
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
Daar is Indiese olifante en die Afrika olifante. Hulle word onderskei deur hulle grootte en veral die grootte en vorm van hulle ore. Die Afrika olifant se slurp het twee vingers teenoor die Asiese olifant se een vinger. Ou Voortrekker, die olifantbul, is 'n Afrika olifant en meer spesifiek 'n woestynolifant. Die olifant se grootste vyand is die mens. Hulle word hoofsaaklik gejag vir hulle tande. Olifante is intelligente, sensitiewe diere en liefdevol teenoor mekaar. Vir Bill Scoombie, 'n bloeddorstige jagter, is al hierdie feite van minder belang. Hy wil sy trofeebul doodskiet en klaar. Die vraag is of Koos en Joan ou Voortrekker se lewe, en daarmee saam die res van die Olifante in die Ugab, se lewens sal kan red. Sonder 'n teelbul is die olifante verdoem tot uiteindelike uitwissing.