PLAY PODCASTS
Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)

Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)

Taaltoffie · Christa Steyn-Bezuidenhout, Esté Meyer Jansen

December 6, 20211m 0s

Audio is streamed directly from the publisher (dl.iono.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid, van dankbaarheid. Wanneer ’n swaar reënbui, sewe jaar van droogte breek, en jy in daardie geel dubbeltjie-blom, die goedheid en trou van die Here sien, en dankbaar op jou knieë gaan en weet wié hoop op die Here sal nie beskaamd staan nie. Facebook · Toetentaal op Maroela Media