
Radioteater
382 episodes — Page 7 of 8

LOBOLA VIR DIE LEWE deur Andre P. Brink
LOBOLA VIR DIE LEWE deur Andre P. Brink

AANTREKKINGSKRAG deur Deon Opperman
AANTREKKINGSKRAG deur Deon Opperman

DIE DUIWEL en HARTSTOG deur Guy de Maupassant
DIE DUIWEL en HARTSTOG deur Guy de Maupassant

HIE' SIT DIE MANNE deur Leon Kruger
HIE' SIT DIE MANNE deur Leon Kruger

WAT SAL DIE MENSE SÊ deur Perdita Van Dijk Du Bois
WAT SAL DIE MENSE SÊ deur Perdita Van Dijk Du Bois

DIE VROU UIT DIE SEE deur Henrik Ibsen
DIE VROU UIT DIE SEE deur Henrik Ibsen

RABIE OP RADIO (Jan Rabie)
RABIE OP RADIO (Jan Rabie)

ONTNUGTER deur Ingrid Penzhorn
ONTNUGTER deur Ingrid Penzhorn

SONATE deur Martie Swanepoel
SONATE deur Martie Swanepoel

VER IN DIE OU KALAHARI deur Zesta Vorster
VER IN DIE OU KALAHARI deur Zesta Vorster

SWANESANG deur Gerda Kriel
SWANESANG deur Gerda Kriel

TEERLING 5: DIE BRUG deur PG du Plessis
TEERLING 5: DIE BRUG deur PG du Plessis

MASKERS deur Joey van Niekerk
MASKERS deur Joey van Niekerk

TERUGREIS deur Fred Carly
Terugreis deur Fred Carly

DIE PROPONENTJIE deur Pieter Fourie
Op Duskantdroogtefontein, in die laat vyftigs, is hubare jong mans net so skaars soos water. Vrouens is daar egter oorgenoeg. Wanneer dominee Gaffie Geringer as alleenloper sy intrek in die pastorie neem, moet hy keer of hy raak getroud met elke beskikbare jong meisie in die gemeente, en hulle moeders is maar te gewillig om te help!

SIENER IN DIE SUBURBS deur PG du Plessis
Hierdie klassieke, Hertzog-bekroonde drama speel af in 'n armoedige suidelike voorstad van Johannesburg. Jakes is die zef ou wat 'n ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die ma, wil egter niks hiervan weet nie. Sy wil wegkom uit die suburbs, met 'n ryk man trou en van geweet wees. Haar broer, Tjokkie, is die siener wat onder meer sien hoe 'n ander man as Jakes haar swanger maak. Natuurlik met rampspoedige gevolge...

DIE BORDE MET DIE BLOU PATROON deur Mari Snyman
Mart en Debbie is twee susters met 'n gespanne verhouding. Hulle ma ontken haar rol in die wanfunksie wat in die gesin bestaan.

DIE MAN MET DIE 13 KINDERS deur Harry Kalmer
Jos (39) en Mathilde (33) het mekaar in Griekeland ontmoet. Hoe het dit gebeur dat hulle 13 kinders het? Hoe is hulle lewens daardeur geraak? Die drama is nie vir sensitiewe luisteraars nie, en sekere dele mag aanstoot gee.

'N LANG, LANG NAG deur Riana Scheepers
Die verhaal is losweg gebasseer op die mite van Sheherazade, wat baie behendig die dood gefnuik het deur die Sultan te betower met die mooiste verhale en mites vir 'n duisend en een nagte. Hy het al sy ander vroue na een huweliksnag onthoof. Gedigte van G.A. Watermeyer en Elmarie van Schalkwyk vorm deel van die aangrypende verhaal.

2092: GOD VAN KLANK deur Wilken Calitz
Alle vorme van kuns is 40 jaar gelede verbied en die kunstenaars wat steeds hulle kuns probeer beoefen het, is terreggestel. Een pianis het 'n klavier vir 40 jaar in 'n grot weggesteek. Wat gebeur as iemand se hartstog sterker as sy oorlewingsdrang is? Die hoofspelers is Chris van Niekerk en Wilna Snyman. Ander spelers is Pedro Kruger en Albert Pretorius.

DIE PYN deur Pauline Smith
'n Bejaarde kinderlose egpaar hou 50 jaar lank hulle armoedige boerdery aan die gang en woon en werk in liefde en tevredenheid saam, tot die vrou ernstig siek word en haar pyn hulle lewe binnedring en oorneem. 'n Kort verblyf in die hospitaal is vir hulle 'n ontnugtering as hulle vir die eerste keer geskei word en die pyn 'n nuwe dimensie kry.

SPLINTERGLAS deur Richard van der Westhuizen
Sedert haar ouers se egskeiding weier die jong Lynelle om weer klavier te speel. Sy en haar ma trek na die platteland, waar haar ma daarop aandring dat sy les neem by 'n afgetrede komponis. Met sy ondersteuning en leiding kry Lynelle dit mettertyd reg om 'n groot trauma te verwerk.

DIE ONGELOOFLIKE REIS VAN MAX EN LOLA deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard
Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en nie op die mond geval nie. Hulle onwaarskynlike vriendskap strek oor dekades en het begin in 'n tyd toe sulke verhoudings verbode was, maar hulle liefde vir fliek en vir mekaar, het alles oorwin. Nou het die ouderdom hulle bekruip en dink hulle terug oor die jare.

STERIEL deur Gideon van Eeden
Die titel van die drama is beskrywend van die gebied en die mense wat daar woon, enersyds, en die lewensgevaarlike en lewensbelangrike werk wat deur paramedici verrig word, andersyds. Nie alleen is dit noodsaaklikheid dat die binneruim van die ambulans steriel gehou moet word nie, ook die karakters lewer kommentaar op die sterieliteit van die gemeenskap en hulle persoonlike lewens.

HOOR JY MY? deur Jean Cocteau
'n Middeljarige vrou (Rika Sennett) bel haar geliefde van die afgelope vyf jaar. Hy het intussen iemand anders ontmoet en trou die volgende dag met die nuwe vrou. In die telefoniese gesprek met haar eks probeer die vrou om weer sy liefde terug te wen, maar word verstrengel in haar eie desperaatheid en web van leuens. Die telefoongesprek is pure frustrasie wanneer dit kort-kort onderbreek word en die vrou se emosionele verval al hoe meer aan die lig kom...

KLIPPEKLOOF deur Cecilia du Toit
Marius Venter moet die klipformasies in die omgewing van die plaas Klippekloof ondersoek. Petrus en Kotie Versteen is baie gasvry en hy voel dadelik tuis... totdat hy in die nag wakker word van 'n perd wat runnik, gevolg deur 'n geweldige slag. By nadere ondersoek vind hy egter absoluut niks nie...Hierdie drama met Richard van der Westhuizen, Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Elize Cawood en Anton Dekker is nie vir sissies nie. Sorg maar dat jy nie alleen daarna luister nie...

SONSTORM deur Schalk Schoombie
Niek en Miekie woon in 'n slimgebou. Alles is geoutomatiseer en geoptimaliseer – van veiligheid en sekuriteit tot voeding en klimaatbeheer. Onbemande tuie patrolleer die stad terwyl kameras en mikrofone oral opgestel is om misdaad hok te slaan. Selfs binne-in wooneenhede geld streng beheermaatreëls. Een van Miekie se frustrasies is dat daar 'n enorme versameling afstandbehere is wat alles, van die lugversorging tot die beligting en die deure beheer. Uiteindelik ontdek hulle dat daar nog meer beheer kan word as wat hulle aanvanklik gedink het…

SONSTORM deur Schalk Schoombie
Niek en Miekie woon in 'n slimgebou. Alles is geoutomatiseer en geoptimaliseer – van veiligheid en sekuriteit tot voeding en klimaatbeheer. Onbemande tuie patrolleer die stad terwyl kameras en mikrofone oral opgestel is om misdaad hok te slaan. Selfs binne-in wooneenhede geld streng beheermaatreëls. Een van Miekie se frustrasies is dat daar 'n enorme versameling afstandbehere is wat alles, van die lugversorging tot die beligting en die deure beheer. Uiteindelik ontdek hulle dat daar nog meer beheer kan word as wat hulle aanvanklik gedink het…

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis
Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsabe Zietsman is Hanna. Ander spelers is Elize Cawood, Elma Postma, Karen Wessels, Marina Coetzee en Melt Sieberhagen.

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis
Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsabe Zietsman is Hanna. Ander spelers is Elize Cawood, Elma Postma, Karen Wessels, Marina Coetzee en Melt Sieberhagen.

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis
Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsabe Zietsman is Hanna. Ander spelers is Elize Cawood, Elma Postma, Karen Wessels, Marina Coetzee en Melt Sieberhagen.

DIE TRAGIESE GESKIEDENIS VAN DOKTOR FAUSTUS deur Christopher Marlowe
Faustus gee sy siel aan Lucifer, die duiwel, in ruil vir 'n langer lewe, wellus en alles wat hy wil hê.

AS DIE DONKER DIE SON INSLUK deur Marion Erskin
Dis die verhaal van 'n klein plattelandse gemeenskap met die gewone struwelinge en 'n lang geskiedenis van haat en nyd. Hulle leef dekades met hulle eie wroeginge en geheime wat hul menswees verteer. Dan kom 'n natuurramp wat hulle dwing om mekaar te aanvaar en te omarm.

AAN STILLE WATERS: VROUTJIE WEET ALWEER BETER deur CJ Langenhoven
Die drama is saamgestel uit Langenhoven se rubrieke wat hy van 1921 tot 1932 vir Die Burger geskryf het. Die moderne Afrikaans waarmee hy toe al gewerk het, is opmerklik. Die program is by die Klein Libertasteater in die Kaap opgeneem. Jannnie Hofmeyr en Susan Beyers kan gehoor word in die rolle van Neelsie en Vroutjie. Stephanie Badenhorst skep die byklanke op die verhoog.

VRYSLAG deur Marcel van Heerden
Hoe lyk een chaotiese dag in die lewe van 'n vryskutakteur? Hoe hanteer hy die klein katastrofes wat elke dag oor sy pad kom? Maar nog erger: hoe balanseer hy sy lewe as vryskutwerker met die van 'n enkelouer, veral wanneer sy seun se skool hom laat weet dat sy skoolgeld agterstallig is en daar geen manier is waarop hy R20,000 binne 'n week bymekaar kan maak nie.

DIE TORINGKELDER deur Andre Kotze
'n Pa (Nic de Jager) sy tienerseun (Pietie Beyers) en tienerdogter (Elanza Swart) woon in die vuurtoring waarvoor hy verantwoordelik is. Hy maak hulle alleen groot en is besonder streng. Dan verskyn 'n jong, geheimsinninge seun (Deklerk Oelofse) op 'n stormagtige nag. Sy teenwoordigheid verander hulle lewens onherroepelik. Hierdie werk herinner aan die Gotiese dramas en dit deel die derde plek in die RSG/Sanlam Radiodramaskryfkompetisie van 2013.

DIE WEBLEY deur Piet Steyn
Die beskikbaarstelling van artiretrovirale middels sedert 2008 help op 'n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika te verminder. Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat daar reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land is—tien persent van die bevolking. En wat meer is, die syfer styg steeds. Piet Steyn speek die MIV/Vigs probleem subtiel aan en tog is daar 'n dringendheid, 'n waarskuwing vir almal wat nie bewus is van die erns van die probleem in ons land nie.

O Hel! deur PG du Plessis
Regstreekse uitsending vanaf die KKNK: Die gegriefde Antjie (Rolanda Marais) begelei Christoffel (Deon Lotz) in sy toetrede tot die hel. Hy't dit nie verwag nie en sit hom hewig tee, maar tevergeefs. Die rot, die skare, die baba, die skroue en skreeue van die ander Teerlinge is weer daar om ds. Christoffel te laat weifel en wonder en selfs te verbyster. Sy verlede haal hom klaaglik in en hy word gestroop tot die naakte waarheid.

OLIFANTIE deur PJ Haasbroek
Daar is Indiese olifante en die Afrika olifante. Hulle word onderskei deur hulle grootte en veral die grootte en vorm van hulle ore. Die Afrika olifant se slurp het twee vingers teenoor die Asiese olifant se een vinger. Ou Voortrekker, die olifantbul, is 'n Afrika olifant en meer spesifiek 'n woestynolifant. Die olifant se grootste vyand is die mens. Hulle word hoofsaaklik gejag vir hulle tande. Olifante is intelligente, sensitiewe diere en liefdevol teenoor mekaar. Vir Bill Scoombie, 'n bloeddorstige jagter, is al hierdie feite van minder belang. Hy wil sy trofeebul doodskiet en klaar. Die vraag is of Koos en Joan ou Voortrekker se lewe, en daarmee saam die res van die Olifante in die Ugab, se lewens sal kan red. Sonder 'n teelbul is die olifante verdoem tot uiteindelike uitwissing.

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie
'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie
'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

STERREKYKERS deur Flip Loots
Drie mense beleef 'n eienaardige Oukersaand op straat voor 'n supermark.

DIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp
Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...

SIBBE deur Francois van Rensburg
'n Skoolseun wat die pad yster raak. 'n Onderwyseres wat probeer help. 'n Alkoholiese pa en 'n komen…

ALTYD deur Anton Krueger
Die drama beeld die inherente eensaamheid van ontheemde bejaardes in 'n ouetehuis uit. 'n Baie sterk…

DIE KWILTER EN DIE KELNER deur Francois Toerien
'n Middeljarige reisjoernalis nooi 'n kelner met 'n BA-graad in filosofie na haar voorstedelike huis…

BAGASIE deur Marita van der Vyver
Marita van der Vyver se eerste radiodrama vertel die verhaal van twee verliefdes wat na Parys vlieg …

STRIP deur Leon Kruger
Con Motors benodig 'n nuwe werktuigkundige. 'n Advertensie word in die koerant geplaas, maar die tel…

DIE BESKERMENGEL deur Anna M. Louw
Hannie se huwelik met 'n verwende skrywer lê aan skerwe. Sy sien geen lig nie, tot haar beskermengel…

DRAADWERK deur Daleen Kruger
Dit is die verhaal van Helen Martins en Koos Malgas wat bekend is aan Suid-Afrikaners en buitelandse…