PLAY PODCASTS
RSG Dokumentêr

RSG Dokumentêr

352 episodes — Page 7 of 8

FONTEIN VAN KENNIS deur Anel Heydenrych

Daar is 'n persepsie dat plaasskole nie so goed soos ander skole is nie. Baie ouers stuur eerder hulle kinders dorp of stad toe om daar skool te gaan, maar 50 kilometer suid-oos van Colesberg in die Noord-Kaap is die Umthombo Wolwazi plaasskool wat FONTEIN VAN KENNIS beteken en deur die gemeenskap as 'n oase beskou word.

Jul 3, 201426 min

VAN DIE KRAAL TOT DIE BORD deur Fritz Klaaste

Duisende jare gelede in Afrika waar lewe begin het, het die mens 'n ooreenkoms met land en dier aangegaan dat hulle mekaar sal ondersteun en onderhou. Hierdie ooreenkoms het gelei tot een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika. Fritz Klaaste kyk na die vleisbedryf en die pad wat vleis loop van die kraal tot die bord.

Mar 27, 201428 min

ANDERKANT DIE GEEL DEURE deur Mari Hudson

Mari Hudson neem jou op 'n besoek aan Saal G3, die kinderkankersaal by die Tygerberg-Hospitaal in Kaapstad. Meer as 'n duisend kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. Verreweg die meeste word in akademiese hospitale behandel. Kom ontmoet Suster Bantam wat al 24 jaar kinders met kanker versorg, een van die dokters, en van die ouers wat dae en weke in die hospital deurbring.

Mar 20, 201425 min

IKHAYA LOXOLO - HUIS VAN VREDE deur Darren Taylor

Suid-Afrika het 'n groot tekort aan openbare gesondheidsdienste vir mense met psigiatriese siektes of verstandelike gestremdhede, veral in plattelandse gebiede. Die Hobeni-nedersetting is in 'n afgeleë deel van die Oos-Kaap in die voormalige Transkei. Daar is 'n paar omheinde hutte bekend as Ikhaya Loxolo. Dit beteken Huis van Vrede. Vir honderde kilometer is dit die enigste plek waar verstandelik en geestelik gestremde mense hulp kan kry. Kultuur, bygelowigheid en 'n gebrek aan mediese sorg in die gebied bring oneindige lyding vir sulke mense mee.

Mar 13, 201424 min

!KWHA TTU deur Johan Rademan

!Kwha ttu is 'n Sankultuursentrum waar ou waarhede van die Sangemeenskap nuut gemaak en bewaar word. Daar is nagenoeg 100 000 Sanmense in die wêreld waarvan ongeveer 6 000 in Suid-Afrika woon. Johan Rademan vertel hoe veldkuns, plantkennis en ou tale nog gekoester word deur jong San-afstammelinge. Een van die ou tale, wat op uitsterwing wankel, met net vyf sprekers oor, kan gehoor word en daar is 'n heerlike verrassing wanneer Jaloersbokkie in 'n mengsel van San en Afrikaans gesing word. Leer, lag en verkwik jou gees met 'n paar antropologiese ontdekkings waarvan jy dalk al vergeet het.

Mar 6, 201428 min

DOBBELSPEL deur Ivor Price

Ivor Price ondersoek die vernietigende impak van dobbelverslawing. Dwarsoor die land is daar planne om nog casinos op te rig… en dit terwyl daar al hoe meer bewyse is dat hierdie verslawing familiestrukture kan vernietig.

Feb 27, 201429 min

VAN TOEKA TOT NOU deur Jacqui January

Dis die storie van nostalgie en 'n groep mense se reis van vernedering en armoede tot vergifnis en dankbaarheid. Dis die storie van die mense van die BAR-vallei.

Feb 20, 201427 min

'N LIEFDE VIR LEEUS deur Wynand Dreyer

Gert Claasen boer in die Petrussteyndistrik in die Vrystaat. Benewens skape, beeste en verskeie gewasse, het hy ook wild op sy plaas. Gert het egter 'n spesiale plek in sy hart vir roofdiere. Hy is een van 'n handjievol kommersiële leeuboere in Suid-Afrika.

Feb 13, 201423 min

DIE ORKES deur Anel Heydenrych

'n Jazz-orkes wat in 2011 in die Tswelopele Korrektiewe Dienste-sentrum in Kimberley deur vyf gevangenis begin is, maak nou landwyd opslae. Die orkes bestaan uit elf lede en lewer vertonings by kunstefeeste en funksies dwarsdeur die land. Musiekkontrakte word nou ook 'n werklikheid. Anel Heydenrych het na die orkes gaan luister.

Feb 6, 201426 min

DIE MAN WAT SY NAAM KON VERKOOP deur Ina Strydom

Stephan Welz is 'n bekende kunshandelaar en afslaer. Ina Strydom kyk na sy loopbaan en liefdes, die omstandighede wat gelei het tot die verkoop van die veilingshuis wat steeds sy naam dra, en sy lewe daarna.

Jan 23, 201432 min

NOKKIE SE STORIES deur Haidee Muller

Nokkie is 'n boorling van Leeu-Gamka se wêreld en werk deesdae as huiswerker in Kaapstad. Sy vertel sulke lekker, lewendige en kleurryke stories dat haar werkgewer al 'n boek genaamd Nokkie se Stories oor haar vertellinge laat publiseer het.

Jan 16, 201429 min

IN DIE KOUE KLOUE deur Christelle van Tonder

Een verkeerde besluit kan jou hele lewe verander... soveel te meer verkeerde besluite wat jy op die vroeë ouderdom van 16 maak. Christelle van Tonder kyk na die lewe van tieners in die tronk.

Jan 9, 201426 min

DIE BESOEK deur Este Gross

Este Gross besoek 'n gesin in Pretoria wat buitengewone uitdagings het, maar op hulle eie manier normaal funksioneer.

Jan 2, 201423 min

ANNA M. LOUW deur Ina Strydom

Die skrywer Anna M. Louw sou op 31 Desember vanjaar 100 jaar oud wees. Ina Strydom fokus op die veel…

Sep 26, 201334 min

DIE SLAWELOSIE deur Chris Swanepoel

Aan die bopunt van Adderleystraat, by die ingang na die Kompanjiestuin, staan die pragtige ou Slawel…

Sep 19, 201329 min

HOOFMAN ALBERT LUTHULI deur Jacqui January

Die Nobel Vredespryswenner, hoofman Albert Luthuli, het destyds die verbeelding van menige aangegryp. Hy was as ANC-lid en president intens betrokke by die styd om demokrasie vir almal te bewerkstellig.

Sep 12, 201333 min

CASS ABRAHAMS deur Haidee Muller

Die kosfoendie, Cass Abrahams, het eers op die ouderdom van 28 jaar ernstig begin kook. Sy vertel van die die mense na aan haar hart, haar grootwordjare en haar groot passie, Onthoukos en die Maleise koskultuur.

Sep 5, 201328 min

CARLETONVILLE, DIE ANDER KANT deur Ivor Price

Die wêreld se diepste goudmyn is op Carletonville aan Gauteng se Wesrand. Maar dis ook ’n wêreld van egskeidings, drankmisbruik en vrees. Ry saam met Ivor Price deur Carletonville se strate en kry ’n seldsame persoonlike perspektief op die arbeidsonrus in die mynbedryf.

Aug 29, 201331 min

BULUNGULA deur Mia Malan en Darren Taylor

Goeie paaie, elektrisiteit en skoon, lopende water is maar net ‘n droom in baie dele van die voormalige Transkei. In sommige gebiede is gesondheidsdienste so ver weg van waar mense bly, en so sleg toegerus, dat dit so goed is as geen dienste nie. Babas sterf aan maklik behandelbare siektes soos diaree en omdat hospitale so geisoleerd en moeilik bereikbaar is, word oordraagbare toestande soos MIV en tuberkulose dikwels nie betyds behandel nie. Die meeste mense in die voormalige Transkei het nie werk nie. Armoede is endemies en maatskaplike probleme soos alkoholisme is algemeen. Maar een gemeenskap het ongewone en daadwerklike stappe gedoen om die probleme aan te pak. In die proses is, en word, baie lewens gered. Mia Malan en Darren Taylor het ‘n week in die Bulungula-distrik aan die Oos-Kaap se Wildekus spandeer…

Aug 22, 201325 min

EVITA SE PERRON deur Johan Rademan

Evita se Perron op Darling het 'n hele dorp se mense geraak en hoop gebring. Opvoeding deur vermaak, en vermaak tot entrepeneurskap en eienaarskap. Ervaar dit saam met Johan Rademan wat jou daarheen neem op 'n onvergeetlike rit en avontuur. Johan loop ligvoets deur die uitnemende werk van die Darlingtrust onder beskermheer Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita. Uit die kunste is daar onder andere gebore: 'n teaterrestaurant, museum, skooltjie, sportspanne, swembad, kleinsake-ondernemings, voorkamerfees, studiehulp, vakansievermaak, maar bowenal bemagtiging. Moenie die verreikende gevolge van 'n fout wat in 1995 gemaak is, misloop nie. Klim op die trein en beleef die mense van Darling eerstehands.

Aug 15, 201332 min

LANGENHOVEN – DIE DWEPER VIR AFRIKAANS deur Ina Strydom

Ina Strydom kyk na Langenhoven se rol as taalstryder en hoe hy Afrikaanssprekendes aan die lees gekry het. Langenhoven is vanjaar 140 jaar gelede gebore.

Aug 8, 201332 min

AS BANG BEGIN BYT deur Christelle van Tonder

“Dit het gevoel asof ek doodgaan!” sê die sanger Karlien van Jaarsveld en die aktrise en aanbieder, Angelique Gerber, oor ‘n groot ding wat hulle in hulle lewens oorkom het. Die twee sterre maak hulle harte oop oor iets waaroor hulle nog nooit voorheen gepraat het nie.

Aug 1, 201331 min

SANDRA PRINSLOO - DIE ONBLUSBARE deur Margot Luyt

Sandra Prinsloo is een van die enigmas van die teater. Sy is ongelooflik aktief, produktief en veelsydig as aktrise. Sy is egter ook 'n suksesvolle sakevrou en word wyd en syd geloof vir haar spel, regie, sjarme, intellek en skoonheid. Margot Luyt loer na van die sake wat haar lewe so vol maak.

Jul 25, 201330 min

ANDERKANT DIE WOLKE - DIE MENS SE SOEKE NA SIN IN DIE RUIMTE deur Hennie Maas

Die mens kyk al eeue lank na die naghemel en tob oor die sin van lewe en die oneindigheid van die ruimte. Daar is al baie pogings aangewend om mensgemaakte voorwerpe soos satelliete en ruimtetuie die swart ruimte in te stuur en mense het al die swaartekrag van die aarde al verruil vir dié van die maan.

Jul 18, 201325 min

PA’S VIR GEREGTIGHEID deur Ivor Price

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Jul 11, 201328 min

JOHN EN VIRGINIA: OP DIE VERHOOG VAN DIE LEWE deur Martelize Brink

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Jul 4, 201334 min

DIE KORE VAN DIE KAAP deur Martelize Brink

Die tradisie van koorsang in Suid-Afrika is diep gebed in ons gemeenskappe. Van Eersterivier tot Garries verduidelik koorlede en koorleiers hoekom hierdie sangvorm brûe bou en hulle siele verryk.

Mar 28, 201325 min

DIE MUSIEKBEDRYF deur Derrich Gardner

Waar is die dae toe Groep 2 in die Beatles se Abbey Road-ateljees kon opneem? Of toe kunstenaars soos Gé Korsten sommer saam met 'n hele simfonieorkes kon plate sny? Derrich Gardner praat met mense agter die skerms wat konserte reël, kunstenaars bespreek vir optredes en moet seker maak dat almal weet wie het 'n nuwe CD op die rakke. Hoe het die musiekbedryf verander en hoe hou dit kop bo water in 'n wankelende ekonomie?

Mar 21, 201325 min

DIE STRAATTUINE VAN POTCHEFSTROOM deur Ina Strydom

‘n Groep dosente in Potchefstoom het met ‘n projek begin om groentetuine op sypaadjies en in openbare ruimtes aan te lê. Hulle noem dit burgerlike aktivisme. Ina Strydom het na die tuine gaan kyk.

Mar 14, 201322 min

VOORNEME VAN AFLEGGING deur Christelle van Tonder

Middeljarig en afgedank. “Johan” is ‘n 45 jarige man en is in 2010 afgedank. Hy is drie jaar later steeds sonder werk. Hy vat ons deur die emosionele stryd van desperaatheid en oorlewing.

Mar 7, 201324 min

GESKIET IN JOHANNESBURG deur Jacqui January

Jacqui January is in Johannesburg se middestad waar 'n oud-Vrystater 'n groepie straatkinders se stories vertel met sy "foto's van 'n duisend verhale".

Feb 28, 201320 min

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Feb 14, 201328 min

DIE BAAI SE BOSBEWONERS deur Mariska Spoormaker

Meer as 70 mense bly in die bosse aan Port Elizabeth se strandfront. Baie van hulle lewe uit die see en verkoop koraalwurms as aas aan die vissermanne. Ander kap die indringer Rooikrans uit en verkoop dit as braavleishout. Mariska Spoormaker, joernalis van Die Burger Oos-Kaap, het daar gaan kuier en selfs tweede en derde geslag bosbewoners daar gevind.

Feb 7, 201336 min

'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus gekry dat hulle vierjarige seun, Gian, outisties is. Hoor hoe hierdie nuus hulle wêreld omgekeer het.

Jan 31, 201326 min

MIETA VAN HOFMEYER deur Fritz Klaaste

Mieta Kokera is oorspronklik van Hofmeyr in die Oos-Kaap. Sy het as 19-jarige haar heil in Johannesburg kom soek. Vandag is sy 'n enkelouer met vyf kinders wat van dag tot dag 'n bestaan maak in haar sinkhuisie. Hierdie ystervrou vat dit soos dit kom en het elke dag kos op die tafel, en soos sy sê, haar kinders moet klaar skoolgaan.

Jan 24, 201332 min

WAAR SIRENES LOEI deur Jenna-Leigh February

Waaraan dink ‘n paramedikus of polisieman wanneer hy sirenes hoor loei? Watter impak het nooddienswerkers se werk op hulle gesinne?

Jan 17, 201325 min

LEIERS VIR MÔRE deur Wynand Dreyer

Make A Difference (MAD) is tien jaar gelede deur Francois Pienaar begin om begaafde kinders wat die talent, maar nie die geleenthede het nie, in staat te stel om hulle potensiaal te ontwikkel. Die organisasie het al sowat 2,000 beurshouers gehad.

Jan 10, 201324 min

'n Onderstebo wêreld - 'n dokumentêr oor outisme

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

Jan 3, 201326 min

KWANTUM deur Herman Steyn

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?

Sep 27, 201227 min

JACKIE TOPNAAR deur Johan Rademan

‘n Sonderlinge blik op die leefplek van ‘n Topnaar net buite Walvisbaai in die Namib, naby die mond van die Kuisebrivier. Johan Rademan het saam met John Reynders van Photoventure met ‘n viertrekmotorfiets die duine aangepak om by Jackie Topnaar uit te kom. In ‘minder as ‘n halfuur breek ‘n nuwe horison oop van ‘n broos kantelende wêreld van die Topnaars.Hoor hoe hulle oorleef op Narras en Breakwater en waar die naam Topnaar vandaan kom.

Sep 20, 201226 min

DIE VROU MET VLERKE deur Wynand Dreyer

Eerste offisier Fatima Jakoet wou van kleins af 'n vlieënier word. Sy het haar droom verwesenlik nadat sy 'n BTech-graad in Chemie behaal het. Vandag vlieg sy vir die Suid-Afrkaanse Lugdiens. Hierdie is die verhaal van 'n Moslemvrou in 'n manswêreld.

Sep 13, 201224 min

KONING VAN KLAWERS deur Fonnie du Plooy

Theo Erasmus het op 6 Mei vanjaar 70 jaar oud geword en hy speel steeds lekker akkordeon. Agter hom lê dekades van musiek en prestasies. Hy het 57 langspelers en CD’s die lig laat sien, het jare lank gedien as Bestuurder: Ligte Musiek by die SAUK, het saam met talle kunstenaars opgetree, baie kenwysies gekomponeer en in die Lugmagorkes gespeel. Hy tree nog gereeld op saam met sy groot vriend, Lieb Bester.

Sep 6, 201227 min

LALIBELA, DIE AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD deur Fritz Klaaste

Fritz Klaaste neem jou op ‘n reis van die Meskel-plein in Addis Abeba in Sentraal Ethiopië af tot by Lalibela in die Noorde, eens ‘n vesting van die antieke beskawing van Abesinië. Die verhaal van die ontwikkeling van die Christelike geloof en die bou van ‘n nuwe Jerusalem word vertel.

Aug 30, 201229 min

DIE GAWE OM TE GEE deur Jacqui January

Jacqui January het 'n dag in Westbury, 'n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

Aug 2, 201224 min

VERNA VELS deur Ina Strydom

‘n Hoorbeeld oor ‘n vrou wat diep spore getrap het in die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese.

Jul 26, 201228 min

SY NAAM WAS MARIO deur Margot Luyt

'n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag 'n CA te wees, 'n deftige kar te ry en 'n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op 'n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.

Jul 12, 201223 min

HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel

Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

Mar 22, 201230 min

DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink

Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

Mar 8, 201230 min

CONRAD THEYS - 'N SELFPORTRET deur Johan Rademan

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het ook in 2010 tydens sy 70ste lewensjaar ‘n Eremedalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Feb 23, 201233 min

GEORGE BOTHA - GELYKHEID TOT DIE DOOD ONS SKEI deur Fritz Klaaste

Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.

Feb 16, 201238 min