
Vers en Klank
740 episodes — Page 15 of 15

4 Jun 2013
Dean Balie lees verse van bruin digters voor.

28 May 2013
Joanie Combrinck lees 'n allegaartjie van gedigte.

21 May 2013
Joanie Combrinck en Nic de Jager lees verse oor die dood.

14 May 2013
Daniel Hugo lees en bespreek verse van Alfred Schaffer uit sy nuwe bundel KOM IN, DIT VRIES DAARBUITE. Hugo het ook hierdie verse van Schaffer vertaal.

7 May 2013
Frieda van den Heever lees vreemde verse oor moeders.

30 Apr 2013
Johann Nel lees verse van Phil du Plessis uit sy bundel ENGEL UIT DIE PARADYS.

23 Apr 2013
Daniel Hugo lees gedigte uit Hennie Nortje se bundel, IN DIE SKADU VAN SOVEEL BOME, wat die Eugene Marais-prys gewen het.

16 Apr 2013
Martelize Kolver lees vrolike verse met 'n skalkse glimlag.

9 Apr 2013
Margot Luyt speel toonsettings van verskeie digters se verse.

2 Apr 2013
Digters lees hulle eie verse wat onlangs as gewildste Afrikaanse gedigte aangewys is.

29 Mar 2013
'n Spesiale paasprogram.

26 Mar 2013
Nic de Jager lees verse uit Johann Lodewyk Marais se bundel IN DIE BLOUTE.

19 Mar 2013
Shirley Ellis lees verse uit Susan Smit se debuutbundel IN DIE AFWESIGHEID VAN SIN.

12 Mar 2013
Die voormalige boekeredakteur, blogger en dosent, Gerrit Brand, is verlede week oorlede. Gerrit het in 2009 hierdie program opgeneem.

5 Mar 2013
Chris van Niekerk lees van sy gunsteling gedigte.

26 Feb 2013
Elisabeth Eybers is op 26 Februarie 1915 gebore. Sy het haar eerste gedigte op die ouderdom van 14 geskryf en op 17 die grondverskuiwende MARIA.

19 Feb 2013
Tinarie Van Wyk-Loots lees liefdesgedigte uit die vroulike perspektief.

12 Feb 2013
Johann Nel lees verse uit Fanie Olivier se bloemlesing DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE.

5 Feb 2013
Deirdre Wolhuter lees verse vir en oor kinders en ouers.

22 Jan 2013
Hennie Aucamp het op Sondag 20 Januarie 2013 79 jaar oud geword. Margot Luyt en Daniel Hugo gesels oor Aucamp se liedtekste en speel ook besondere opnames van 'n paar daarvan.

15 Jan 2013
Johann Nel lees verse wat voorgestel is deur MM Walters.

8 Jan 2013
Anna Neethling-Pohl en Marius Weyers lees gedigte van Eugene Marais.

1 Jan 2013
Vanaand luister ons na toonsettings van Afrikaanse gedigte. Daar is onder meer verse van Breyten Breytenbach, Petra Muller, N.P. van Wyk Louw, Ingrid Jonker en ander. Van die kunstenaars wat sing is Laurika Rauch, Laurinda Hoffmeyer, Randall Wicomb, Amanda Strydom, Lize Beekman en Herman van den Berg.

25 Dec 2012
'n Spesiale kersprogram.

18 Dec 2012
Verse wat vanjaar die meeste reaksie uitgelok het, word voorgelees.

18 Dec 2012
Verse wat vanjaar die meeste reaksie uitgelok het, word voorgelees.

11 Dec 2012
Daniel Hugo lees verse uit Hennie Aucamp se bundel TEEN DIE LIG.

4 Dec 2012
Juanita Swanepoel lees verse oor beleë liefde.

27 Nov 2012
Libby Daniels lees verse van Rika Cilliers.

20 Nov 2012
Joanie Combrinck lees gedigte van Antjie Krog wat onlangs 60 jaar oud geword het.

13 Nov 2012
Annelise Wiid lees gedigte wat voorgestel is deur die joernalis Neels Jackson.

6 Nov 2012
Libby Daniels lees die skrywer en joernalis, Corlea Fourie, se gunsteling verse.

30 Oct 2012
Petra Müller lees gedigte van Sheila Cousens.

23 Oct 2012
Digters lees gedigte wat hulle vir Adam Small geskryf het.

16 Oct 2012
Nic de Jager lees gedigte van Breyten Breytenbach en Amanda Strydom en Lize Beekman sing toonsettings van sy gedigte.

9 Oct 2012
Bernard Odendaal lees gedigte wat vir hom betekenis het asook enkele van sy eie verse.

2 Oct 2012
Adam Small lees self van sy eie werke. Dit is argiefopnames, maar Small het wel onlangs op die onderskeie bundels waaruit die werk kom, kommentaar gelewer.

25 Sep 2012
Daniel Hugo lees verse uit sy bundel HANEKRAAI.

18 Sep 2012
Nic de Jager lees verse uit Breyten Breytenbach se bundel DIE BEGINSEL VAN STOF.

11 Sep 2012
Loftus Marais lees verse uit sy bundel KRY MY BY DIE GEWONE PLEK AGUUR.