PLAY PODCASTS
RSG Dokumentêr

RSG Dokumentêr

365 episodes — Page 8 of 8

'n Onderstebo wêreld - 'n dokumentêr oor outisme

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Dié is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

Jan 3, 201326 min

KWANTUM deur Herman Steyn

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?

Sep 27, 201227 min

JACKIE TOPNAAR deur Johan Rademan

‘n Sonderlinge blik op die leefplek van ‘n Topnaar net buite Walvisbaai in die Namib, naby die mond van die Kuisebrivier. Johan Rademan het saam met John Reynders van Photoventure met ‘n viertrekmotorfiets die duine aangepak om by Jackie Topnaar uit te kom. In ‘minder as ‘n halfuur breek ‘n nuwe horison oop van ‘n broos kantelende wêreld van die Topnaars.Hoor hoe hulle oorleef op Narras en Breakwater en waar die naam Topnaar vandaan kom.

Sep 20, 201226 min

DIE VROU MET VLERKE deur Wynand Dreyer

Eerste offisier Fatima Jakoet wou van kleins af 'n vlieënier word. Sy het haar droom verwesenlik nadat sy 'n BTech-graad in Chemie behaal het. Vandag vlieg sy vir die Suid-Afrkaanse Lugdiens. Hierdie is die verhaal van 'n Moslemvrou in 'n manswêreld.

Sep 13, 201224 min

KONING VAN KLAWERS deur Fonnie du Plooy

Theo Erasmus het op 6 Mei vanjaar 70 jaar oud geword en hy speel steeds lekker akkordeon. Agter hom lê dekades van musiek en prestasies. Hy het 57 langspelers en CD’s die lig laat sien, het jare lank gedien as Bestuurder: Ligte Musiek by die SAUK, het saam met talle kunstenaars opgetree, baie kenwysies gekomponeer en in die Lugmagorkes gespeel. Hy tree nog gereeld op saam met sy groot vriend, Lieb Bester.

Sep 6, 201227 min

LALIBELA, DIE AGTSTE WONDER VAN DIE WÊRELD deur Fritz Klaaste

Fritz Klaaste neem jou op ‘n reis van die Meskel-plein in Addis Abeba in Sentraal Ethiopië af tot by Lalibela in die Noorde, eens ‘n vesting van die antieke beskawing van Abesinië. Die verhaal van die ontwikkeling van die Christelike geloof en die bou van ‘n nuwe Jerusalem word vertel.

Aug 30, 201229 min

DIE GAWE OM TE GEE deur Jacqui January

Jacqui January het 'n dag in Westbury, 'n township in Johannesburg, deurgebring saam met Isaac en Rezell de Jongh. Die paartjie sorg dat sowat 1 000 mense elke dag iets te ete kry. Dan is daar ook die Westbury Arsenal Voetbalklub waar kinders baie meer as net sokker leer.

Aug 2, 201224 min

VERNA VELS deur Ina Strydom

‘n Hoorbeeld oor ‘n vrou wat diep spore getrap het in die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese.

Jul 26, 201228 min

SY NAAM WAS MARIO deur Margot Luyt

'n Jong, intelligente seun wat daarvan droom om eendag 'n CA te wees, 'n deftige kar te ry en 'n mooi huis te besit, word koelbloedig op die ouderdom van 17 op 'n straathoek doodgesteek. Waarom? Wat doen dit aan die mense wat agterbly? Hierdie hoorbeeld wil by sy vriende en familie uitvind watter invloed het Mario se lewe en dood op hulle bestaan.

Jul 12, 201223 min

HISTORIESE FEIT, OF SOMMER ‘N SPOOKSTORIE? deur Chris Swanepoel

Die Stellenbosse Dorpsmuseum en omliggende area beskik oor ‘n magdom ou geboue van besondere historiese waarde. Oorlewering wil dit egter hê dat ou geboue ook die tuiste van spoke is. Chris swanepoel het op ‘n onlangse besoek aan die dorp uitgevind of die spoke daar ronddwaal.

Mar 22, 201230 min

DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink

Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

Mar 8, 201230 min

CONRAD THEYS - 'N SELFPORTRET deur Johan Rademan

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het ook in 2010 tydens sy 70ste lewensjaar ‘n Eremedalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Feb 23, 201233 min

GEORGE BOTHA - GELYKHEID TOT DIE DOOD ONS SKEI deur Fritz Klaaste

Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.

Feb 16, 201238 min

REZA DE WET - DIE FORMIDABELE deur Margot Luyt

Die dramaturg, Reza de Wet, is op 27 Januarie oorlede. Haar werk word beskryf as grondverskuiwend en sy word ook beskou as een van die grootste Afrikaanse dramaturge.

Feb 9, 201231 min

VILLIERSDORP MET VLIEËNDE VAANDELS deur Loren Pienaar

In ’n gemeenskap met baie boere is dit nie vreemd dat hulle ‘n plan sou beraam nie... Toe Suid-Afrika se enigste oorblywende kool-stoomsleepboot, die Alwyn Vincent, skrootmetaal sou word, het Villiersdorp se mense koppe bymekaargesit om die boot te red. Loren Pienaar het gaan kyk wat onder die dorp se romp skuil...

Jan 26, 201227 min