
Taaltoffie
158 episodes — Page 4 of 4

Lizanne Barnard se ode aan skeppers
Lizanne Barnard se debuutdigbundel ‘Skeppers’ word beskryf as ʼn sintuiglike ervaring wat lesers op ʼn musikale en visuele reis sal neem. Maroela Media het met Lizanne gesels om meer hieroor uit te vind. Luister ook na Lizanne se voorlesing van “Stilte” deur Riaan Prinsloo. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Voorwaarts mars met Reynardt Hugo
Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Vyf wenke vir ʼn ligter lewensreis
Jaco Strydom moedig Christene aan om ligter te lewe deur onder meer minder aardse goed te besit, gereeld stil te word en hul vyande te vergewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Daniel Strauss: ‘Werk slimmer, nie harder’
In ‘Dink soos ʼn miljarder’ wys Daniel Strauss hoe eenvoudig dit eintlik is om jou onderneming na hoër hoogtes te neem. Kom luister hier na Daniel se onderhoud in die Maroela-ateljee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

‘Afrikaans is nie dood nie’
Leon en Amanda De Stadler, samestellers van die 'Tesourus van Afrikaans' se heruitgawe, het met Maroela Media gesels oor die verskil tussen ʼn verklarende woordeboek en ʼn tesourus, sowel as die waarde van slengwoorde en nuutskeppings. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Boek ontmasker onderwêreld van ʼn reeksverkragter
In 'ʼn Enkele verhaal' deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Jong skrywer duik tienerdieptes in met jeugfiksiedebuut
Joha van Dyk het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hoe haar liefde vir blokkiesraaisels gelei het tot die kies van karaktername in haar debuutroman 'Branderjaer'. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Feiteboek vir kinders gee stem aan SA baanbrekers
Engela Duvenage se liefde vir feite en stories het op interessante wyse neerslag in haar loopbaan gevind. Buiten dat sy ʼn bedrewe joernalis en navorser is, het sy onlangs ʼn boek vir jong leesgieriges saamgestel. Maroela Media het met haar gesels oor 'Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika'. Facebook · Toetentaal op Maroela Media