PLAY PODCASTS
Radioteater

Radioteater

382 episodes — Page 8 of 8

BREKING deur Fanie Viljoen

Wat sou gebeur as die mediese wetenskap ons almal eendag vir ewig aan die lewe kan hou? Dit is die v…

Oct 10, 201345 min

DIE LAASTE VAN DIE TAKHARE deur C.J. Langenhoven

DIE LAASTE VAN DIE TAKHARE is meer as 'n honderd jaar oud. Dit handel oor 'n boer, Ou Karel Venter, …

Oct 3, 20131h 11m

BULLETS OOR BISHOP LAVIS deur Christo Davids

Dit is ’n veelvlakkige drama wat afspeel in postapartheid Suid-Afrika, met terugflitse na 1990, toe die vrylating van Nelson Mandela nog net in die vooruitsig gestel is. Ronnie het ’n prokureur geword, terwyl sy boesemvriend, Jerome, tronkstraf uitgedien het. Anél is getroud met Ronnie en woon in Tamboerskloof in Kaapstad. As verslaggewer in die Ou Suid-Afrika, het sy bevriend geraak met Malaysia, ’n verpleegster van Bishop Lavis wat ’n kind in ’n skietongeluk verloor het, en destyds met Ronnie getroud was.

Jun 27, 201351 min

STILLEWE deur sir Noël Coward

‘n Stukkie steenkoolstof beland in ‘n vrou se oog. ‘n Dokter help haar op ‘n besige stasie om die irritasie uit haar oog te kry. Dit is liefde met die eerste oogopslag. Die probleem is egter dat albei “gelukkig” getroud is. Hoe hanteer hulle hierdie oorrompelende én geheime liefde sonder om hul eie lewens te verwoes?

Jun 20, 201348 min

OFFER deur Charles J. Fourie

Offer is ‘n drama wat in die koudste maand in Suid-Afrika uitgesaai word. Die koue word as leitmotief kundig deur die dramaturg aangewend. Errol Hendriks (Dean Balie) en Japie van Blerk (De Klerk Oelofse) se lewensverhale speel af teen ‘n koue tydperk in menseverhoudings en die geskiedenis van Suid-Afrika. Japie en sy suster Rachel (Hannah Borthwick) trotseer as kinders die koue, aangevuur deur hul pa Marinus (Johann Nel) en afsydige ma Sandra (Susanne Beyers) in ‘n snelveranderende land waar Errol, die bomplanter, na jare terugkeer vir heling en toevallige kennismaking met die verskrikte Japie, wat vyf swartmense afgemaai het en dan op ‘n eetstaking gaan. Lourens de Waal (Deon Lotz) is as joernalis die blinde Errol se stok. Hy lei hom deur blootstelling aan die Van Blerk-gesin se situasie na insigte en versoening, maar vir beide partye met erge verliese en diep opofferings. Die regisseur Johan Rademan gebruik die sleutels van Racheltjie de Beer en Eugène Marais se gedig WINTERNAG om stuwing te gee aan die koudheid wat die drama vra en verg. Dit is ‘n filosofiese drama wat jou peinsend sal laat oor wat was, wat is en wat nooit weer behoort te gebeur nie.

Jun 13, 201357 min

BY VERLIES AAN WOORDE deur Fanie Viljoen

Xander is ’n skrywer op soek na rus en stilte op die platteland, maar sy nuwe buurvrou laat hom nie een oomblik met rus nie. Mia se dominerende aard herinner hom gevaarlik baie aan sy gewese vrou en die houvas wat sy op hom gehad het. Hy probeer juis herstel van die traumatiese egskeiding. André Stolz, Heidi Mollentze en Sulette Thompson vertolk die rolle. Fanie Viljoen se vorige radiodramas is Die losprys, Agter geslote deure en Die handtekeningjagter. Hy is ook ‘n bekroonde jeugboekskrywer.

Jun 6, 201344 min

TOT SIENS DENISE deur Mari Snyman

Colin val sy lewe lank rond en drink om sy ellende te probeer verwerk. Hy is weer eens in ‘n tronksel vir die nag om sy roes af te slaap. Hy is alleen. Sielsalleen. Maar dan hoor hy ‘n bekende stem wat sê, “Ek is hier. Jy ken my. Dis Denise”. Hy besef hy is nie alleen nie. Of is hy? Colin word noodgedwonge gekonfronteer met sy kinderjare wat allesbehalwe rooskleurig was en leer uiteindelik om eerlik te wees met homself en om hom te aanvaar nes hy is. Maar eers moet hy aanvaar wie en wat Denise is - of was. Denver Vraagom speel die rolle van Colin en sy alter ego, Denise.

May 30, 201357 min

MIS deur Reza de Wet

“Sien is glo,” sê die konstabel, met sy wit kierie, aan sy verbaasde toehoorders. Verlustig jou in hierdie “sprokie” vir oud en jonk, wat jou sal laat nadink en bespiegel. Die uitdagende vrouerolle word vertolk deur Isadora Verwey, Marga van Rooy, Annaliesa Weiland (wat haar debuut as radio-aktrise maak) en Lelia Etsebeth. Dis ook ‘n voorgeskrewe werk vir hoërskole.

May 16, 20131h 26m

Radiodramaslypskool

Kobus Burger leer jou hoe om 'n radiodrama te skryf.

May 9, 201321 min

GLASKAS deur Ireneusz Iredynski

‘n Middeljarige aktrise beland in die hospitaal ná ‘n mislukte selfmoordpoging. Hier deel sy haar lewensverhaal, anekdotes oor haar loopbaan en gebeure uit haar kinderjare met ‘n jong psigiater. Wilna Snyman het in 1991 die Radio Artes gekry vir beste spel deur ‘n aktrise in ‘n dramatiese werk vir haar vertolking van die aktrise teenoor Nic de Jager.

May 9, 201329 min

ONS GAAN HUIS TOE deur William Oosthuizen

William Oosthuizen het met hierdie debuutwerk van hom die eerste plek verwerf in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie. Dit is die verhaal van 'n vrou wie se dogter op die ouderdom van 18 die huis verlaat en later weer onverwags opdaag.

May 2, 201341 min

VEERTIG DAE deur Wilken Calitz

Wat gebeur wanneer ‘n klomp skoolseuns besluit om ‘n kosbare Pierneef-skets te steel as deel van die sogenaamde 40 Days in matriek? Dit wys presies wie hulle eendag sal wees wanneer hulle volwasse is. Maar watter rol speel die volwassenes, wat veronderstel is om hulle leiding te gee, in hierdie diefstal – wetend of onwetend?

Apr 25, 201359 min

BEHOORT deur Saartjie Botha

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

Apr 24, 201356 min

JOHN BIRKENHEAD deur SD Fourie

Die Birkenhead, haar majesteit se troepeskip, vertrek vroeg in 1852 vanaf Cork na Algoabaai. Aan boord is nie alleen tien regimente nie, maar ook vroue, kinders en agt trommels goud, wat as soldy vir die soldate bedoel is. Daar word vandag nog bespiegel oor wat van die goud geword het.

Apr 18, 201351 min

VLUG deur Ingrid Penzhorn

Wim en Anja besluit om na Kanada te emigreer, maar wie se idee was dit? Hoe onskuldig is Wim se vriendskappe met verskeie mense, onder andere hulle reisagent. Anja het baie om agter te laat - haar pa, haar ma wat in ‘n inrigting is, en dan die feit dat die universiteit haar aanvaar het vir ‘n kursus wat sy graag wil doen en wat haar sal help om haar eintlike ambisie, om te skryf, te vervul. Vertrou sy Wim genoeg om alles wat sy het op te offer en saam met hom in ‘n vreemde land te gaan bly?

Apr 11, 201344 min

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

Apr 4, 201336 min

AS VUUR SKOON BRAND deur Helena Hugo

Jaco en Melissa is van Johannesburg af op pad na sy pa se veeplaas iewers tussen Vryburg en Kuruman. Die veld het tot in die aarde verbrand. Koos het by die dood omgedraai en Stienie waak langs sy bed. Faan en Christine probeer red wat te redde is. Die atmosfeer op die plaas is neerdrukkend. Sal hulle weer uit die as kan opstaan? Of het die vuur die finale woord?

Mar 29, 201353 min

LIEFIE EN POPPIE SE TJOP-TJOP JOPPIE deur Olaf van Renen

Daar is drama in ‘n gesinsonderneming waar daar gemuit, gestaak en demand word. Almal voel daar word teen hulle gediskrimineer en die vroue gebruik ‘n gevreesde tegniek om die mans tot insig en oorgawe te dwing. Hoe laag kan ‘n man daal, of in dié geval, ‘n vrou? In hierdie guitige drama word gender en generasie as temas in ‘n moderne verwikkelde Suid-Afrika aangepak. Dit kan sensitiewe luisteraars ontstel – satire en komedie word vermeng en binne die Suid-Afrikaanse konteks gelewer wat noodwendig politieke en kulturele verwysings bevat. Slegs vir volwassenes.

Dec 27, 201256 min

MISDAAD EN STRAF deur Feodor Dostojefski

Rodion Raskolnikof is ‘n arm student in St. Petersburg en droom van die volmaakte misdaad. Hy vermoor ‘n ou weduwee met ‘n byl en steel haar juweliersware, maar glo dat hy bo die sedewette verhewe is en nie regtig vir sy misdaad sal boet nie. Rodion word deur armoede gedryf en glo dat as hy die geld wat hy vir die juweliersware ontvang vir ‘n goeie doel aanwend, hy nooit gestraf sal word nie. Sal hy met sy gruweldaad kan wegkom? Hierdie klassieke roman is die eerste keer in 1866 gepubliseer en word bestempel as een van die grootste werke in wêreldletterkunde. Dit is vir die radio verwerk deur Stefan Odell en in Afrikaans vertaal deur Fritz van der Merwe. Dit is in 1950 opgevoer onder spelleiding van Anna Neethling-Pohl.

Dec 13, 20121h 26m

TEERLING - DIE OPBLAASMATRASSIE deur PG du Plessis

Die drama beeld die emosionele verhouding van ‘n kinderlose egpaar uit. Hy het uitgeboer en hulle beland noodgedwonge in karige omstandighede in ‘n losieshuis in die stad. Verwyte word links en regs uitgedeel.

Nov 1, 201236 min

JONAS deur Daleen Kruger

Jonas is ’n mens-dier wat op ’n dag in die water by ’n ou walvisstasie verskyn en onder ’n klein vissersgemeenskap aan die Kaapse Weskus kom woon om hulle te waarsku dat hulle besig is om die visbronne uit te put. Boeta, verteenwoordiger van die totale vissersgemeenskap, glo dat die kwotastelsel teen hulle diskrimineer en hulle dwing om onwettig op te tree, deur byvoorbeeld in verbode broeigebiede te gaan visvang. Uiteindelik word die konflik tussen Bewaring en Benutting op die spits gedryf wanneer Boeta sy woede en frustrasie nie meer kan beteuel nie. Daar is interessante parallelle met die Christusverhaal, wat meebring dat die verhaal nie net tot omgewingsbewustes sal spreek nie. Die spelers is Travis Snyders, Theresa Cloete, Royston Stoffels, Charlton George, Marlo Minnaar en Riaan Visman.

Oct 11, 201249 min

BEHOORT deur Saartjie Botha

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

Jun 28, 201256 min

DIE HART VAN DIE SON deur Karel Schoeman

Will Shakespeare sou nie roem verwerf as seevaarder, soos hy dikwels gedroom het nie. Jare van bittere teleurstelling berei hom voor vir die taak, om ‘die hart van die son’ te aanskou en om wat hy in sy grootste tragedies gesien het, aan sy medemens oor te dra. Ons leer hom nie ken as ’n figuur uit ’n geskiedenisboek nie, maar as werklike mens.

Jun 21, 20121h 28m

LA MUSICA deur Marguerite Duras

Deon Lotz en Deidré Wolhuther vertolk die rolle van 'n geskeide paar wat mekaar in die hotel raakloop waar hulle jare gelede, net ná hulle huwelik tydelik gewoon het. In hierdie drama werk Duras weer eens met die tema van onvervulde liefde en Lotz en Wolhuther sorg vir besonder deurleefde vertolkings.

May 24, 201223 min

DIE HEKS deur C. Louis Leipoldt

Die drama speel af in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.

May 10, 201228 min

EEN SOMERSDAG deur Bettie Kemp

Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Britse TV-persoonlikheid, Jill Dando, wat die hoogste prys vir roem op die klein kassie betaal het. Die gegewe is eie aan Suid-Afrika en bekend aan plaaslike gehore. Die gebeure en reaksies van mense blyk universeel te wees.

Apr 19, 201243 min

DONKER ONDER DIE SUIDERKRUIS deur P J Haasbroek

Die drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander.

Dec 29, 201154 min

DIE FEESMAAL deur Helena Hugo

Adele het haar spyskaart uitgewerk en haar gastelys opgestel. Sy beplan die feesmaal van die jaar, want om die hele Kersseisoen net Anton se tande te tel, is glad nie vir haar ’n goeie vooruitsig nie. Maar toe verskyn Marie op die toneel en dit lyk of alles wil skeefloop.

Dec 25, 201155 min

IDEAAL deur Kotie Swart

'n Postmodernistiese siening van Suid-Afrika oor die Chinese se jag op die blink klippies van Afrika. Dis 'n boeiende verhaal vertel van ‘n nuwe vorm van imperialisme met ‘n kinkel in die kabel.

Dec 1, 201159 min

21 MEI 2011 deur Jan J. F. Viljoen

Marius is ‘n ouditeur wat vir post-traumatiese stres behandel word. ‘n Ruimtewese verskyn aan hom en sê hy moet ‘n lewensbelangrike boodskap aan die mensdom oordra. Die probleem is natuurlik niemand sal hom glo nie. Of is daar dalk tog iemand wat hy kan oortuig.

Nov 24, 201149 min

DIE VLOEDSTORIE deur Lancea Crafford

Talle Suid-Afrikaners onthou nog die skokkende gebeure van 25 Januarie 1981 toe vloedwater die Karoodorp, Laingsburg, in puin gelê het. Die verhaal van lewensverlies en ontbering word vanuit die herinneringswêreld van een spesifieke gesin in die drama herbeleef.

Nov 17, 201140 min

DIE WOONKAMER deur Graham Greene

Die woonkamer, in ‘n geheimsinnige huis van ‘n eens welvarende gesin in Londen, is die plek waar die radioteater afspeel. Daar’s tergende geheime wat ontvou in die drama van die bekroonde Britse skrywer Graham Greene. Volgens kenners van die skrywer se werk kan dit opgesom word as ‘n tragiese liefdesverhaal, gebasseer op sy eie vurige en dikwels gedoemde liefdesverhoudings.

Nov 3, 20111h 12m