NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer…
BOUWER BOSCH · NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Show overview
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH has been publishing since 2017, and across the 7 years since has built a catalogue of 91 episodes. That works out to roughly 120 hours of audio in total. Releases follow a monthly cadence.
Episodes typically run an hour to ninety minutes — most land between 1h 6m and 1h 24m — and the run-time is fairly consistent across the catalogue. The publisher flags most episodes as explicit, so expect adult themes or strong language throughout. It is catalogued as a EN-language Society & Culture show.
The catalogue appears to be on hiatus or wound down — the most recent episode landed 1.7 years ago, with no new episodes in over a year. The busiest year was 2018, with 31 episodes published.
From the publisher
Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
Latest Episodes
View all 91 episodes
EPISODE 92: ANEL WOOD(AKTRISE EN SKRYWER)
EAnel Wood is een van die snaakse aktrises waarmee ek al ooit gewerk het. Sy het 'n lang lys van karakters wat sy al gespeel het maar dis haar karakter as mens wat my die meeste inspireer. As jy haar naam ooit in 'n teaterproduksie of 'n TV reeks sien kan jy maar weet jy gaan 'n lieflike tyd hê om na haar toneelspel te kyk. Anel is te sien in Die Affêre wat 28 September 20:00 op Kyknet wys. Kyk na die ons gesprek op YouTube hier - https://youtu.be/F3Q2PzBRJDs

EPISODE 90: SOLOMON CUPIDO (AKTEUR, VERVAARDIGER, SKRYWER)
ESolomon Cupido is een van ons land se juwele. Al kon hy 'n loopbaan as 'n professionele rugby speler gevolg het, het sy drome van stories vertel hom gelei tot 'n loopbaan in die teater, film en TV industrie. Ons gesels bietjie oor sy eerste rol in Egoli, sy liefde vir "feel good" stories en sy vriendskap met Bradley Olivier en hulle film Frankie en Felipe. Solly gesels eerlik oor verlies, geestelike welstand en sy pad vorentoe. As kollegas van Solly weet ons hoe briljant hy as mens, as akteur en nou as vervaardiger is. Frankie en Felipe is 23 Februarie in 'n bioskoop naby jou.

EPISODE 89: DAN CORDER(5FM BREAKFAST HOST, TIKTOK TALKER)
EDan Corder is someone who's voice needs to be heard. Apart from his great radio voice, his views and opinions help shape and educate millions of listeners on a daily basis. Apart from being the host of the 5fm morning breakfast show, he makes incredible historical content on Tiktok and also has an amazing podcas called "The Issue with Dan Corder" where he has been sitting with heavy hitters like Mmusi Maimane and Herman Mashaba and talking about life and politics. Go check out Dan Corder on social media platforms and spread the word of this fun episode!

EPISODE 88: DUAN WANTY(AKTEUR & VERVAARDIGER)
EDuan Wanty het sy loopbaan begin met ‘n droom om ‘n akteur te word. Na sy drama graad by Tukkies het hy met sterre in sy oë die industrie probeer aanvat. Al het hy al verkynings gemaak in meeste van ons geliefde sepies, het Duan uiteindelik by sy ware droom arriveer toe hy deelgeneem het aan die Tropika realiteits-kompetisie. Van daar af het hy besef hy kan al sy akteurs-kennis gebruik om ‘n indhouds-regisseur vir realiteits programme te word en so sy droom van storie verteller uit te leef. Ons gesels met Duan oor die opwindende nuwe KykNet realiteitsprogram: “Die Brug” en sy interessante werk agter die skerms, sy grootword jare in die Oos Moot, en hoe hy glo mens moet altyd die deur vir opkomende storievertellers oop hou. Duan se vervaardiger werk is te sien in die riller-komedie “Thrift tot die Dood” wat hierdie jaar by die Silwerskermfees premiere het.

EPISODE 87: REGGIE PEACE (AKTEUR, SKRYWER, REGISSEUR)
EReggie Hufkie is ‘n musikant, skrywer, regisseur en akteur. Reggie is in die proses om ‘n autobiografie te skryf, werk aan ‘n hele paar enkelsnitte en het onlangs, saam met Frankie Opperman die toekenning vir beste regie vir ‘n kort dokumenter by die Silwerskermfees ontvang vir hulle film - “Langafstand”. Reggie staan beter bekend as “Reggie Peace” op al sy sosiale media en musiek platforms; ons gesels met hom oor sy verlede, sy drome, sy liefdes en wat vrede waarlik vir hom beteken. As jy lus het om jou dag lekker te begin – gaan luister gerus Reggie se “Nuwe Lewe” – dit vang sy positiewe uitkyk en “aanhouer wen” gesindheid perfek vas.

EPISODE 86: MANDRI SUTHERLAND (AKTRISE & SKRYWER)
EMandri Sutherland is ‘n aktrise, skrywer, en teatermaker. In die afgelope 2 jaar het Mandri die land verstom met haar een vrou vertoning; “Vrou Ens.” Mandri het besluit om nie langer vir goedkeuring te wag nie en haar teater stuk na mense se sitkamers, motorhuise en stoepe toe te vat – sy het die idee van ‘n “huiskonsert” ten volle aangegryp en gewys dat om stories te deel belangriker is as die plek waar jy die storie vertel. Mandri se verskeie karakters is ook te siene op haar gewilde sosiale media blaaie waar sy bekend staan as “Vroudrie”. As jy ooit ‘n video wat met “Hello Sussa” begin raak “swipe” – hou aan kyk want Mandri het ‘n manier om ‘n Afrikaanse tannie perfek vas te vang. Mandri hou van platform Crocs, see lug en haar fyn balans tussen spot, verstaan en respekteer maak seker sy vertel stories uit haar hart uit. Jy kan haar ook sien in die gewilde Magda Louw en die nuwe, opkomende reeks: Taktiek.

EPISODE 85: MEL DIE STORIEVERTELLER
EMel is 'n inhoudskepper, komediant, skrywer en aktrise. Ons gesels oor haar aanslag tot stories, haar eenvrouvertoning waarmee sy tans besig is en hoe sy kritiek hanteer wanneer mense jou uit die bloute aanvat op sosiale media.

EPISODE 84: JOHAN FOURIE (SKRYWER & PROFESSOR IN EKONOMIE)
EEk en Johan Fourie gesels oor sy nuwe boek "Skatryk" wat handel oor hoekom ons beter as ons voorsate lewe. Jy kan Johan se boek nou aanlyn bestel of in enige goeie boekwinkel koop. Dit is 'n ongelooflike interessante lees oor die geskiedenis en waarom dit soveel beter gaan in die wêreld vandag, al voel dit soms nie so nie.

EPISODE 83: GLEN BIDERMAN-PAM (ACTOR, WRITER & DIRECTOR)
EGlen Biderman-Pam is an actor, comedian and director. He is well known for his role as Rael Rosen in the South African hit – Tali’s Diary and for his viral reimagining of “My Octopus Teacher” as “My Kreepy Teacher”. Glen’s comedic talents are on display in everything he does; whether it be on the stage as an actor or comic, or as half of the extremely successful agency: Panther Punch. His love for languages closely matches his love for his alma mater -Bishops. Glen is currently taking a break from the beautiful beaches of Camp’s Bay to film “The Great South African Bake Off” which will be released later this year. Glen is a recent Padel Tennis convert and an absolute pleasure to be around! Thanx to our epic sponsors who makes this episode possible! Dermalhealth and King Price Insurance - insurance.kingprice.co.za/narratief - click here for a quote www.dermalhealth.store

EPISODE 82: MIENKE EHLERS(AKTRISE, AANBIEDER, SKRYWER)
EMienke Ehlers is 'n aktriese en stilis. Mienke is die definisie van 'n "go getter"- sy pak alles met passie en selfvertoue aan. Haar liefde vir storievertelling is te siene in haar verskeie karakters - soos Dalena in "Die Dinge van 'n Kind" en haar eie sosiale media projek - "Minuut Monoloe". Al is sy 'n stilis vir die sterre, gee sy ook raad oor klere in haar gewilde "Outfit Angs" segmente op haar Instagram en TikTok. Sy gesels graag oor haar familie, vriende, drome en geloof. Mienke se positiewe uitkyk op die lewe is niks anders as aansteeklik nie. Dankie aan ons borge King Price Insurance en Dermal Health wat hierdie podcast moontlik gemaak het. Vir meer inligting oor hulle ongelooflike produkte click op die skakels hieronder. insurance.kingprice.co.za/narratief www.dermalhealth.store

EPISODE 81: REGARDT VISSER (SKRYWER, REGISSEUR, KUNSTENAAR)
ERegardt Visser is 'n kunstenaar, regisseur, skrywer en skaatsplank liefhebber van Veldrif wat homself tans in Johannesburg bevind waar hy woeker met sy stories, musiek en videos wat hy maak. Hy is nie net een van my goeie vriende nie maar ook 'n skrywer en regisseur wat nog diep spore gaan stap in die vermaak bedryf. Dankie aan ons borge King Price Insurance en Dermal Health wat hierdie podcast moontlik gemaak het. Vir meer inligting oor hulle ongelooflike produkte click op die skakels hieronder. https://insurance.kingprice.co.za/narratief https://dermalhealth.store

EPISODE 80: WYNAND KOTZE AKA TOLLIE PARTON(AKTEUR & SKRYWER)
EWynand Kotze verstaan wat dit is om die "underdog" in die lewe te wees en dit is wat ek dink in my opinie hom so goed maak in wat hy doen. Met jou rug teen die muur kan 'n mens net vorentoe gaan en Wynand is besig om, met die stories wat hy vertel en karakters wat hy vertol, Afrikaners en ons taal vorentoe te vat. Jy kan hom gerus op sosiale media gaan volg onder @Wynvirdiepynnnnn Baie dankie aan ons ongelooflike borg King Price Insurance - click op hierdie link vir 'n gratis kwotasie waar jy dalk net 'n ekstra paar rand kan spaar per maand - insurance.kingprice.co.za/narratief

EPISODE 79: RUAN WESSELS (AKTEUR)
ERuan Wessels se storie is uniek. Hy is al amper 20 jaar 'n akteur maar hy is nou maar eers 25 jaar oud. Min mense se storie voor die kamera het al op 8 jarige ouderdom begin. Ruan deel sy unieke storie met ons rondom sy liefde vir toneenspeel, lees en die lekkerste van alles, skaatsplank ry. Hierdie episide word moontlik gemaak deur ons borg King Price Insuranc - klink op hierdie link vir 'n gratis kwotasie - https://insurance.kingprice.co.za/narratief

EPISODE 78: MAUDE SANDHAM (AKTRISE)
EDie term "intimacy coordinating" is iets waarvan ek niks geweet het nie, maar dankie aan mense soos Maude Sandham wat kom gesels het op die podcast kon ons nou duidelikheid kry oor wat hierdie term en beroep behels. Maude is 'n storieverteller, aktrise en regisseur wat nog diep spore gaan trap in die vermaaklandskap van die wêreld. - Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons borg King Price Insuranc - click op hierdie link vir 'n gratis kwotasie - https://insurance.kingprice.co.za/narratief

EPISODE 77 - CHARLIE BOUGUENON (AKTEUR)
ECharlie Bouguenon is een van ons land se voorste akteurs, wat al van films, teater tot TV, van die mees unieke karakters lewe gegee. Hy is een van daai mense wat nie bang is vir harde werk as dit kom by die kunste nie en hy het keer op keer al bewys dat soms is jy die beste jy, wanneer niemand anders in jou glo nie en jou rug teen die muur is. Hierdie flippen lekker episode was moontlik gemaak deur ons borg King Price Insurance - click op hierdie link as jy belangstel in 'n gratis kwotasie -https://insurance.kingprice.co.za/narratief

EPISODE 76: ROBERTO POMBO (AKTEUR & TEATERMAKER)
ERoberto Pombo is een van ons land se voorste teatermakers. Van sy wye verskeidenheid komiese karakters tot sy diep emosionele tonele op die verhoog, Roberto is beslis een van Suid Afrika se kunstenaars wat nog diep spore gaan loop in die vermaakbedryf. Ons gesels oor sy tyd in Italië, improvisasieklasse, sy eerste rol in 'n sepie asook waarmee hulle tans besig is by die Mark Teater in Johannesburg. Hierdie episode word trots geborg deur my vriende by King Price Insurance - click hier vir 'n gratis kwotasie -https://insurance.kingprice.co.za/narratief - die kans is baie goed dat hulle goedkoper as jou huidige versekering is.

EPISODE 75: DAVID VIVIERS (AKTEUR & SKRYWER)
EEPISODE 75: DAVID VIVIERS (AKTEUR & SKRYWER) by BOUWER BOSCH

EPISODE 74: RUHAN FOURIE (GESKIEDKUNDIGE)
ERuhan Fourie kom kuier vir die derde keer en soos altyd raak die gesprek elke tweede onderwerpe onder die son aan. Ons gesels soos gewoonlik oor moeilike konsepte rondom die verlede, die toestand van die land tans, Orania, Tinder, Koer, Christen dating apps en Afrikaners en kernkrag. As jy die gesprek geniet het, deel hom gerus met jou vriende en familie.

EPISODE 73: PIETIE BEYERS (AKTEUR)
EPietie Beyers kom kuier vir 'n tweede keer op die show en die keer delf ons bietjie dieper in die geskiedenis as gewoonlik. Ons gesels oor Suid Afrika, die kunste, jaloesie en die egte huisvroue van Pretoria.

EPISODE 72: LAURA-LEE MOSTERT (AKTRISE & VERVAARDIGER)
EDie eerste episode van 2023 skop af met 'n baie lekker gesprek met die veelsydige aktrise en verevaardiger Laura-Lee Mostert. Ons het gesels oor haar grootword jare in Ottosdal, haar studentejare by UCT en nou waar sy maar soos ons almal maar net hustle in die kunste.