
Taaldinge
759 episodes — Page 7 of 16

Taaldinge 13 Desember 2020
Hoe word pejoratiewe in die AWS hanteer? Ina Strydom praat met Duncan Ruiters wat pas sy M.A. in Afrikaanse Taalkunde aan die Universiteit van Johannesburg oor dié onderwerp behaal het.

Taaldinge 6 Desember 2020
Taalnavrae gaan oor onder meer bog, vroetel, toekomskundige en drop.

Taaldinge 29 November 2020
Ina Strydom praat met die mederedakteurs van ‘n unieke handboek oor Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, proff. Wannie Carstens en Tobie van Dyk, oor die doel, aard en omvang van die projek.

Taaldinge 22 November 2020
In Taalnavrae word gepraat oor onder meer kolofonium, kolofon, decibel en die Hansard.

Taaldinge 15 November 2020
Die vertaling van die Bybel is ‘n lang en omvattende proses. Prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom van die proses, die benadering tot die vertaling en die unieke eienskappe van die 2020 vertaling.

Taaldinge 8 November 2020
Taalnavrae word hanteer, en daar word gepraat oor Stockholm-sindroom, kaspaas, paria en die verskil tussen ‘n boot en ‘n skip.

Taaldinge 1 November 2020
Ina Strydom praat met Marlie Coetzee van die Virtuele Instituut vir Afrikaans oor VivA se nuwe aanlyn lees-en-luisterbiblioteek.

Taaldinge 25 Oktober 2020
Die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad praat oor hulle planne.

Taaldinge 18 Oktober 2020
Hoe lyk jou Sondagmiddagmaal? Vleis, rys, pampoen, gebraaide aartappels of strooppatats? Jana Luther vertel vir Ina Strydom meer van pampoen, aartappel en patat.

Taaldinge 11 Oktober 2020
In Taaldinge word taalnavrae hanteer. Daar word gepraat oor onder meer opkeil, asem, adem en van 'n berg 'n molshoop maak.

Taaldinge 4 Oktober 2020
Ina Strydom praat met die samestellers van eksamenhulpboeke vir Afrikaans Huistaal, Isabella Venish en Martli Jordaan. Die boeke is beskikbaar vir Grade 10, 11 en 12.

Taaldinge 27 September 2002
Taalnavrae kom aan die beurt en daar word gepraat oor onder meer kalant en vabond, landdros, magistraat, bekaf en apostelperde.

Taaldinge 20 September 2020
Is daar vloekwoorde wat meer aanvaarbaar as ander is? Hoekom en wanneer vloek mense, en watter soort woorde gebruik hulle? Prof. Gerhard van Huyssteen vertel vir Ina Strydom meer van sy vloekprojek.

Taaldinge 13 September 2020
Ons praat oor die lidwoorde de, der en des en oor eenvoudige Afrikaans in die wetenskap.

Taaldinge 6 September 2020
Prof. Jac Conradie, emeritus-professor verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Ina Strydom oor taalverskynsels in die poësie van NP van Wyk Louw.

Taaldinge 30 Augustus 2020
Wat is die verskil tussen draghoender en dragonder? Waar kom die woord, ekskuus, vandaan? Wat beteken harlaboerla?

Taaldinge 23 Augustus 2020
Wat is gewone taal, en hoekom is dit belangrik? Prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg verduidelik die konsep, en vertel vir Ina Strydom wie almal by gewone taal kan baat vind.

Taaldinge 16 Augustus 2020
Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans is 'n geletterdheidstrust wat 'n verskil in die Wes-Kaapse gemeenskappe wil maak deur Afrikaans. Magdaleen Krüger gesels die SBA se uitvoerende hoof, dr. Niel le Roux, en met die voorsitter van die direksie, Sandra Prinsloo, oor die relevansie van 'n slegs Afrikaans-uitgangspunt en of die stigting al in 'n meertalige rigting beweeg het.

Taaldinge 9 Augustus 2020
Waar kry 'n mens antwoorde oor korrekte spelling of die regte betekenis van 'n woord of gepaste taalgebruik? Prof. Wannie Carstens praat met Ina Strydom oor die soorte bronne waar 'n mens die inligting kan kry.

Taaldinge 2 Augustus 2020
Dr. Willem Botha en dr. Frikkie Lombard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is “Die Ware Jakob”. Hulle veruidelik die gebruik van drakonies, gade, lepel in die dak steek en Sela.

Taaldinge 26 Julie 2020
Ina Strydom praat met Jana Luther oor Afrikaans as visserstaal. Kom vind uit wat is, onder meer, 'n laatjie, angels en 'n joppelwind.

Taaldinge 19 Julie 2020
In taalnavrae word gepraat oor die Afrikaans vir Mall, oor letters wat dieselfde klink, maar woorde wat met die letters begin, word verskillend gespel, en sê 'n mens 18-uur of 18-honderd uur.

Taaldinge 12 Julie 2020
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor taalnorme, wat dit is en waarom norme ook in taal nodig is.

Taaldinge 5 Julie 2020
In Taalnavrae word gevra of 'n mens sterf aan 'n siekte of weens 'n siekte, en 'n goeie Afrikaanse woord vir cabin fever.

Taaldinge 28 Junie 2020
Ina Strydom praat met emeritusprofessor verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan UWK, prof. Frank Hendricks, oor Kaaps se oorsprong, status en toekoms.

Taaldinge 21 Junie 2020
Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen 'n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede.

Taaldinge 14 Junie 2020
Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die vordering en die uitdagings.

Taaldinge 7 Junie 2020
In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die môrestond wat goud in die mond het.

Taaldinge 31 Mei 2020
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom wat die portale behels en hoe dit gebruik kan word.

Taaldinge 24 Mei 2020
Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld.

Taaldinge 17 Mei 2020
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer 'n leerhulp-afdeling, 'n Covid-woordeboek en 'n muurprojek in.

Taaldinge 10 Mei 2020
In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word.

Taaldinge 3 Mei 2020
Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom se fasinasie met die pes.

Taaldinge 19 April 2020
Magdaleen Krüger kyk na woordwisseling en wisselvorme soos reën en reent, en oor prestasie in die skryf van regswetenskapsartikels in Afrikaans.

Taaldinge 12 April 2020
In die gees van die Pase praat Jana Luther met Ina Strydom oor Paasfees, die Pasga, paashase en paaseiers.

Taaldinge 5 April 2020
In Taalnavrae word gepraat oor galletjie, vloerbrood, hoe oud is oeroud en wat is die Afrikaans vir spinning, daardie samekoms van karre wat in die rondte tol.

Taaldinge 29 Maart 2020
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel waarmee die kommissielede hulle besig hou tydens die sitting, onder meer besprekings oor aanpassings en wysigings wat gemaak moet word en die proses om nuwe woorde by die Woordelys te voeg.

Taaldinge 22 Maart 2020
Watter taalmaatstaf word gebruik in die besluit watter boeke op RSG voorgelees word en watter dramatekste aanvaarbaar is ten opsigte van taalgebruik?

Taaldinge 15 Maart 2020
Vroeë taalontwikkeling by kinders speel 'n groot rol in hulle latere prestasies, maar hoe word die ontwikkeling gemeet? Prof. Frenette Southwood, voorsitter van die departement Algemene Taalwetenskap by die US, vertel van 'n projek om die ontwikkeling te meet. Agt van die land se amptelike tale neem aan die projek deel.

Taaldinge 8 Maart 2020
Wat is 'n huilebalk? Wat is die verskil tussen arbitrêr, ewekansig en lukraak? Wat is veskil tussen 'n briesie, 'n luggie en 'n wind? Wat is die herkoms van die woorde swetterjoel en skrikkeljaar? In watter konteks kan die woord 'vrek' gebruik word? Waar kom die naam Antjie Somers vandaan? Wat is die herkoms van volstruis en ostrich? Word waffers net as 'n negatiewe woord gebruik? Waar kom die woord 'vroedvrou' vandaan? Wat is die Afrikaans vir brunch?

Taaldinge 1 Maart 2020
Magdaleen Krüger gryp weer haar skoolwoordeboeke.

Taaldinge 23 Februarie 2020
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel meer oor die ooreenkoms wat met die Taalunie in Nederland gesluit is.

Taaldinge 16 Februarie 2020
Wat is die betekenis van die uitdrukking, die bordjies verhang? Wat is xeno en morsekode?

Taaldinge 9 Februarie 2020
Die skryfwyse van woorde, of dit los of vas geskryf word, is een van die kwessies waaroor taalgebruikers dikwels kopkrap. Die taaladviseur van Viva, Sophia Kapp, verduidelik 'n paar gevalle.

Taaldinge 2 Februarie 2020
In Taalnavrae word gepraat oor 'aan die brand slaan' teenoor 'aan die brand steek', treintrokke en treinwaens, en oor die betekenis van pypkan.

Taaldinge 26 Januarie 2020
Afrikaans het 'n redelike agterstand teenoor vergelykbare tale wat betref inhoud en teenwoordigheid op Wikipedia. Prof. Laurette Pretorius, buitengewone professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa, vertel wat Afrikaans se posisie is, waarom dit belangrik is, en wat gedoen word om Afrikaans te voetspoor te vergroot.

Taaldinge 19 Januarie 2020
In Taalnavrae met Magdaleen Kruger word gepraat oor van dit en hiervan, en ook oor weerwaak en weerwaarskuwing.

Taaldinge 12 Januarie 2020
Jana Luther praat oor die stand van verklarende woordeboeke, en vertel onder meer van die uitdagings waarmee woordeboekmakers te kampe het. Dit sluit in die arbeidsintensiewe werk wat betrokke is, asook die koste daaraan verbonde.

Taaldinge 5 Januarie 2020
Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?

Taaldinge 29 Desember 2019
Spesiaal vir die vakansietyd: Afrikaans se mooiste woorde - 'n paar mense vertel of lees voor wat in die stadium vir hulle besonderse, of mooi, of betekenisvolle woorde in Afrikaans is.