
Vers en Klank
755 episodes — Page 14 of 16

26 Aug 2014
Daniel Hugo lees verse uit Jannie Malan se eerste bundel IN LIGTE LAAIE.

19 Aug 2014
Johann Nel en Margot Luyt lees verse wat vir matrieks voorgeskryf is.

12 Aug 2014
Chris van Niekerk lees W.E.G. Louw se gedig, ADAM.

5 Aug 2014
Anna-Mart van der Merwe lees gedigte van Sheila Cussons.

29 Jul 2014
Danie Marais lees verse uit sy bundel SOLANK VERLANGE DIE SWEEP SWAAI.

22 Jul 2014
Bernard Odendaal lees ongepubliseerde verse van die Hertzogpryswenner Johann de Lange.

15 Jul 2014
Daniel Hugo lees verse van Breyten Breytenbach uit sy jongste bundel VYF-EN-VEERTIG SKEMERAANDSANGE UIT DIE EENBEENDANSER SE WERKRUIMTE.

8 Jul 2014
Joanie Combrinck lees verse uit Wilma Stockenström se bundel HIERDIE MENS.

1 Jul 2014
Johann Nel lees liefdesverse deur mansdigters.

24 Jun 2014
Chris van Niekerk lees uittreksels uit N.P. van Wyk Louw se epiese gedig, RAKA.

17 Jun 2014
Wessel Pretorius lees gedigte van jong Suid-Afrikaanse digters voor.

10 Jun 2014
Anna-Mart van der Merwe lees gedigte voor uit die digbundel Verstaan my verlangste.

3 Jun 2014
Toast Coetzer lees van sy gedigte voor.

27 May 2014
Marcel van Heerden lees gedigte voor van Andries Bezuidenhout.

20 May 2014
Daniel Hugo lees verse uit sy vertaling van Edward Fitzgerald se vertaling van Omar Khajjam se DIE ROEBAIJAT.

13 May 2014
Johann Nel lees 'n paar ballades.

6 May 2014
Prof. Bernard Odendaal lees verse van TT Cloete wat vanjaar 90 jaar oud word.

29 Apr 2014
Marko van der Colff lees verskeie verse van versindaba.co.za.

22 Apr 2014
Chris van Niekerk lees gedigte van Ronnie Belcher wat vanjaar 81 jaar oud sou wees.

18 Apr 2014
Nic de Jager, Martelize Kolver en Dean Balie lees gedigte oor Christus se lydingsgeskiedenis.

15 Apr 2014
Piet van Rooyen lees verse uit sy bundel REISIGER TE PERD.

8 Apr 2014
Daniel Hugo lees verse van Hennie Aucamp wat vroeër vanjaar oorlede is.

1 Apr 2014
Drie woordkunsproduksies by die KKNK kom onder die loep: DIE GEWILDSTE AFRIKAANSE GEDIGTE, DUBBEL EN DWARS en GOD DIE DIGTER. Luna Paige sing ook toonsettings van skrywers soos Jean Goosen, DJ Opperman, PG du Plessis en TT Cloete.

25 Mar 2014
VYFTIEN VERSE is by die 2014 US Woordfees op Stellenbosch opgeneem. Die programleier is Juanita Swanepoel en die voorlesers is Margot Luyt, Charlton George, Sandra Kotze, Wilna Snyman, Riaan Visman, Albert Maritz, Louis van Niekerk, Nicole Holm, Ester von Waltzleben, Anna-Mart van der Merwe, Chris van Niekerk en Nic de Jager.

18 Mar 2014
Gedigte vir Pa's

11 Mar 2014
Daniel Hugo lees verse uit Johann de Lange se bundel STIL PUNT VAN DIE AARDE.

4 Mar 2014
Marko van der Colff lees verse van Daniel Hugo.

25 Feb 2014
Om Elizabeth Eybers se geboorte 99 jaar gelede op 26 Februarie 1915 te gedenk, lees Joanie Combrinck van haar gedigte. Daar is ook 'n paar opnames waar die digter van haar eie verse lees.

18 Feb 2014
Johann Nel en Margot Luyt lees lawwe verse oor die liefde.

11 Feb 2014
Libby Daniels lees verse oor vroue.

4 Feb 2014
Philip de Vos lees versies wat hy geskryf het vir Robert Schumann se Kinderszenen.

28 Jan 2014
Johann Nel lees gedigte van Johann de Lange, Johan Myburg, Jeanne Goosen en Daniel Hugo.

21 Jan 2014
Hennie Aucamp het vanjaar 80 jaar oud geword. Daniel Hugo lees verskeie verse van Aucamp.

14 Jan 2014
Adam Small lees van sy gedigte wat die nuwejaar vier.

7 Jan 2014
Margot Luyt speel toonsettings van Afrikaanse gedigte.

31 Dec 2013
Daniel Hugo lees verse uit Joan Hambidge se bundel MEDITASIES.

25 Dec 2013
Poësie en musiek oor Kersfees.

24 Dec 2013
Marcel van Heerden lees verse oor die liefde.

17 Dec 2013
Juanita Swanepoel lees haar gunsteling gedigte uit die bundel DIE GEWILDSTE AFRIKAANSE GEDIGTE.

10 Dec 2013
Nic de Jager lees verse ter huldiging van Nelson Mandela.

3 Dec 2013
Roeline Daneel lees verse oor gestremdheid.

19 Nov 2013
Daniel Hugo lees gedigte uit bundels wat vanjaar verskyn het.

12 Nov 2013
Joanie Combrinck lees verse uit Philip de Vos se bundel KARNAVAL VAN DIE DIERE.

5 Nov 2013
Wessel Pretorius lees verse uit George Louw se laaste bundel KRAAI.

29 Oct 2013
Tobie Cronje lees sy gunsteling gedigte.

22 Oct 2013
Johann Nel lees verse van Boerneef.

15 Oct 2013
Daniel Hugo lees verse van Elisabeth Eybers.

8 Oct 2013
Juanita Swanepoel lees 'n versameling verse wat deur Margot Luyt gekies is.

1 Oct 2013
Margot Luyt en Neels Coetzee lees drie humoristiese verse, TOE DIE WÊRELD NOG JONK WAS, KLAAS GESWIN…

24 Sep 2013
Adam Small lees verse uit sy nuwe bundel Klawerjas.