
RSG Dokumentêr
365 episodes — Page 6 of 8

AS DIE KLOK LUI deur Esté Gross
Dit is gewoonlik op die onwaarskynlikste plek waar die grootste skat versteek is. Die Johannesburg Girls Preparatory School is in Berea, 'n armoedige deel van Johannesburg geleë. In weerwil van die gevaarlike omgewing en sommige leerders se moeilike huishoudelike omstandighede, palm die skool se koor gereeld goue medaljes in. Om alles te kroon sing hulle hoofsaaklik in hulle derde taal, Afrikaans. Maar dit gaan nie eintlik oor wen nie. Dit gaan oor trots. Oor toegewyde en passievolle onderwysers wat 'n verskil maak. Die behoefte aan 'n veilige hawe vir 'n kind. Die leemte wat kultuur en naskoolse aktiwiteite vul vir 'n kind wat nie vanmiddag wil huis toe gaan nie. Dit gaan oor alles wat jy reg kry... as jy sing.

MAMRÉ, ALTAAR VAN GOD deur Haidee Muller
Mamre in die Wes-Kaap is as 'n militêre veepos gestig om die Europese setlaars se vee te beskerm teen diefstal deur die inheemse bevolking. Die dorpie is in 1808 aan die Morawiese sendelinge oorgedra, wat 'n sendingstasie daar gebou het. Mamre se historiese geboue is vandag nasionale gedenkwaardighede. Haidee Muller het die besonderse dorpie en sy mense gaan ontmoet.

’N BESOEK AAN DIE ELSIESRIVIER DAGHOSPITAAL deur Martelize Brink
Hulle bedien 'n gebied met 'n bevolking van 90,000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het 'n groot taak om aan die gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Die hospitaal is al langer as 40 jaar 'n baken van hoop vir mense wat mediese hulp benodig. Martelize Brink vertel van die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en die mense van Elsiesrivier en omliggende gebiede wat die hospitaal besoek.

HERRY DIE STRANDLOPER - OPPORTUNIS OF ONDERDRUKTE? deur Chris Swanepoel
Toe Jan van Riebeeck en sy volgelinge in April 1652 in die Kaap voet aan wal sit, is Herry en sy Strandlopers die eerste mense van Suid-Afrika met wie hulle kennis maak. En sommer al op 7 April 1652 word Herry deur Van Riebeeck op die Dromedaris onthaal. Hierna volg 'n rits gebeure wat daartoe lei dat Herry teen vergoeding as tolk vir Van Riebeeck optree in ruiltransaksies en onderhandelinge met die inheemse groepe aan die Kaap. Herry en sy volgelinge vermoor egter ook die Kompanjie se veewagter en verdwyn met al die vee. Nog oortredings volg later en telkens keer Herry na 'n lang afwesigheid doodluiters terug en word deur Van Riebeeck vergewe. Uiteindelik word hy wel deur Van Riebeeck na Robbeneiland verban, maar slaag daarin om te ontsnap en weer sy verskyning by die fort te maak.

SOPHIATOWN SE KUNSSKRIF TEEN DIE MUUR deur Jacqui January
Jacqui January besoek die museum in Sophiatown, Johannesburg, opsoek na die geskiedenis en oorsprong van die kuns en kultuur van die omgewing. Die ikoniese gebied se kultuurgeskiedenis strek wyer as die grense van Johannesburg tot diep in Afrika en Europa. 'n Hegte gemeenskap het rondom die kultuur van musiek, literatuur en die kerk ontstaan. Dis juis in die Anglikaanse kerk waar daar 'n lewens grootte kunswerk teen muur agter die altaar deur 'n non geskilder is… en dit is waar die storie begin.

VONKE OP DIE PAD deur Fritz Klaaste
Die elektriese motor het diep in die harte van sy nuwe eienaars gekruip, maar vir die res van ons is dit nog 'n duur item, en baie vra word gevra oor die werking en volhoubaarheid van so 'n motor. Nuwe litiumbatterytegnologie het die reikafstande van die motor verbeter en daar word voortdurend nuwe navorsing hieroor gedoen. Dit maak van die elektriese motor die ideale alternatiewe vervoermiddel vir die nabye toekoms. Die realiteit is dat fossielbrandstof mettertyd uitgeput sal raak.

LIDA VAN GROOTDERM deur Margot Luyt
Die veelbekroonde aktrise Lida Botha het die groot agt onlangs agter haar geplaas. Margot Luyt gesels met haar oor haar kleurvolle lewe en die interessante draaie wat sy die afgelope 80 jaar deur gelag het, want min mense kan lag soos Lida van Grootderm.

LAG EN HUIL LÊ LANGS MEKAAR deur Ina Strydom
Die dramaturg en skrywer PG du Plessis sê 'n mens moet die mensdom in sy geheel 'n bietjie liefhê, anders kan jy nie skryf nie. Hy praat oor deernis en oor luister; oor mense en oor Fees van die Ongenooides. PG het op 14 Julie vanjaar 82 jaar oud geword.

STAP SAAM DEUR DIE KAAP, DIE BO-KAAP deur Haidee Muller
Stap saam met Haidee Muller van Distrik Ses tot by die Bo-Kaap. Die kleurvolle Bo-Kaap was nog altyd 'n integrale deel van Suid-Afrika se geskiedenis, en vandag is dit steeds springlewendig. Haidee vertel van kos, kleur en kultuur van hierdie besonderse woonbuurt in die Kaap.

COMART – KUNSTE WAT ’N VERSKIL MAAK deur Johan van Lill
Virginia Davids en haar man John het in 1997 die kunsteorganisasie Community Arts Association, beter bekend as ComArt, in Elsiesrivier in die Wes-Kaap gestig om deur die kunste 'n verskil in die lewens van talle mense van hierdie gemeenskap te maak.

DIE VONDS IN DIE VULLIS deur Esté Gross
Hulle word skarrelaars, krappers, trolliemense en vullisrapers genoem. Navorsers beskou hierdie mense as 'n moeilik opspoorbare en definieerbare bevolkingsgroep. Dit is moeilik om hulle vas te pen, want hulle is nie een dag op dieselfde plek nie. Hulle verdwyn gou agter hulle trollies. Dit is ook moeilik om te sê hoeveel mense werklik so 'n bestaan maak. Hulle is die armstes van die armstes, maar speel 'n baie belangrike rol in die samelewing. Hierdie is 'n storie van 'n groep vullisherwinnaars in een straat in Johannesburg.

DIE WÊRELD VIR 'N GLIMLAG deur Christelle van Tonder
Cristelle van Tonder was 'n week lank in Madagaskar saam met die liefdadigheidsorganisasie, Operation Smile. Dit is 'n groep vrywilligers van dwarsoor die wêreld wat mense met haaslippe en gesplete verhemeltes opereer.

JOHAAR MOSAVAL deur Johan van Lill
Johaar Mosaval is een van Suid-Afrika se bekendste en roemrykste balletdansers wat Suid-Afrika opgelewer het. Johan van Lill leer die legendariese ikoon van nader ken.

DIE DROOM ROL VOORT deur Johan Rademan
Rohan Vos bedryf een van die 25 luuksste treine ter wêreld. In 1986 nooi 'n vriend hom na die Stoombewaringsvereniging waar die treingogga hom byt. Dertig jaar later het hy deur dik en dun die toerismebedryf baasgeraak, en 'n deel van Capital Park in Pretoria gekoop, waar hy vandag 'n werkende stoomtreinstasie en 'n museum het.

RITA VAN LELIENFONTEIN: VAN KLAAS TOT BAAS deur Haidee Muller
Rita Andreas het grootgeword op die plaas Lelienfontein op Wellington. Hierdie voormalige plaaswerker is vandag die voorsitter van die Bosman Adama Werkerstrust.

'N LEWE VAN MINDER AS TWINTIG WEKE deur Christelle van Tonder
Christelle van Tonder kyk na die impak wat 'n miskraam op 'n vrou het.

AGTER DIE GORDYN deur Johan van Lill
Hoor alles wat agter die verhoog gebeur tydens 'n produksie, soos hoe die spesiale effekte geskep word en hoe daar afgetel word tot die gordyn oopgaan.

WENDUIF deur Chris Swanepoel
Wat maak van 'n wedvlugduif 'n wenner? Chris Swanepoel kyk na watter eienskappe só 'n duif moet beskik, en hoe 'n mens 'n duif voorberei om 'n wenner te wees.

VERBLEIKTE FOTO'S deur Fritz Klaaste
Namate ons ouer word, verklein ons fisiese leefwêreld tot in so mate dat baie mense alleen en eensaam is. Niemand stel belang in hulle nie, en al wat hulle het is herinneringe en 'n paar verbleikte foto's. Fritz Klaaste vertel die stories van 'n paar bejaarde mense en hulle foto's.

MEER AS NET BLOU OF PIENK deur Christelle van Tonder
Vir sommige mense gaan die lewe oor meer as net blou of pienk. Hulle het die gekies om anders te wees nie, maar leef nie volgens die etikette wat die samelewing op hulle plak nie.

MARTELAAR MANCHE MASEMOLA deur Jacqui January
Manche is in 1913 gebore in 'n gehuggie in die landelike deel naby Polokwane in Limpopo. Sy was 'n toegewyde Christen en het saam met Duitse en Engelse sendelinge gewerk. Haar mense het hulle geloof streng volgens tradisionele gebruike beoefen. Op 4 Februarie 1928, toe sy 15 jaar oud is, het haar ouers haar dood gemaak weens haar geloofsoortuigings, en op afgeleë koppie begrawe. Sy is tot martelaar deur die Anglikaanse kerk verklaar. Sy is een van tien martelaars van die 20ste eeu, wie se standbeeld bo die groot westelike deur van die Westminster Abdy in London te sien is.

TARKA SE MENSE deur Haidee Muller
Tarka is een van die oudste woongebiede in Mosselbaai. Haidee Muller het Tarka en sy mense se kleurryke geskiedenis gaan uitkrap, en met van die buurt se oudste inwoners, gemeenskapsmense en kenners gesels. Oom Abie Daniels was bekend vir sy langarm-dansmusiek as die saksofoonspeler van die gewilde Bay Jazz-orkes. Haidee het 'n ou langspeelplaat van die groep by Oom Abie gekry en daai langarm-musiek ingesluit in hierdie hoorbeeld.

KYK IN MY OË deur Esté Gross
Katarakke is die oorsaak van ongeveer 50% van mense wat hulle sig verloor in Suid-Afrika. Alhoewel daar talle oorsake is vir die vorming van katarakke, is dit hoofsaaklik ouderdomverwant. Teen die ouderdom van 80 sal meer as die helfte van Amerikaners al 'n katarakoperasie ondergaan het. Die kanse is dus goed dat jy een of ander tyd met 'n katarak te doen kan kry, maar dansky tegnologie kan dit vandag vinnig, maklik en pynloos verwyder word.

MISDAAD IN DIEPSLOOT deur Mia Malan en Darren Taylor
Diepsloot was in 2008 internasionaal in die kollig toe buitelanders daar brutaal vermoor is in xenofobiese aanvalle. Ná die voorvalle het die regering onderneem om hierdie groot township, in die noorde van Johannesburg, te ontwikkel. Maar, terwyl 'n paar opgraderings wel gedoen is, bly Diepsloot 'n plek van armoede, intense wanhoop, gewelddadige misdaad, siekte en dood. Mia Malan en Darren Taylor neem jou na die hart van Diepsloot - 'n plek wat al dikwels as een van Suid-Afrika se gevaarlikste gebiede beskryf is.

DIE MENSE VAN PROTEA deur Johan Rademan
DIE MENSE VAN PROTEA deur Johan Rademan

SO STEEK DIE MES IN DIE HEF deur Chris Swanepoel
SO STEEK DIE MES IN DIE HEF deur Chris Swanepoel

KLARA MAJOLA deur Johan Rademan
KLARA MAJOLA deur Johan Rademan

'N LEWE MET LEË HANDE deur Christelle van Tonder
'N LEWE MET LEË HANDE deur Christelle van Tonder

DIE MENSE VAN COMPAGNIESDRIFT EN MEERLUST deur Haidee Muller
DIE MENSE VAN COMPAGNIESDRIFT EN MEERLUST deur Haidee Muller

SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIE AAN DIE WAND deur Dee Theart
SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIE AAN DIE WAND deur Dee Theart

KGALAGADI, SOUTPANNE VAN DIE DORSLAND deur Fritz Klaaste
KGALAGADI, SOUTPANNE VAN DIE DORSLAND deur Fritz Klaaste

CHRISTOPHER KINDO: VOETE SOOS VLERKE deur Johann van Lill
CHRISTOPHER KINDO: VOETE SOOS VLERKE deur Johann van Lill

VROU ALLEEN deur Lise Swart
VROU ALLEEN deur Lise Swart

AS DIE KLERE WAAI deur Christelle van Tonder
AS DIE KLERE WAAI deur Christelle van Tonder

HOOP IN DIE SKADU: DIE BONNIE PEOPLE-PROJEK deur Haidee Muller
HOOP IN DIE SKADU: DIE BONNIE PEOPLE-PROJEK deur Haidee Muller

Het jy gehoor? (Gehoortoets)
Het jy gehoor? (Gehoortoets)

HET JY GEHOOR? deur Jacqui January
HET JY GEHOOR? deur Jacqui January

KWA THU deur Johan Rademan
KWA THU deur Johan Rademan

KWA THU deur Johan Rademan
KWA THU deur Johan Rademan

DIE TOEVALLIGE SIELKUNDIGE deur Dee Theart
DIE TOEVALLIGE SIELKUNDIGE deur Dee Theart

DIE SLAG VAN WATERLOO deur Chris Swanepoel
DIE SLAG VAN WATERLOO deur Chris Swanepoel

WILLIE BESTER - MAN VAN STAAL deur Johan Rademan
WILLIE BESTER - MAN VAN STAAL deur Johan Rademan

AS 'N MENS GESTEEL WORD deur Christelle van Tonder
AS 'N MENS GESTEEL WORD deur Christelle van Tonder

MADGE DIE SONNEBLOM deur Haidee Muller
Madge du Preez is 'n 65-jarige sakevrou, skrywer en nasiebouer. Sy is alombekend as Madge die Sonneblom. Sy is passievol oor die onderwys, en skryf die mooiste gedigte. Madge het pas afgetree by UWK waar sy by studente-ondersteuning betrokke was. Sy maak hart oop teenoor Haidee Muller.

'N LEWE SUID VAN MARKSTRAAT deur Martelize Brink
'n Hegte Wellington-gemeenskap is in die jare sestig uitmekaargeruk deur gedwonge verskuiwings. Veertig jaar later kry oorlewendes die geleentheid om die gemeenskap se vreugde te vier. Mense soos die 89-jarige Tannie Madge Isaacs vertel hoe die uitsetttingsbevel hulle lewens beïnvloed het.

BORSKANKER - 'N SUID-AFRIKAANSE PRESPEKTIEF deur Fritz Klaaste
Hoe vergelyk Suid-Afrika ten opsigte van borskankernavorsing, -behandeling en -suksesse met die res van die wêreld? Fritz Klaaste besoek 'n borskankereenheid by 'n staatshospitaal om uit te vind.

GOUDSTAD EKSENTRIEK deur Mia Malan en Darren Taylor
Johannesburg - Afrika se ekonomiese middelpunt, en 'n stad wat 'n tuiste is vir duisende mense wat van suksesvolle sakeondernemings droom. Min van die ontluikende entrepreneurs vind egter hulle fortuin in die sakewêreld, wat toenemend kompeterend en ongenaakbaar kan wees. Daar is 'n paar besighede wat dit durf waag het om dinge anders te doen, en hulle is besig om die vrugte van hulle waagmoed te pluk. Mia Malan en Darren Taylor het 'n paar eksentrieke ondernemings in Johannesburg besoek.

TWEEDE TUISTE deur Mari Hudson
Meer as 3 000 Suid-Afrikaners wag op die oomblik op 'n nieroorplanting, en ondergaan dialise terwyl hulle wag. Hulle bestee so baie tyd in 'n dialise-eenheid dat dit hulle tweede tuiste word. Ontmoet die “gaste” en “gashere'” van Tygerberg Hospitaal se dialise-eenheid. Van die personeel werk al langer as 25 jaar by die eenheid, waar die pasiënte 'familie' word.

'N DAG IN DIE LEWE VAN MARGARET ROBERTS deur Jacqui January
Margaret Roberts is al vir langer as 30 jaar 'n gevestigde naam in die wêreld van medisinale plante en kruie. Jacqui January het by haar op haar plaas gaan kuier.

OOM JOHNNY PETERS deur Haidee Muller
Hierdie besonderse oudbode en fabriekswerker van die Kaapse Vlakte het sy skreeusnaakse gedigte en lewensverhaal in die geselskap van sy hartsmense, met Haidee Muller gedeel.