PLAY PODCASTS
Taaltoffie

Taaltoffie

151 episodes — Page 3 of 4

Nataniël in ekstase oor ‘Afrikaans in styl’

Nataniël het met Maroela Media gesels oor die eerste ‘Afrikaans in styl’-produksie wat eersdaags plaasvind. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Aug 4, 202214 min

Ben Booysen se geskenk aan sy kleinkinders

“Ek wil hê my kleinkinders moet eendag lees hoe hulle oupa uitgestyg en een van die beste polisiemanne in die land geword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jun 25, 202212 min

Jy is ‘meer as jou seerkry’

“Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef – en selfs sterker wees.” In hierdie onderhoud gesels Johannes de Villiers oor sy jongste boek, ‘Meer as jou seerkry’. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jun 11, 202215 min

Ouers, spruite gaande oor bekkige Lingi-beer

“Ek het gedink as dit ʼn verskil in een kind se lewe kan maak, sal ek tevrede wees." Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jun 11, 202212 min

Tagtigs-musiek die agtergrond van Zirk se jongste roman

Van Morrison se “Spanish Rose”, Harry Nilsson se “Don’t forget me” en Creedance Clearwater Revival se “Wrote a song for everyone” is enkele van die liedjies op Zirk van den Berg se Spotify-speellys met die titel “Ober se mixtape”. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

May 20, 202212 min

Denkleier se wenke om uitdagings te oorkom

“Alles waarvoor jy lief is of voor omgee word op een of ander manier in gevaar gestel. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen?” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

May 4, 20227 min

Poppie Viool vermurwe harte

Jan Vermeulen het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor Poppie Viljoen se verhaal, waar sy idee van mens-arende vandaan kom en waaraan hy tans werk. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Apr 13, 202218 min

Vrou vertel oor 40 jaar saam met ʼn narsis

Ilse Verster het haar lewensverhaal in Só lyk ʼn vrou… vasgepen en hiermee hoop sy om ander persone, spesifiek vroue, wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind, te help. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 31, 202212 min

‘Bizzie Lizzie’-rubrieke uitgeknip vir radio

“My rubrieke is nog nie vantevore voorgelees nie, daarom is ek opgewonde om dit in ʼn nuwe formaat met mense te deel.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 18, 202210 min

Parapleeg koester pa-seun-oomblik

“Die lewe is dieselfde – dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, die oomblik wanneer God sê: ‘Ek is hier, Ek gaan jou nie verlaat nie,’ dan gaan jy oukei wees.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 10, 202210 min

Wincklers wil hê huwelike moet floreer

Heinz en Aletté-Johanni Winckler het met Maroela Media oor die huwelik en hulle jongste boek, ‘Kom ons praat oor die huwelik’, gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 4, 202216 min

Nuwe baadjie vir FAK-kinderliedjies van ouds

“Ons wil graag hê ons kinders moet kan luister na die immergroen Afrikaanse liedjies waarmee ons grootgeword het.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Feb 21, 202216 min

Kenner gee raad oor vasdieet

Bernadine Douglas het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die vasdieet, wat ook in haar jongste gesondheidsboek, getiteld ‘Your 12-week body and mind transformation’, bespreek word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jan 7, 202212 min

Sê só nee vir peuselhappies

“Begin deur te sê dat jy ʼn eetprogram vir ʼn gesonder leefstyl volg en dat daar sekere goed is wat jy nie gaan eet nie, of sê net vir mense dat jy nie honger is nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 21, 202112 min

Kry jou kop reg vir gewigsverlies

Maroela Media het in ʼn onderhoud met Bernadine Douglas, skrywer van ‘Your 12-week body and mind transformation’, oor die belangrikheid van gesonde gewoontes en motivering gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 13, 202110 min

Steeds Vrou - Alexi (Rene)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Bokoë (René Roux)

As ek eendag moet gaan… My man is my gunsteling-mens, my man is my beste vriend en my man is ook een van die mense wat ek die bangste is om te verloor aan die dood. Hy is ook die een wat ek by my wil hê om my vas te hou die dag as ek moet gaan… Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Bondeltjie liefde (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Ek mis jou (Alta Strauss)

Ons almal was al daar waar ons net ’n intense verlange het na ’n ander, om weer hulle te voel langsaan jou staan, oorkant jou sit en ’n koppie koffie saam met jou geniet. Nog eenmaal hulle stem te hoor, met hulle te klankbord. Kom ons neem vandag ’n doelbewuste besluit om dié mense wat ons koester, te laat weet ons het hulle lief. Begin weer om diep lief te hê, ’n alles-in-liefde! Ek mis jou… alles van jou… elke dag… Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)

Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid, van dankbaarheid. Wanneer ’n swaar reënbui, sewe jaar van droogte breek, en jy in daardie geel dubbeltjie-blom, die goedheid en trou van die Here sien, en dankbaar op jou knieë gaan en weet wié hoop op die Here sal nie beskaamd staan nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20211 min

Steeds Vrou - Hartshunkering (René Roux)

Die gedig praat hardop oor al die landskappe wat in my hart geanker is. Dit reis wyd en syd deur die land van ons wat ek so bitter lief het. Hier waar ek liefde gevind het, hier waar ek elke dag my Here kan sien en hoor. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Heilige grond (Alta Strauss)

Daar is iets heiligs aan iemand se siel. Om iemand te leer ken is soos om ’n gewyde grondgebied te betree. Leer om te luister, regtig te luister na ’n ander, eerder as om haastig te wees om die volgende woord in te kry. Jy sal verstom wees hoeveel jy leer van ander, wanneer jy werklik begin luister. Ons is eintlik so bederf met mekaar, kom ons luister meer en begin vier mekaar! Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Jou liefde (René Roux)

Dit is persies hoe my man my laat voel. Verlief, opgewonde en vol hoop. Saam hom en my God sal ek in ’n oorlog instap. Vir hom sal ek doodgaan en vir hom sal ek leef. Om die liefde van jou lewe, jou sielsgenoot te vind is besonders en om die liefde wat jy uitdeel terug te ontvang is ’n seëning. Gestuur uit God se hand. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Kaalvoet (Alta Strauss)

Verhoudings is alles oor vertroue. Vertroue is die sterk fondasie van enige verhouding, waarop alles anders gebou word. Wees weer diep en innig lief, onbaatsugtig en gee die beste van jouself, sonder enige voorafopgestelde idees, sonder enige bymotief. Ons is gemaak om liefde te leef, soos God liefde is en in liefde te funksioneer. Vra die Here om vandag jou hart te deurgrond en enigiets daarin wat nie van Hom af is nie te verwyder, en jou die vermoë te gee om liefde te wees soos Hy liefde is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - My son sak weg (René Roux)

Een van my vriendinne is baie vroeg oorlede aan kanker toe ons skaars 16 was. Dié gedig is geskryf vir haar. Dit was baie moeilik om op daardie ouderdom te verstaan; dit was moeilik om te verwerk en ek as kind was so bang vir die dood. Die skrywe van gedigte soos hierdie het my nie net losgemaak van die ewige hartseer nie, maar ook van my vrees vir die dood. Eendag sal alles volmaak wees en eendag sal ek weer nuut wees, net ek en dié wat voor my gegaan het, saam my God. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Naakte liefde (Alta Strauss)

Doen weg met oppervlakkige verhoudings en belê in daardie koester-vriende! Ons almal kan doen met liefde wat ons hele wese deurdrenk. Dit is die een tydlose geskenk wat ons aan mekaar kan gee, liefde… Liefde is daardie sagte gebed vir ’n ander, waarvan hulle nie eens bewus is nie, daardie vreugde en opgewondenheid wat jy ervaar wanneer hulle drome verwesenlik en tot vervulling kom. Vier dié wie jy liefhet en draai hulle toe in liefde en deernis. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Onkant (Alta Strauss)

Elke dag is een groot verrassing! Nie een van ons weet watter asemrowende oomblik om die hoek vir ons wag nie! Maak jou hart ontvanklik daarvoor. Gee elke oomblik alles wat jy het. Om ’n oomblik nietig te ag is niks minder as ʼn sonde nie, daarom begin deur elke oomblik die beste van jouself te gee. Die beste van jouself, is nie nét die goed van jou, die glimlag en sukses nie. Die beste van jou is ook die uitdagings wat jy oorkom het en steeds soms mee sukkel, want dit maak jou sterker en wyser elke dag! Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Ouma Onthou (René Roux)

Ek het so tien jaar gelde vir my ouma gevra om vir my ʼn brief te skryf oor haar lewe. Ek wou alles weet; ek het nooit my oupa geken nie. Hy is op my moeder se vierde verjaardag oorlede en wat ek kan onthou van Kimberley waar ek gebore is, is baie vaag. Ek onthou egter steeds die rooi stoep, warm dae en liefde. Sy het vir my geskryf, die mooiste brief en ek het dit in ’n gedig saamgevat. Baie van haar eie woorde is in die gedig. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20211 min

Steeds Vrou - Papierskip (René Roux)

Ek het hierdie gedig aan my pa geskryf wat ’n paar jaar gelede onverwags in die see oorlede is. As kind het ons digby ʼn vlei in Mpumalanga gewoon, waar my pa altyd papierskepe gevou en laat vaar het. Dit word as stilwordoomblikke onthou en tye wat ek as kind saam met my pa gedeel het, tye wat ek nooit sal vergeet nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20211 min

Steeds Vrou - Rusplek (René Roux)

Hier verwys ek na die hemel wat die Here vir ons bied, nie net die ewige lewe waarheen ons gaan na ons aardse gesukkel nie, maar ook na die bietjie hemel op aarde wat die Here vir ons bied as ons luister na waar Hy ons wil laat lê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Saam met jou (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Skakerings van jou (Alta)

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Sonneblomkind (René Roux)

Die sonneblomkind waarvan ek hier geskryf het, het ek ontmoet met my eerste uitreik in my studentejare op die NWU in Potchefstroom. Sy het my oë oopgemaak vir wat armoede is in my volk en sy was in baie opsigte die rede waarom ek op geëindig het by Solidariteit Helpende Hand. Ek leef my roeping as gevolg van haar. Ek sal haar altyd dankbaar wees. Soms wens ek net daar is meer wat ek vir haar kon doen. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20211 min

Steeds Vrou - Sprokiemooi gedig (Alta Strauss)

Elkeen van ons is ’n sprokiesmooi gedig. Die beliggaming van woorde. Woorde noukeurig geartikuleer. Woorde en ervarings uit die verlede, die hede en drome vir die toekoms. Ons moet ervaar word. Begin leef die mooi van wie jy is. Begin beleef die beeldskoonheid van elke persoon waarmee jy vandag paaie kruis. Ons is eintlik baie meer dieselde as wat ons werklik verskillend is. Ons is almal wonderbaarlik geskep en verdien om liefgehê en ervaar te word. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)

Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. Laat Jesus toe om deur daardie krake te skyn tot in die harte van ander. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Vrouwees (René Roux)

Om ʼn vrou te wees is nie altyd maklik nie, die uitdagings wat die lewe vir ʼn mens gooi kniehalter ʼn mens soms. Partykeer voel jy nie genoeg nie, jy moet so baie wees vir so baie mense. In God se oë is jy egter altyd goed genoeg, vrou. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Steeds Vrou - Wees lief vir my in Afrikaans (Alta Strauss)

Hierdie gedig het ek in Frankryk geskryf. Te midde van die prag van hierdie betowerende land het ek besef dat ongeag waar in die wêreld jy jouself mag bevind, in jou hart, jy altyd Afrikaans sal bly. Dit is jou hartklop, dit is hoe ons liefhet en liefgehê wil wees. Daar is net iets aards en hartlik aan hoe ons liefhet, met oorgawe, vurig, iets magies en magneties verruklik soos net ons kan! Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 6, 20210 min

Begin só ʼn gesonde leefstyl

“Dit is deur en deur daarop gemik om jou denkwyse oor jou gesondheid, emosionele welstand en eetgewoontes te verander.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Dec 3, 20218 min

Oor die soet en sout van ouerskap

Lente Swift en Suzanne Smit het in Maroela Media se ateljee oor ‘Meer as net ʼn ma’ kom gesels en ook vertel waarom hulle opgewonde oor die toekoms van Die Naguilklub is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Nov 26, 202116 min

Rolene Strauss sê ‘nee’ vir perfeksie

“Om terug te gaan na al daardie ondervindinge wat ek eintlik half klaar weggepak het. Dit was soos om ʼn boks uit te haal en myself weer te ontdek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Nov 5, 20219 min

Stories so in Ilze se kraal

Ilze Nieuwoudt het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek ‘Prinsessie en Boekeman’ en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Oct 28, 202112 min

Daar’s ʼn luiperd op my stoep!

Hennie van Deventer, skrywer van ‘Bure van nature’ gesels met Maroela Media oor die veldstories in sy boek en noue ontkomings wat hy al ervaar het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Sep 18, 202111 min

Talle vrae steeds onbeantwoord ná Stella-moorde

Susan Cilliers, skrywer van "Die Stella-moorde", het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jul 2, 202123 min

Lizanne Barnard se ode aan skeppers

Lizanne Barnard se debuutdigbundel ‘Skeppers’ word beskryf as ʼn sintuiglike ervaring wat lesers op ʼn musikale en visuele reis sal neem. Maroela Media het met Lizanne gesels om meer hieroor uit te vind. Luister ook na Lizanne se voorlesing van “Stilte” deur Riaan Prinsloo. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

May 5, 20219 min

Voorwaarts mars met Reynardt Hugo

Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 12, 202114 min

Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreis

Jaco Strydom moedig Christene aan om ligter te lewe deur onder meer minder aardse goed te besit, gereeld stil te word en hul vyande te vergewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 5, 202112 min

Daniel Strauss: ‘Werk slimmer, nie harder’

In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Mar 1, 20217 min

‘Afrikaans is nie dood nie’

Leon en Amanda De Stadler, samestellers van die 'Tesourus van Afrikaans' se heruitgawe, het met Maroela Media gesels oor die verskil tussen ʼn verklarende woordeboek en ʼn tesourus, sowel as die waarde van slengwoorde en nuutskeppings. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Feb 21, 202110 min

Boek ontmasker onderwêreld van ʼn reeksverkragter

In 'ʼn Enkele verhaal' deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jan 25, 20218 min

Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut

Joha van Dyk het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hoe haar liefde vir blokkiesraaisels gelei het tot die kies van karaktername in haar debuutroman 'Branderjaer'. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jan 15, 202114 min