank

Ons vier Breyten Breytenbach se 80e verjaardag. Digter, skrywer, denker, skilder, akademikus en letterkundige, dramaturg, wêreldburger, aktivis, vryheidsvegter, uitgewekene, ingeperkte, BB Lasarus, Janblom, Jan Afrika, en soos 'n artikel in die New Yorker in November 1993 se opskrif lui: "An Afrikaner Dante". Die program is gevul met van sy mooiste verse wat Dawid Minnaar voorlees, en daar is toonsettings van sy gedigte.

Sep 17, 201945 min

Vers en Klank

Corne Coetzee se debuutbundel, wat in 2017 uitgegee is en in dieselfde jaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys, bevat verskeie temas, maar is veral deurspek met voorbeelde van die vrou se ervaringswêreld – hetsy haar daaglikse taakverrigting in en om die huis, haar rol as dogter, as moederlike figuur of as geliefde. Sy put uit die eietydse, veeldimensionele wêreld om haar, die groei en verbrokkeling, en vreugde en pyn van verhoudings, die aarde en die hier-en-nou soos gesetel in die durende gang van lewe en dood. Juanita Swanepoel lees die gedigte voor.

Sep 10, 201929 min

Vers en Klank

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, Die Trouservies. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Benno Barnard, 'n Nederlandse skrywer van 'n veelstydige oeuvre wat poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Die digter se tegniese vernuf is klinkklaar, en Hugo se teksgetroue en soepel vertaling is merkwaardig.

Sep 3, 201928 min

Vers en Klank

Margot Luyt lees gedigte oor verliese en die gemis en verlange wat dit meebring. Daar is gedigte deur George Weideman, Daniel Hugo, AD Keet, Johann de Lange, Clinton V. du Plessis en Petra Müller.

Aug 27, 201925 min

Vers en Klank

Erica Wessels lees gedigte oor drome deur Johann de Lange, Breyten Breytenbach, Joan Hambidge, Jeanne Goosen, Wilma Stockenström, Ernst van Heerden en N.P. van Wyk Louw.

Aug 20, 201923 min

Vers en Klank

Johann Nel lees gedigte oor woorde, in die gees van Taaldag wat op 14 Augustus gevier word. Daar is gedigte deur N.P van Wyk Louw, C. Louis Leipoldt, Boerneef, W.E.G. Louw, Wilma Stockenström, Erns Grundling, Breyten Breytenbach, J.C. Steyn, P.H. Roodt, Elisabeth Eybers en Zandra Bezuidenhout.

Aug 13, 201929 min

Vers en Klank

Juanita Swanepoel lees gedigte oor of deur vroue in verskillende fases van hulle lewe. Jy kan uitsien na gedigte deur Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Susan Smith, Dirk Winterbach, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert en Antjie Krog.

Aug 6, 201928 min

Vers en Klank

Luister na gedigte uit die ou bekende, steeds gewilde bundel van Philip de Vos: Karnaval van die diere. De Klerk Oelofse is die voorleser. Die bundel is in 1998 uitgegee en die omslag sê: die onheilige tweeling - die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler het saam 'n boek gemaak vir kinders van alle ouderdomme (en natuurlik hulle ouers ook).

Jul 30, 201929 min

Vers en Klank

Petru Wessels en Carel Trichardt lees gedigte oor SLAAP van Juanita Louw, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Jolyn Philips, Marie Blomerus, Lucas Malan, Olga Kirsch, Sheila Cussons en D.F. Malherbe.

Jul 23, 201928 min

Vers en Klank

Anrich Herbst lees gedigte oor stilte van M.M. Walters, Dolf Myburg, W.E.G. Louw, Kobus Lombard, Gilbert Gibson, Nini Bennett, Barend J. Toerien en Breyten Breytenbach.

Jul 16, 201926 min

Vers en Klank

Luister na gedigte oor musiek van Jolyn Philips, Bibi Slippers, W.L. van der Merwe, T.T. Cloete, Loftus Marais, Ilse van Staden, Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Sheila Cussons en Johann de Lange, soos voorgelees deur Tinarie van Wyk Loots.

Jul 9, 201925 min

Vers en Klank

Chris van Niekerk lees gedigte voor oor DONKER EN LIG. Die werk van Tessa Louw, Daniel Hugo, Christine Barkhuizen-le Roux, Antjie Krog, Nini Bennett, Johann de Lange en Breyten Breytenbach kan gehoor word.

Jul 2, 201931 min

Vers en Klank

Jy kan luister na gedigte in die vorm van BRIEWE. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges.

Jun 25, 201926 min

Vers en Klank

Kom luister na gedigte wat handel oor die JEUG. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden.

Jun 18, 201931 min

Vers en Klank

Ons luister na gedigte oor VADERS. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.

Jun 11, 201934 min

Vers en Klank

Kom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser.

Jun 4, 201924 min

Vers en Klank

Luister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en lees self die gedigte voor.

May 28, 201928 min

Vers en Klank

Waldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel DIE VAL. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is 'n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in.

May 21, 201923 min

Vers en Klank

Luister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid van neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe.

May 14, 201925 min